Wapad - 9 Mei 2014

Page 1

Fliekresensie: Het Afrikaanse films ‘n toekoms?

26

NWU-Puk atlete blink uit by Varsity atletiek 2 12

8 MEI 2014 / VOL 5

OPINION: Interracial relationships acceptable? 29

LEES JOU KAMPUS STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 67

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

Nasionale Verkiesing 2014

INDIEPTE Studente, probleme en psigologiese versteurings 5

K&V Tientalle studente douvoordag in die ry om te stem

CD Review: Dear Silence Thieves 9

Dié ry van Potchefstromers by Cachetpark op die Bult was van die mense wat al voor 07:00 reggestaan het om hul stem te maak by vanjaar se verkiesing. Hoewel sommige mense sowat ’n uur gewag het, het die ry mettertyd verdwyn en stemmers kon binne enkele minute hul kruisie vir hul onderskeie partye trek.

‘Kgwadi het ‘n agenda en is ‘n swart fascis’ - Cerneels Lourens

Taalaktivis kap Kgwadi oor Afrikaans ANNEMARIE HOOGENBOEZEM

H

oekom sal ek ’n universi teit se voertaal na Engels toe verander as my eie moedertaal nie eers Engels is nie? Dit was die sterk reaksie van prof. Dan Kgwadi, nuut aangestelde visekanselier van die NWU, ná hy deur Cerneels Lourens, taalaktivis en ’n prokureur van Brits, op Maroela Media as ’n swart fascis bestempel is wat ’n verskuilde agenda van onverdraagsaamheid teenoor Afrikaans en Afrikaanssprekendes se regte het. Lourens het ook gesê die rol wat Kgwadi gegee is om te vervul is te groot vir hom. Lourens het verder studenteleiers in sy uitspraak op Maroela Media gemaan om protesaksie teen Kgwadi se beleide te neem.

Kgwadi het gesê verandering is iets wat mense uit hulle gemaksones dwing en hy begryp dit. “Ons samelewing bestaan uit verskillende mense. Daar sal altyd konserwatiewe en liberale mense wees. En konserwatiewe mense sal altyd oordrewe weerstand teen enigiets bied wat soos ’n bedreiding lyk. Maar dit is nie altyd ’n slegte ding nie,” het Kgwadi gesê. Kgwadi is die afgelope paar maande verskeie kere deur tientalle mense herhaaldelik die holruggeryde vraag, “Maar wat van Afrikaans op die Puk?” gevra. Hy het gesê verandering is belangrik, maar dat hy die laaste persoon is wat ’n Engelse kampus sal wil skep aangesien Engels ook nie sy moedertaal is nie. “Ek sou verstaan het as mense

bekommerd is dat ek ’n Setswana kampus wil skep.” Vra hom hoe hy sal reageer as studenteleiers protesteer teen sy beleide, antwoord hy vinnig dat hy gewoond is aan proteste. “By die Mafikengkampus, waar ek vandaan kom, was protesaksies aan die orde van die dag. “Daar is niks verkeerd met protesaksies nie, solank dit binne die perke van die grondwetlike reg gedoen word en solank dié wat betrokke is bereid is om ’n vreedsame gesprek om ’n tafel te hê,” het Kgwadi gesê. Hy het verder gesê sy deur staan altyd oop en enigeen wat ’n probleem het of bekommerd is, welkom is om met hom in gesprek te tree. Lourens het egter nog geen poging aangewend om Kgwadi te

Kgwadi sê só Kgwadi is die laaste persoon wat ’n Engelse kampus sal wil skep gaan sien nie. “Ek het geen begeerte om hom te gaan sien nie, want ons verskil te veel,” het Lourens gesê. Lourens baseer glo sy bewerings op Maroela Media teen Kgwadi op dit wat die afgelope tyd in die media oor hom berig is. Kyk op bladsy 3 wat drie SR-lede wat Lourens se uitspraak op Facebook gedeel het, te sê het. Lees ook die SR-voorsitter se mening oor dié kwessie op bl. 3.

Daar behoort gefokus te word op hoe om al drie kampusse te diversifiseer en dit meer toeganklik te maak en innoverend in dié verband op te tree. Kgwadi wil ook daarop fokus om die transformasieproses van die NWU te versnel, interkampusbelyning aan die kaak te stel en sosiale integrasie te bevorder. “Afrikaans die enigste inheemse taal wat ten volle ontwikkel is as ’n onderrigtaal op tersiêre vlak. Dit sal selfmoord wees om so ’n erfenis te vernietig,” - Kgwadi


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.