Wapad - 12 September 2014

Page 1

VERMAAK

NUUS

aKING se nuwe CD vrygestel 8

Nou moet julle ver stap... 2

RESENSIE Breaking up is hard to do getuig van harde werk en juigende gehore 9

11 September 2014 / VOL 10

Man byna dood ná mesaanval in Mystic parkeerterrein 3 LEES JOU KAMPUS STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 68

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

Nuwe SR-samestelling teken van transformasie op die NWU-Puk? ANNEMARIE HOOGENBOEZEM EN HANNES KRUGER

D

ie onlangse studenteraadverkiesing op die NWUPukkampus lewer bewyse van twee uiterstes: hoewel die studente begin om die kleur- en rassegrense te oorsteek, is hulle oor die algemeen apaties oor die SR. “Die feit dat Abigail Leshope so ’n groot hoeveelheid stemme verwerf het op ’n kampus wat oorheersend uit blanke studente bestaan, is verder ’n bewys van transformasie," het Theo Venter, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, gesê. Boonop getuig die hoë persentasie vroue wat tot die SR verkies is van geslagstransformasie op kam-

pus, meen Venter. Tog reflekteer die stempersentasies dat stemmers meer gereeld die “geen-stem”-opsie vir die swart kandidate gekies het as vir die ander kandidate. Volgens Venter is dit nie kommerwekkend nie en die hoeveelheid swart SR-lede wat verkies is, stem ooreen met die rassesamestelling van die studentekorpus. Slegs 3 019 studente uit ’n studentepopulasie van sowat 15 000 het vir die SR gestem en ’n mens moet jouself afvra of die SR werklik die deursnee van studente op kampus verteenwoordig. Venter het verder gesê die studente is apaties. “As dit ’n nasionale verkiesing was, is die SR ’n minderheidsregering aangesien minder as 20%

van die studentepopulasie gestem het,” het Venter gesê. Venter meen ’n moontlike oplossing vir die talle apatiese studente op kampus is om kandidate wat nie noodwendig op Pukstrukture gedien het nie toe te laat om vir die SR te staan. “Daar sal moontlik meer belangstelling wees indien informele leiers die kans gegun word om vir SR te staan.” Volgens Venter speel die groei van die studentepopulasie namate meer verblyf in Potchefstroom beskikbaar word ook ’n rol. Dít kan moontlik tot ’n groter gevoel van apatie teenoor die SR lei aangesien meer studente privaat gaan bly. “Die vraag is: hoe gaan die SR hierdie gevoel van apatie onder studente verander?”

Is studente apaties teenoor die SR se doen en late? Verskeie belanghebbendes op die NWU-Puk het op Facebook hulle opinie oor die studente wat apaties teenoor die SR is, gelug: "Dit is so hartseer dat net 12% van die kampus aan die SR-verkiesing deelgeneem het. As mens na die getal kyk en mens kyk na die getal studente wat by swete was, sowel as SR-kandidate wat gestaan het, is dit duidelik dat studente apaties is teenoor enige vorm van stem! As hulle maar net besef het dat die SR veronderstel is om hulle te verteenwoordig en hulle belange te beskerm."

Die hele verkiesingsisteem ontmoeding studente om eienaarskap te neem van die stemproses. Oorregulering deur die SR verwyder die stemming net meer van studente (die groot meerderheid van studente wat nie betrokke is by strukture en nie in koshuise is nie).

- Koos de Villiers, kommunikasiedosent

- Johann Coetzee, DA-raadslid en politieke student

as ek so kyk na die stemme vir die voorsitter posisie dui dit daaarop dat beide van hulle goeie stempersentasies het. Die een kanidaat swart en die ander een wit maar die verskil is maar net 1.1%... ek dink dit bewys jou argument so bietjie verkeerd.

SR-stempersentasies van swart kandidate aanduiding van rassisme?

'n Vurige debat het op Facebook vlamgevat ná Wapad die SR-stempersentasies bekendgemaak het. Hier is van die debatteerders se opinies wat dink dat die SR-stempersentasies van die swart kandidate 'n aanduiding van rassisme op die NWU-Pukkampus is, al dan nie:

"As ek na die SR stempersentasies kyk en ek vergelyk die alleenstaande wit kandidate se Geen stem persentasies met die alleenstaande swart kandidate se Geen stem persentasies, is dit duidelik dat daar baie rassisme Op kampus seëvier. Die gemiddelde geen stem vir alleenstaande wit kandidate is 15.5% en vir alleenstaande swart kandidate is 36.7%."

- Shaun Frazao, honneursstudent in sosiale verandering "Ek stem saam dit is onrusbarend. Hou wel ook in gedagte, net 12% van studente het gestem. Dus is daardie Geen stemme verteenwoordigend van dié wat gestem het. Steeds onrusbarend. Maar konteks bly belangrik."

- Hannelie Otto, kommunikasie-dosent "As ek so kyk na die stemme vir die voorsitter se posisie dui dit daarop dat beide van hulle goeie stempersentasies het. Die een kandidaat is swart en die ander een wit, maar die verskil is maar net 1.1%. Ek dink dit bewys jou (Shaun) argument so bietjie verkeerd. Dis dus vir my duidelik dat die studente hul stem uitgeoefen het deur na bevoegdheid te kyk en nie velkleur nie."

- Chrisna Kraaij, voormalige SR-voorsitter (2011/2012)


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.