Wapad - 7 Maart 2013

Page 1

NUUS25

22

Rokers op kampus oortree

WATERKRISIS Studente bad in Calfyn

26

LEES JOU KAMPUS

7 MAART 2013 / VOL 4

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 67

OOREENKOMS BEREIK:

“‘n Goeie boer is ’n dooie boer”

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

INTERNETPROBLEME

‘Studente meer ingelig as ons’ - dosent 23 Tweedejaars word ingelyf

Hombré en Ratau seniors getug HANNES KRUGER

A

ltesaam 48 seniorstudente van Ratau- en Hombrémanskoshuise op die NWUPukkampus is tydens dissiplinêre verhore aangekla van ontoelaatbare praktyke ná hulle tweedejaarstudente glo tydens ganginlywingsaksies geslaan het. 35 seniors van Ratau Lebone is skuldig bevind aan dié praktyk en almal het ’n twee jaar skorsing opgeskort vir drie jaar, ontvang. Indien hulle weer aan ’n soortgelyke oortreding skuldig bevind word, sal hulle skorsing uit enige NWU-behuising op enige van die NWU se drie kampusse in werking tree. Elk het boetes wat wissel van R500 tot R1000 ontvang. Een van die seniors in Ratau se saak sal later aangehoor word. In Hombré is 12 seniors waaronder twee HK-lede is, ook aangekla ná hulle tweedejaars glo met krieketkolwe tydens ’n gangaksie geslaan het. Wapad het verneem dat die Brutus-gang se tweedejaars glo ongeveer vier keer met ’n pyp geslaan is. Tien van die 12 is vir twee jaar uit die koshuis geskors, opgeskort vir drie jaar. Die HK-lede het elk ’n boete van R800 ontvang en die seniors ’n boete van R500. Twee van die seniors se verhore is uitgestel. Volgens die primarius van Ratau Lebone Francois Naudé, het die universiteit bewus geraak van die ontoelaatbare praktyk na een van die studente dit op sy

Iets om te sê?

Die studente besef nou dat hulle optrede aanranding is. Ek sal graag ander koshuise raad gee en vra dat hulle hul aksies en tradisies moet heroorweeg, want die risiko dat iets kan skeefloop is té groot

Die hoofingange van beide Ratau Lebone en Hombré. Dit is die tweede keer in ’n tydperk van minder as 8 maande wat Hombré se ingang op ’n Wapad-voorblad verskyn vir tugsake. FOTO’S: ANNEKE DU TOIT Facebook as sy status-boodskap geplaas het. Hy het gesê al die studente het hulle volle samewerking met die ondersoek gegee en skuld op die aanklagte erken. “Die studente besef nou dat hulle optrede aanranding is. Ek sal graag ander koshuise raad gee en vra dat hulle hul aksies en tradisies moet heroorweeg, want die risiko dat iets kan skeefloop is té groot. Studente moet besef dat

hulle gedrag baie groter gevolge vir hulle kan inhou.” Die studentedekaan prof. Rikus Fick, het gesê elke koshuis leef hulle tradisies uit soos dit deur die Studenteraad (SR) goedgekeur is. Wanneer daarvan afgewyk word en ons bewus word van sulke wanpraktyke, word daar onmiddellik opgetree. Veral as daar menseregtevergrype is, tree die dissiplinêre proses dadelik in werking.

SMS 31750 met die woord ‘wapad’ vooraan

“Die huisouers of myself oordeel of die saak ernstig genoeg is om deur die dissiplinêre kantoor behoort hanteer te word. Indien dit die geval is, word dit grondig ondersoek, klagtes word voorberei en ’n dissiplinêre verhoor vind plaas. “Omdat ons ’n opvoedkundige instelling is, is verhore en sanksies nie bloot ’n manier om die studente te straf nie. Dit is ook

NUUS.INTERAKTIEF

belangrik dat hulle in die proses begelei word om tot die insig van skuld gevolge te kom. “Dit was ook die geval in die verhore wat onlangs plaasgevind het. Ons is meer as tevrede dat die skuldiges insig het in hulle optrede en dat die nodige maatreëls getref is dat sulke praktyke nie net gestaak word nie, maar dat daar op ’n oorspronklike manier aan nuwe, opbouende tradisies gewerk word.”

Kry jou Wapad Elektronies by issuu.com/wapad


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.