wapad.9Mei2019

Page 1

NEWS:

KunsAND & ARTS Vermaak: LIFESTYLE:

SPORT:

Registration Fee vs. Registration Free - 3

RAG 2018 ends with a bang - 6

NWU verloor finaal teen TUKS - 11

0

9 Mei 2019 8 Februarie 2018

WAPAD ® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

LEES JOU KAMPUS TEL: (018) 299 2875

JAARGANG 73

WAPAD@NWU.AC.ZA

Is TOEKA in sy MA se KITI in? WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 72

TEL: ( 018 ) 299 2875

Le-Lanie Ludick & Johan Rousseau

@lelanie_ludick & @one_tasty_ johansalad

Toeka Makiti is op 2 Mei uiteindelik gekanselleer weens “nalatigheid van KSR:Skakeling se kant af”. Só lees ’n verklaring wat deur die kampusstudenteraad (KSR) uitgereik is. Vanjaar se Toeka Makiti (TM) was aanvanklik gereël vir 13 April, maar weens “tegniese aansoek probleme” is die geleentheid uitgestel na 4 Mei. In tussen is die geleentheid verskuif vanaf Cachet Park na die JOOL-plaas enkele dae voordat die geleentheid sou plaasvind. “Daar was te veel reëls en regulasies waarvan ons nie geweet het nie en ons moes langer voor die tyd vir dit beplan het,” het Cari Kotze, KSR:Skakeling, gesê oor hoekom die geleentheid gekanselleer is. Dié jaarlikse studentebyeenkoms, wat fokus op die blootstelling van plaaslike kunstenaars Dennis Delport en talent, het nie hierdie jaar

gerealiseer nie. Die uitvoerende komitee-lid Kale Neethling, wie se portefeulje TM is, sê hulle wou dinge anders doen hierdie jaar. “Ons wou gaan met ’n Park Acoustics vibe sodat TM nie geassosieer word met net nog ’n Snowflake aksie nie.” Dit was skakeling se doel om TM te herontwerp in ’n buitelugbyeenkoms wat, buiten JOOL, nie ’n algemene verskynsel in Potchefstroom is nie. Cachet Park was die eerste opsie omdat dit “veilig en naby aan kampus is,” het Neethling gesê. Daar het egter probleme aangaande die aansoekprosedure ontstaan en dit het gelei tot die uitstel na 4 Mei om meer tyd te koop vir die Studentekampusraad (KSR) op die aansoekprosedure.

“Ons het nie iets gehad om vanaf te werk nie en moes alles self uitvind.” Die nuwe konsep wat skakeling gehad het vir TM het dus, volgens Neethling, met baie onverwagte struikelblokke gepaard gegaan. Die prosesse wat gevolg moes word vir dié musiekfees om plaas te vind soos wat skakeling beoog het, was “te veel in te min tyd”. Gerugte het ontstaan onder studente dat TM gekanselleer is as gevolg van die probleme rondom die aansoek vir ’n dranklisensie. “Dit was een van die kwessies, maar dit was nie die enigste probleem nie,” het Kotze gesê. Die reëlings het baie krisisbestuur geverg en kansellasie was die laaste uitweg van 22 Januarie die geleentheid aan vir skakeling.

Ten spyte van die feit dat skakeling al hierdie probleme ervaar het, het hulle reëlings vir die aand met die kunstenaars getref, en onverpoos met kaartjieverkope voortgegaan. Die kunstenaars wat sou optree, het tot op die aand van 2 Mei toe TM gekanselleer is, gedink dat hulle sou optree op 4 Mei. Wapad het met musikante wat by dié aand betrokke sou wees in kontak gekom, en volgens meerdere van die musikante, was daar ʼn verbale kontrak gestig vir reëlings in verband met die betaling. Daar was bespiegelings dat die musikante ʼn kansellasiefooi sou ontvang, maar geen verdere inligting is aan die lig gebring wat nie.hierdie gerugte ontken het.

Wapad

@NWUWapad

@NWUWapad

WAPAD@NWU.AC.ZA

Volgens Miemie Richter, lid van die groep Small Moves, was dit ʼn skok om te hoor van die kansellasie. Richter het gesê “om ʼn musikant te wees, is nie iets wat jy in jou vryetyd doen nie”, dit is ʼn werk en daar word baie ure ingesit om voor te berei vir so ʼn groot musiekfees. Mede-lid van Small Moves, Johan Viljoen, het gesê dat musikante verwag om betaal te word aangesien dit hulle werk is. As so ’n fees gekanselleer word kos dit ʼn persoon geld, moeite en tyd. Viljoen het ook gesê dat dit baie onprofessioneel is van die organiseerders om op die laaste minuut te kanselleer. As KSR:Skakeling voorsitter het Cari Kotze gesê, sy is baie jammer oor die ongerief wat FOTO: TIANgaan DU PREEZ veroorsaak is. “Ons egter die termyn op ’n hoogtepunt eindig met mnr en mej kampus wat op 28 Augustus plaasvind.” Studente kan daagliks die KSR:Skakeling kantoor in F14 kamer 117 besoek tussen 12:00 en 14:00 om hul kaartjiegelde terug te kry.

Koshuisdrag kommunikasie skok KSR was nie bewus van enige klagtes nie

@Dennisdelport

P

rof Dan Kgwadi, Visekanselier aan die Noordwes-Universiteit (NWU), se skokaankondiging tydens R&O rakende koshuisdrag was onverwags en daar was geen kommunikasie met studenteleiers en koshuise vooraf nie. Net nóg ’n geval van waar die NWU nie sy studente se stemme aanhoor nie. Wapad verneem dat daar reeds op 19 Januarie vanjaar ’n vergadering onder die Universiteitsbestuur plaasgevind het waar daar besluit was dat daar onmiddellike aanpassings gemaak moet word tot die R&O-program na afloop van klagtes wat ontvang is. Studenteleiers is egter eers op 20 Januarie in kennis gestel van hierdie besluit en die aanpassings was reeds van toepassing op koshuise. Volgens Jacques Hugo, voorsitter van die

NWU se Potchefstroomkampus, weet die KSR tot op hede nie vanwaar hierdie klagtes gekom het of wat die inhoud daarvan is nie, hy verneem wel dat dit net enkele individuele gevalle was. “Daar is net gesê die klagtes bestaan,” het Hugo gesê. Hy vertel verder dat daar geen klagtes op die Klagte- en Gedagtelyn is nie, maar dat dié enkele klagtes direk aan die Visiekanselier uitgemaak was. Die dokument wat aan studenteleiers uitgestuur was, se voorwoord het verwys na sekere praktyke wat nie die NWU-strategie bevorder of aan toepaslike beleide, reëls en regulasies voldoen nie. Die dokument het agt bepalings verskaf waaraan voldoen moes word. Al hierdie bepalings was reeds geïmplementeer deur koshuise behalwe punt drie van die dokument wat as volg gelei het: “koshuisuniforms moet slegs gedra word na-ure (na 17:00), behalwe koshuishoede en -rugsakke wat reeds aangeskaf was.” Die NWU het egter op die aand

Het jy nuus? Stuur ’n epos aan wapad@nwu.ac.za

KSR-lede en koshuis primari gebied om hul misnoeë teenoor die NWUbestuur te bespreek en vrae te rig. Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, het bevestig dat koshuise wel eers op die bogenoemde datum betrek was by die proses. Na afloop van hierdie vyf ure lange vergadering is daar sekere aanpassings gemaak tot die bewoording van die bogenoemde punt drie en was dit baie duidelik dat die punte wat geopper was deur die studente, nie onder die aandag van die Universiteitsbestuur was toe hulle die besluit geneem het sonder studente se insette nie. Wapad het op 15 September 2017 berig: “Studente kan gerus voel. Die koshuiskleure of name sal nie verander nie,” dít was die woorde van prof Rikus Fick, direkteur van studentelewe aan die NWU se Potchefstroomkampus. Daar was ook in 2017 groot oproer onder koshuisinwoners toe gerugte die rondte gedoen het dat koshuiskleure en name gaan verander. Die NWU het toe ’n SMS aan studente uitgestuur

“Die KSR se beginselpunt oor hierdie saak is as daar werklik ’n probleem is op grondvlak, dan sal die leiers op daardie vlak betrek word by die oplossing van daardie probleem en nie deel gemaak word van daardie probleem nie. Dit is nie moontlik vir hierdie kampus se studenteleiers om saam te bou aan die eenheid van ons universiteit indien die studenteleiers met agterdog hanteer word nie,” het Hugo gesê. Die NWU het tog by die bogenoemde vergadering ’n onderneming aan studente gegee dat daar nie in die toekoms besluite gemaak sal word wat direk van toepassing is op studente, sonder dat studenteleiers betrek word by die besluitnemingsproses nie. Dit is egter nie die eerste keer dat die NWU sy studente se stemme ignoreer en afskiet nie. Op 23 November 2017 het die raad die voorlegging van ’n nuwe pers NWU goedgekeur. Dít kom nadat daar ’n konsultasieproses plaasgevind het

waar studente stem /virTM ’n nuwe Foto: Wapadkon Argief 2013 unitêre kleur. Die konsultasieproses se meederheidsuitslag was 64% vir die ou universiteitskleure met swart as ’n unitêre kleur. “Ons is nie teen die kleur nie, ons is teen die wyse en proses hoe hierdie besluit geneem is. Hoe kan jy voortgaan met ’n besluit as 64% van jou studente nie saamstem nie? Dit dui juis daarop dat dit nie die regte besluit is nie en deur dit te doen loop ’n universiteit die gevaar om sy studente te verloor,” het Hugo gesê. Hugo wil graag ook die volgende aan studente sê “dit is die KSR se mandaat dat die studente se stem gehoor word. Dit is dus belangrik dat jy jou stem in hierdie tyd laat hoor. Ons wil weet wat is ons studente se gevoel oor die algemeen, deel dit gerus op die toepaslike platforms en gesels met ons oor sosiale media. Ons verteenwoordig jou en wil graag weet hoe jy voel.” Dit blyk dus dat gerugte op die NWU nie meer net gerugte is nie – maar tog die realiteit.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.