Wapad - 8 September 2011

Page 1

BINNE 2BINNE

LEES JOU KAMPUS

OOPS, CASPER, TOE DIE VERKEERDE GIRL 213

10 FEBRUARIE 2011/ VOL 2 8 SEPTEMBER 2011 / VOL 13

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS >> JAARGANG 65

Veritas wys vir Overs wie is baas.

FOTO’S MARIO VAN DE WALL

Die arend se vlerke geknip STEPHEN NEL

D

216

Bernie de Klerk, Veritas-flank, staan gereed vir aksie tydens 'n naelbyt wedstryd. FOTO: MARIO VAN DE WALL

ie koshuisrugbyliga is in omstredenheid gedompel nadat Veritas op die vooraand van die eindstryd met sy aartsvyand op die sportveld, Patria, uit die toernooi geskop is. Rugbyondersteuners was slaggereed vir dié kragmeting wat ’n herhaling sou wees van verlede jaar se naelbytstryd wat Patria met 22-3 gewen het. Veritas, wat verlede jaar danksy volgehoue prestasies die sporttrofee verower het, het glo fouteer deur ’n “onregmatige” speler te laat uitdraf in sy halfeindstryd teen Villagers. Veritas het Villagers met 24-20 geklop. Jacobus Steyn, die nuwe sport HKlid van Veritas, het die skorsing as “hartseer” beskryf. Prof. Dries Marais, hoof van koshuisrugby op die Puk, het bevestig dat Villagers ’n formele klag ingedien het teen Veritas.

Patria en Villagers pak mekaar in vanjaar se koshuisrugby-eindstryd.

Volgens die Puk se koshuisrugby-reglement moet ’n speler 'n koshuisinwoner wees en geregistreer wees by die Departement Inwoning en Voedseldienste (IVD). Alternatiewelik moet die persoon se naam aangeteken wees op die ad hoc-lys van die koshuis. Dit beteken ’n student woon nie noodwendig in ’n koshuis nie, maar neem deel aan koshuisaktiwiteite soos rugby. Die studentedekaan is in besit van die amptelike ad hoc-lys van elke koshuis. ’n Interne ondersoek deur Prof. Marais het bevind dat ’n Veritas-speler nie aan die vereistes voldoen het nie. Hy het gesê dat daar geen besluite geneem is oor hoe om verder teen die koshuis op te tree nie. Die koshuisrugby-reglement bepaal voorts dat indien ’n koshuis dié reël oortree het tydens ’n halfeindstryd, hulle uit die toernooi geskors sal word. Die verloorspan, in dié geval Villagers, het daarom deurgedring na die eindstryd. Veritas is verlede Woensdag in kennis gestel van die skorsing. Dié koshuis het appèl aangeteken teen die beslissing, maar dit is van die hand gewys deur die direkteur van Puk-sport, James Stoffberg.

Ons het niks probeer wegsteek nie. As ons wou, sou ons hom nie ses wedstryde laat speel het nie.

Villagers het daarom in die eindstryd teen Patria gespeel en met 0-33 verloor. Steyn het gesê dat Veritas onder die indruk was dat die betrokke stut-speler wel geregistreer was as ’n ad hoc-lid. Steyn het bevestig dat Veritas wel hul lys met spelers se name ingestuur het en dat Tony Bierman se naam op die lys was. Die SR se Koshuisraad, asook die studentedekaan, ontken dit egter. “Ons het niks probeer wegsteek nie. As ons wou, sou ons hom nie ses wedstryde laat speel het nie,” het Steyn gesê.

FOTO'S: MARIO VAN DE WALL & IAN ODENDAAL


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Wapad - 8 September 2011 by Wapad - Issuu