Wapad - 10 Maart 2017

Page 1

0

9 MAART 2017

LEES JOU KAMPUS

Wenner van die 2016 ATKV Mediaveertjie vir die beste studentekoerant WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 71

Joligheid vir liefdadigheid

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD' VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

Die nuwe River Café is op pad!

Marietjie Leonard @MarietjieLeona3

E

lke jaar stroom duisende studente by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus se joolplaashekke in. Sonder om sommer twee keer te dink, betaal hulle hul ingangskaartjies, ongeag die koste daarvan. ’n Student is tog nie een om joligheid mis te loop nie. JOOL (Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid) se geldinsamelings word deur die SJGD (Studente Jool en gemeenskapsdiens) gebruik om die lig in minderbevoorregte persone se tonnels te wees. Janine Möller, SR-SJGD voorsitter, is baie dankbaar teenoor almal wat tot dusver ’n bydra gelewer het. “SJGD en JOOL sou geensins hierdie kon bereik sonder die UK-lede, HK-lede, projekleiers, komitees en die gewone studente nie,” het sy gesê. Weens ouditredes is die termyn 2016/17 se bedrae nog nie bekend nie. Vir die tydperk van 2015/16 het JOOL-verrigtinge altesaam ’n totale bedrag van R2 273 831,07 ingesamel. Die onderskeie afdelings verantwoordelik vir dié bedrag is: • JOOL optredes • FinJOOL – die bydrae wat koshuise

3 lewer met hul onderskeie projekte • PrakJOOL – vlotbou, popkoppe en narre • JOOLympics R1 600 000 hiervan word deur SJGD aan verskeie liefdadigheidsprojekte in die omliggende areas van Potchefstroom/ Tlokwe geskenk. Die res van die bedrag word vir beplanning en die volgende termyn se JOOL gebruik. Hierdie termyn se fondse word aangewend vir byvoorbeeld die opknappingswerk van speel areas by

Vir die tydperk van 2015/16 het JOOL-verrigtinge altesaam ’n totale bedrag van R2 273 831,07 ingesamel.

Canvas 2017 skep diskoers in die duikweg.

kleuterskole, omheining om skole veiliger te maak, asook om skole se infrastruktuur te herstel. Daar word ook aan verskeie gesondheidsfasiliteite befondsing gegee sodat nodige instandhouding en verbeteringe aan hulle infrastruktuur gedoen kan word.

Waar gaan die Varsity Cup trofee staan?

6

Dennis Delport @Delportdennis

Run Forest steel harte.

Die Varsity Cup rugbytoernooi, wat vanjaar vir die tiende keer aangebied word, het sy halfpadmerk oorskry en soos oudergewoonte is dit moeilik om te sê wie as kampioene gekroon gaan word.

Die Pukke sal hulle sokkies hóóg moet optrek indien hulle in vanjaar se semi-finaal hul titel wil verdedig. Die uitklop rondtes is vinnig op pad met vyf spanne wat nog goed op dreef is om die top 4 te haal. Maties, wat tans bo-aan die punteleer pronk met 24 punte, was tot dusver vanjaar se uitblinkers. Mens kan nie help om te wonder of die gesogte trofee Stellenbosch toe sal verhuis die jaar nie. Die span spog met vyf oorwinnings en slegs een loesing tot dusver. Tuks, wat in die tweede plek is met 19 punte en boonop een wedstryd minder as Maties gespeel het, het steeds ’n baie goeie kans om ’n tuis semi-finaal te beklink. Die span van

FOTO: SASPA

Pretoria, wat Maandag 100 – 0 met CUT afgereken het, het tot dusver vier oorwinnings en slegs een verloor. Die Shimlas, wat kort op Tuks se hakke is in die derde posisie, ook met 19 punte, spog met vier oorwinnings en slegs twee keer se verloor. Alhoewel die 2015 kampioene Maandag 12 – 58 teen die Maties verloor het, is hulle ook nog goed geplaas vir ’n plek in die uitkloprondtes. UJ is in die vierde posisie op die punteleer met 16 punte na hulle die Madibaz Maandag in Johannesburg met 36 – 24 geklop het. Dié span, wat ’n wedstryd minder as die Pukke gespeel het, het tot dusver drie oorwinnings en twee nederlae. Die verdedigende kampioene, die NWU-Pukke, se kanse om vanjaar se

finaal in Potchefstroom te huisves is reeds uit hulle hande uit. Die Pukke kan, op die meeste, nog net 10 punte in vanjaar se kompetisie bymekaarmaak – met die Maties op 24 punte is dit onmoontlik om eerste te eindig op die punteleer. Die Pukke, wat tans die vyfde posisie beklee, het op hierdie stadium 13 punte en kon slegs 50% van hulle wedstryde wen. Dié span, wat die finaal vir die afgelope drie jaar gehaal het, speel nog teen CUT (weg) en Tuks (tuis). Die Pukke sal hulle sokkies hóóg moet optrek indien hulle in vanjaar se semi-finaal hul titel wil verdedig. Wapad voorspel die top 4: 1. Maties 2. Shimlas 3. Tuks 4. Pukke

8 Wat om in Potch te doen behalwe drink:

9


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Wapad - 10 Maart 2017 by Wapad - Issuu