Wapad - 8 Februarie 2018

Page 1

NEWS:

KunsAND & ARTS Vermaak: LIFESTYLE:

SPORT:

Registration Fee vs. Registration Free - 3

RAG 2018 ends with a bang - 6

NWU verloor finaal teen TUKS - 11

0

8 Februarie 2018 WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

LEES JOU KAMPUS JAARGANG 72

TEL: ( 018 ) 299 2875

WAPAD@NWU.AC.ZA

FOTO: TIAN DU PREEZ

Koshuisdrag kommunikasie skok KSR was nie bewus van enige klagtes nie Dennis Delport @Dennisdelport

P

rof Dan Kgwadi, Visekanselier aan die Noordwes-Universiteit (NWU), se skokaankondiging tydens R&O rakende koshuisdrag was onverwags en daar was geen kommunikasie met studenteleiers en koshuise vooraf nie. Net nóg ’n geval van waar die NWU nie sy studente se stemme aanhoor nie. Wapad verneem dat daar reeds op 19 Januarie vanjaar ’n vergadering onder die Universiteitsbestuur plaasgevind het waar daar besluit was dat daar onmiddellike aanpassings gemaak moet word tot die R&O-program na afloop van klagtes wat ontvang is. Studenteleiers is egter eers op 20 Januarie in kennis gestel van hierdie besluit en die aanpassings was reeds van toepassing op koshuise. Volgens Jacques Hugo, voorsitter van die

Studentekampusraad (KSR) op die NWU se Potchefstroomkampus, weet die KSR tot op hede nie vanwaar hierdie klagtes gekom het of wat die inhoud daarvan is nie, hy verneem wel dat dit net enkele individuele gevalle was. “Daar is net gesê die klagtes bestaan,” het Hugo gesê. Hy vertel verder dat daar geen klagtes op die Klagte- en Gedagtelyn is nie, maar dat dié enkele klagtes direk aan die Visiekanselier uitgemaak was. Die dokument wat aan studenteleiers uitgestuur was, se voorwoord het verwys na sekere praktyke wat nie die NWU-strategie bevorder of aan toepaslike beleide, reëls en regulasies voldoen nie. Die dokument het agt bepalings verskaf waaraan voldoen moes word. Al hierdie bepalings was reeds geïmplementeer deur koshuise behalwe punt drie van die dokument wat as volg gelei het: “koshuisuniforms moet slegs gedra word na-ure (na 17:00), behalwe koshuishoede en -rugsakke wat reeds aangeskaf was.” Die NWU het egter op die aand

Het jy nuus? Stuur ’n epos aan wapad@nwu.ac.za

Wapad

van 22 Januarie die geleentheid aan KSR-lede en koshuis primari gebied om hul misnoeë teenoor die NWUbestuur te bespreek en vrae te rig. Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, het bevestig dat koshuise wel eers op die bogenoemde datum betrek was by die proses. Na afloop van hierdie vyf ure lange vergadering is daar sekere aanpassings gemaak tot die bewoording van die bogenoemde punt drie en was dit baie duidelik dat die punte wat geopper was deur die studente, nie onder die aandag van die Universiteitsbestuur was toe hulle die besluit geneem het sonder studente se insette nie. Wapad het op 15 September 2017 berig: “Studente kan gerus voel. Die koshuiskleure of name sal nie verander nie,” dít was die woorde van prof Rikus Fick, direkteur van studentelewe aan die NWU se Potchefstroomkampus. Daar was ook in 2017 groot oproer onder koshuisinwoners toe gerugte die rondte gedoen het dat koshuiskleure en name gaan verander. Die NWU het toe ’n SMS aan studente uitgestuur

@NWUWapad

wat hierdie gerugte ontken het. “Die KSR se beginselpunt oor hierdie saak is as daar werklik ’n probleem is op grondvlak, dan sal die leiers op daardie vlak betrek word by die oplossing van daardie probleem en nie deel gemaak word van daardie probleem nie. Dit is nie moontlik vir hierdie kampus se studenteleiers om saam te bou aan die eenheid van ons universiteit indien die studenteleiers met agterdog hanteer word nie,” het Hugo gesê. Die NWU het tog by die bogenoemde vergadering ’n onderneming aan studente gegee dat daar nie in die toekoms besluite gemaak sal word wat direk van toepassing is op studente, sonder dat studenteleiers betrek word by die besluitnemingsproses nie. Dit is egter nie die eerste keer dat die NWU sy studente se stemme ignoreer en afskiet nie. Op 23 November 2017 het die raad die voorlegging van ’n nuwe pers NWU goedgekeur. Dít kom nadat daar ’n konsultasieproses plaasgevind het

@NWUWapad

waar studente kon stem vir ’n nuwe unitêre kleur. Die konsultasieproses se meederheidsuitslag was 64% vir die ou universiteitskleure met swart as ’n unitêre kleur. “Ons is nie teen die kleur nie, ons is teen die wyse en proses hoe hierdie besluit geneem is. Hoe kan jy voortgaan met ’n besluit as 64% van jou studente nie saamstem nie? Dit dui juis daarop dat dit nie die regte besluit is nie en deur dit te doen loop ’n universiteit die gevaar om sy studente te verloor,” het Hugo gesê. Hugo wil graag ook die volgende aan studente sê “dit is die KSR se mandaat dat die studente se stem gehoor word. Dit is dus belangrik dat jy jou stem in hierdie tyd laat hoor. Ons wil weet wat is ons studente se gevoel oor die algemeen, deel dit gerus op die toepaslike platforms en gesels met ons oor sosiale media. Ons verteenwoordig jou en wil graag weet hoe jy voel.” Dit blyk dus dat gerugte op die NWU nie meer net gerugte is nie – maar tog die realiteit.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.