Wapad - 5 Februarie 2015

Page 1


Nuus

2

Interkampus SAAMGESTEL DEUR ARISA JANSE VAN RENSBURG

Maties maak reg vir MADvensters Die Universiteit Stellenbosch (Maties) het aangekondig dat hul Making a Difference aand, oftewel MADvensters-aand, steeds sal voortgaan nadat daar sprake van kansellasie weens beurtkrag was. MADvensters word elke jaar ten bate van liefdadigheid gehou waartydens elke koshuis in sleepverband ’n kort produksie voor hul kos-huis opvoer.

TUKS-studente word weer op kampus toegelaat Twee damesstudente wat verlede jaar van die Universiteit van Pretoria (Tuks) geskors was, is nou toegelaat om hul studies te voltooi. Die studente het verlede jaar soos huiswerkers aangetrek en hulle gesigte swart geverf en was weens klagtes van rassisme geskors. Hulle het egter nou om verskoning gevra en gesê dat hulle nooit enige rassehaat wou aanwakker nie.

Bekende televisie program speel vanjaar op TUT af Die opvoedkundige program, Skeem Saam, wat op SABC 1 uitgesaai word, word vanjaar op die Tshwane University of Technology (TUT) geskiet. Dit volg na ’n ooreenkoms op produksie-inkomstes aan die TUT Bursary and Scholarship-fonds te skenk. Skeem Saam word Maandag tot Vrydag om 18:30 uitgesaai en gaan oor twee tieners wat hul plek in die lewe probeer vind.

5 Februarie 2015

NWU-Pukke span die kroon as spelkampioen MARITA HERSELMAN

H

oe lank moes jy al op jou tande kners om te keer dat ’n geheim uitglip? Paul Maritz, SR: Finansies, en Bianca Enslin, SR: Adjunkvoorsitter en Studentebelange, se geheim haal beslis die kortlys as dit kom by groot geheime. Hoe verbloem mens ’n Chesire-Cat-glimlag as jy weet jy het die ATKV/RSG Spelintervarsity gewen? Vo l g e n s Enslin was die ATKV/RSG Spel-intervarsity gedurende die Junie/Julie vakansie opgeneem. “Die finaal was egter eers op 9 November 2014 op RSG uitgesaai, so ons moes dit ’n geheim hou tot dan,” het Enslin gesê. Vir tien weke, elke Sondag net na 11:00 kon luisteraars inskakel op RSG om die noordelike (UP, UJ en NWU) en suidelike (UWK, US en UV) universiteite se spelvermoëns aan te hoor. Elke universiteit het twee deelnemers ingeskryf. Enslin het uitgebrei oor die wyse waarop sy en Maritz gekies is om die NWU te verteenwoordig: “Elke universiteit het sy eie manier gehad om verteenwoordigers te kies. PukFM het hier by ons uitdunrondtes gehad wat lewendig oor die lug uitgesaai was en so is die

Die wenspan het R10 000 gewen en ander deelnemers het geskenkpakke ontvang die opneem van die programme veel langer geduur het as die programme wat later uitgesaai sou word: “Die opnames was baie keer ’n uur en ’n half, as gevolg van ooropnames, klank wat byg esit moet FOTO: FACEBOOK wo r d , e n s ovo o r t s, ATKV/RSG Spel-intervasity wenners, Paul Maritz en Bianca Enslin, terwyl julle miskien tien ontvang hul sertifikate van die uitvoerende direkteur van die ATKV- minute gehoor het.” groep, Japie Gouws en Magdaleen Kruger, stasiebestuurder van Albei deelnemers RSG. het vertel hoe in hul skik hulle met die Elke universiteit het twee deelnemers inverblyf en kos tydens geskryf Spel-intervarsity was. Maritz noem ook dat dit finale twee verteenwoordi- iAfrika’ ”, sê Maritz. vir hom ’n belewenis was gers gekies.” “Gelukkig het ons toeval- om by RSG se ateljee te By die Spel-intervarsity lig ‘Guerilla-oorlogvoering’ kon wees. moes deelnemers onder en ‘Nkosi Sikelel’ iAfrika’ Enslin se wenk aan meer kopkrapwoorde soos opgeswot”. toekomstige deelnemers “Baccalaureus Musicae”, Enslin het vertel dat die is om dit vir die pret “Guerilla-oorlogvoering”, organiseerders van die daarvan te doen en meen “Nkosi Sikelel’ iAfrika” en ATKV/RSG Spel-intervarsity dat om te wen bloot ’n “Nasionale Vrouemonument- vir die deelnemers ’n lys van bonus sal wees. Maritz kommissie” uit die hoof spel. 5 000 woorde gestuur het, raai deelnemers aan om Beide Enslin en Maritz het waardeur hulle vooraf kon soveel moontlik koerangenoem dat om kop te hou gaan. te te lees, omdat daar waar hoofletters, spasies en “Ek het die moeilikstes aktuele vrae ook is. dubbelkonsonante in woorde geïdentifiseer en probeer Die finaal was ’n voorkom, die saak bemoeilik onthou,” het Enslin gesê. tweestryd tussen UJ en het. Elke dag op pad studio toe NWU. Die wenspan het “Woorde word soms anders het sy en Maritz vir mekaar R10 000 gewen en ander gespel as wat jy dink, soos die moeilikste woorde gevra. deelnemers het geskenkbyvoorbeeld ‘Nkosi Sikelel’ Maritz het vertel dat pakke ontvang.

Groupwise se dae is nou getel

Hoe om jou e-posadres te verifieer:

ISABEL MOISES Na amper twee dekades sluit die Noordwes-Universiteit sy interne e-posdiens vir studente. Sommige studente voel dit sal geriefliker wees om net een e-posadres dop te hou, maar ander is sterk daarteen. “Die hoofrede hoekom die NWU besluit het om nie langer hierdie diens te verskaf nie is omdat dit ’n duur diens is wat nie volledig deur studente gebruik word nie,” het Boeta Pretorius, Direkteur van IT Akademiese Oplossings, gesê. “Dit kos die universiteit miljoene rande om hierdie diens te handhaaf. Die geld kan eerder befonds word op dienste wat regtig nodig is vir studente.” Studente gaan ’n “alias” -’n deurgang na jou persoonlike e-posadres hê. Boonop kan jy steeds ’n e-pos aan iemand stuur as jy hul studentenommer ken. “Dit is ongelukkig nie opsioneel nie, maar wel verpligtend vir studente om hul verkose e-posadresse te verskaf,” het Pretorius gesê. Studente se e-posadresse gaan tot einde Februarie beskikbaar wees. Daarna gaan die NWU dit afskakel maar nie uitvee nie. Alle e-posse wat daar was gaan nog daar wees maar studente gaan geen nuwe e-posse kan ontvang nie. Dié veranderinge is darem nie nét sleg nie. Die NWU wil onbeperkte skyfruimte deur Microsoft of Google vir elke student beskikbaar stel. Die NWU besig om met Microsoft te onderhandel om die Office 365 Pro-suite gratis aan studente te bied. Dit gaan hopelik in die eerste semester beskikbaar wees.

Stap 1: Voorsien ’n alternatiewe eposadres aan die universiteit.

Nuwe studente aan die NWU-Puk kan nie meer Groupwise e-posadresse skep nie en huidige studente sal binnekort geen nuwe e-posse vanaf hul Groupwise profiele ontvang nie.

Stap 2: Volg die skakel wat die Dit kos die universiteit miljoene rande om hierdie diens te handhaaf. Die geld kan NWU na dié eeerder befonds word op dienste wat regtig nodig is vir studente. posadres toe stuur.

Kitsfeite oor Groupwise Die Wi-Fi-fasiliteite op die NWUkampusse word die meeste van alle universiteite landwyd benut. Dis amper twee keer hoër as Universiteit van Kaapstad (UK) wat die tweede grootste Wi-Fi verbruiker is.

Sowat 43,038 e-posse word daagliks uitgestuur, waarvan slegs 4 910 studente is.

Stap 3: Verifieer jou e-posadres.


5 Februarie 2015

Nuus

The Tap les nie meer studente se dors

3

FOTO: LIZE LOMBARD Rock fanatici moes glo weens die bestuur se nalatigheid The Tap groet. ’n Nuwe kuierplek sal egter binnekort op die perseel oopmaak, maar studente bly skepties oor die vloek wat skynbaar die perseel dreig. MARIZEL SCHUTTE EN MARNUS KOK

R

ockliefhebbers is hul kuierplek op die Bult kwyt.

Waarheen het The Tap, neé Arcade Empire, verdwyn? Daar is gewis meer vrae as antwoorde. Studente wonder hoekom die kuierplekke op dié perseel so vinnig in die hek duik? Hoewel The Tap ’n platform vir groepe soos Die Heuwels Fantasties, Taxi Violence en Francois van Coke was, blyk dit die musieknote is gesnoer omdat The Tap “nie ’n dranklisensie (kon) kry nie”. Só het Ami Botha gereageer op ’n vraag wat op Facebook gevra is. Volgens Botha kon hulle “nie ’n permanente een (dranklisensie) kry nie”. Sommige aanhangers voel The Tap wou vir te veel musieksmake voorsiening maak. “The Tap speel nie regtig nuwe goed nie, hulle speel ou classics en

Francois van Coke het gesê hy “het baie van die venue gehou” rock,” het Kimmy Pearce gesê. Harde rock-liefhebbers het meer aanklank by Arcade Empire se rockstyl gevind, maar anonieme bronne meen dié plek is na The Tap vernoem weens struwelinge oor naamregte. Ja c o d u P l e s s i s m e e n Arcade Empire se atmosfeer moes verander sodat die plek “iets vir almal” sou wees. The Tap het dus op verskeie musiekgenres gefokus. Tog het Francois van Coke gesê hy “het baie van die venue gehou”. Vandag tokkel al die rockers hul snare in Mystic Boer.

Volgens Chris Rautenbach, een van The Tap se eienaars, het “Potchefstroom, sy inwoners en studente glad nie die besluit beïnvloed nie”, maar “interne struwelinge” het aanleiding gegee tot die verbrokkeling van The Tap. Rautenbach wou nie verder u i t b re i o o r d i é i n t e r n e struwelinge nie. Tog meen J.R. Heath “daar was biekie (sic) geldsteel situasies gewees” toe hy op dieselfde Facebook-vraag gereageer het. Studente kan gelukkig uitsien na ’n nuwe kuierplek op dié perseel. Volgens nuwe eienaar, Louis Taljaard, gaan dié plek nie live bands akkommodeer nie. Dansmusiek, “soos by die destydse Mid Knights,” sal wel gespeel word. Volgens Taljaard is die “mark vir rock-liefhebbers in Potchefstroom te klein,” om ’n eksklusiewe kuierplek te regverdig. Sal dié kuierplek die vloek wat oënskynlik die klubs se lewensduur kortknip kan vryspring?

Die vloek Î

’n “Drug bust” was die hoofoorsaak dat Yoof sy deure moes sluit.

Î

Blykbaar het Yoof langer musiek bly speel as die toelaatbare tye.

Î

Yoof se mure was ook nie klankdig nie.

Î

Yoof het 28 September 2012 laas op Facebook kommentaar gelewer.

Î

Dié perseel het vir ’n jaar ná Yoof se sluiting leeggestaan voor Arcade Empire oopgemaak het.

Î Arcade Empire was tydens Aardklop 2013 en vlugtig verlede jaar oop. Î Die gerugte van dwelms en kriminele rekords het ‘n invloed op die tydelike dranklisensie gehad.

Vier dinge wat 2014 jou in BWI-sentrum en Kenia sluit vennootskap die sak gebring het NICOLE KEMP Die Noordwes-Universiteit en sy duisende studente het die afgelope jaar deur verskeie kruisvure geloop. Dit was soms moeilik en dit was soms snaaks, maar as ons terugkyk is daar tog vier waardevolle lesse wat in ons nawete agterbly terwyl ons die toekoms aanpak. Die eerste les is natuurlik om nóóit weer op kampus na ’n mooi voël in mid-vlug te wys of enige ander soortgelyke bewegings te maak nie. Dit was vir sommige seniors ’n aanpassing, maar teen die einde van verlede jaar kon jy ’n NWUPukstudent uitken aan die manier hoe hy na goed in die lug wys: ’n aandagtige gestaar na wat ook al dit is wat die student interesseer totdat iemand vra waarna hy kyk. Met ’n eerste naam Door, moet jy ook eerder met jou noem- of middelnaam vriende maak. ’n Reeks identiteitskrisisse onder eerstejaars is só opgelos - ’n

gelukkige bonuspunt. Derdens weet ons nou ook ons mag nie in georganiseerde, netjiese rye loop nie maar eerder in ’n slordige bondel. Die rede agter dié logika kan nog nie volkome verduidelik word nie, maar volgens gerugte op kampus is dit bloot omdat Sannie op die punt uitgevoel het. Die laaste les is meer filosofies van aard, maar vind tog by studente van alle ouderdomme aanslag. Ons het geleer ons mag nie meer gedwing word om goed te doen nie en só het die nuutste gesegde, “as jy wil” op almal se lippe ontstaan. Ja, die NWU-Puk het ’n nuwe blaadjie oorgeslaan en so het alle studente geleer dat ons vanjaar kan doen wat ons wil as ons wil. Na talle Beeld-voorbladstories en ander kopstampe oor ons skandale kan Mamma en Pappa nou met geruste harte weet die Puk-studente in 2015 nie net voorregte het nie, maar hierdie keer ook regte … menseregte.

Die vier gesigte wat deel was van dié vennootskap. Van links is Murray de Villiers, SAS se algemene bestuurder van Korporatiewe Aangeleenthede, prof. Kinandu Muragu, uitvoerende direkteur van KSMS, prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, en prof. Riaan de Jongh, direkteur van die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika (BWI). FOTO: Verskaf Die Kenya School of Monetary Studies (KSMS) het verlede Dinsdag en Donderdag die universiteit besoek. Volgens prof. Riaan de Jongh, direkteur van die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika (BWI), het hulle onderhandel oor ’n Memorandum van Verstandhouding (MvV) vir samewerking op die gebied van onderrig en navorsing. “KSMS stel veral daarin

belang om ’n MSc BWI Besigheidsanalise en Datawetenskap-spesialisering in Kenia aan te bied,” het De Jongh gesê. Die NWU was glo eerste om dié graad plaaslik aan te bied. “Ons het in 2011 ’n R2,5 miljoen-toekenning van SAS (’n leier in besigheidsanalisesagteware en -dienste) ontvang vir die oprigting van ’n SAS Advanced Analytics Lab by die Sentrum vir BWI.

Volgens De Jongh is SAS en die plaaslike banke baie optimisties oor dié verhouding, aangesien dit tot die kritiese vaardigheidstekort in Afrika kan verlig. “Ons is baie opgewonde oor hierdie verwikkeling, want dit kan tot ander geleenthede aanleiding gee,” het De Jongh gesê. “Dit is ’n groot stap in die rigting van die internasionalisering van die BWI-kursus.”


Nuus

4

5 Februarie 2015

NWU-Puk damesskaakspan behaal eersteplek tydens USSA toernooi in Kaapstad

Pukke skree 'skaakmat!' en wen nasionale kompetisie MARITA HERSELMAN

D

ie NWU-Puk Skaak het vyf dames in Desember 2014 na USSA (University Sport South Africa) in Kaapstad gestuur, waar hulle bewys het dat hulle nie pionne is nie, maar meer soos adelikes in dié spel. Die NWU-Puk Skaak se damesspan is as die algehele wenners van die nasionale kompetisie gekroon, waaraan 26 ander universiteite deelgeneem het. Die individue in die span se punte word geakkumuleer om die groot totaal te vorm wat die wenspan bepaal. Drie van die vyf verteenwoordigers was indiFOTO: Vinzent Blaschczok vidueel onder die top tien tydens Dié dames het tydens die USSA Nasionale Skaakkompetisie bewys dat skaak die toernooi geplaas. Rachellenie net ’n spel vir mans is nie. Mari Voges het die damesafdeling Van links: Marlene Roets (agtste plek), Rachelle-Mari Voges (eerste plek), Elizma gewen, Eljeanie Wilke was sesde Grobler (NWU-Puk Skaakvoorsitter), Eljeanie Wilke (sesde plek). en Marlene Roets, agtste.

Kortliks

Die NWU-Puk Skaak se damesspan is as algehele wenners gekroon van die nasionale kompetisie, waaraan 26 ander universiteite deelgeneem het Volgens die voorsitter van NWU-Puk Skaak, Eljeanie Wilke, is vele onder die wanindruk dat skaak ’n rustige, vervelige spel is. “Skaak is soos ’n langafstandwedloop, jou hart begin klop en jy kry ’n adrenalien rush,” het Wilke vertel. Wilke geniet skaak omdat dit ’n kombinasie van logika en kreatiwiteit verg. “Jy moet ’n logiese skuif maak, maar op ’n kreatiewe manier,”

Wêreldnuus

meen sy. Volgens spanlid Marlene Roets verbeter skaak haar konsentrasievermoë. “Die beste deel is die adrenalien rush wat jy kry as die tyd min raak en jy sien jy gaan wen. Die spangees maak dit ook baie lekker,” het Roets gesê. Die proewe word op 12 Februarie om 17:30 bo die SS gehou, indien jy deel van die NWU-Puk Skaakspan wil word.

SAAMGESTEL DEUR ARISA JANSE VAN RENSBURG

Londen

Vals ysbeer maak film meer realisties ’n Ysbeer het die strate van Londen onlangs in oproer gehad. Die “ysbeer” was eintlik ’n elektroniese replika wat in die fliek, Fortitude, gebruik was. Hy was van binne beheer deur twee marionet-spesialiste wat ook aan die produksie, War Horse, gewerk het. Volgens ’n woordvoerder vir die fliek wou hulle aan mense die geleentheid bied om met een van die wêreld se gevaarlikste diere in noue kontak te kom en sodoende die film meer realisties te maak.

Mexiko

Kraamsaal bars uit sy nate Drie mense het gesterf en 73 is beseer na ’n gasontploffing in ’n kraamhospitaal in Mexiko verlede Vrydag. Dit het gebeur nadat daar ’n gaslek in die hospitaal ontstaan het. Ooggetuies sê die werkers het vir ongeveer 15 tot 20 minute tevergeefs probeer om die lekkasie te stop. Daar is gepoog om die hospitaal te ontruim, maar die gaswolk het enkele minute later die ontploffing veroorsaak.

Wes-Afrika

Ebola-einde uiteindelik in sig Daar is sprake dat die Ebola-virus minder sterftes veroorsaak. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is minder as 100 nuwe gevalle die afgelope week aangemeld en hulle hoop dan dat die sterftesyfer op sy beurt weer sal daal.


5 Februarie 2015

Nuus

Ontgroening kodewoord: R & O Interaktiewe sessies

JEANELLE GREYLING Baie dinge op die NWUPotchefstroomkampus het ná die omvattende mediadekking verlede jaar verander. Die eerstejaars se oriënteringsprogram is een voorbeeld. Wapad het gaan ondersoek instel oor wat dié nuwe program behels.

Die eerstejaars mag dít nie meer doen nie. Dit kom glo militaristies voor en laat dit lyk of die NWU-Puk robotte in plaas van mense grootmaak. FOTO: Netwerk24.com

Die NWU-Puk se eerstejaarsprogram. FOTO: Facebook

Naamverandering Volgens Bianca Enslin, SR: Adjunkvoorsitter, is die ou Ontvangs- en Bekendstellingsprogram (O&B) vanjaar vernoem na die Registrasie- en Oriënteringsprogram (R&O) omdat die drie NWUkampusse se verwelkomingsprogramme moes belyn. “Hulle wou dit nie na een van die huidige benamings op een van die kampusse nie vernoem nie, so toe skep hulle ’n heeltemal nuwe naam wat op al drie kampusse van toepassing is," het Enslin gesê. Sy meen ook dat die NWU se R&O-program al voor einde September verlede jaar reg was toe die bestuur besluit het die verskillende kampusse se programme presies moet belyn. “Omdat ons meer studente as die ander twee kampusse het, kan ons nie presies belyn volgens dag en datum en tyd nie.” Volgens Enslin is die programme wat hulle voorgelê het elke keer afgekeur. “Dit was maar ’n redelike scary ervaring want ons was só bang vir wat ons verloor.” Die program wat uiteindelik goedgekeur is, was basies dieselfde as voorheen.

Tradisies is uit die voete gemaak In die verlede kon die O&B-komitee die eerstejaars in die amfiteater pak. “Hulle het daar aangekom, aangetree en ry vir ry ingestap, en ons het vir hulle gesê: ‘loop vinnig!’ en pak, pak, pak. “Nou kan ons hulle nie meer so beheer nie. Hulle kom in, hulle mag nie aantree nie want 'n squad is uit,” het Enslin gesê. Niemand mag foto’s neem van waar hulle in 'n squad staan nie. “Hulle loop in bondels en wag tot daar plek is.” Die “twee-drie, staan!” of “Hoedjies, twee-drie!” is ook iets van die verlede. “Dit moet nou baie gemakliker wees, soos as ek en jy iets in die amfi gaan kyk.” Die leiers kan volgens Enslin nie meer so organiserend wees nie, “omdat dit militaristies voorkom en dit lyk of jy robotte grootmaak en nie mense nie”.

Transformasie Enslin en die bestuur het vanuit die menseregte-beginsels gewerk en vanjaar se reëls op drie faktore gebaseer. Eerstens moet jou aksies 'n doel hê. “Dit moet geregverdig kan word.” Tweedens moet jy kyk na hoekom jy só optree: “Doen jy dit vir intimidasie of word die eerstejaars se menswaardigheid enigsins aangetas?” Die derde belangrike faktor is natuurlik menseregte.

Een koshuis het ’n tradisie gehad dat hulle die laastes was wat in die amfiteater gesit het. Ander koshuise het die heeltyd tydens die amfisessies gestaan. Enslin meen dis sleg dat hulle nie meer orde tydens dié sessies kan handhaaf nie, “want die tradisies gaan weg.” “Wat goed is, is dat die noodhulpmense sê dis die minste ongevalle nog ooit. “Dis warmer as verlede jaar, so hulle verwag die mense moet meer flou val en sleg voel, maar die ingesteldheid is beter.” Seniors in die koshuise mag die eerstejaars nie meer bangmaak of intimideer nie, “Die houding by die koshuise is baie anders,” wat vir ’n meer ontspanne atmosfeer in die amfi sorg.

“Waar ons voorheen 'n celebrity emcee gehad het, het ons nou 'n bekende gesig op kampus gekry om te emcee.” Volgens Enslin is dit “sleg as jy nie kan reël wat jy gedink het jy kan reël nie, maar die eerstejaars sal dit nie sommer agterkom nie”. Die seniorstudente sou dalk agtergekom het, meen Enslin. “Maar ons sal nogsteeds 'n goedgenoeg R&O-program op die been kan bring”.

Foto: Facebook

Deelname Al die eerstejaars het die interaktiewe sessies bygewoon. Dit bewys die studente kom hier-natoe vir die studentelewe, meen Enslin. Die getalle en belangstelling het “nie drasties” afgeneem nie. Isabel Moises berig hoe jy vanaf 'n afstand die eerstejaars vanuit die amfiteater kon hoor. Nóg die reën nóg die donderweer kon die sterk en jolige gees breek. Elke portefeulje het hulself op kreatiewe maniere aan die eerstejaars voorgestel.

Wag-'n-Bietjie en Patria se JOOLvlot. FOTO: Lize Lombard

Liefdadigheid en stuff

“Sowat R25 000 word gebruik om care packs te koop,” het Enslin gesê. “Dis basies 'n welkom tuispakkie. Net sulke goedjies wat 'n ‘mamma-pakkie’ vir 'n gewone student sou wees.” Dié pakkies word ondergronds by die koshuise vir minder bevoorregte studente uitgedeel. “Hulle kyk maar waar’s daar nood en sit dit op die studente se beddens neer.”

Die leiers op kampus mag nie meer "op troontjies" geplaas word nie.

Leiers word nie gegroet Die NWU-Pukke het verlede jaar vir hul reg op Afrikaanse onderrig betoog. FOTO: praag.co.za

Mediadekking “Publisiteit is nie noodwendig altyd sleg nie,” het Enslin gesê. Hoewel dié kampus verlede jaar baie mediadekking gekry het, het dit bewustheid oor die NWU-Pukstudente se standpunte gekweek. “Mense wat nie geweet het ons onderrig is net in Afrikaans nie, besef ons baklei daarvoor.” Volgens Enslin skrik dit party mense af, maar lok ander weer aan “as hulle sien Puk bied nog Afrikaans aan en is bereid om na ander tale toe te tolk”. Enslin het ook mense teëgekom wat gehoor het die koshuislewe is nie meer so erg soos in die verlede nie en daarom hul kinders hiernatoe sal stuur. “Hulle is nie meer bang nie. Dit (mediadekking) gaan altwee kante toe.”

HK-lede van Wanda-vrouekoshuis spreek 'n eerstejaar aan.

Bang Jan HK Party huiskomitees is “bang hulle kom voor asof hulle skree”. “Ons het nêrens gesê: ‘Moenie te hard praat nie,’ maar dit is maar vrees dat hulle weer in 'n geval opeindig soos laas jaar. Situasies kan so maklik misinterpreteer word of omgeswaai word. Volgens Enslin is die mense wat dié jaar gekies is om leiers te wees, “regtig spesiaal gekies”. “Dit was sover lekker om met hulle te werk, hulle het hul insette gelewer en dis goeie mense om almal se mindsets reg te kry.”

Bok van Blerk betower die gehoor. FOTO: Lize Lombard

JOOL “Ons het R140 000 se borge verloor,” het Enslin gesê. “Dit is die grootste borge van die afgelope paar jaar wat nie wou borg nie.” Volgens Enslin het dié borge nie genoeg tyd gehad om die advertensieveldtog wat saam met die borg gaan, te ontwerp en te loods nie. “Ons het nou maar baie gesny en gekyk wat is werklik nodig en die kampusbestuur het ons met fondse uitgehelp.”

Karlien se HK voer die Wangesang vir die eerstejaars en hul ouers op. FOTO: Facebook

Klagtes

Dié Klawerhof-eerstejaars is moeg vir liefdadigheid. FOTO: Twitter

Minjonet.

5

Die rektorsgroet, die SR-groet en die Prim-groet “het nou alles verander,” het Enslin gesê. Die rektorsgroet het vanjaar behels dat die eerstejaars en die rektor die universiteitslied saam sing. “Dan is dit meer ’n kampustrots en ’n universiteits-trots wat gekweek word as iemand wat op ’n troontjie geplaas word en daar word nou spesiaal groete vir hom uitgewerk.” Enslin meen die Wesselsverslag en die ondersoeke op kampus het uitgewys dat dit lyk asof leierskap verhef word en op ’n troontjie geplaas word. Die eerstejaars het ook by die SR-groet “ingestap, uitgestap en niks gedoen nie”. By die prim-bekendstelling het die eerstejaars die kos-huislied vir die prim gesing. “So dit is meer ’n koshuis-trots.”

Enslin het nie direk klagtes ontvang nie, maar sy hoor van HK-lede wat ongelukkig is oor goed wat wegval. “Daai mindset het in die afgelope jaar verander en hulle verstaan nou. “Maar ek hoor van seniorstudente wat maar negatief is. Daar’s baie klagtes daar.” Enslin meen ’n mens kan respek kry sonder om ongeskik te wees of om intimiderend te wees. “'n Groot fout in die verlede was dat jy 'n front voorgesit het om met eerstejaars te werk,” het Enslin gesê. “Wees net jouself dan gaan jy nogsteeds daardie dissipline kan handhaaf.”

Groet en Ontmoet Dié geleentheid is in die plek van die destydse Seniorontmoeting ingestel. Soos die naam impliseer, was dit baie meer gemaklik as die vorige jare. Eugenie Gregan berig byvoorbeeld dat Heide-vrouekoshuis se huiskomitee tydens dié geleentheid die tweedejaars gevra het om op die vloer te sit sodat die eerstejaars 'n idee kry van wat hul plek in die koshuis is.

Dit lyk of die eerstejaars dié koue stort geniet. FOTO: Facebook

Eerstejaars stort in die son Sunelle van der Wateren berig die gewilde vrugtefees was dié jaar net ná 11:00 verby. Ná 'n eerstejaar van Ratau Lebone drie jaar gelede verdrink het tydens dié fees, mag die eerstejaars die afgelope twee jaar nie in die Fanie du Toit-sportgronde se swembad swem nie. Hulle kon mekaar wél soos in die ou dae met waatlemoene en tamaties vuilmaak.

Verskil in getalle Volgens Enslin het die NWUPotchefstroomkampus die afgelope drie jaar elke keer aansienlik meer inskrywings gekry. “Die inskrywings- en aanvaardingsgetal was hoër as verlede jaar s'n,” het Enslin gesê. Tog het Wapad verlede jaar berig dat daar meer as 5 000 eerstejaars by verlede jaar se opening en verwelkoming was. Vanjaar was daar slegs 4 500 eerstejaars by dié geleentheid, het die NWUnuusblad berig.


6

5 Februarie 2015

Beskermingsdienste: jou beskermengel op kampus Hulle is glo jou helpende hand wanneer jy moeilikheid in enige vorm kry ISABEL MOISES

S

tudente word aangerand en besteel, en soms is hulle net te bang om dit aan te meld. Beskermingsdienste is nie net ’n plek waar jy jou students gaan soek nie, maar hulle is wel ook daar om te beskerm en te dien. Met drie skofte per dag, maak Beskermingsdienste seker dat daar altyd genoeg beamptes is om die kampus en sy studente veilig te hou. Beskermingsdienste is daar om te beskerm en te dien deur doeltreffende patrolleringsdienste, misdaadbekamping, ondersoek van misdaad en ’n ondersteunende rol tot ambulans- en brandbestrydingsdienste te lewer. Nog funksies wat hul aanbied is arrestasies, alarms en monitorstelsels. “Vanaf vroeg Januarie is ons al hard besig met nuwe studente en ouers op kampus. Dit is die besigste tyd van die jaar vir ons,” meen ’n sekuriteitsbeampte. Giel Senekal, Hoof van Verkeer- en Toegangsbeheer sê dat die diefstal van selfone, skootrekenaars en kontant uit beursies vanuit koshuiskamers die mees algemene voorvalle van misdaad op kampus is. Volgens Kiewiet Scheppel van Bemarking en Kommunikasie (BEK), was “drie studente van Eikenhof verlede jaar tydens Aardklop beroof. Hulle het

Beskermingsdienste is daar om te beskerm en te dien deur doeltreffende patrolleringsdienste, misdaadbekamping, ondersoek van misdaad en ’n ondersteunende rol tot ambulans- en brandbestrydingsdienste te lewer telefoondiens verrig en aan die slaap geraak. Toe hulle wakker word, het hulle gevind dat hul selfone en skootrekenaars vermis was. Daar was twee verdagtes gearresteer en aan die SAPD oorhandig. Die verdagtes het na berig toegang verkry deur die skuifhek by Bennie Pienaar-saal wat nie behoorlik gesluit was deur Aardklop se sekuriteit nie en toe toegang verkry tot Eikenhof deur ’n agterdeur wat nie gesluit was nie.” Studente word aangemoedig om altyd ’n draai te maak by Beskermingsdienste wanneer hul iets verloor het of ’n slagoffer van misdaad was. Talle studentekaarte en sleutels word daagliks ingehandig by die Besker mingsdienste-kantore en die opgeleide personeel is toegerus om enige noodsituasie te hanteer.

Lees jou kampus nou

Beskermingsdienste is geleë in die draai by die Sanlam Ouditorium en skuins oorkant Voeding- en Gesinsekologie in gebou F17.

Nood- en ander belangrike nommers ÎDEPARTEMENT BESKERMINGSDIENSTE: 018 299 1110 / 2211 / 2215 ÎPUK HULP (GESONDHEIDSENTRUM): 018 299 1777 ÎSAP: 10111 ÎPUK BRANDWEER: 018 299 1110 / 2211 / 2215 ÎAMBULANS: SKAKEL BESKERMINGSDIENSTE NOODNOMMER ÎTOEGANGSKAARTE: 018 299 2209 ÎSLEUTELS: 018 299 1929 ÎONDERSOEKE / HOOF BEVEILIGING: 018 299 2210 / 2212 ÎVERKEER- EN TOEGANGSBEHEER: 018 299 2219 / 4402 / 2218

Slapelose nage oor benullighede? Ons los dit op ARISA JANSE VAN RENSBURG Het jy al ooit gewonder waar die strepie in tandepasta vandaan kom? Het jy al nagte wakker gelê met eindelose vrae soos: “Kan ’n mens huil sonder oë?” of “As jy onder water is, is jy werklik nat?” Indien ja, hoef jy nie langer slapelose nagte hieroor te ervaar nie.

Strepie-strepie:

Kurkdroog of papsopnat?

Wanneer jy jou buisie tandepasta deursny is die tandepasta aan die binnekant net wit, maar waar kom die strepie dan vandaan? Die geheim lê eintlik in die mondstuk van die buisie. Naby aan die snuit is daar gaatjies met stowwe van verskillende digthede. Wanneer jy die buisie druk, forseer dit die wit tandepasta aan die binnekant, asook die ander kleurige stowwe by die opening uit om dus die strepie-effek voort te bring.

Water, oftewel H2O, bestaan uit waterstof- en suurstofmolekules. Wanneer jy in die swembad klim en jou lyf heeltemal onder water is, is hierdie molekules verbind met mekaar. Terwyl die molekules verbind is, is jy tegnies gesproke nie nat nie. Dit is eers wanneer jy uit die swembad klim, en die verbinding begin breek wat jy nat word.

Pikkewyn-knieg:

Pik ’n traan:

’n Vraag wat groot oproer onder slapeloses veroorsaak, is: “Het pikkewyne werklik knieë?” Dit is bewys dat ’n pikkewyn se been inderdaad uit ’n femur, knieskyf, tibia en fibula bestaan. Dit is as gevolg van hul oormaat vere en kort postuur, dat mens net nooit hierdie struktuur raaksien nie.

Volgens studies in menslike anatomie is dit wel moontlik om te huil sonder oë. Die vermoë om te kan sien is die hooffunksie van die oog en verskil hemelsbreed van die vermoë om te kan huil. As die liggaam ’n lakrimale klier en lakrimale buis het, is dit moontlik om te huil sonder ’n oog.



8

Advertensie

5 Februarie 2015

6$路s Largest Online Classifieds.


5 Februarie 2015

K&V

9

Geen HEIWERing by #EK15

Die diverse tonele wat ons vanjaar gesien het. Ons het darem maar ‘n klomp verspotte eerstejaars! JOHANE VAN DEN BERG

K

lawerhof en Heimat het by vanjaar se aankondiging van die wenners van die eerstejaarskonsert byna soos Taylor Swift by laasjaar se Grammys gelyk: arms vol pryse. Kleuterskoolliedjies soos Hansie Slim en Vader Jakob het lewend geword op die verhoog as karakters in die toneelstuk. Landshelde soos ’n wraaksugtige Wolraad Woltemade en ’n ondeunde Rageltjie de Beer

het gesorg dat die teks vars en humoristies bly. Afgesien van die feit dat hulle as die algehele wenners aangekondig was, het hulle ook eersteplek gewen in die afdelings: toneel, begeleiding en prop-gebruik. Hulle het daarby tweede plek gewen vir teks en sang, sowel as derde plek vir choreografie. Karlien en Villagers was egter kort op hulle hakke met ’n algehele tweede plek vir hul vertolking van ’n Romeo en

Juliet drama wat tussen die inwoners van ’n kombuis en sitkamer onstaan het. Die sleep se indrukwekkende kostumering, sterk karakters en goeie dekor het vir ’n eersteplek in sang en teks gesorg sowel as ’n tweede plek in begeleiding, toneel, choreografie en propgebruik. Hulle het ook eersteplek gedeel met LAT dit REUn (Bellatrix en Laureus) vir eie komposisie. In algehele derde plek was Vergeet-My-Nie en De Wilgers

FOTO: LIZE LOMBARD waar hulle ook derde plek gewen het met toneel en prop-gebruik sowel as om derde plek te deel met Oosterhof en Over de Voor vir eie komposisie. Charl Olivier van Heimat was gekies as beste manlike akteur en Marianka Cronje van Heide as beste aktrise. Die Wapad-aktualiteitsprys is oorhandig aan Dinki en Veritas vir hul goeie uitbeelding van aktuele sake soos wêreldleiers wat tans en voorheen aan bewind was as karakters.

Oor die algemeen het die kwaliteit van #EK15 nie teleurgestel nie, afgesien van die feit dat twee slepe se dekor en temas in verskeie opsigte oorvleuel het. Die klank het ook amok by van die slepe veroorsaak en soms was die sangers plek-plek uit sync met die koor en die band. Die konsert was egter oor die algemeen steeds vermaaklik en die gehoor het hulself tydens albei vertonings gate uit geniet.

THE NWU GALLERY OPENS ITS

Potchefstroom maak sy debuut in lang verwagte film

DOORS FOR THE YEAR

Leandie praat oor Mooirivier 1.Wie was volgens jou die snaaksste medespeler op die stel? Bouwer Bosch en Bennie Fourie.

2.Wat was die ‘weirdste’ ding wat iemand op stel gedoen het? PHOTO’S: Provided Examples of the art pieces on display at the respective galleries NICOLE KEMP

Both galleries of the North-West University welcome 2015 with two remarkable art exhibitions making their debut today. Rowland Daniel’s exhibition, The Beginning, is a representation of the past 21 years of his life and showcases different variants of sculptures. It is exhibited at the NWU Botanical Garden Gallery. According to Daniel “there exists a great variety in the sculptures because each of them were completed over long periods of time”. Personal experiences are reflected in Daniel’s work, resulting in a deep emotional connection between sculptor and sculptures. Daniel explains: “Things that make or break you, hope and love, they all have distinct effects on my state of mind, which again lays its weight on my creative process”. The topic of recycling also attributes to Daniel’s exhibition as can be seen in the types of materials used in his sculptures.

“Because I live my life close to nature, recycling has also become a more important issue, which influences my choice of material. Scrap metal and stone are utilized more frequently while I also keep my eyes peeled for any manner of unused or found material which continues to affect texture and rounding off,” Daniel says At the North-West University Gallery Prof. Attie Gerber documents the traditional lifestyles of the people of the communal areas of the north-western Cape and the Kalahari in a photographic and video presentation. “The main focus is remnants of cultural life that is threatened by modernization and the evolution from farming to a wage-

economy,” Gerber explains. The exhibition strives to answer questions such as: “How and where these people live?”, “What is it like to live in a stock post shelter?” and “What is unique and traditional about the way stock post herders prepare their food?” Both exhibitions are open for public viewing from 5 – 27 Feb. at their distinctive galleries.

Bouwer het as deel van die movie in sy onderbroek in die koshuis gange so scene gedoen waar hy heeltyd gly as hy wil loop... Dis deel van die movie oor sy medespeler Bennie vir hom ’n poets gebak het.

3.Wat sal jy graag volgende wil aanpak? Baie dinge. Ek kan nie my geheime weggee nie, maar flieksgewys ’n challenging, disturbing rol. Soos Girl Interrupted.

4.Wat dink jy is die belangrikste waarde wat meisies vandag behoort te hê? Self-love en respek, dan sal al die ander waardes vansself kom.

5.Wat is een ding wat jy wens jy vroeër in jou lewe geweet het? Dat ek perfek is nes ek is. Dat niemand soos ek is nie, dus hoef ek nie myself met enige iemand te vergelyk nie. Ek is die enigste en beste ek.

SUNELLE VAN DER WATTEREN Die film Mooirivier, wat vanaf 26 Maart 2014 in Potchefstroom en op die Puk-kampus geskiet is, kom 6 Februarie op die grootskerm uit. Die film met sy alombekende filmspan bring ’n hele nuwe konsep na SA se filmwêreld. Vir die eerste keer in die geskiedenis van Suid Afrikaanse rolprente produseer Kaapland Films ’n film met meervoudige storielyne soortgelyk aan die films Valentines Day en Love Actually. Mooirivier speel regoor Potchefstroom af, onder andere op die Puk-kampus, Cachet Park, op die Bult en by Laerskool ML Fick. Akteurs wat die rolle van die paartjies in die film vul is onder andere Gys de Villiers, Anel Alexander, Diaan Lawrenson, Zetske van Pletzen, Heinz Winckler, Nadia Beukes, Leandie du Randt, Bouwer Bosch en Hykie Berg. Vanaf die lokprent wat op YouTube beskikbaar is lyk dit asof Kaapland Films en Rene van Rooien (die skrywer van die

Die film volg die verhale van verskeie paartjies soos hulle elk op hul eie manier bewys dat “liefde wen”, en so lees die film se leuse ook film se draaiboek en die regisseur) nog ’n goeie, romantiese humoristiese fliek vervaardig het, ten spyte daarvan dat hulle “probeer wegkom van die romantiese komedie,” soos Tim Theron gesê het. Die film volg die verhale van verskeie paartjies soos hulle elk op hul eie manier bewys dat “liefde wen”, en so lees die film se leuse ook. Dit beeld ’n meer realistiese kant van liefde uit en wys dat daar hoogtepunte sowel as laagtepunte in liefde is, maar dit kom daarop neer dat liefde op die ou einde tog uitwerk. Soos die lokprent verduidelik: “Partykeer voel dit asof alles net in plek val, asof die liefde net werk.”

Leandie du Randt vertolk die hoofrol


10

5 Feb- 19 Feb DONDERDAG 5 FEBRUARIE - 20:00

Shortstraw Album Launch Mystic Boer R50 toegang

JOOL 2015... JOOL 2015

K&V

5 Februarie 2015

het jou wind uitgeskop, jou weggeblaas, jou stembande gesteel en jou laat wegraak in die musiek

DONDERDAG 5 FEBRUARIE - 17:30

Kunsuitstalling se Opening: "The Beginning" - Rowland Daniel NWU Botaniese Tuine DONDERDAG 5 FEBRUARIE - 19:00

Kunsuitstalling se Opening: "Voices of the Drylands" - Prof Attie Gerber NWU Hoofgallery VRYDAG 6 FEBRUARIE

Mooirivier Movie begin wys Sterkinekor SATERDAG 7 FEBRUARIE - 09:00

The Life Market Snowflake DINSDAG 10 FEBRUARIE - 12:15

Eerstejaars Musiek Konsert Konservatorium VRYDAG 13 FEBRUARIE

EL-Phonix tree op Mystic Boer DINSDAG 17 FEBRUARIE - 12:15

Eerstejaars Musiek Konsert Konservatorium

FOTO'S: Lize Lombard MARITA HERSELMAN

N

a bykans ’n week bly ’n JOOL-erige atmosfeer steeds om Potch talm en ons dink met aangename herinneringe terug na daardie twee aande. Met só ’n diverse line up, het JOOL verseker met al wat ’n musiekliefhebber is, geflikflooi. Al die vertonings het van passie en energie getuig. Energievlakke het natuurlik met vertonings gewissel. Dit sal byvoorbeeld eienaardig wees as Joshua Na Die ReÍn se energie met Fokofpolisiekar s’n omgeruil word. Die JOOL-vertonings was Donderdag 29 Januarie deur Joshua Na Die ReÍn geopen. Hy en sy orkes het met treffer Hardloop in die veld in begin. Joshua Na Die ReÍn, Jacques de Villiers, se sag-op-die-oor-stem het die gehoor laat wieg met sy bemoedigende, opregte lirieke. De Villiers en sangmaat, Lizandra von Hagen het die gehoor uit hul longe laat gil tydens ’n tentoonstelling van hul sangvernuf.

7H +XXU

Joshua Na Die ReĂŤn het gedurende die verrigtinge onder meer ’n cover van Coldplay en Rihanna se Princess of China opgevoer. NĂĄ die vertoning het die band op Facebook gesĂŞ: “Nooit kon droom dat so baie mense my liedjies se woorde saam sou sing nie...â€? Die skare het al van liedjie nommer een af saam met Matthew Mole gesing en geneurie. Wie het gesĂŞ mans kan nie multitask nie? Mole behartig gelyktydig die kitaar, kickdrum,synth en meer, moeiteloos. Met Mole se debuutalbum, The Home We Built, het hy, in Julie 2013, die eerste Suid-Afrikaner geword om nommer een op iTunes se ranglys te wees. Sy musiek kan as folk, met elektroniese invloede, geklassifiseer word. Soos Joshua Na Die ReĂŤn se musiek, is daar in Mole s’n ook onderliggende Christelike elemente. Mole se lirieke is vol hoop, entoesiasme en hartsake. Om te sĂŞ sy musiek is mooi, sal onderbeklemtoning wees. Die reaksie wat Mole van die gehoor af gekry het, het sy ge-

laat met glimlagte bedek. Hy het afgesluit met sy treffer Take Your’s, I’ll Take Mine wat aanhangers gaande gehad het. Bok van Blerk het ’n trots Suid-Afrikaanse gevoel onder die toeskouers geskep deur onder meer liedjies soos De la Rey en Ons Vir Jou Suid-Afrika te sing. Hy het die mense in ’n partytjiebui, met lekker kuierliedjies soos Lenteblomme en Vodka & OJ, gesit. Van Blerk het in ’n onderhoud oor sy JOOL-ervaring gepraat: “Dit was ’n lekker vibe gewees en ’n mal crowd. Ek kon nie glo dat die studente elke liedjie woord vir woord saamsing nie. Dis crazy om te dink dat toe die De la Rey-CD uitgekom het, van hierdie mense tien jaar oud was.� Hy noem dat hy graag hierdie jaar ook iets anders wil aanpak, soos fotografie en ’n huis vir hom wil bou. Van Blerk is tans besig om aan sy nuwe album te werk, wat moontlik in Mei vrygestel word. P.H.Fat het die skare, vir ’n uur lank, ernstig laat kuier. Mike Zietsman, P.H.Fat rapper het

ZZZ QZXSXNNLYHUEO\I FR ]D

tydens ’n onderhoud gepraat oor JOOL: “It was cool. Just a surprise to see so many people there and to see so many people get into it.â€? MiCasa-sanger, J-Something het die gehoor geboei met sy in-diekol-danspassies. Die trompet en saxofoon in die groep bring sielvolle klanke mee. Jy wil jou oĂŤ toemaak om als met jou ore te waardeer, maar dan moet jy dit oopmaak om te beleef hoe diĂŠ mense dans. Potch-geliefdes, Flatlander, het die verantwoordelikheid gehad om die stemming vir Vrydagaand 30 Januarie te bepaal. Met hul opgewekte, prettige klanke het hulle veroorsaak dat die gehoor onwillekeurige bewegings maak. Fokofpolisiekar het ook opgetree. aKing het die gehoor van derde rat na vyfde deur laat sit. Jack Parrow was net so waaghalsig soos sy voorganger en het besluit om die crowd te surf. Euphonik het die belewenis, wat JOOL 2015 was, afgesluit. Dit gaan iets enorm neem om diĂŠ ervaring te klop.


5 Februarie 2015

Leefstyl

11

Maak 2015 sĂł onvergeetlik

JOHANÉ VAN DEN BERG

Die vakansie is verby, klasse het begin en dit mag voel asof hierdie jaar skielik met 'n spoed begin wegtrek. Dis egter nie nodig om te voel asof jy gaan agterbly nie. ’n Nuwe jaar beteken 'n nuwe jy, so skud die lekkerlui vakansie ‘vibes’ af en neem beheer oor jou lewe! Jou lewensarea het ’n belangrike effek op jou studies en jou gemoed, so doen iets nuuts met jou

koshuiskamer of jou woonstel.

Ouens, dis alombekend dat nie almal van julle mal is oor binneshuisversiering nie, maar jy hoef ook nie jou ma te laat skaam kry wanneer sy kom kyk of haar ou bloedjie nog leef nie. So sluk maar jou trots en vra jou meisie of ’n goeie vriendin om bietjie 'n hand te gee wanneer dit by hierdie sakie kom; girls is mal daaroor om te ‘redecorate’! As jy van 'n vintage tema hou, laat

staan 'n paar ou bladsye vir tussen tien en twintig minute in rooibostee, laat dit droog word en sny dan voÍltjies, wolke of selfs letters vir cool sê-goed uit om in ’n patroon op jou vensters te plak. Organiseer jou werksarea ordentlik en jou swottings sal sommer baie makliker gaan! Indien jy tot dusver onder 'n klip gelewe het en nog nie by die Fanie gaan swem het nie, moenie die volgende warm dag onaangeraak laat verbygaan nie; kry 'n klomp

pelle en ’n paar balle en gaan bos! Onthou die sonblok en die feit dat studente maklik peuselrig raak; gaan koop ’n lekker groot yskoue waatlemoen by Spar om saam te vat. As sekuriteit nie lus lyk om saam te werk nie, draai dit in ’n strandhanddoek toe en smokkel dit deur die hek! Spaar bietjie jou sak, verras jouself en maak jou eie ystee vir ietsie lekkers as die koshuisbure kom kuier. Dis baie makliker as wat dit klink, selfs vir die wat nog nooit baie avontuurlustig was nie.

Ons weet almal swottings is belangrik, maar maak tyd vir jou vriende en wys dat jy omgee. Movie nights is die perfekte manier om dit te doen, en dis fun daarby! As jy nie geld het vir uitgaanfliek nie, download 'n lekker een op Glowgaze en reĂŤl 'n paar vriende om te join. Onthou baie kussings! Studente kan laf wees en dis lekker, maar onthou: dis net jou lewe en jy lewe slegs een keer. Maak dit die moeite werd!

DIY-Nutella koek-in-'n-koppie JOHANÉ VAN DEN BERG

Oraait ou bul, kom ons wees maar eerlik: as jy in vandag se dae ’n girl op Valentynsdag wil beĂŻndruk gaan jy so bietjie meer PRHLWH PRHW GRHQ DV ĆŒ SDNNLH Chuckles of een van daai bos rose wat die smouse hier langs Hoofhek aan elke Jan Raap en sy tjom probeer verkoop. 'LH PHLVLH ZHHW LQ HON JHYDO ZDDU KXOOH YDQGDDQ NRP ZDQQHHU KXOOH QD ĆŒ HQNHOH GDJ YHUOHS +LHU LV ĆŒ EDLH EHWHU SODQ RP GLH PHLVLH YDQ MRX GURPH YDQ KDDU YRHWH DI WH VODDQ HQ KDDU VRPPHU JRX WH Z\V M\ÂśV QLH VRPPHU enige hierjy nie. DiĂŠ DIY (because anybody can)-resep is geskik vir arm studente wat ook maar net die nodigste in hul koshuiskamers besit, maar Valentynsdag tog spesiaal wil maak. 9DW GLW YDQ ĆŒ girl ZDW ZHHW GDDU LV PLQ GLQJH ZDW ĆŒ PHLVLH VH NQLHs ODP PDDN VRRV ĆŒ RX ZDW YLU KDDU NRVPDDN (Q YLU GLH PHLVLHV DV GDDU QLH WDQV ĆŒ NrUHO LV RP MRX RS GLH KDQGH WH GUD QLH embrace MRX HQNHOORSHU VWDWXV KRX ĆŒ girls-night en bak hierdie bad boy YLU MRX HQ MRX YULHQGLQQH +XOOH JDDQ GLQN M\ÂśV IDQWDVWLHV

Bestandele ‡ ‡ ‡ ‡ ‡ ‡ ‡

3 eetlepels koekmeel 3 eetlepels suiker 1 eier 3 eetlepels kakaopoeier 3 eetlepels Nutella 2 ½ eetlepels melk 1 eetlepel olie

Metode 1. 2. 3. 4.

FOTO: JOHANE VAN DEN BERG

5 Mins

Voeg al die bestanddele in 'n bakkie en meng totdat dit glad is. Gooi die mengsel in 'n groterige koffiebeker en bak in 'n mikrogolfoond vir 1 ½ tot 2 ½ minute (Die baktyd hang van jou mikrogolfoond se krag af). Laat dit vir sowat 10 minute afkoel voordat jy bedien. Versiering (opsioneel):Sit die kersie op die koek met ’n bietjie room of roomys.

Vir nog blitsvinnige koffie-koppie resepte gaan loer gerus op Buzzfeed se blog by hierdie Q-R kode:

Post-Rag first-aid kit on a budget NICOLE KEMP

:LWK WKH HQG RI 5$* ZHHN ÂżUPO\ EHKLQG XV D QXPEHU RI VOLJKW SUREOHPV PLJKW SRS XS DV DOO WKH IHVWLYLWLHV VWDUW WR WDNH WKHLU WROO ,I \RXÂśYH EHHQ setting up world records for binge drinking, got a nasty wifey-tan or developed giant gumboot-induced callouses, this one's for you. Liver-cleanse (to help get back the five years of your life you accidentally drank away in the beer tent)

Instant sunburn relief (we don’t want melanoma to join the party)

Listerine foot soak (take the piggies to the parlour with this one)

INGREDIENTS:

INGREDIENTS:

INGREDIENTS:

‡ ‡ ‡ ‡ ‡ ‡ ‡ ‡

2 teaspoons finely grated turmeric 1 teaspoon finely grated ginger ½ - ž teaspoon cinnamon Pinch black pepper ½ teaspoon pure vanilla extract 1 teaspoon pure raw honey or sweetener of choice Ÿ cup coconut milk (or milk of choice) Boiling water

‡ ‡ ‡

Baking powder A bath Hot water

‡ ‡ ‡

1 cup antiseptic mouth rinse (like Listerine) 1 cup vinegar 2 cups warm water

INSTRUCTIONS: INSTRUCTIONS:

1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.

Fill a mug halfway full with boiling water. Add in turmeric and ginger. Cover and let steep for 10-15 minutes. Stir in cinnamon, black pepper, vanilla and honey. Fill the rest of the mug with coconut milk and stir. Enjoy! Drink once a day until you run out of ingredients.

1. 2.

3.

Run a bath as you normally would and add ½ - ž cup of baking powder to the running water. Get in and experience the magical healing powers of baking powder for about 20 – 30 min (depending on the amount of sunscreen you managed not to put on yourself). Et voilĂĄ! No more lobster jokes for you.

INSTRUCTIONS:

1. 2. 3.

Mix all the ingredients together in a bowl large enough to fit both of your feet in. Soak the piggies for 10 – 20 min. After soaking lightly brush your feet with a pumice stone if desired.


12

5 Februarie 2015

Redaksioneel

Ombudsman

As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: hein.lubbe@nwu.ac.za

Kommentaar

SMS 31750

SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

Wapad het dié jaar besluit ons wil terugkeer na die dae van comic strips waar mense lief was vir die karakters wat hulle in elke uitgawe beter leer ken het Oor die afgelope eeu het strips soos Calvin & Hobbes, Peanuts en Krazy Kat in mense se harte en psige gedelf. Hiermee loods ons die pilot strip wat slegs 'n inleiding van die Kernel-reeks is.

Briewe

Puk-kampus is in 'n trans

Die NWU-Puk beleef tans 'n droomtydperk waar alles besig is om te verander. Wapad het verlede week met ons eie (kleinskaalse) herwinningsprojek begin. En as 'n mens só deur die ou Wapad-uitgawes kyk, is dit duidelik dat dinge altyd aan die verander is. Daar was nog altyd iets kontroversieel in die studentenuus, mense was nog altyd liggeraak oor die eerstejaars se ontgroening en die NWU-Puk is nog altyd dopgehou. Tog het dié kampus nog altyd stelselmatig getransformeer. Vanjaar is die transformasie vir party mense 'n bitter pil om te sluk. Ons "verloor" al die tradisies. Maar so what? Dis positief om oor te begin. Transformasie is goed. Ek weet hoe bang was die mense in die vroeë 1900's vir gloeilampe. En kyk nou. Die massamedia is altyd aan die groei en beïnvloed ongelukkig mense se persepsies. Soms versnel dit transformasie. Transformasie beteken egter vooruitgang. Die JOOL-inisiatief moes dalk ly weens die poging om te transformeer, maar andersins was die nuwe Registrasie- en Oriënteringsprogram baie suksesvol. Daar is net nie plek in die hedendaagse samelewing vir mense se idee van die PU vir CHO nie.

5 Februarie 2015

Die volgende uitgawe van Wapad verskyn op 19 Februarie.

Hoofredaksie

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875 HOOFREDAKTEUR: Jeanelle Greyling ADJUNKREDAKTEUR: Eugenie Gregan NUUSREDAKTEUR: Jaco-Mari Futcher KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Johané van den Berg FOTOREDAKTEUR: Lize Lombard UITLEGREDAKTEUR: Lerine Miller HOOFSUBREDAKTEUR: Nicole Kemp WEBREDAKTEUR: Justin Hocking BEDRYFSREDAKTEUR: Arline Louw ADVERTENSIEBESTUURDER: Lynette Strydom Teksversorgers: Marnus Kok, Madelein van Straaten.

Gesien op Twitter TheMiddleChild @AnikevdM Na jool klink dit soos Ebola in die klas @NWUPuk Peter de Villiers @Coachdivvy

Hannelie Otto @MensDom

Exciting new @varsitycup rules. Players must maintain an average of 50% in all subjects. Good luck to UJ.

Jeez, Potch pik ('n klein) bietjie by. Nog 'n nuwe coffee shop oopgemaak, Station Coffee Co., op die Bult by Qba Lounge.

Carla Mouton @Carla_Mouton

Carla Mouton @Carla_Mouton

Koshuisvergaderings is seker Registration is probably the maar hoe die hel is. Dis warm reason why so many people en daar's klomp mense wat nie just drop out of university. wil shut up nie.

- Francois Lion-Cachet

Briewe kan ge-epos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875

Die bubble wil-wil bars

R

egistrasie en Oriëntering (R&O), die plaasvervanger vir die O&B-program, het tekens van vooruitgang getoon. Jy moet aan jouself erken dat dit uiters vreemd aan ’n buitestander moet lyk as ’n klomp studente in dieselfde uitrustings in pelotonne rondmarsjeer terwyl hul geboue en vreemdelinge moet groet. Die meeste koshuise het titels verruil vir net name en vanne, pelotonne was semigestruktureerde bondels en blommetjies-vou was tot ’n mate nie verpligtend nie. Komiteelede moes ook inspring en help. Die Dorelied se naam is verander na Wangesang en die troontjieontmoeting van SR-lede en ander leiersfigure op kampus het nie met groete gepaard gegaan nie. Iets nuuts, maar in essensie nogsteeds dieselfde. Die meeste Pukke het ten volle ingekoop by die status quo op kampus. Wat anders is R&O dan as ’n bekendstelling aan die manier hoe dinge gedoen word op die Puk? My O&B was vir seker nie gefokus op akademiese oriëntasie nie. Kyk, dit is ’n goeie ding dat die universiteit studentelewe as belangrik ag en daadwerklik daatoe bydra om dit te laat floreer. Al is akademie die eerste prioriteit, is dit goed om te weet dat die universiteit poog om sy studente te ontwikkel na volronde mense eerder as om net te swot. Dit kan wel beter gedoen word. In een koshuis is daar blykbaar aan die tweedejaars gevra om op die vloer te sit om te simboliseer wat die eerstejaars se plek in die koshuis is. Taktieke soos dié is waarop O&B gebou is om eerstejaars af te breek en weer op te bou binne die gewoontes en gebruike van die Puk. Om ’n eerstejaar te oortuig dat hy of sy werklik minder werd is as sy medestudent. Dié wat nie by die sisteem inpas nie, word onwelkom laat voel. Dit was net laasjaar toe daar nog in ’n menseregte-opleidingsessie aan koshuisseniors gesê is om ’n eerstejaar uit te werk wat nie sy volle samewerking wil gee nie. Seniors het boonop vanjaar gekla oor respek en dissipline wat saam titels by die drein afgaan en hul afkeur uitgespreek oor R&O se nuwe reëls en regulasies. Dit het nog altyd vir my ’n raaisel gebly hoekom ’n student wat twee of drie jaar ouer as ’n eerstejaar is hom of haar deur verskeie maniere moet intimideer en beïnvloed om dissipline of respek af te dwing.

Dit is altans nie die weermag nie, en respek word verdien. Hoewel daar sekere “geïsoleerde insidente” plaasgevind het, wil dit wel voorkom of R&O ’n groot stap vorentoe was. Eerstejaars het nie so verskrik gelyk nie en kon met redelike gemak die nuwe fase van hul lewe ingaan – met lang matriekvakansiehare en al. Dit bly egter betreurenswaardig om na foto’s van die verwelkoming van eerstejaars en hul ouers in die amfiteater te kyk. Jy kon Where's Wally speel deur om tussen al die wit gesigte ’n swart of bruin een te soek (Kyk net hoe baie Pukke is ons hier!). Daar is tog heelwat swart en bruin eerstejaars wat bydra tot die diversiteit van die NWU-Puk wat nié in die amfi was nie, maar daar kan dus afgevra word hoe inklusief dit dan werklik is.

Die meeste Pukke het ten volle ingekoop by die status quo op kampus. Wat anders is R&O dan as ’n bekendstelling aan die manier hoe dinge gedoen word op die Puk? Afrikaans verdien sy plek in Suid-Afrika, die Afrikanerkultuur ook – solank dit inklusief en bedagsaam teenoor ander kulture, gelowe en rasse benader word. ’n Kampusrektor wat homself uitspreek oor sy een stel waardes wat na teruggekeer moet word, dié van die PU vir CHO, by ’n publieke instel-

ling wat moet voorsien vir al sy studente ongeag geloof, oortuiging en sieningswyses, is dus kommerwekkend. Die kampusbestuur sowel as die studente blyk nie van die verandering te hou nie. Die alumni ook nie. Die universiteitsbestuur was vinnig om die ProPuk veldtog te stig in samewerking met AfriForum. Die linkers baklei met die regters en nie een gaan die ander van standpunt laat verander nie. Opinieblad-gevegte opsy, verandering gaan gebeur. Ons is al gerus gestel deur Dan Kgwadi, visekanselier wat vanjaar die verandering gaan lei, dat Afrikaans ’n plek op die Puk sal hê. Binne die groter prentjie van inklusiwiteit en diversiteit. Die Puk gee om oor sy studente en doen baie om die "studentiteit" te bevorder. Tog bly hierdie studentelewe in 'n bubble. Baie studente kry nie genoeg kontak met 'n verskeidenheid van denke, kulture en sieningswyses apart van hul eie nie. Sodoende bly die kultuur op kampus grootliks in ’n bubble. Hoe baat die land by die insulêre kultuur? Die wiel van verandering is wel aan die rol en 2015 lyk hoopvol. Na alle verwagtinge sien ’n weeklange spoken word poetry-fees by die Puk vanjaar in Augustus die lig wat gesonde en kritiese bespreking gaan aanmoedig. Inisiatiewe soos dié, wat opbou in plaas van afbreek in die regte rigting, is net wat die kampus nodig het.


Opinie

5 Februarie 2015

Eintlik wing ons almal maar die lewe - Bouwer Bosch

Bouwer Bosch is die baasbrein agter "Liefde Wen" en ’n bekende gesig in die Afrikaanse vermaakbedryf. Wanneer dié oud-Puk nie op die verhoog of grootskerm baljaar nie, hou hy sy lyf ook aspirant komediant. Liewe PUK. My naam is Bouwer Bosch. My middelnaam is no g al Meksikaans so ek sal dit eerder nie met jou deel nie, net om myself te beskerm. Ek het die voorreg gehad om van 2006 tot 2010 ’n Puk net soos jy te wees. Ek het BA Kommunikasie studeer, want dit was die maklikste rigting, en kom ons wees nou maar eerlik met mekaar, mens kan nie aantreklik, snaaks én slim wees nie (om nie eens te praat van my nederigheid nie). Nietemin het ek vier jaar lank aan my BA-graad gestoei. Dit was verseker van die beste vier jaar van my lewe, ingesluit al die vriende wat ek gemaak in die herlokale regoor kampus. Ek het so baie her-eksamens geskryf dat die Puk later vir my ’n lifetime membership kaart gegee het. Ek kan nou by enige herlokaal op kampus instap en enige vraestel her wat ek wil. Ek moet eerlik met jou wees en sê ek dink nie ek gebruik my

graad regtig nie, maar dit beteken nie my vier jaar was verniet nie. Op universiteit leer jy hóé om te leer. Ek het geleer van mense, verhoudings, geleenthede en tonne teleurstellings ook. Jy sien, om te kan leer is die grootste voorreg wat jy het (Ek dink ons grootste issue in ons land is nie ons eie president nie, maar eerder onderrig, of die tekort daaraan). Ek is nou 30 jaar oud en ek moet uitkom met ’n geheim gou, ons almal wing net die lewe. Jy kan jou graad kry, honneurs, meesters of doktoraal, maar op die einde van die dag weet niemand wat more gaan gebeur nie. So wat ek besef het op universiteit is dat mens nie altyd alles so ernstig moet opvat of overthink nie. Jy is jonk, jy is dalk onseker of jy moet studeer wat jy tans doen - dit is alles menslik, ek belowe jou. Net omdat ek nie my graad gebruik nie beteken nie ek het niks geleer toe ek ’n student was nie. Ek het van my waardevolste verhoudings begin toe ek nog ’n Puk was. Meer as die helfte van my musiekgroep werk nou by talle publikasies, radiostasies en TVnetwerke regoor die land so my verhoudings met hulle dra meer gewig as my graad wat uitgeprint is en teen my muur hang. Elke dag is ’n skooldag, of jy nou ’n studentenommer het of

13 Lees hierdie opiniestuk, raak deel van die gesprek en lug jou mening!

SMS 31750 SMS jou Tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

So wat ek besef het op universiteit is dat mens nie altyd alles so ernstig moet opvat of overthink nie. Jy is jonk, jy is dalk onseker of jy moet studeer wat jy tans doen - dit is alles menslik, ek belowe jou nie. Jy gaan elke dag leer van jouself en mense en jy gaan ook ander kan leer van hulself en die lewe. Laastens gaan my hart ook uit aan die wat soos ek met ’n studentelening studeer het. ’n Baie maklike manier om jou studentelening van R120 000 terug te betaal is om ’n orkes te begin. Jy hoef nie goed te kan sing nie, autotune is jou beste vriend, maak net seker jou woorde rym elke nou en dan, en wees altyd eerlik met jou luisteraars, al beteken dit soms dat jy moet erken jy het foute en maak foute. Want soos ek reeds gesê het, ons almal wing net die lewe anyway. Liefde Wen. Bouwer

FOTO: Facebook


Sport

14 Wapad

5 Februarie 2015

BELLATRIX NEEM NETBALWRAAK, VERITAS EN HEIDE TRIOMFEER IN TENNIS

Eerstejaarssport sorg vir opwinding ISABEL MOISES

N

á hul verlede jaar net-net teen Karlien die aftog moes blaas, het Bellatrix vanjaar seker gemaak dat hul wel met die eerstejaarsnetbaltrofee wegstap. Die dorpskoshuis het Eikenhof met 11-6 in die eindstryd geklop. Die standaard van die netbal was van die begin af hoog en ná elke rondte het die wedstryde meer intens geword. Een van die groot verrassings van die aand was toe kampus se netbalkoninging, Karlien, in die uitspeelrondtes uitgeval het. In die halfeindrondtes het Bellatrix teen Wag-’n-Bietjie te staan gekom, terwyl Vergeet-MyNie en Eikenhof mekaar die stryd aangesê het. Hoewel VergeetMy-Nie uiteindelik met ’n derde plek tevrede moes wees, het hul ondersteuners gesorg dat die toekenning vir beste koshuisondersteuners staanplek in hul trofeekas kry. Volgens Lize Botes, Bellatrix se senter, het die span baie lekker saam gespeel en goed gekommunikeer met mekaar. Bellatrix se sport HK-lid, Krischka Cloete was ná die wedstryd vol lof vir haar span en het gesê dis ’n “amazing gevoel” om die trofee huis toe te kan vat Jeanté Strydom van Eikenhof is as algehele speler van die toernooi aangewys en het die toernooi beskryf as die beste een wat sy al ooit bygewoon het. Volgens Heleen Botha, bestuur-

Die rugbytoernooi vir eerstejaars begin op 6 Februarie met die eindstryd wat op 20 Februarie beslis sal word Eerstejaarsnetbal 1 - Bellatrix 2 - Eikenhof 3 - Vergeet-My-Nie FOTO: Lize Lombard Spelers omhels mekaar ná ’n wedstryd. Die spelers se sportmangees was opmerklik en ondersteuners het in hul massas opgedaag. der van NWU-Puknetbal was vanjaar se toernooi ’n reuse sukses en “een van die bestes” wat die kampus al gehad het. Sy het SR:Sport bedank vir hul moeite met die reëlings. In die eerstejaarstennis het Veritas en Heide onderskeidelik die meeste wenhoue geslaan om uiteindelik seëvierend uit die stryd te tree. Heide se tweedespan het ook algeheel derde onder die vroue geëindig.

"Die spelers het baie hard gewerk en dit was ’n tight game op die einde gewees, maar hulle het goed gespeel en Heide is baie trots op hulle," het Lezaan Groenewald, sport HK-lid van Heide gesê. "Dit was ’n baie goeie wedstryd wat tot op die einde kompeterend was," het Oelof Stander, Veritas se sport HK-lid oor die eindstryd gesê. "Ek is baie trots dat die ouens hom kon deurtrek."

Eerstejaarstennis Mans

Vroue

1 - Veritas 2 - Heimat 3 - De Wilgers 4 - Over de Voor 5 - Patria

1 - Heide 1 2 - Bellatrix 3 - Heide 2 4 - Minjonet 5 - Dinki

Wêreldsportnuus NWU-Puk ystermanne presteer Allister Coetzee verlaat Stormers Die Stormers en Wstelike Provinsie se afrigter, Allister Coetzee, gaan sy loopbaan as breier van die unie afsluit.

Coetzee is nog tot Oktober by die unie in Kaapstad gekontrakteer, waarna hy die Kobelco Steelers in Japan sal afrig.

Serena en Djokovic seëvier in Australië Serena Williams het die naweek haar sesde Australiese Opetitel ingepalm deur Rusland se Maria Sharapova in skoon stelle te klop. Die Amerikaner moes in die tweede stel hard werk om die vyfmalige Grand Slamkampioen se terugvegpoging af te weer, maar het uiteindelik die valbyl-pot gewen en haar 19de Grand Slam-titel beklink.

In die mans se eindstryd het Novak Djokovic van Serwië sy vyfde Australiese Ope-titel losgespeel toe hy Andy Murray in ’n taai wedstryd met 7-6 (5), 6-7 (4), 6-3, 6-0 geklop het. Dit is Djokovic se agtste Grand Slam-titel.

DAWIE JANSE VAN RENSBURG

Kevin Mealamu mis Superrugby-begin Die All Blacks en Blues se staatmaker-speler Kevin Mealamu sal die eerste paar wedstryde van vanjaar se Superrugby-seisoen misloop. Die 35-jarige Mealamu sal eers in die vierde rondte speelkans kry en sal in die wedstryd teen die Chiefs en die Suid-Afrikaanse toer nie in aksie wees nie.

Dawie Janse van Rensburg was een van die handjievol NWU-Pukke wat in Januarie aan die halwe Ysterman-kompetisie in Oos-Londen deelgeneem het. FOTO: Verskaf

Die All Blacks se afrigter Steve Hansen sal Mealamu fyn dophou met die oog op die Rugby Wêreldbeker later vanjaar. Die haker het besluit om eerder versigtig met sy speeltyd om te gaan vanjaar, aangesien dit sy laaste Wêreldbeker-toernooi sal wees.

’n Aantal NWU-Pukke het die naweek van 25 Januarie 2015 aan die uitdagende halwe Ystermankompetisie (Ironman 70.3) in Oos-Londen deelgeneem. Dié kompetisie word as een van die moeilikstes ter wêreld beskou en bestaan uit drie bene - 1.9km se swem, 90.1km se fietsry en 21.1km se hardloop. Die weer op die dag het sake vir die bykans 3000 atlete bemoeilik en die rowwe see met groot branders en ’n sterk wind het die organiseerders byna laat besluit om die swem af te stel. Die wedloop sou dan steeds uit drie sessies bestaan het – wat dan hardloop, fietsry en hardloop sou wees. Daar is egter besluit om

Dié kompetisie word as een van die moeilikstes ter wêreld beskou en bestaan uit drie bene 1.9km se swem, 90.1km se fietsry en 21.1km se hardloop voort te gaan en om 6:45 is die professionele atlete die water in, gevolg deur atlete in ouderdomskategorieë. Ná die swem-afdeling het ’n uitdagende 90.1km se fietsry met wind van voor af op die atlete

gewag. Die 21.1km se hardlooproete daarna was hoofsaaklik plat, maar met ’n bunkers hill, ’n sterk wind en temperature van 28°C is die NWU-Pukke behoorlik getoets. Van die NWU-Puk se veelkampatlete het nietemin goeie prestasies behaal, met Dawie Janse van Rensburg wat ’n tweede plek in sy kategorie behaal en Magda Niewoudt wat ’n derde plek in haar kategorie verwerf het. Francois Mienie, Ralph Schmidt, Ruan Pretorius en Henry Relling is die ander klublede wat die wedloop voltooi het. Janse Van Rensburg, wat ook die voorsitter van die klub is, nooi studente wat belangstel in twee kamp en driekamp uit om hom te kontak indien hulle by die klub wil aansluit.


5 Februarie 2015 Sport

15

NWU-Pukke kan wraak neem D

ie span van die NWU-Puk is vanjaar op ’n "beter plek" as voor verlede jaar se toer-

nooi. Só meen hul breier, Robert du Preez, wat weer hierdie jaar aan stuur van sake is. Ná ’n teleurstellende eindstryd

verlede jaar op die Fanie du Toitsportgronde, toe swak besluite en power verdediging die NWUPukke hul eerste Varsity Cuptrofee gekos het, hoop die manne van Potchefstroom om in 2015 op te maak vir daai katastrofe. En op 9 Maart het die maroen-

truie ’n perfekte kans om wraak te neem, wanneer die Ikeys al die pad van die Kaap af vlieg om hulle die stryd aan te sê. Gaan die NWU-Pukke die kans benut, of gaan dit ’n herhaling van daai hartverskeurende aand in April wees? Die tyd sal leer.

Vanjaar se Varsity Cup-spelers. Die 22-tal wat Maandae gaan uitdraf sal die voorafgaande Vrydag bekendgemaak word.

Dillon Smit

Dries du Plooy

Warren Gilbert

Heinrich Smith

Henko Marais

Jaco Buys

Dean Stokes

Posisie: Skrumskakel

Posisie: Senter/vleuel

Posisie: Losskakel

Posisie: Senter/heelagter

Posisie: Senter

Posisie: Agtsteman

Posisie: Vleuel

Lengte: 1.75m

Lengte: 1.86m

Lengte: 1.77m

Lengte: 1.75m

Lengte: 1.86m

Lengte: 1.86m

Lengte: 1.85m

Gewig: 80kg

Gewig: 97kg

Gewig: 87kg

Gewig: 89kg

Gewig: 99.8kg

Gewig: 95kg

Gewig: 87kg

Jacques Vermaak

Jeandré Rudolph (k)

Joe Smith

Johan Deysel

John-Roy Jenkinson

Johnny Welthagen

Marno Redelinghuys

Posisie: Haker

Posisie: Flank/agtsteman

Posisie: Stut/haker

Posisie: Senter

Posisie: Stut

Posisie: Losskakel

Posisie: Agtsteman

Lengte: 1.79m

Lengte: 1.86m

Lengte: 1.81m

Lengte: 1.84m

Lengte: 1.79m

Lengte: 1.89m

Lengte: 1.95m

Gewig: 106kg

Gewig: 100.2kg

Gewig: 108kg

Gewig: 90kg

Gewig: 116kg

Gewig: 95kg

Gewig: 103kg

Mash Mafela

Mogau Mabukela

PJ Uys

Rhyk Welgemoed

Rhyno Smith

Ruan Venter

Marnus Tack

Posisie: Stut

Posisie: Stut

Posisie: Flank

Posisie: Agtsteman

Posisie: Heelagter

Posisie: Slot

Posisie: Senter

Lengte: 1.83m

Lengte: 1.82m

Lengte: 1.94m

Lengte: 1.89m

Lengte: 1.73m

Lengte: 1.99m

Lengte: 1.94m

Gewig: 112kg

Gewig: 110kg

Gewig: 107kg

Gewig: 107kg

Gewig: 77kg

Gewig: 120kg

Gewig: 106kg

Varsity Cup-aksie 9 Februarie, 16:45 NWU-Puk vs NMMU Potchefstroom 16 Februarie, 19:00 NWU-Puk vs Maties Stellenbosch Wian Fourie

Walt Steenkamp

Armandt Liebenberg

Chriswill September

Danie Jordaan

Loftus Morrison

Posisie: Haker

Posisie: Slot

Posisie: Flank

Posisie: Skrumskakel

Posisie: Slot

Posisie: Vleuel

Lengte: 1.81m

Lengte: 2.02m

Lengte: 1.90m

Lengte: 1.72m

Lengte: 1.98m

Lengte: 1.94m

Gewig: 107kg

Gewig: 120kg

Gewig: 100kg

Gewig: 75kg

Gewig: 115kg

Gewig: 115kg

23 Februarie, 18:30 NWU-Puk vs UJ Johannesburg 2 Maart, 18:30 NWU-Puk vs UP-Tuks Potchefstroom *Hou Wapad dop vir verdere wedstrydbepalings.


Sport

15

5 Februarie 2015

Spelers van UJ en Tuks in aksie tydens die eerste wedstryd van die Varsity Krieket-toernooi in Potchefstroom. EUGENIE GREGAN

D

ie eerste Varsity Kriekettoernooi wat Dinsdag in Potchefstroom afgeskop het, is reeds besig om die tradisionele grense van blitskrieket te verskuif. Ná die sukses van Varsity Sports se ander sportkodes, is daar besluit op ’n krieketreeks waarin agt universiteite in ’n weeklange toernooi met mekaar kompeteer. Dié toernooi volg ’n T20-formaat, maar onkonvensionele reëls maak hulle verskyning om die reeks opwindend te hou. Van die innovasies is onder meer ’n Power Play Plus-boulbeurt wat enige tyd tydens ’n span se kolfbeurt geroep kan word. Tydens dié krag-boulbeurt tel elke lopie dubbeld en elke paaltjie wat val kos die span vyf lopies. Volgens Corrie van Zyl, voormalige Protea-afrigter, het krieket lankal só ’n kompetisie nodig. “Dis vir ons belangrik om hierdie tipe kompetisie op tersiêre vlak te hê, dit dra by tot ons pyplyn. Hierdie is ’n lekker anderste uitdaging vir universiteite en gee net vir hulle soveel meer om na uit te sien. Natuurlik kan dit ook spelers lok na die universiteit toe, dit bied vir die spelers soveel meer

Potchefstroom het die fantastiese vermoë om hulle studente te mobiliseer. Ons glo ons gaan baie toeskouers hê. Die reeks bied ook vir studente ’n ander sosiale aktiwiteit tydens hul tersiêre studies.” Van Zyl het net lof gehad vir die organiseerders se besluit om die toernooi in Potchefstroom te hou. “Potch is ’n uitstekende keuse, die fasiliteite is fantasties. Die feit dat daar drie velde op een grond is, maak dit vanuit ’n krieketoogpunt ’n baie ideale location.” Duitser Bosman, uitvoerende hoof van Varsity Sports, meen Potchefstroom is ideaal omdat die studente baie betrokke by die universiteit is. “Potchefstroom het die fantastiese vermoë om hulle studente te mobiliseer. Ons glo ons gaan baie toeskouers hê. Die reeks bied ook vir studente ’n ander sosiale aktiwiteit.” Volgens Conrad de Swardt, die

NWU-Puk se afrigter, het die span van Potchefstroom hard gewerk om goed voorbereid te wees en wil die span elke wedstryd net bietjie beter speel. “Ons het geen groot verwagtinge vir die toernooi nie. Ons wil die ander spanne en toeskouers opwindende krieket wys. Ons hoop mense sien dat ons ’n gesonde klub met talent is en dat ons hiermee nog spelers van kwaliteit na ons kan trek.” Die toernooi duur nog tot Sondagmiddag wanneer die eindstryd 15:30 op Senwes Park plaasvind.

NWU-Puk wedstryde Woensdag, 5 Februarie NWU-Puk vs Maties 12:20 - Puk Oval Donderdag, 6 Februarie NWU-Puk vs Tuks 15:30 - Senwes Park Vrydag, 7 Februarie NWU-Puk vs UWK 09:00 - Ibbies Oval NWU-Puk vs UJ 19:00 - Senwes Park

FOTO: Lize Lombard

Kitsfeite

Hou húlle dop:

Pienk krieketballe word in die Varsity Kriekettoernooi gebruik. ’n Span kan enige tyd tydens hul kolfbeurt die Power Plus Playbeurt roep. Elke lopie wat dan aangeteken word tel dubbeld en elke paaltjie wat val kos die span vyf lopies. Indien ’n kolwer spesifieke teikens langs die veld raakslaan, word tien lopies aan sy span toegeken.

Bjorn Fortuin

Rassie Erasmus

Jovaun van Wyngaardt


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.