Wapad - 24 August 2017

Page 1

0

LEES JOU KAMPUS

24 AUGUSTUS 2017

WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 71

TEL: ( 018 ) 299 2875

WAPAD@NWU.AC.ZA

FOTO: FACEBOOK

Die nuutverkose KSR vir die termyn 2017/18.

Verandering met nuwe KSR struktuur Dennis Delport & NJ Gelderman @Dennisdelport @GeldermanNJ

D

ie Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus (NWU-Puk) het vandeesweek sy heel eerste Studentekampusraad (KSR) aangekondig. Dit kom nadat daar groot verandering sedert Mei vanjaar op die Noordwes-Universiteit (NWU) strukture aangebring is. Die dae van ’n studenteraad (SR) op Potchefstroom-, Vaal- en Mafikengkampus is verby en ook was die Institusionele Studenteraad se dae getel gewees.

Die eersgenoemde raad staan nou bekend as die KSR en het elk van die drie kampusse só ’n raad, terwyl die laas genoemde raad nou bekend staan as die Studente Verteenwoordigende Raad (SVR). Ook hier is die Potchefstroomkampus goed verteenwoordig. Agt van die Potchefstroomse KSR-lede wat vandeesweek verkies is, sal ook dien op hierdie raad wat uit vyftien lede bestaan. Die voormalige voorsitter van die SR op die Potchefstroomkampus, Paul Maritz, is ook die voorsitter van die nuwe SVR. Jy kan boonop maar jouself gereed maak om die woorde “dit is ’n enorme voorreg om op die universiteit se SR te dien. Dis ’n tyd in jou lewe waar jy as individu jou

Het jy nuus? Stuur ’n epos aan wapad@nwu.ac.za

Wapad

stempel kan afdruk. ’n Plek waar jy ’n tasbare nalatenskap kan los vir toekomstige geslagte,” uit die monde van voormalige SR-lede hoor en ook nou blyk dit asof die woorde nog vir lank warm gaan bly in die nuwe KSR se monde.

Dat [die] eerste KSR-raad hul goed van hul taak sal kwyt. Jy het ook nie matriek wiskunde nodig om te weet dat die KSR van 2017/18 talle uitdagings in hul

@NWUWapad

termyn in die gesig gaan moet staar nie. Maar tog is daar tekens dat die Potchefstroomkampus se eertse KSR-raad hul goed van hul taak sal kwyt. Nóg ’n vooruitsig waarna studente kan uitsien nou dat die KSR aangekondig is, is die feit dat jy as individu nie meer uitgesonder gaan word deur die luidspreker in Lovers’ Lane nie. Ook sal jy nie deur al wat ’n Uitvoerende Komitee (UK) lid is in ’n hoek gedruk word waarna die woorde “het jy al vir jou KSR gestem?” op jou neergestort word nie. Hiermee die KSR van die termyn 2017/18: Jacques Hugo – Voorsitter Vernice Steenkamp – Adjunkvoorsitter

@NWUWapad

Kellerman Lubbe – Sport en Rekreasie Annerie Niemand – SJGD Pieter Gouws – Media en Kommunikasie Duan Craffert – Kunste Dalena d’Assonville – Koshuisraad Gawie Erwee – Interne Koördineerder Christina Joubert – Finansies Daniel Botlhane Selamolela – Verenigingsraad Tanya Swanepoel – Bemarking en Openbare Betrekkinge Mario Matos – Aktuele Sake Pieter Hendrik White – Akademiese Raad Ugo Louw – Skakeling Simone Vos – JOOL


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Wapad - 24 August 2017 by Wapad - Issuu