SPORT
Pukke steeds bo-aan punteleer 16
13 Maart 2014 / VOL 3
BINNE: Oorsig van vurige debat 2014 LEES JOU KAMPUS STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS
JAARGANG 68
SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR
WAPAD@NWU.AC.ZA
KARLIEN, OVERS EN RATAU:
18 HK’s beken skuld, 4 van Karlien veg voort NUUS
K&V
REIS!
Kgwadi oor Afrikaans
Nag van die lang pette
Brullende breakaway
2
9
3
10
‘Welkom by die internasionale gemeenskap van uitstekende universiteite’ - Max du Preez
Doodskoot vir eerstejaarspraktyke JEANELLE GREYLING
E
erstejaars en seniors op die NWU-Puk sal van nou af gelyk behandel word. Dít volg ná prof. Herman van Schalkwyk en prof. Rikus Fick verlede week ’n brief aan alle koshuisinwoners gestuur het wat die onmiddellike staking van alle ontgroenings- en inburgeringspraktyke vereis. Dit is die eerste keer sedert die ontstaan van die NWU-Puk wat dié universiteit se beleid van zero toleransie só streng optree teen die koshuistradisies en -gebruike wat eerstejaars betrek. “Welkom by die internasionale gemeenskap van uitstekende universiteite,” het Max du Preez, veteraanjoernalis en buitengewone professor aan die skool vir
kommunikasie, oor dié nuwe zero toleransiebeleid gesê. “Die finale afskaffing van ontgroening is die beste ding wat nog met die NWU gebeur het. Die NWU is ’n hoogsgerekende akademiese instelling en moet daarop voortbou. Die PUK is nie ’n Afrikaneruniversiteit nie, hoogstens ’n universiteit ‘met ’n Afrikaanse karakter’, en hier verwys ‘Afrikaans’ na die taal, nie na Afrikanertradisies en Afrikanernasionalisme nie.” Die prims van die onderskeie koshuise op die NWU-Puk het Maandag ’n vergadering met prof. Van Schalkwyk gehad waar hulle die praktiese implikasies van dié nuwe beleid bespreek het. Laureus-manskoshuis se prim, Reuben Louw, het onder meer die afskaffing van die eerstejaarsdrag
bespreek. “Die eerstejaarsdrag verwys na iets wat vernederend is, wat glad nie die geval by ons is nie,” het Louw aan Wapad gesê. “Dit was wel elke eerstejaar se eie keuse om Maandag hul eerstejaarsdrag te dra.” Leon Roets, prim van Patriamanskoshuis wat heg saam met eerstejaars werk, meen die betrokke eerstejaars is die ongelukkigste oor dié beleid. “Hulle voel dat alles van hulle weggeneem word. Hulle wil die deurlopende uitdagings en spanbou-aktiwiteite ervaar.” Roets meen die zero toleransiebeleid se gevolge is tweeledig. “ ’n Universiteit behoort streng teen wanpraktyke op te tree, maar die nadeel is dat niemand in die koshuise mekaar gaan ken nie. Die
Sielkundige sê só Volgens ’n studie, ’n gemengde metode evaluering van die subjektiewe welstand van tersiêre eerstejaarstudente gedurende oriëntering, het oriëntering die gees en samehorigheid gaan daar- volgende uitwerking op eerstejaars: mee verlore.” Volgens Du Preez is studente Welstand voor oriëntering: se vermoë om vriende te maak en bande te bou nie die universi- Î Vryheid en selfbeheer teit se verantwoordelikheid nie Î Hoë selfwaarde en moet hulle dit self in ’n aka- Î Het sosiale ondersteuning demiese omgewing ontwikkel. “Die klem moet na die individu Welstand tydens oriëntering: – terugskuif. ’n ‘Gemeenskapsgevoel’ wat deur vernedering en Î Ontnugtering met universibisarre rituele ontstaan hoort nie teitslewe by ’n tersiêre instelling van onder- Î Verloor selfwaarde wys nie,” het Du Preez gesê. Î Onsekerheid en vrees Î Onvoldoende vrye tyd Î Fisiese inspanning
Hulle voel dat alles van hulle weggeneem word.
Uit die brief: Voorbeelde van praktyke wat onmiddellik gestaak moet word Beleid van Zero-toleransie: Die universiteitsraad het sy standpunt herhaal dat GEEN menseregteskendings geduld sal word nie, en betreur die feit dat “alhoewel daar beleide en prosedures by die universiteit in plek is,” dit geblyk het dat aanstootlike praktyke en menseregteskendings wel voorgekom het.
Alle praktyke wat ’n eerstejaar minderwaardig voorstel of minderwaardig laat voel of wat die menseregte van ’n eerstejaarstudent op enige manier skend, moet ONMIDDELLIK gestaak word. Dit sluit aspekte in soos byvoorbeeld: Î Die gebruik van neerhalende woorde om na ’n eerstejaar te verwys, soos“door”. Î Groete wat alleen deur eerste jaars uitgevoer moet word.
Î Skree, skel, vloek, of dreig van eerstejaars. Î Enige aksie wat daarop gemik is om vrees by ’n eerstejaar in te boesem. Î Die verpligte gebruik van titels vir seniors. Î Persoonlike take wat eerstejaars vir seniors moet doen. Î Weerhouding van geriewe in die koshuis. Î Verbod op toegang van enige eetplek op/af kampus.
Î Verpligte aktiwiteite wat inbraak maak op studietye wat in die koshuis geld. Î Enige aktiwiteit wat teen die wil van ’n eerstejaar gedoen moet word. Î Die dra van eerstejaarsuniforms en die loop in pelotonne. Î Verbod op dra van grimering en juwele.
Welstand tydens oriëntering: + Î Toename in sosiale onder steuning Î Besef noodsaaklikheid van swaarkry Î Herwonne vryheid Î Maak sin uit die doel van die oriënteringsprogram Die studie is uitgevoer deur JH de Kock vir sy meestersgraad in kliniese sielkunde op die NWU-Puk.