In dié uitgawe:
LEES JOU KAMPUS
23 Julie 2015/ VOL 8 WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS
JAARGANG 69
4
VIVA - AFRIKAANS
8
STERFTES
10
THALIA
12
BODY SHAMING
SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR
Studente kweek moeilikheid in hul vistenks
16
WAPAD@NWU.AC.ZA
SPORT
KOSHUISRUGBY IS DEESDAE SO OPWINDEND SOOS SER
JACO-MARI FUTCHER
D
ie Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het onlangs mansstudente weens die besit van dagga op die NWU-Potchefstroomkampus vasgekeer. Hoewel ses studente aanvanklik vasgekeer is, is slegs een in hegtenis geneem. Ná verdere ondersoek het hulle dagga in die vasgekeerde se woonstel gekonfiskeer. Volgens ’n bron na aan die polisie, het hulle die dagga glo in vistenks in hul kaste gekweek. Adj. off. Mpho Manyoba, Potchefstroom se SAPD-woordvoerder, het bevestig dat “ ’n wit man in hegtenis geneem” is. “Die mansstudente het in ‘n wit (Volkswagen) Golf op kampus gery en hulle het dagga in die kar gehad,” het Manyoba gesê. “Die polisie is daaroor ingelig en hulle het na die universiteit gegaan. Hulle het dagga in die kar en in die een student se woonstel gekry.” Die anonieme bron het met Manyoba verskil en gesê ses studente is gearresteer. Volgens dié bron is die studente uit op borgtog. Manyoba het egter gesê slegs een van dié mans is gearresteer. “Daar was ’n groep studente saam met hom in die kar, maar slegs die een wat in die besit van dagga was, is gearresteer,” het Manyoba gesê. Kiewiet Scheppel, mediawoordvoerder van die NWU-Puk, het die arrestasie bevestig, maar kon geen verdere kommentaar lewer nie omdat die SAPD die saak hanteer. Volgens Manyoba is die saak steeds sub judice, dus kon sy geen persoonlike inligting van
OPINIE
PIET MATIPA SKEER GEK MET SER Hoewel dit onwettig is, is dagga maklik verkrygbaar onder studente. FOTO: IDA STEENKAMP die student verklap nie. “Jy sal ’n kriminele rekord kry as die hof jou skuldig bevind. Die besit van dagga is volgens
Die besit van dagga is volgens ons SuidAfrikaanse reg ’n misdryf
ons Suid-Afrikaanse reg ’n misdryf,” het Manyoba gesê. Die Studente Dissiplinêre Kantoor kon teen saktyd nog nie kommentaar lewer oor hoe dié kriminele oortredings dié student se studieloopbaan sal beïnvloed nie. Volgens Manyoba sou dié student Dinsdag in die hof verskyn en dus was die uitslae daarvan teen saktyd nog nie bekend nie. Johan Haupt, eienaar van Pukki-verblyf, het bevestig die studente was inwoners van Unilofts.
Wenke vir OppiKoppi virgins
Iets om te sê?
14
SMS 31750
met die woord ‘wapad’ vooraan
11
5
NUUS
BEURTWATER: IS DIT ONS VOORLAND?
Teken in vir Wapad® se nuusbrief http://bit.ly/wapadnuusbrief