Wapad 8 Augustus 2019

Page 1

8 Augustus 2019 WAPAD ® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 73

TEL: (018) 299 2875

WAPAD@NWU.AC.ZA

JOOLigheid heeltemal vrywillig vir eerstejaars Alet Janse van Rensburg @aletterkunde

Tydens JOOL-week 2020 gaan die betrokke portefeulje van die Kampusstudenteraad (KSR) ’n nuwe benadering tot JOOL-week neem, in terme van eerstejaars se betrokkenheid by die gewilde aangeleentheid. Die eerstejaarstudente by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus gaan in 2020 kies watter koers hulle wil inslaan tydens JOOL-week, na afloop van die beplande registrasie- en oriëntasietydperk (R&O). Die eerstejaarstudente wat wil help met die bou van vlotte “word ingesluit by die betrokke koshuis se bestaande JOOL komitee”. Diegene wat egter nie wil inskakel by die JOOL-komitee nie, kan “in hierdie week huis toe gaan of die JOOL vertonings soos enige ander feesganger gaan geniet”. So lui ’n brief wat op 5 Augustus aan huisouers en primarii uitgereik is deur die KSR:JOOL voorsitter, Zané Botha. Tydens vanjaar se R&O tydperk was JOOL-week reeds

FOTO: PIETER NEETLING

afsonderlik beplan en nie deel van die R&O program nie. Die rede hiervoor is onder andere as gevolg van die belyning van die drie kampusse, maar ook omdat R&O en JOOL twee uiteenlopende portefeuljes van die KSR is en onderskeidelik hul eie mikpunte het. Die verskil kom egter in by “hoe ons [KSR:JOOL] eerstejaars betrokke kry by JOOL”. Daar is ook praktiese veranderinge wat hiermee

Het jy nuus? Stuur ’n e-pos aan wapad@nwu.ac.za

gepaard gaan. “Met die verwydering van die eerstejaarstente, gaan die afdakke afgespan word deur middel van ‘speedfencing’. Hierdie bied die geleentheid dat enige komiteelede wat aan die vlotte werk tydens die JOOL-vertonings, nie ’n JOOLkaartjie hoef te koop nie,” lui die brief. Oor die finansiële implikasie wat hierdie verandering kan inhou as gevolg van eerstejaars wat kies om nie die fees by te

Wapad

woon nie, of om deel te vorm van die JOOL-komitee wat nie kaartjies hoef te koop nie, het Botha gesê dat mens nie die aanname moet maak dat die verandering inkomste uit kaartjieverkope sal verminder nie. “Daar moet in gedagte gehou word dat eerstejaars wat kies om feesgangers te wees, die vol prys betaal in vergelyking met die goedkoper kaartjies wat eerstejaars in die verlede gekoop het. Ek glo dit sal die verskil

@NWUWapad

opmaak,” het Botha gesê. Met die R&O program wat reeds propvol is kan ’n mens wonder wanneer opleiding van eerstejaars wat by die bestaande JOOL-komitees wil aansluit, gaan plaasvind. “Die gedagte is dat eerstejaars gedurende JOOLweek opleiding kry. Omdat daar reeds seniors op die komitees is, glo ek nie dit gaan ’n probleem wees nie omdat hulle reeds ervaring het,” het Botha gesê. “Die verandering kan positief geïmplementeer word omdat eerstejaars en seniors dieselfde ervaring van JOOL kan geniet. Dit bevoordeel huidige seniors ook, omdat bouspanne soms gevoel het dis onregverdig as hulle kaartjies vir die vertonings moet koop, maar dan eintlik net werk,” het Botha gesê. Botha het ook gesê sy vrees nie dat die betrokkenheid van eerstejaars by JOOL drasties sal afneem nie. “JOOL is bekend as ’n deel van die studentelewe van die NWU. Daar is seniors en huiskomitee-lede wat die boodskap oor hoekom JOOL bestaan en al die geleenthede wat dit bied, aan eerstejaars kan oordra. Ek dink ons sal verbaas wees om te sien hoeveel eerstejaars eintlik aan JOOL wil deelneem, sonder dat hulle eintlik verplig voel.”

@NWUWapad


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.