Wapad - 20 Augustus 2015

Page 1

WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

LEES JOU KAMPUS

20 Augustus 2015/ VOL 10

2

FIRST EVER FLASH MOB

6

HIV-CAMPAIGN

7

VOORMALIGE SRVOORSITTER GROET

16

PUK-GIMNASTE VERTEENWOORDIG BY USSA

'Skêr-aanvaller' huil in hof BO: Lerato (Mpati) Phoofolo (24) het Maandag sy arms oor die beskuldigdebank uitgesprei terwyl hy op verrigtinge gewag het. ONDER: Phoofolo praat met sy prokureur. HEEL ONDER: Over-deVoor-manskoshuis, waar die voorval homself afgespeel het. HOFFOTO'S: RAYNIQUE MEYER

RAYNIQUE MEYER

D

ie boeie het Maandag aan sy enkels geklingel toe Lerato (Mpati) Phoofolo die stel trappe na die beskuldigdebank aandurf. Dié NWU-Pukstudent het ’n huiskomiteelid van sy koshuis, Hendri van Dyk (22), Vrydag drie keer met ’n skêr gesteek. Phoofolo en Van Dyk is altwee inwoners van Over-de Voormanskoshuis. Van Dyk, die sport en finansies HK-lid en ’n vierdejaar in BCom finansiële rekeningkunde, is in die bo-arm, blad en heup gesteek ná hy Phoofolo versoek het om sy musiek sagter te stel. Die NWU se koshuisreglement stel studie- en stiltetye vas. Die staat het Maandagoggend versoek dat Phoofolo se borgtog teruggetrek word toe hy vlugtig in die Potchefstroomse landdroshof verskyn het. Phoofolo se familielede het egter om uitstelling tot Dinsdagoggend gevra omdat hulle ’n psigiater wou betrek. Die landdros, Tebogo Mokgatle, het die versoek aanvaar. Vanweë ’n vertraging van hofverrigtinge, deur senior aan-

Iets om te sê?

klaers wat die saak bestudeer het, is dit eers Dinsdagmiddag hervat. Hoewel Phoofolo se prokureur tegniese beswaarpunte geopper het, is die staat se verklaring nie betwis nie en Mokgatle het die borgtog “in belang van geregtigheid” toegestaan, berig Netwerk24. Phoofolo, gekleë in ’n swarten-maroen NWU-baadjie, het kliphard begin huil en teen die beskuldigdebank geslaan. Hy het Saterdag, ná hy Vrydag op borgtog van R1000 vrygelaat is, sy borgvoorwaardes oortree deur die kampus te betree. Sipho, Phoofolo se broer, het die koshuisvader glo ingelig dat hy op pad koshuis toe is. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die kampus se beskermingsdienste het hom ingewag toe hy sy besittings kom haal het. Jochemus Taljaard het bevestig Phoofolo het reguit op hulle afgeloop en met “ ’n handdruk en drukkie gegroet” berig Netwerk24. Phoofolo, ’n derdejaarstudent in BCom internasionale handel en ekonomie, het ’n halfuur later probeer om oor ’n muur te spring

SMS 31750

en is gearresteer. Hy het die polisieman wat hom gearresteer het, gevloek en gedreig. Vrydag was egter nie die eerste voorval waarby dié vermeende skêr-aanvaller betrokke was nie. Phoofolo was volgens sy koshuisvader, Rooies Andrianatos, die afgelope drie weke baie aggressief en hy was by soortgelyke voorvalle betrokke. Johan van Zyl, woordvoerder van die NWU-Puk, het dit bevestig. Dit is glo by prof Rikus Fick, studentedekaan, gerapporteer. “Hierdie was ’n geïsoleerde geval wat nié die studentelewe van hierdie universiteit weerspieël nie,” het Van Zyl gesê. “Sodra daar meer besonderhede uit die polisieondersoek bekend is, sal ’n besluit geneem word of daar met dissiplinêre stappe teen die vermeende aanvaller begin sal word.” Van Dyk het gesê dit gaan “baie goed” met hom. “Ek is steeds geskok oor alles wat gebeur het, maar fisies is ek gesond.” Volgens Van Dyk hervat die hofverrigtinge, waartydens hy sal getuig, op 27 Augustus.

met die woord ‘wapad’ vooraan

Teken in vir Wapad® se nuusbrief http://bit.ly/wapadnuusbrief

FOTO: LIZE LOMBARD


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.