Wapad - 22 Februarie 2018

Page 1

NEWS:

Kuns EN & KUNS Vermaak: VERMAAK:

SPORT:

Meet your new president - 2

Jesse Harvey - 8

New Varsity Cup rules - 14

0

LEES JOU KAMPUS

22 Februarie 2018 WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 72

TEL: ( 018 ) 299 2875

WAPAD@NWU.AC.ZA

FOTO’S: WAPAD ARGIEF

Protesoptogte in 2015 aangaande die taalbeleid.

Taalbeleid: onsekerheid oor Afrikaans • Taalbeleid reeds in proses van hersiening • Besluit moontlik teen Junie 2018 Dennis Delport @Dennisdelport

D

ie Noordwes-Universiteit (NWU) se taalbeleid was, word en sal steeds hersien word met die moontlikheid dat ’n nuwe hoofonderrigtaal ingestel kan word. Met hierdie hersiening is Afrikaans as hoofvoertaal se toekoms by die universiteit onseker. Volgens Jacques Hugo, Kampusstudenteraad (KSR) voorsitter, sal die tyd leer wat vir ons in die toekoms wag. Wapad het ’n dokument bekom vanaf ’n bron in die binnekringe van die NWU-bestuur wat lei dat

die hersiening van die taalbeleid reeds sedert Junie 2017 geskied. ’n Opvallende frase in hierdie dokument meen dat studenteleiers wel betrek sal word tydens hierdie proses, maar as gevolg van onlangse besluite oor die universiteit se primêre kleur en koshuisdrag, is daar maar min hoop dat studente se stemme wel gehoor sal word. Die KSR is verseker dat studente by hierdie proses betrek sal word. Hierdie dokument is ook aan die einde van 2017 aan die Economic Freedom Fighters (EFF) voorgelê. Verdere inhoud van hierdie dokument stipuleer die vordering van die hersiening sedert Junie 2017. Dit sluit die volgende in: die sogenaamde Taalbeleid en Plan (LPP) is opgedateer en in orde gebring om aan die relevante aandeelhouers gestuur te word. Die LPP was toe aan regskenners voorgelê vir keuring

Het jy nuus? Stuur ’n epos aan wapad@nwu.ac.za

Wapad

volgens Suid-Afrikaanse statutêre bepalings.

’n Tydlyn is ingesluit in die LPPmet spesifieke fases wat teen vasgestelde datums voltooi moet word en bevestig dat die hersiening van die taalbeleid in 2018 ingedien sal word. Hierdie

hersiening sluit beide terugvoer en navorsing van aandeelhouers soos die Universiteitbestuurskomitee (UBK) en die KSR in sodat dit by die senaatvergadering in Mei 2018 op die tafel geplaas kan word. Die finale LPP sal dan saamgestel word om in Junie 2018 die nuwe taalbeleid van die NWU aan aandeelhouers bekend te stel. Die hersiening is moontlik ’n paar maande uitgestel omdat die proses reeds nie op datum is nie. Dit is volgens Johan Blaauw, Hoof van Taalpraktyk aan die NWU, as gevolg van die proses wat reeds agterstallig is weens faktore buite hulle beheer. In besonder vertraag die hantering van die LPP deur die fakulteitsrade die proses, omdat die fakulteitsrade nog nie tot stand gebring is nie. “Dus is hierdie tydlyn nie rigied nie en sal ons moontlik by veranderende

@NWUWapad

@NWUWapad

Met hierdie hersiening is Afrikaans as hoofvoertaal se toekoms by die universiteit onseker.

omstandighede moet aanpas,” het Blaauw gesê. Jaques Hugo, verneem ook dat hierdie proses agterstallig is en dat studente nog nie betrek is by die konsultasieproses nie. Hy meen verder dat die dokument wat voorgelê gaan word, die koers gaan aandui van die toekoms van die NWU. Wapad verneem dat dit die verantwoordelikheid van prof Robert Balfour, die adjunkvisekanselier van onderrig en leer, se kantoor is om dié dokument op te stel. Dit behoort dan eerste aan die UBK voorgelê te word vir goedkeuring en insette voordat die breër populis betrek word vir insette en konsultasie in hierdie proses. Dit blyk dat die NWU besig is om dieselfde proses te volg as die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van die Vrystaat die afgelope paar jaar.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Wapad - 22 Februarie 2018 by Wapad - Issuu