LEES JOU KAMPUS
18 Augustus 2016
Trotse wenner van die 2016 ATKV Mediaveertjie vir die beste studentekoerant WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS
JAARGANG 70
SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD' VOOR
WAPAD@NWU.AC.ZA
SR-verkiesing: Verhoogde stempersentasie INGE-AMÉ SCHOEMAN
@ingeame12 5 495 studente het vanjaar aan die studenteraadsverkiesing deelgeneem. Dit staan in skrille kontras met die 2 790 studente van verlede jaar. Volgens Ruan Meyer, wie se termyn as adjunkvoorsitter Maandag geëindig het, is die verhoogde
Iets om te sê?
stempersentasie te danke aan die harde werk van die verkiesingskomitee. “Ons het daarop gefokus om studente bewus te maak van die verkiesing en dat die studenteraad (SR) relevant vir studente is,” het Meyer gesê. Simoné Snyman, ’n tweedejaar BCom bedryfsielkunde en arbeidsverhoudingestudent, het gesê sy het nie hierdie jaar gestem nie,
SMS 31750
maar wel in 2015. “Ek weet die SR maak ’n verskil – hulle het veral gedurende die tydperk toe daar stakings plaasgevind het,” het Snyman gesê. Paul Maritz, wat vir sy tweede termyn die posisie van voorsitter beklee, het gesê hy “dink die onrus wat in die land aan die gang is, het studente daarvan bewus gemaak dat dit belangrik is om vir die SR te
met die woord ‘wapad’ vooraan
stem.” Burger Steyn, ’n tweedejaar BCom entrepreneurskap en ondernemingsbestuurstudent, het gesê hy het gestem om te keer dat kampus polities word, maar dat dit apolities moet bly. “Dit is belangrik sodat ons as studente en die strukture nog op ons eie kan aangaan en beheer kan neem,” het Steyn gesê. Brumilda Oliphant, ’n derde-
Volg Wapad® op sosiale media
jaarsonderwysstudent, het gesê: “Nee, ek het nog nie gestem nie, maar ek wil dit regtig my plig maak om te gaan stem”. (Sy was onbewus van die feit dat die stembusse reeds gesluit het). Oliphant het gesê dit was moeilik om te stem omdat sy nie internettoegang gehad het nie. “Ek het die e-pos gekry, maar ek besef nou dis te laat om my stem te laat geld.”