BINNE
K&V NUWE BAND
’N TERUGBLIK OP REKTOR SE 1STE JAAR 29
KOM BRAAI SAAM MET PUKFM 24
LAAT POTCH WEMEL 27
LEES JOU KAMPUS
24 FEBRUARIE 2011 / VOL 3
STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS
>>
JAARGANG 65
>>
WWW.PUK.AC.ZA/WAPAD
Nuwe afrigter moet Puk1 red STEPHEN NEL, MARLIE JONKER EN CARLI KOCH
D
ie afrigter van die PUK1 rugbyspan, Rudy Joubert, het Dinsdag aangekondig dat hy ’n blaaskans gaan neem en beplan om vir twee weke verlof te neem. Dit volg op die rugbyspan se swakste veldtog nog in die geskiedenis van die Varsity Cup, nadat die studente nog nie een wedstryd kon wen in vanjaar se toernooi nie. Die Puk het erge loesings teen Maties (6-32), Ikeys (8-36) en Tukkies (10-35) opgedoen en beklee tans die laaste posisie op die punteleër met 0 ligapunte en ’n punteverskil van -79. Die webtuiste, varsitycup.co.za,
Rudy Joubert, hoofafrigter van Puk1.
Hannes Esterhuizen, waarnemende afrigter van Puk1.
Pukke sweet bloed in Maandag se wedstryd teen Tukkies.
het Dinsdag berig dat die NWUPuk Rugbyinstituut Joubert se tyd as hoofafrigter van die span gaan hersien sedert hy die leisels oorgeneem het by Matthew Proudfoot in 2009. Die universiteit het ’n persverklaring uitgereik waarin hulle hul teleurstelling oor die swak vertoning van die Puk1 uitgespreek het. “Daar word tans indringend gekyk na verskillende planne van aksie om die rugbyspan meer kompeterend te maak,” verduidelik die persverklaring. Intussen is Hannes Esterhuizen aangewys as die persoon wat tydelik in beheer van afrigting gaan wees. Esterhuizen is tans die afrigter van die Luiperds se
o/21 rugbyspan. “Daar gaan ’n verandering wees by die rugby, so hou maar die spasie dop,” het Esterhuizen aan Wapad gesê voordat hy ’n vergadering moes bywoon. Esterhuizen wou egter nie verder kommentaar lewer voordat hy nie met die Puk1-span gepraat het nie. In die persverklaring is dit duidelik gestel dat Joubert se kontrak nie beïnvloed word deur Esterhuizen se aanstelling nie. “Joubert se kontrak met die NWU-Rugbyinstituut word nie hierdeur geraak nie.” Esterhuizen kan egter aangestel word as voltydse afrigter indien Joubert besluit om nie terug te keer nie.
Joubert was deel van die 1995 Springbok-afrigtingspan wat die Wêreldbeker gewen het en het ook deel gevorm van die Bokbestuur tydens die Wêreldbeker in 2003. Verder het Joubert ook diens gedoen by die Blou Bulle as afrigter tydens die destydse Super 12. Die Puk, wat verlede jaar uitgeval het in die semi-finaal, moet intussen voorberei vir hulle volgende kragmeting teen die onoorwonne Universiteit van Johannesburg (UJ), asook die Universiteit van die Vrystaat (Shimlas). Die rugbyspan sal al die oorblywende wedstryde moet wen om ’n realistiese kans te staan om die semi-finaal te bereik. LEES BL. 12 FOTO:MARIO VAN DE WALL