Wapad - 18 Februarie 2016

Page 1

18 Februarie 2016

LEES JOU KAMPUS

Value your environment week

Hoewel die studente aan die NWU-Puk nie graag oor seks praat nie, is die mansbadkamermuur van dié kuierplek steeds ’n prikkel vir beide geslagte.

FOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

Seks: NWU konserwatiewer as ander

... maar baljaar steeds tussen die lakens

JEANELLE GREYLING & MICHELLE VAN WYK @JeanelleGrey @MichelleVanWyk10

D

it blyk dat seksuele teistering ’n speletjie onder studente landwyd is. Dit het onlangs aan die lig gekom dat senior mansstudente aan die Universiteit Stellenbosch (US) met mekaar kompeteer deur eerstejaarsvroue te teiken, met hulle te slaap en dan naamlyste te vergelyk. Prof Amanda Gouws, voorsitter van die seksuele teisteringkomitee aan die universiteit, het dié kompetisie verlede Maandag bevestig, berig Times LIVE. Volgens Gouws word naïewe eerstejaars juis geteiken omdat die

Iets om te sê?

universiteitsomgewing ’n vreemde ervaring is en hulle nog onseker van hulself is. Dié gedrag grens aan verkragting. Verkragting het ook by die Universiteit van Kaapstad (UK) in ʼn’n probleem ontaard. Die bevindinge op die NoordwesUniversiteit (NWU) se Potchefstroomkampus is egter omgekeerd. Hoewel ’n groep vrouestudente in BCur verpleegkunde erken het hulle stel naamlyste van hul seksmaats op om dit met hul vriende s’n te vergelyk, het die studente wat op kampus genader is, ongemaklik gevoel om oor dié saak te praat. Boonop dui die reaksies op Wapad se peiling oor seksuele aktiwiteit dat die studente grotendeels nie bewus van seksuele teistering is nie.

SMS 31750

Seksuele teistering is ’n speletjie onder studente landwyd. Slegs sowat 18% van die respondente het gesê hulle het al van seksuele teistering op kampus gehoor. Boonop het slegs 15% van die respondente gesê hulle het al gehoor van ander mense wat naamlyste van hul seksmaats opstel en vergelyk. Sowat 36% van die respondente het gesê hul name sal nie op so ’n lys verskyn nie, omdat hulle nie seksueel aktief is nie.

met die woord ‘wapad’ vooraan

Kan dié naamlyste as seksuele teistering beskou word? Volgens dr Annamagriet de Wet, lektor in onderwysreg, is seksuele teistering “die seksistiese grap, die fluit, die opmerkings oor iemand se lyf of seksuele lewe, die onwelkome aanraking, die manipulering vir seks en die uitoefening van mag oor iemand om die persoon as ’n objek vir jou eie seksuele plesier te gebruik”. Dit hoef egter nie fisiek of gewelddadig te wees om ’n negatiewe effek op die slagoffer te hê nie, het sy gesê. “Dit maak inbreuk op mense se waardigheid omdat dit hulle beledig of minderwaardig laat voel.” De Wet het gesê seksuele teistering veroorsaak dat die slagoffers

Teken in vir Wapad® se nuusbrief http://bit.ly/wapadnuusbrief

onveilig by plekke soos die werk, skool of universiteit voel – plekke wat nie bloot vermy kan word nie. Hul gevoel van gelykheid word ook beïnvloed, omdat die seksuele teistering op geslag, geslagtelikheid of seksualiteit gegrond is. Die kombinasie van “patriargie, seksisme, heteronormatiwiteit en kulturele persepsies oor manlikheid” word algemeen in ons samelewing aanvaar of genormaliseer, het De Wet gesê. Volgens haar moet dié idees hokgeslaan word en met nuwe idees vervang word om uiteindelik saam te leef. Sy het gesê ons moet diskriminerende optrede soos seksuele teistering “konfronteer en dit abnormaal maak, want solank dit normaal is, sal dit voortbestaan”.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Wapad - 18 Februarie 2016 by Wapad - Issuu