0
LEES JOU KAMPUS
18 MEI 2017
Wenner van die 2016 ATKV Mediaveertjie vir die beste studentekoerant WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS
JAARGANG 71
SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD' VOOR
WAPAD@NWU.AC.ZA
Biblioteek ondergaan nege maande se opgradering
3
Statuut verander SR NJ Gelderman & Linzetta Calitz @GeldermanNJ @LinzettaC
D
ie onlangse SR-JOOL verkiesing dien as ’n vorm van gerusstelling na aanleiding van die onsekerheid wat geheers het oor die invloed van die Noordwes-Universiteit (NWU) se nuwe statuut op die voortbestaan van die Studenteraad (SR). Op 24 Maart 2017 is dié statuut in die staatskoerant gepubliseer – dit het die dokument amptelik gemaak. Paul Maritz, SR-Voorsitter het verduidelik die magsverhouding tussen die verskillende rade ondergaan ’n verandering, maar die SR bly steeds. “Niemand gaan die SR wegvat nie, maar studente moet inkoop op hoe dinge gebeur.” As studente byvoorbeeld nie stem nie, kan dit bestuur ’n rede gee om die sisteem te verander. As daar nie genoeg stemme is nie is dit tog nie ’n leier van almal wat verkies word nie. In die ou statuut was daar drie strukture: • Institusionele Studenteraad (ISR) – wat in die nuwe statuut verander na die Studente Verteenwoordigende Raad (SVR). Maritz verwys na dié raad
as die “Universiteit-studenteraad” • Studenteraad (SR) – wat in die nuwe statuut verander na die Studente Kampusraad (SKR) of Kampusstudenteraad.
Sommige kampus events gaan moet plek maak vir nuwe institusionele events.
• Uitvoerende Komitee (UK) – die UK ondergaan geen naamverandering nie. Die ISR en SR het in die ou statuut ’n parallelle magstruktuur gehad waar die ISR meer ’n adviserende rol gespeel het terwyl hulle volgens die nuwe statuut ’n hoër vlak as die SKR sal beklee. Volgens Maritz is “die mag gewoon die goedkeuring van die jaar beplannings”. Daar word tans vyf lede van elke afsonderlike kampus se SR aan die ISR gedelegeer. Volgens die nuwe statuut sal die hoeveelheid lede van elke kampusraad wat op die SVR dien, proporsioneel aan elke kampus
Pukki Talentfees loop oor van talent
Johnny is nie dood nie kry skitterresensie
toegedien word. Die hoeveelheid lede gaan afhang van hoe groot die kampus is. Die Potchefstroomkampus sal dus die meeste lede hê, met die Mafikengkampus tweede meeste en die Vaaldriehoekkampus die minste. Wat pligte betref het Maritz gesê die werk sal bietjie meer wees. Die SKR sal meer institusionele pligte hê wat dan weer beteken die UK sal meer kampuspligte hê. Burger Terblanche, SR-BOB (Bemarking en Openbare Betrekkinge) voorsitter, het gesê “studente behoort opgewonde te wees oor dit wat die nuwe statuut oplewer”. Volgens Maritz is die rede hiervoor dat dié kampus “baie meer met die ander twee kampusse gaan skakel”. Hulle wil die drie kampusse nader aan mekaar bring deur byvoorbeeld institusionele aksies. Maritz het gesê: “Sommige kampus events gaan moet plek maak vir nuwe institusionele events.” Daar is egter nog nie duidelikheid oor watter kampusgeleenthede moontlik in die slag gaan bly nie. Volgens die nuwe statuut moet die huidige ISR ’n grondwet saamstel wat op 22 Junie aan die raad van die NWU voorgelê gaan word. Die SR het op 16 Mei die eerste weergawe daarvan ontvang.
2 Pukki Talentfees Visueel
9
8
10
Dagga-wetgewing: kom op hoogte
4+11