se w
BINNE
NUUS
3
#MMKampus pronk op nuwe Puk-bank 2
Oink, oink, oink!
15 Augustus 2014 / VOL 8
LEES JOU KAMPUS
K&V Massas drom saam by Oppi ter viering van 20 jaar herdenking 9
FOTO: Eugene le Roux
PROFIEL: MEER OOR ‘DAAI OOM’ WAT STUDENTESAKE HANTEER
7
A-monster positief getoets vir verbode middels, wag nog vir B-monster se uitslae
Wimpy vegter in sop oor verbode middels HANNES KRUGER EN WYNONA LOUW
D
ie Luiperds en Varsity Cup-vleuel, Edmar Marais, is positief getoets vir verbode middels en staar ’n verhoor in die gesig. Marais (22), wat vroeër vanjaar by die geveg in Wimpy betrokke was, is vanjaar getoets vir verbode middels. Sy A-monster het glo positief getoets. Nóg Marais nóg sy prokureur, Barend Kellerman, wou bekend maak vir watter verbode middel Marais positief getoets het. Volgens Louis du Plessis, uitvoerende hoof van die Luiperds Rugbyunie (LRU), is die ondersoek nog aan die gang en kan geen verdere inligting rondom die saak bekend gemaak word nie. Du Plessis het wel bevestig dat Marais se
A-monster positief getoets het. “Ná die A-monster se uitslae bekendgemaak is en positief getoets het, het die kandidaat 14 dae om skuld te beken of om te vra dat sy B-monster ook getoets word om doodseker te maak. Albei monsters is dieselfde urine en beide urinemonsters word op dieselfde tyd geneem,” het Du Plessis gesê. Du Plessis het ook gesê dat die B-monster se uitslae eers oor drie maande bekendgemaak gaan word. Volgens hom word dié monster in die buiteland getoets. Chris Hattingh, ’n kenner in verbode middels, het egter gesê dat die B-monster gewoonlik kort ná die A-monster getoets word en nie gewoonlik drie maande neem voor die uitslae bekendgemaak word nie. “Indien dit in die buiteland
NUUS.INTERAKTIEF
getoets word en só lank neem vir die uitslae om bekendgemaak te word, beteken dit dat dit ’n gesofistikeerde toets is waartydens hulle in die meeste gevalle toets vir vreemde testosteroon in jou sisteem,” het Hattingh gesê. Kellerman, Marais se prokureur, het gesê dat hy geen mandaat het om verdere inligting bekend te maak totdat die verhoor nie afgehandel is nie. Marais wou ook nie kommentaar lewer nie en het net gesê dat daar nou ’n ondersoek van stapel gestuur is en dat “daar ’n kans is dat ek moontlik gespike is”. Volgens ’n betroubare anonieme bron wat saam met Marais oefen, het sy spoed- en kraguitset na bewering drasties toegeneem. Volg Wapad vir die nuutste inligting oor Marais se verhoor en toekoms.
Gevolge indien + getoets
Edmar Marais wat onlangs positief getoets het vir verbode middels.
Gaan groen... Kry jou Wapad elektronies
Î Speler mag nie ’n wedstryd speel as sy A-monster positief toets nie. Î Terwyl daar gewag word vir die uitslae van sy B-monster mag hy aan geen span aktiwiteiete deelneem nie, maar hy verdien steeds ’n salaris. Hy moet dan op sy eie fiks bly. Î As sy B-monster positief toets is daar ’n verhoor. Hy kan dan skuld erken en indien hy skuldig bevind word, word hy geskors vir twee jaar van alle rugby. Î Speler kan in die verhoor baie verduidelikings gee, bv. toe hy klein was, het sy dokter dit voorgeskryf Î Sekere aanvullers bevat verbode middels wat verban is in sport, maar nie vir gewone mense wat oefen nie.
issuu.com/wapad