Wapad - 23 Mei 2013

Page 1

3 Omstredenheid oor Wapad klagtekanaal

11 Pukki Talentfees

Lord of the Rings fan? 2

LEES JOU KAMPUS

23 MEI 2013 / VOL 8

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 67

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

Studenteleiers monitor glo vergrype só

Ontgroening: SR-lede deel van geheime Facebook-groep HANNES KRUGER

D

rie SR-lede asook verskeie HK-lede is lid van ’n geheime Facebook-groep wat ontgroening glo ondersteun. Volgens die groepbeskrywing is dié groep vir almal wat ontgroen is en dink dis iets wat nie moet uitsterf nie. “Dis die beste manier om gees te bou en die manne van die muise te skei,” word op die Facebook-blad gesê. Die groep is verlede jaar gestig en het 746 lede regoor die land, maar dit wil voorkom of minstens 250 – sowat ’n derde van die ondersteuners – by die NoordwesUniversiteit in Potchefstroom studeer. Ongeveer drie maande gelede is foto’s op die blad uitgevee en is die status van die groep na “geheim” verander. Daar is egter onlangs weer ’n foto van die beserings wat ’n groep studente glo opgedoen het ná hulle geslaan is en ook een waarop ’n student ’n ander een slaan met wat lyk na ’n bofbalkolf terwyl ’n groep studente toekyk. Dit is nie duidelik hoe oud en of die foto’s op die NWU-Puk geneem is nie. Een van die inskrywings is: “Gangkamp die naweek en Sondag is spesiale tugverhoor voor ons terugkom - jarre se gatte gaan BRAND by die rivier! lol” Janco Jordaan die SR-Voorsitter, Lourens van Wyk SR-lid vir Bemarking en Openbare Betrekkinge, en Marno Matthee SR-lid vir Media en Kommunikasie, is

FOTO: WAPAD-ARGIEF

FOTO: FACEBOOK

Links: Janco Jordaan SR: Voorsitter, wie die groep gerapporteer het. Regs: Een van die foto’s wat op die groep verskyn. Dit is onduidelik op watter kampus dit plaasgevind het.

Ek hou die groep dop, maar ondersteun glad nie wat hulle daarop doen nie die drie SR-lede wat deel is van die groep. Al drie is glo lid van die groep om dit te monitor, maar daar is nog geen ontgroeningsgevalle op die NWU-Puk aangemeld nie. Daar is tot dus ver geen rede verskaf oor die navraag wat aan Jordaan gerig is oor hoekom daar drie SR-lede nodig is om die groep te monitor nie. Jordaan het sowat nege maande gelede ’n lid geword op uitnodiging van een van die groep se stigterslede pas nadat hy SR-voorsitter geword het. Hy het onmiddelik die bestaan van die groep aan die universiteitsowerhede gerapporteer. Hy het gesê hy is ’n lid van die groep omdat hy die groep moni-

tor. “Ek hou die groep dop, maar ondersteun glad nie wat hulle daarop doen nie.” Op die vraag oor wat hy gedoen het oor die inskrywing oor die jarre (Veritas se eerstejaars word ook “jare” genoem) het Jordaan gesê hy is nie ’n groot “facebooker” nie, maar weet watter sake van belang is en wanneer ’n aksie ingryping benodig. “Ek kry van elke aktiwiteit op die group ’n notification en oorweeg die nodige stappe saam met die relevante partye,” het hy gesê. Matthee SR-lid van media en kommunikasie, het gesê hy monitor ook die groep. “Wat kommerwekkend van die groep is, is dat daar so baie NWU-Pukke deel is van die groep. Indien ons sien

dat daar iemand van ons kampus op die groep iets oplaai van ontgroeningsaksies in ’n koshuis, sal daar streng opgetree word teen die aksies,” het Matthee gesê. Van Wyk het tydens Wapad se ondersoek die groep verlaat. Volgens hom is die rede hoekom hy die groep verlaat het omdat hy aanvanklik die groep gelike het omdat hy gedink het dis ’n gevaar. “Ek het ná ’n ruk agtergekom dat dit nie die geval is nie.” Wynand Human HK-lid van Veritas-manskoshuis wat ook ’n lid van die groep is, sê hy het aanvanklik gedink die groep is om ontgroening hok te slaan en was nie seker wat die groep-uitnodiging werklik behels het nie. Ander studente wat ook lid is van die

groep, het ook só reageer. Dr. Tanya le Roux ’n dosent in korporatiewe kommunikasie, sê die geval wys hoe belangrik dit vir studenteleiers is om van jongs af te besef dat dit wat jy op sosiale-media doen ’n invloed op jou beeld en reputasie kan hê, asook die organisasie waaraan jy verbonde is. “Dit is belangrik dat studenteleiers deeglik moet kyk waarvan hulle deel is op Facebook. Die media en publiek hou diegene in leierskapsposisies fyn dop.” Prof. Herman van Schalkwyk kampusrektor, het gesê dit is kommerwekkend dat studente uitnodigings of “friend requests” sommer net so aanvaar sonder om hulle te vergewis of hulle regtig die persoon ken of om te gaan kyk na die inhoud van sulke profiele of “pages”. Hy het ook gesê dat menseregtevergrype en wanpraktyke nie op kampus geduld sal word nie. “Ek wil elke student uitnooi om ons te help met die uitroei van ontgroeningspraktyke en enige inligting waaroor beskik word deur te gee aan die studentedekaan sodat dit hanteer kan word. “Om foto’s en videomateriaal van ontgroeningspraktyke op sosiale-netwerke te plaas gaan nie help om die probleem op te los nie,” het hy gesê. * Wapad het kennis geneem van die bestaan van die groep nadat ’n joernalis genooi is om lid te word en die uitnodiging aanvaar het.

Wapad-ombudsman verduidelik sy bedanking Wapad se ombudsman professor Johannes Froneman, het onlangs bedank vanuit sy hekwagters posisie omdat hy glo dat die koerant se onafhanklikheid en reg tot vryheid van spraak dikwels in gedrang gebring word. Prof. Froneman voer aan dat sy bedanking as ombudsman van die Wapad nie uit protes was nie, maar uit teleurstelling met die wyse waarop die studentekoerant se onafhanklikheid op allerlei subtiele maniere ondergrawe word. Prof. Froneman het by navraag

gesê hy het heelwat moeite gedoen om ’n sisteem in plek te stel wat die koerant onafhanklik maak van veral nie-studenteinstansies soos Bemarking en Kommunikasie (BEK) en die Studenteraad. “Tog lyk dit my dat daar mense is wat nie die letter en gees van die sisteem aanvaar het nie en veranderinge aangebring het wat vir my onaanvaarbaar was,” het prof. Froneman opgemerk. “Ek is veral teleurgesteld in die SR-leiers wat, so lyk dit vir my, nie ingekoop het op die onaf-

hanklikheid van Wapad nie en saamspeel om die redaksie aan druk te onderwerp. “Die kern van die saak is of Wapad ’n blote spreekbuis van die SR en BEK moet wees en of dit ’n onafhanklike stem op die kampus moet wees,” het prof. Froneman gesê. Hy beklemtoon dat Wapad nie moet maak soos hy wil nie en wys daarop dat die blad nie net aan die Perskode van Suid-Afrika onderworpe is nie, maar ook aan die waardes van die kampus. “Die vraag is dus nie of Wapad

toegelaat moet word om onverantwoordelik op te tree nie. Ek sal dit ook nie ondersteun nie. Maar ek weier om deel te wees van ’n stelsel wat onder die dekmantel van ‘reputasiebestuur’ die grondwetlike reg tot vryheid van spraak ondermyn,” meen prof. Froneman. “Nou sal mense sê studente het ’n mindere vryheid omdat hulle aan die NWU-Puk verbonde is. Ook dit gee ek toe. Buitendien het niemand absolute vryheid nie, maar ek dink die kultuur op kampus moet vryheid aanmoe-

dig en selfs foute verduur,” sê prof. Froneman. Uiteindelik meen hy, is die vraag of die SR onafhanklike denkers en leiers wil wees en of hulle die verantwoordelikheid om Wapad te beskerm wil abdikeer. Prof. Froneman is al byna 20 jaar verbonde aan die Noordwes-Universiteit. Hy is ’n professor by die Skool vir Kommunikasiestudies en het al vir verskeie eksterne publikasies geskryf. Lees meer op dié onderwerp. 3


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Wapad - 23 Mei 2013 by Wapad - Issuu