Wapad - 8 Maart 2012

Page 1

BINNE

FAMOUS FACE: SLIM, AKTIEF EN KREATIEF 24

K&V NUWE TALENT: TAMARA TREE 26

LEES JOU KAMPUS

8 MAART 2012 / VOL 4

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS >>

JAARGANG 66 >>

212 WWW.NWU.AC.ZA/WAPAD

Seniors geskors van Villagers

Oud NWU-Puk student oorlede

GERNA COETZEE

D

Richard Drevin, voormalige NWU-Puk student is oorlede nadat hy vier dae as vermis aangemeld was. Teen druktyd was die besonderhede van sy dood nog nie bekend gemaak nie. Hy sou vanjaar op 16 Maart 2012 sy honneursgraad in IT ontvang het. FOTO: VERSKAF

rie seniors van Villagersdorpskoshuis is by ’n amptelike dissiplinêre verhoor skuldig bevind van die aanranding van ’n eerstejaar. Die drie studente is weens dié oortreding vir ’n jaar van al die kampusse van die Noordwes-Universiteit geskors en mag volgende jaar weer aansoek doen vir herregistrasie. Hulle aansoeke sal dan deur die onderskeie fakulteite waar hulle studeer, oorweeg word. “Sulke optrede deur seniors sal nie geduld word nie, die straf wat opgelê is behoort ook as afskrikmiddel te dien vir enige senior studente wat die voorskrifte van menseregte oortree deur eerstejaarstudente te intimideer of aan te rand,” het prof Rikus Fick, die studentedekaan, gesê. Die voorval het op 21 Januarie omstreeks 16:00 gebeur. Die drie seniors het in ’n bakkie naby die Weskampus-ingang gery en die eerstejaar opgelaai. Hy is na hulle woonstel geneem waar hy aangerand is. Die een senior het die eerste-

Ek is bly oor die feit dat die ouens gestraf is en nie skotvry weggekom het nie.

jaars met ’n lat op die agterstewe geslaan terwyl die twee ander seniors die eerstejaars met die plat hand op die blad geslaan het. Albert Sorgdrager, Primarius van Villagers, sê hy is bly oor die feit dat die ouens gestraf is en nie skotvry daarvan afgekom het nie. “Dit is sleg dat so iets moet gebeur in enige koshuis, maar dit stuur ’n sterk boodskap uit dat al bly jy in die dorp kom wanpraktyke aan die lig,” meen Sorgdrager. “Ons wil jul aanmoedig om asseblief van die Klagte en Gedagtelyn (31750) gebruik te maak, wat reg deur die jaar aktief is, vir enige positiewe of negatiewe insette wat jul onder ons aandag wil bring", het Chrisna Kraaij SRVoorsitter gesê.

No more series? Lees eerder Nee! Wat gaan ek nou doen?!

Om in

te adverteer

Kontak Johan le Grange of Marlie Jonker

wapad@nwu.ac.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.