Wapad - 25 April 2013

Page 1

28

24

Is jy dalk rassisties?

BADKAMERS IN SKOKKENDE TOESTAND

‘Hotel Laureus’ amper 23 oop vir besigheid

LEES JOU KAMPUS

25 APRIL 2013 / VOL 6

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 67

Dosent diskrimineer glo teen student

‘Homoseksuele mense moenie bestaan’ ELPHIA BAARD

A

ttie Lombard* ’n student aan die NWU, beweer dat hy die slagoffer van diskriminasie en homofobie deur ’n dosent is. Die dosent het glo ’n stelling van ’n medestudent van Lombard* ondersteun dat "homoseksuele mense nie moet bestaan nie". Lombard het die dosent daaroor aangespreek en haar antagonisme het hom geskok. Die dosent het glo gesê: "Ek sal nooit saamstem met jou 'afgryslike' lewensstyl nie. Ek weet vir ’n feit dat die Here ’n groot probleem met gaymense het, want twee reunhonde dek nie mekaar nie." Verder het sy gesê dat sy saans op haar knieë gaan om vir haar Here om verskoning te vra vir sy sondes. "Ek het vasgestel wat die regte stappe is om te volg en my vakhoof gaan sien, maar al wat hiervan gekom het, was ’n bespreking oor die voorval. Ek was bereid om die storie agter my te sit, maar die dosent het aangehou om my

Wat om te doen: • Moenie stilbly nie. • Gaan lê ’n skriftelike klag by jou fakulteit se vakhoof. As dit moontlik is, vat bewyse saam. • Ooggetuies wat teenwoordig was tydens die voorval versterk ook jou saak. • Vir emosionele hulp en advies kan InGryp gekontak word by 018 299 177. Hulle sal jou psigologies en emosioneel bystaan.

subtiel af te knou," het Lombard* gesê. Lombard* beweer dat hy nie die enigste slagoffer van dié dosent is nie, maar dat daar al ander soortgelyke voorgevalle was waar die dosent homofobiese- of gaystudente se waardigheid aangetas het. "Ek is baie bekommerd dat die dosent my gaan benadeel wanneer dit by my punte kom. Die situasie veroorsaak vir my en my ouers baie stres, ek wil hê dit moet opgelos word," meen Lombard*. "Ek wil hê studente moet kennis

hiervan neem, want studente moet bemagtig word om op te staan vir hulle regte. Dit gaan nie net oor homofobie nie. Geen mens moet diskriminasie duld nie hetsy op grond van ras, kultuur, geloof of seksualiteit. Ek wil hê mense moet weet wat om te doen wanneer so iets met hulle gebeur." # Wapad is sterk gekant teen diskriminasie. Rassisme is nie die enigste kwaal op ons kampus nie en ons moet dus aandag aan ander kwessies behalwe transformasie ook gee. Wanneer dosente nog nie reg kan optree in dié uitdagende situasies nie hoe kan daar verwag word van studente om reg op te tree? Dit is onaanvaarbaar om teen ras, geslag, taal, geloof of seksualiteit te diskrimineer. Studente moet weet hoe, waar en wanneer om op te staan vir hul regte. # Volgens Lombard* het die studentedekaan prof. Rikus Fick hom gemaan om nie verder met Wapad te praat nie. Tog het Wapad gevoel dat studente en dosente van dié skokkende voorval kennis moet dra en dat dit nie net onder die mat ingevee kan word nie. *Skuilnaam

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

Rower in hegtenis geneem op kampus I have a knife, give me your phone ANICA SCHEEPERS ’n Verdagte rower (21) wat glo verskeie persone op kampus van hul selfone beroof het is Vrydag 12 April, deur Beskermingsdienste in hegtenis geneem. Die verdagte is dieselfde middag aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oorhandig. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek nadat die beweerde rower Maandag 15 April, in die hof verskyn het. ’n 53-jarige man is glo ook op die hoek van Peter Mokaba- en Wolmaransstraat beroof. Volgens kapt. Mvula Chaka SAPD-woordvoerder van Potchefstroom, blyk dit dieselfde rower te wees aangesien dieselfde modus operandi in beide gevalle gebruik is: slagoffers is voorgekeer en gedreig met ’n mes. “I have a knife, give me your phone,” was die rower se woorde volgens Riana de Klerk (22) ’n slagoffer wat op WesKampus voorgekeer is. De Klerk is van mening dat die mes in sy hand gereed was om oor te gaan in aksie indien sy geweier het om haar foon vir hom te gee. Dané Vermeulen (20) nog ’n

slagoffer, is voorgekeer en gedreig naby die duikweg. Die man het haar selfoon gevat en daarop aangedring dat sy haar beursie en skootrekenaar ook vir hom moes gee. Hy het geskrik en weggehardloop toe die Pukki-pendeldiens se bussie verskyn het. Volgens De Klerk was die ervaring baie traumaties. De Klerk en Vermeulen was albei beïndruk met die puik en spoedige diens wat Beskermingsdienste gelewer het. Bystand en hulp is ook ná die tyd aan slagoffers verleen. “Hulle was dadelik by my ná die voorval. Hulle het my Ingryp toe gevat sodat ek met iemand kon praat en ek moes toe ’n verklaring gaan aflê,” het Vermeulen gesê. “Ek dink wel daar is meer wat gedoen kan word om ons kampus te beveilig en hulle is nou meer bewus van plekke waar sekuriteit opgeknap kan word. “Selfs die SAPD het uitstekende diens gelewer en was heeltyd in kontak met my,” het De Klerk gesê. Die SAPD is tans besig om die ondersoek te behartig en meer inligting sal eers op ’n latere stadium deurgegee kan word.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.