Wapad - 5 Augustus 2011

Page 1

6 |

SÊR Ratau.

SÊR

5 AUGUSTUS 2011 Veritas.

|7

Versterk jou graad met bestuursdiploma

W’nB.

LEANÉ MEIRING

Die PBS (Potchefstroom Besigheidskool) gee sedert 2010 vir graduandi van alle fakulteite die geleentheid om ’n Nagraadse Diploma in Bestuur te voltooi. Die Nagraadse Diploma in Bestuur word gegradeer op die Nasionale Kwalifikasieforum se vlak 7, wat dit gelykstel aan ’n honneurskwalifikasie. Die diploma word oor ’n tydperk van 1 jaar op ’n voltydse basis op kampus aangebied. Die skakelbeampte, mev. Marilize Minné sê dat daar ongekende belangstelling in die korporatiewe wêreld is vir mense met díé diploma. “Dit is ’n ongelooflike geleentheid vir studente wat miskien later ’n MBA (Meesters in Besigheidsadministrasie) oorweeg, om hierdie kwalifikasie te hê.” Volgens Minné gee die PBS vir studente ’n kans om hul graad te versterk. “Studente word nie binne alle fakulteite blootgestel aan die korporatiewe wêreld nie. Daarom is hierdie diploma daar om studente van alle fakulteite voor te berei vir die korporatiewe wêreld wat hulle binnekort gaan betree.” Alhoewel die Besigheidskool gekoppel word aan die Fakulteit Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe, is die enigste vereiste om die diplomakursus te loop, ’n Bgraad, hetsy BA, BCom of BSc. Minné voer aan dat die diploma ideaal is vir afstuderende studente wat onseker is oor wat hulle wil gaan doen, of miskien nog nie gereed is om te gaan werk nie. Studente wat vir die diploma wil registreer, sal tyd hê tot einde Januarie 2012. Die PBS bied ook korter vaardigheidsontwikkeling kursusse aan soos die Projekbestuurkursus. Vir verdere in-

Sêr: lewe is ’n lied H

oewel koshuise hulle longe uitgesêr (of geblêr) het by vanjaar se Enkelsêr, was dit die Vergeet-My-Nie dames en die manne van Patria wat as wenners weggestap het. Die sêr-week het Dinsdag afgeskop met die dameskoshuise. Sommiges was eentonig, vervelig en het gelyk asof hulle hul danspassies by ’n laerskool revue gekry het - maar die meeste dames het beïndruk. Een van dié koshuise is die damesdagkoshuis LaVaria, wat veral bekendheid verwerf het vir hulle “treffer” Kaptein in die sêr van 2009. Hulle het vanjaar bewys dat hulle wel die seile kan span en het derde gekom. Wag-’n-Bietjie, Bellatrix, Heide en Vergeet-My-Nie is van die ander dameskoshuise wat deurgedring het na die finaal toe. W’nB het ’n belowende vertoning gegee as matadors, maar geluk was weereens nie vanjaar aan hul kant nie. Heide het ’n indrukwekkende einde gehad en dit het gelyk asof hulle kon wen, maar dit was die McDonald’s-kelnerinne van VMN wat die beoordelaars se harte gewen het. Lucinda Louwrens, Kultuur HK-lid van VMN, het aan Wapad gesê dat hulle verskriklik bly is oor die oorwinning. “Vanjaar se sêr was opgedra aan Jesus,” het Louwrens gesê. Die voorgeskrewe lied vir die dames was, Mamma ek wil ’n man hê. Met die aantal kere wat Queen se Bohemian Rhapsody verskyn het, kon mens dít amper verwar het met die voorgeskrewe lied.

Patria.

Bellatrix.

By die mans het Veritas teruggekom met ’n bang. Hulle het fantastiese kostuums en baie goeie soliste gehad, maar die beoordelaars was duidelik nie so beïndruk soos die gehoor nie, want Veritas het vierde by die mans geëindig. Ratau Lebone, Heimat en De Wilgers was van die ander mans wat deur-gedring het na die finaal. Die tydreisigers van Patria het as wenners weggestap met ’n baie vermaaklike sêr, wat die gehoor aan hulle lippe laat hang het. Volgens Reghard Smith, SR: Kunsteraad, was die beoordelaars mal oor Patria se vertoning. Bernard Maritz, Kultuur HK-lid van Patria, beskryf hulle wen as amazing. “Ons gaan ons buurkoshuis raadpleeg (Veritas), omdat hulle weet hoe dinge by Nationals werk,” het Maritz gesê. Die mans se voorgeskrewe lied was, Al lê die berge nog so blou. Smith het ook gesê dat hy glo dat dit goed sal gaan by Nasionale sêr. “Die ouens moet net die regte mentaliteit hê.” Nasionale sêr vind op 2 September plaas by die Universiteit van Pretoria (Tukkies). -PIET MATIPA

UITSLAE:

Heide.

LaVaria.

VMN.

FOTO’S: IAN ODENDAAL

Sexy Rothmann van Pasella het Pukke vermaak tydens vanjaar se Enkelsêr ELMARI DE VOS

Pasella-aanbieder, Paul Rothmann, was onlangs in Potch toe hy die seremoniemeester by die sêr gala-aand was. Wapad het met hom gaan gesels toe hy vir die eerste keer sêr bygewoon het en ’n aangename en intelligente mens ontmoet. Wat is jou dream job? Wel, wat ek doen is reeds pretty cool, want ek het nie net een job nie. Ek dink wel dat enige werk waar jy mense en plekke leer ken, lekker is. Dit moet iets wees wat ek geniet: jy moet net in die proses iets leer en meer leer.

Saam met wie sal jy graag wil co-present? Stephen Fry van QI. Of Angelina en Brad, want hulle is baie groot celebs met baie substance.

drie-uur in die middag. Jy kan nie eens sê jy kuier tot sonsopkoms nie, want die son sak nooit nie.

Ek is mal oor skryf. Ek het onlangs ’n storie vir tieners geskryf oor besluitneming.

Afrikaanse Suid-Afrikaanse musiek vs. Engelse Suid-Afrikaanse musiek? Ek hou baie van alternatiewe Suid-Afrikaanse musiek en ek hou veral van MK. Wat was jou beste ervaring die afgelope drie jaar? Vir seker my trip na die Noordpool toe. Ons het ysbere, gletsers en die ewige son gesien. Dit was amazing en regtig baie spesiaal. Dis net vreemd, want die son skyn heeltyd. Drie-uur in die oggend lyk dit dieselfde as

Paul Rothmann.

FOTO: IAN ODENDAAL

Wat is belangriker – voorkoms of breins? ’n Goeie kombinasie van die twee – jy sal nie heeldag saam met Albert Einstein wil wees nie, maar ook nie saam met Paris Hilton nie. Dis nogal ’n goeie blend tussen estetika en funksionaliteit. Wat is jou ervaring van Potch? Ek dink Potch is nogal soos die Durbanville en Bellville mix van die Noorde, met al die bands wat hiervandaan kom.

Jou gunstelingkos: Oosterse kos – Thai as ek honger en koud voel, anders sushi. Jou gunsteling quote: Tans is dit: “This too shall pass”, maar ook “The concept of man as a heroic being with his own happiness as moral purpose” (die woorde van Ayn Rand). Jy help met selfverdediging vir tieners... doen jy baie liefdadigheid? Ek hou nie van die woord liefdadigheid nie, maar ek doen beslis nie genoeg nie. My doel is om die jeug te leer om individualisme te volg, pleks van die hoofstroom.

Dit is ’n ongelooflike geleentheid vir studente wat miskien later ’n MBA (Meesters in Besigheidsadministrasie) oorweeg, om hierdie kwalifikasie te hê. ligting rakende die diploma in Bestuur of korter sertifikaatprogramme, skakel me. Minné by: (018) 299 1412 of stuur ’n e-pos na Marilize. Minne@nwu.ac.za. Die besigheidskool is op die vierde verdieping van die EW (E3).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.