0
2 FEBRUARIE 2017
LEES JOU KAMPUS
Wenner van die 2016 ATKV Mediaveertjie vir die beste studentekoerant WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS
JAARGANG 71
SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD' VOOR
WAPAD@NWU.AC.ZA
Is NWU-Pukke oorvol?
3 Wat sou óns gegaps het?
Magnum help net vir daardie soettand en stoute hand.
FOTO: MARIANNE STEYN
Lang vingers onder SR?
4
SR-lid het gegaps en gaan met twee Magnum-roomyse Linzetta Calitz @LinzettaC
S
oos reeds bekendgemaak aan die meerderheid van die universiteitsgemeenskap, is ’n Studenteraadslid (SR) aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus (NWU-Puk) onlangs tydelik van sy/haar pligte onthef. Alhoewel dit in amptelike verklarings “na bewering” is, het Wapad van meer as een bron in die binnekring verneem dat ’n SR-lid wél iets uit die studentekafeteria gevat het sonder om daarvoor te betaal. Die universiteit is egter nog besig om die saak te ondersoek. Fyner besonderhede deur bronne bevestig: • Die SR-lid is ’n man. • Hy is ’n herhaalde oortreder. • Twee Magnum-roomyse is gesteel. Die naam en spesifieke portefeulje is nog nie gereed vir bekendmaking nie. SR-Voorsitter, Paul Maritz, het gesê: “Dis nie ’n baie groot kampus nie, jy kan redelik maklik uitvind wie dit is en jy kan redelik maklik die details uitvind. Dit gaan doodeenvoudig maar net daaroor dat ek dit nie kan sê terwyl die ondersoek hangend is nie.”
Wapad
Volgens Maritz is dit ’n relatiewe eenvoudige proses: “Volgens die reglement van die SR, het die rektor die mag om ’n studenteraadslid te onthef van sy of haar pligte en dit tydelik of permanent te doen.” Terwyl almal op die uitslag van die ondersoek wag, tree die adjunkvoorsitter van die spesifieke uitvoerende komitee as ’n waarnemende lid van die SR op.
Wapad het van meer as een bron verneem dat ’n SR-lid Magnum roomyse uit die studentekafeteria gesteel het. Dit beteken die persoon neem alle pligte van die portefeulje-hoof oor, maar hy/sy het nie stemreg in SRvergaderings nie, omdat “die persoon nie deur die studente verkies is nie,” het Maritz gesê. ’n Positiewe uitslag sal beteken die lid onder verdenking hervat sy pligte terwyl ’n negatiewe uitslag hom dan permanent sal onthef.
@NWUWapad
Indien negatief, is daar een van twee moontlikhede: • Die waarnemende lid sal permanent aangestel word, maar steeds sonder stemreg. • ’n Tussenverkiesing word gehou wat aan al die vereistes van ’n gewone verkiesing moet voldoen. Sodra die saak verby is, het Maritz gesê die naam sal waarskynlik uitkom, “maar die ding is, solank as wat daar ’n saak is, is die naam beskermd”. Wanneer die saak afgehandel is, het Maritz gesê hulle sal byvoorbeeld nie noodwendig die naam op Facebook bekendmaak nie, “want dis maar nog steeds ’n persoon se lewe en ’n persoon se toekoms,” maar eerder net sê die skorsing of ontheffing van pligte is finaal. Hierdie hele proses sal egter in samewerking met die regskantoor gebeur, “want ’n persoon het baie regte en mens wil nie op sulke regte inbraak maak nie,” het Maritz gesê. Verder beleef die SR nie swaar tye nie. Maritz het die niepolitiesgeaffilieerde strukture krediet gegee hiervoor, omdat alle lede op grond van meriete verkies word. Steeds nie vry om te sê watter portefeulje vir ’n oomblik nie alles agter mekaar gehad het nie, het Maritz gesê hulle “het nodig dat alle portefeuljes volstoom hardloop”.
@NWUWapad
Is eerstejaarskonsert op standaard?
5 Opinie: sien Trump in ’n ander lig.
10