Wapad - 18 Januarie 2016

Page 1

18 Januarie 2016/ Eerstejaarsuitgawe LEES JOU KAMPUS

Duisende eerstejaars arriveer

FOTO: HARDUS LUDICK

Verward en onseker, maar 'O, die vryheid! JESSICA OOSTHUIZEN & LISA IMMELMAN @Jess_Oh & @lisa_immelman12

V

ryheid, vreeslike vryheid” is waarna Bronwyn Oosthuizen, ’n eerstejaar in BA regte, die meeste uitsien. Die eerstejaars se verwagtinge verskil baie met die ervaring van hul huiskomiteelede. Tog stem almal ooreen dat jy jou horisonne op universiteit verbreed, diverse kulture leer ken en – soos die NWU-Puk se leuse lui – “graadkry met lekkerkry klaarkry”.

Eerstejaars se verwagtinge Hannes Beukes, ’n eerstejaar in BSc inligtingstegnologie, het die NWU-Puk gekies omdat dit ’n “verskriklike goeie kampus met baie goeie fasiliteite” is. Die NWU-Puk se omgewing het Tumelo Nkosi, ’n eerstejaar in BA sielkunde, hierheen gelok. Sy verwag om nuwe dinge te leer en nuwe mense te ontmoet. Volgens Nelene Van der

Westhuizen, primaria van Bellatrix-vrouekoshuis, is dit lekker om te sien hoe eerstejaars op sosiale vlak floreer. Die grootste les wat sy in haar eerstejaar geleer het, is om “vir geen geleentheid nee te sê nie”. “Dit is werklik al manier hoe jy lewenslange vriende en herinneringe maak. Ek het geleer om groot uitdagings aan te pak om te groei en myself in die proses te leer ken.” Ben Pretorius, ’n eerstejaar in BEd onderwys, het trompop gesê die universiteit is anders as skool, omdat dit nie soos ’n tronk voel nie. Hy het gesê hy sal graag by ’n uitreikkomitee soos SJGD betrokke wil raak. Philna Coetzee, ’n eerstejaar in BMus musiek, is ’n bietjie skrikkerig vir die vreemdheid, “want jy’s op jou eie”. Sy sal graag by die NWU-Pukkoor wil aansluit.

Wat sê hul seniors? Marike Engelbrecht, primaria van Huis Republiek, het gesê eerstejaars groei in hul menswees. “Hulle stap onseker hier in, omdat dit ’n nuwe omgewing is. Deur die loop van die jaar neem hulle meer deel en kom

sterker aan die ander kant uit,” het Engelbrecht gesê. Sy het gesê baie eerstejaars kom met die verwagting dat universiteit ’n lekker jol is, sonder om te besef dat jy ewe hard moet leer én speel. Engelbrecht het in haar eerste jaar geleer jy moet ’n bok vir sports wees en alles met ’n goeie gees doen. “Jou eerstejaar is die lekkerste tyd van jou lewe en dit gaan verskriklik gou verby.” Elric Pretorius, die pri-

Dit is werklik al manier hoe jy lewenslange vriende en herinneringe maak. Ek het geleer om groot uitdagings aan te pak om te groei en myself in die proses te leer ken. marius van Patria, het gesê die eerstejaars ontwikkel ’n trots vir mekaar, asook vir die diversiteit op kampus. Hy hou daarvan dat hy “die

geleentheid kry om een-toteen met hulle te werk en werklik te sien hoe jy ’n verskil in 90 ouens se lewens kan maak”.

Seniors pas aan by oorgang tot R&O Benewens opinies van eerstejaars soos Kazumi Sakimoto, ʼn eerstejaar in Bellatrixvrouekoshuis, wat meen dat die huiskomitee “soos vriende” is, het Wapad ook geluister na seniorstudente se menings rondom die oorgang van O&B na R&O. Hoewel baie seniorstudente die ou Ontvangs en Bekendstelling (O&B) verkies, is ander seniors positief en optimisties oor die huidige Registrasie en Oriëntering (R&O). Jozua Jacobs, die primarius van Thaba-Jäh-manskoshuis, was sewe jaar gelede ’n eerstejaar. “Ontgroening was nog aanvaar en die HK-lede het die mag gehad om te forseer,” het hy gesê. Jacobs het egter “saam met die verandering gegroei” toe hy verlede jaar op die HK gedien het en die transformasie geïmplementeer het. “Die ou tradisies moes geskrap word om plek te maak

vir nuwe tradisies om meer trots in ons eerstejaars te kweek – nie te forseer nie,” het hy gesê. Jana van der Merwe, ’n derdejaar in Wanda-vrouekoshuis, stem egter nie hiermee saam nie. Hoewel nie 70% van die ou O&B-program uit akademiese aktiwiteite bestaan het nie (soos destyds beweer is), is “koshuisbande en groepsdinamika” bevorder, het Van der Merwe gesê. “Ons was nader aan mekaar toe jy almal se name moes ken. Daar was ’n samesyn omdat almal dieselfde dinge deurgemaak het,” het sy gesê. Waar daar vorheen “blommetjies gevou, liedjies geskryf en baie rondgestap” is, het Van der Merwe gesê dat die HK deesdae die eerstejaars moet smeek om blommetjies te vou. Boonop is die seniorontmoeting “sleg” vandat die eerstejaars menseregte het. Volgens Welmari Pretch, ’n oud-huiskomiteelid van Wanda, is die enigste verandering van O&B tot R&O dat die eerstejaars hul seniors nie meer met titels aanspreek nie. “Ek dink dis wat mense die meeste ontstel het, maar ons lewe nie meer in die jare vyftig nie.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.