Wapad - 1 Augustus 2014

Page 1

1 Augustus 2014 / VOL 7

LEES JOU KAMPUS

'Los ons kampus uit!' 2 en 17

FOTO: Benette Rautenbach STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 68

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA


Nuus 1 Augustus 2014

2

Interkampus SAAMGESTEL DEUR IAN VENTER

Tuks transformasie skep oproering en ongelukkigheid onder studente Die Universiteit van Pretoria (UP) beplan om die eerstejaars en seniors van mekaar te skei. Dié besluit kan mans- en vrouekoshuise soos Olienhout, Boekenhout, Asterhof, Lilliam, Inca en Jasmyn onder gedrang plaas as dit realiseer. Die UP oorweeg die instelling van eerstejaarskoshuise, maar sluit mentorskapprogramme en leierskapsinisiatiewe in, berig Beeld. Dit gaan na bewering reeds in 2016 ingestel word. “Die universiteit streef daarna om 'n omgewing te skep waarin inwoners van die koshuise, veral eerstejaars makliker sal aanpas, akademies presteer en op ’n gebalanseerde en veilige wyse aan die studentelewe deelneem,” het Nicolize Mulder, Tuks-woordvoerder, gesê. Koshuisstudente aan die UP is woedend en voorspel dat die eerstejaars gaan les opsê omdat die studentegees en tradisionele koshuisaktiwiteite verlore sal gaan. “As Tuks die plan deurvoer, sal Olienhout in die toekoms net eerstejaars aanvaar. Dit

sal boonop moeilik wees om dissipline toe te pas as daar net tien seniors in 'n eerstejaarskoshuis is,” het James Johnson, Boekenhout se HKvoorsitter, gesê. Volgens Afriforum Jeug het die UP die koshuise in kennis gestel dat bogenoemde koshuise omskep gaan word in afsonderlike blyplekke vir eerstejaars en seniors. Volgens Beeld is daar egter geen redes vir dié be-sluit gegee nie en die koshuise is nie in die saak geken nie. Studente is na bewering slegs aangesê om dit volgende jaar te in werking te stel. Olienhout, Inca en Jasmyn sou in eerstejaarskoshuise omskep word en Boekenhout, Asterhof en Lillium sou in seniorkoshuise omskep word, maar dié besluit is onlangs teruggetrek, berig die Perdeby. Die veranderinge sal dus nie vanjaar plaasvind nie, maar moontlik in die toekoms. Tuks-koshuisstudente het te kenne gegee dat hulle sal aanhou om teen die veranderinge te veg.

Bib se grondvloer word vir voorgraadse studente ingerig

Studente kry glans bib JACO-MARI FUTCHER

N

óg ’n navorsingsmeent is in die pyplyn vir die Ferdinand Postma-biblioteek – dié keer vir voorgraadse studente. Dit verduidelik hoekom dit tans moeilik is om stilte in dié biblioteek vol te hou. Louise Vos, bestuurder van inligtingsdienste, meen voorgraadse studente gaan volgende jaar hul eie toegeruste area hê. Volgens Vos kan studente uitsien na werkstasies vir rekenaars en skootrekenaars, groepstudiekamers met LED-skerms,

Die biblioteek word ingerig met gemakstoele en ’n nuwe ouditorium tafels toegerus met kragpunte, inligtingstegnologie-ondersteuning en fasiliteite vir die druk en skandering van dokumente. Die Besemboslokaal word tans vir rekenaar- en drukfasiliteite gebruik en die boekevoorraad wat

voorheen op die grondvloer was, is na die eerste vloer verskuif. Die biblioteek word verder ingerig met gemakstoele en ’n nuwe ouditorium waar die Besemboslokaal eers was. Die biblioteek se derde vloer is in Maart vanjaar opgegradeer om nagraadse studente en navorsers beter te akkommodeer, maar die nuwe inligtingsmeent gaan die voorgraadse studente se biblioteekervaring verbeter. Die studente en biblioteekgangers sal deur middel van kennisgewings oor die verwikkelinge van dié proses ingelig word.

UCT rugbyspeler nie verder vervolg Die Ikeys Tigers-rugbyspeler wat die Potchefstroomse vrouestudent in die Wimpy te lyf gegaan het, word nie meer deur die Universiteit van Kaapstad (UCT) vervolg nie. Kyle kriel is in April vanjaar aangekla vir die aanranding op Irini Agathagelou. Kriel het in 2013 sy eerste graad voltooi en in 2014 geregistreer vir sy nagraadse studies wat hy twee dae ná die voorval gekanselleer het.

“Omdat Kyle nie meer betrokke by die universiteit is nie, het UCT geen jurisdiksie meer oor die saak nie,” het Patricia Lucas, UCT-woordvoerder, gesê. Die universiteit sal eers na die bewyse kyk indien Kriel weer aansoek doen om sy studies te voltooi, het Lucas gesê. Hulle sal dan besluit of hy voor die dissiplinêre tribunaal sal verskyn indien hy weer volgende jaar aansoek doen.

Patria begin 'n nuwe tradisie: Patria July

Selfmoord by UP-gebou

FOTO: Elric Pretorius Nooddienste op die oorhangende dak. FOTO: Beeld ’n Tuks-dosent het Woensdagoggend van die 21ste verdieping van die Geesteswetenskappegebou by die Universiteit van Pretoria (UP) gespring. Dit word vermoed ’n selfmoord te wees. Die kom ná ’n veiligheidswag by die Menlyn-winkelsentrum skaars ’n dag vroeër na sy dood toe gespring het. Nicolize Mulder, UP-woordvoerder, het die voorval beves-

tig maar kon nie die identiteit van die man bevestig nie. Geen verdere inligting was teen druktyd beskikbaar nie. Brandbestryders moes die persoon van die oorhangende dak afhaal. Die lyk is later in ’n lyksak geplaas. Talle studente moes met die hulp van sekuriteit van die toneel af weggehou geword het. Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek.

Saterdag 26 Julie wou dit voorkom asof die meerderheid van die Puk se meisies by Patria se grasperk bymekaar gekom het vir 'n oop aksie. Die manne van die koshuis het gelyk soos 'n kat wat room gesteel het. Dié nuwe tradisie van Patria sal glo 'n jaarlikse instelling word. Die gaste het 14:00 die middag, uitgevat in regte Derby-uitrustings, rondom tafels op die grasperk gekuier terwyl The Shimmies musiek gemaak het. Elke gang het sy eie stalletjie gehad waar gaste uit 'n verskeidenheid ponse kon kies. Crystal van Niekerk het met die kroon weggestap ná die Miss Patria July skoonheidskompetisie se finale ronde. Leon Roets, die primarius, het gesê dat hulle 'n tradisie soek wat vir Patria naam maak op die kampus. “Dis iets wat aan die volgende HK oorgedra kan word. Ons wou ook die meisies 'n bietjie beïndruk het en vir hulle gewys het ons is dié huis op kampus. Dís hoekom ons dit doen.” - Johané van den Berg

Iets om te sê?

SMS 31750 met die woord ‘wapad’ vooraan


1 Augustus 2014

Nuus

3

Duisende studente ongelukkig met Kgwadi se stelling dat daar na Afrikaans vertolk sal word

3500 Studente: ‘NEE! NEE! NÉÉ!’ Eise in die memorandum

4UVEFOUF CFUPPH NFU QMBLLBUF UZEFOT EJF PQUPH XBU PQ +VMJF QMBBTHFWJOE IFU '050 "MJDJB ,PU[FF

O

ns het lank genoeg stilgebly terwyl die media ons naam deur die modder sleep en genoeg om verskoning gevra terwyl ons eintlik niks verkeerd gedoen het nie. SĂł het Magdeli Reitz, SR-Koshuisraad, by die onlangse Sal Jy Opstaan?-veldtog gesĂŞ. Die NWU-Pukstudente het besluit om die bal aan die rol te sit nĂĄ die onlangse aantygings van rassisme op die kampus. “Ons is nie rassiste of fasciste nie en is niemand se speelbal nie. Ons is trotse Suid-Afrikaners wat glo in demokrasie, inklusiwiteit en positiewe tradisies – nie in

ontgroening of menseregteskendings nie,� het Reitz in haar toespraak gesê. Sowat 3 500 studente van die NWU-Puk het op 24 Julie aan die optog wat die SR gereÍl het, deelgeneem. Amptelike NWU-Puk kampuskanale is ook ingespan om die optog te bemark. Studente is gemaan om deel te neem aan die veldtog en plakkate asook t-hemde is aan hulle uitgedeel. DiÊ wat aan die veldtog deelgeneem het, gaan ook nie akademies benadeel word nie. ’n Memorandum is aan die einde van die optog voor die NWU se institusionele kantoor aan prof. Dan Kgwadi, die nuutaangestelde visekanselier, oorhandig.

0OEFSXZTNJOJTUFS "GSJLBBOTF VOJWFSTJUFJUF CFTUBBO OJF ANNEMARIE HOOGENBOEZEM “Daar bestaan nie Afrikaanse universiteite nie.â€? SĂł het die minister van hoĂŤr onderwys, Blade Nzimande, hom verlede week sterk uitgespreek teenoor ons land se tersiĂŞre instellings, veral die NWU-Puk. Nzimande het onder meer gesĂŞ dat hy verbaas is dat daar nĂĄ 20 jaar van demokrasie in SuidAfrika steeds op ’n nie-amptelike manier kwotas bestaan wat die getal swart studente in kampuskoshuise beperk. Hy het voorts tydens sy begrotingsrede sy kommer uitgespreek oor die ontgroeningspraktyke wat aanhoudend by die Noordwes-Universiteit (NWU) opduik. Hy voel dit is onaanvaarbaar dat studente steeds gemarginali-

seerd voel nĂĄ twee dekades van demokrasie en volgens hom grens dit aan rassisme. Die minister het gesĂŞ dat rassistiese of uitsluitende praktyke dikwels in die verlede as kultuur of tradisies uitgemaak is. Nzimande het sy hoop uitgespreek dat alle belanghebbendes hul volle samewerking sal bied om die praktyke hok te slaan. Hy het erken dat prof. Dan Kgwadi en die NWU-raad hom verseker het dat die praktyke hokgeslaan sal word en dat hy die vordering noukeurig dophou. Volgens die minister bestaan daar, in teenstelling met dĂ­t wat tydens die apartheidsjare aanvaar is, vandag net Suid-Afrikaanse universiteite, geen AfrikaanseZoeloe- of Tswana-universiteite nie.

Iets om SMS 31750 te sĂŞ? met 'Wapad' vooraan

Kgwadi het tydens sy toespraak gesĂŞ die universiteit is bly studente neem deel aan die gesprek oor transformasie. “Die universiteit is ’n plek van robuuste betrokkenheid en debattering,â€? het Kgwadi gesĂŞ. Studente was egter nie gelukkig met Kgwadi nie. ’n Groep studente het “nee, nee, nee!â€? geskree en weggeloop toe Kgwadi noem dat die universiteit beoog om ander tale na Afrikaans te vertolk. Krete soos “Ons staan opâ€?; “Los ons kampus uit!â€? en “Niks vir ons, sonder onsâ€? het luidkeels deur die strate van Potchefstroom geklink soos studente van hulle ontevredenheid te kenne gegee het. Protesgangers het dit duidelik

Die pogings om ons monde te snoer sal nie langer slaag nie gemaak dat hulle vir die voortbestaan van Afrikaans veg, maar dat hulle menseregte en transformasie ook steun. Jason Mfusi is toegejuig toe hy gesĂŞ het dat hy droom dat wit en swart studente hande vat. “I have a dream that black and

white students can sit around a flaming braai together. “Afrikaans as inheemse taal moet gekoester word, want die Afrikaanses is ons mense en medeAfrikane, â€? het Mfusi gesĂŞ. Janco Jordaan, SR-voorsitter, was ook een van die figure wat studente tydens die oorhandiging toegespreek het. Jordaan het dit duidelik gemaak dat studente nie besluite namens hulle sal laat neem nie. “Die pogings om ons monde te snoer sal nie langer slaag nie,â€? het Jordaan onder die toejuiging van studente gesĂŞ. Jordaan het die memorandum na afloop van sy toespraak in beide Afrikaans en Engels voorgelees.

Kampusmenings oor die #SalJyOpstaan optog Alicia van Zyl

- BCom Regte

i&L IFU BBO WBOEBH TF PQUPH EFFMHFOFFN PNEBU FL WPFM POT BT TUVEFOUF IFU OJF EJF SFH PN UF LMB BT POT OJF BLUJFG PQUSFF OJF &L JT HMBE OJF UFFO EJF &OHFMTF UBBM OJF 5SPVFOT FL TXPU JO &OHFMT NBBS EJF SFEF IPFLPN FL PQ EJF 1VL LPN TXPU IFU JT WJS EJF TUVEFOUFMFXF FO EJF "GSJLBBOTF LVMUVVS %JU JT PQ HFFO BOEFS VOJWFSTJUFJU TP MFLLFS TPPT PQ 1PUDIFGTUSPPN OJF "GSJLBBOT JT XBU POT WFSFOJH FO UVJT MBBU WPFM %JU JT XBU POT FFO NBBL o POT IBSU LMPQ WJS "GSJLBBOT FO EJF "GSJLBOFSLVMUVVS

Optog: Nog opinies

CHRISTO BESTER

t %BU EJF /86 CFTUVVS NFFS BBOEBH TLFOL BBO EJF TUFN WBO TUVEFOUF JO VJUMBUJOHT PPS EJF LBN QVT FFSEFS BT FFOTZEJHF NFEJBWFS TMBHHFXJOH t 5PFHBOH WJS BMMF TUVEFOUF UPU EJF 1PUDIFGTUSPPNLBNQVT WBO EJF /86 BT O NFFSUBMJHF LBNQVT NFU EJF CFIPVE WBO EJF LPOTUJUVTJPOFMF SFH PN "GSJLBBOT BT POEFSSJHUBBM UF I� UFSXZM &OHFMT FO 5TXBOB PQ EJF LBNQVT POUXJLLFM XPSE t %PFMUSFGGFOEF USBOTGPSNBTJF XBU EJF WPPSUCFTUBBO WBO "GSJLBBOT PQ EJF 1PUDIFGTUSPPNLBNQVT CJOOF O NFFSUBMJHF LPOUFLT TBM WFSTFLFS NFU JO BH HFOPNF WBO EJF EFNP HSBýF WBO EJF "GSJLBBOTTQSFLFOEF CFWPMLJOH WBO 4VJE "GSJLB t (FFO iHFUBM HFGPLVTEFw USBOTGPS NBTJF OJF FFSEFS O WFSBOEFSJOH JO EFOLXZTFT t %BU EJF CFTUVVS GFSNFS PQUSFF UFFOPPS EJF NFEJB SBLFOEF POCJM MJLF CFSJHHFXJOH PN TPEPFOEF EJF JOUFHSJUFJU FO HFMPPGXBBSEJHIFJE WBO TUVEFOUF TF LXBMJýLBTJFT UF CFTLFSN t %JF UPUTUBOELPNJOH WBO O GPSVN WJS HFTQSFLWPFSJOH UVTTFO EJF WJTF LBOTFMJFS FO WFSUFFOXPPSEJHFOEF TUVEFOUF WBO EJF 1PUDIFGTUSPPN LBNQVT PN XBOPQWBUUJOHT VJU EJF XFH UF SVJN

Amanda van der Walt

- Grafiese ontwerp

i&L JT MJFG WJS NZ UBBM FO LVMUVVS EJHLVOT SVHCZ FO CSBBJWMFJT 0PL POT HFTLJFEFOJT FO NZ "GSJLBBOTF GBNJMJF FO WSJFOEF .BBS TPNT LSZ FL TLBBN PNEBU POT HFBTTPTJFFS XPSE NFU "QBSUIFJE 4LBBN EBU POT BMUZE BOEFS NFOTF EJF TLVME HFF WJS EJOHF XBU HFCFVS NBBS OPPJU POTTFMG OJF 4LBBN EBU POT POTTFMG BT hIFJMJHh TJFO 4LBBN EBU POT OJF NFOTF BBOWBBS XBU BO EFST BT POT EJOL OJF 4LBBN EBU POT XFJFS PN hO LPFSBOU UF MFFT BBOHFTJFO EJU hTMFHT POT VOJWFSTJUFJU BBOWBMh 4LBBN EBU POT EJOL EJF IFMF XĂ?SFME ESBBJ PN POT &L XJM OJF IJFSNFF HFBTTPTJFFS XPSE OJF &O BT KZ WFSTLJM NFU NZ TBM KZ SFHUJH HPFJF SFEFT NPFU HFF w

i8FFOT LMBT LPO FL OJF EFFMOFFN OJF NBBS "GSJLBBOT JT TP O HSPPU EFFM WBO POT FO EJU JT O HSPPU FFS PN JO O "GSJLBBOTF VOJWFSTJUFJU UF XFFT FO EJU LBO OJF WBO POT POUOFFN XPSE OJF w - Charl Slabbert, BSc Chemie en Fisika

i&L LPO XFFOT QFSTPPOMJLF SFEFT OJF BBO EJF PQUPH EFFMOFFN OJF NBBS FL JT CMZ EJF TUVEFOUF LBO PPL O CFVSU LSZ PN IVMMF NFOJOHT UF MVH w

i8JF XJM OPV HBBO XBSN LSZ FO JO EJF TPO EBOT TPPT O BBQ w

i%JU HBBO NZ OJF FSH QMB BT EJF POEFSSJH UBBM OB &OHFMT WFSBOEFS OJF PNEBU FL JO EJF NFFTUF WBO NZ WBLLF JO &OHFMT TUVEFFS w - Thinus du Plessis, Grafiese ontwerp

- Chris Botha, BA Regte

- Carli Hugo, BA Kommunikasie


Nuus

4

1 Augustus 2014

Duister toekoms vir intervarsity EUGENIE GREGAN

D

ie jaarlikse intervarsitytradisie se toekoms is steeds duister – nóg die Universiteit van die Vrystaat (UV) nóg die Noordwes-Universiteit (NWU) kon baie lig op die saak werp nie. Volgens Lacea Loader, die UV se direkteur van kommunikasie, het hulle besluit om vanjaar se intervarsity af te stel ná Kovsies se studenteraad hul kommer oor Varsity Sports se impak op tradisionele intervarsity uitgespreek het. Die UV en die NWU kompeteer jaar-na-jaar in verskillende sportkodes in die Varsity Sports-reeks. Tiaan Meyer, die NWU-Puk se SR-sportlid stem egter nie saam met die UV se rede nie. Volgens hom kry min mense die geleentheid om aan die Varsity Cup en Varsity Sports-reekse deel te neem. “Dis nie net ’n Puk en Kovsie

ding nie. Dit gaan oor die koshuise ook,” het Meyer gesê. “Intervarsity is ’n geleentheid vir ander spelers wat nie in die Varsity-reekse meeding nie om hulself teen ander universiteite te meet.” Volgens Meyer is dit ook vreemd dat Kovsies die intervarsity afstel, maar dat die intravarsity tussen die drie UV-kampusse nou voortgaan wanneer die UV-NWU intervarsity sou plaasvind. Hoewel beide universiteite nou interne sportdae in plaas van die intervarsity hou, mor baie studente steeds oor die planne. “Die meeste studente is baie ongelukkig oor die besluit. Ons verstaan nie die rede waarom intervarsity afgestel is nie,” het Boela Venter, ’n tweedejaar Kovsie-student en inwoner van Vishuis-manskoshuis gesê. “Baie van ons kom in elk geval steeds daardie naweek Potchefstroom toe. Ons reël ons eie ver-

Die meeste studente is baie ongelukkig oor die besluit. Ons verstaan nie die rede waarom intervarsity afgestel is nie voer en verblyf. Die universiteit hoef niks te doen nie.” Kovsie-studente is ook nie opgewonde oor die intravarsity wat volgende naweek plaasvind nie. “Ons gaan nie intraver toe nie. Ons weet nie eers waar dit is nie,” het Venter gesê. Die UV-NWU intervarsity is ook in 2012 afgestel ná daar nie op ’n datum besluit is nie. Die omstredenheid wat met dié reeks gepaard gaan, kom egter van 2010 af toe die politieke party South African Students Congress (SASCO) aangedring het dat die wedstryd gekanselleer moet word.

Koorlede tydens die Parade of Nations-parade. Dit is regstreeks in verskeie Europese lande op televisie uitgesaai.

Een van die twee goue medaljes wat die koor losgeslaan het.

Volgens ’n Wapad-berig in 2012 het was SASCO se rede hiervoor dat Kovsies in 2010 beweer hulle “wil nie noodwendig met ’n kampus soos Potchefstroom geassosieer word nie, aangesien Kovsies aktief betrokke is by transformasie en dat Potchefstroom ’n agterstand het.” Loader wou egter nie kommentaar lewer op die vraag of soortgelyke redes tot vanjaar se besluit gelei het nie. Sy het wel gesê die UV se SR beoog om sy voorstelle vir ’n nuwe formaat van intervarsity van stapel te stuur en te toets tydens volgende naweek se intravarsityreeks. Volgens Meyer weet die NWU nie hoe intervarsity se toekoms lyk nie. “Proff. Dan Kgwadi en Jonathan Jansen sal daaroor moet praat. Ons kan niks van ons kant af doen nie,” het hy gesê. “Dis sleg, want intervarsity is ’n hoogtepunt vir elke student.”

Dít is wat in plaas van interver gaan gebeur Hoewel vanjaar se intervarsity tussen die NWU-Puk en Kovsies afgestel is, sal daar steeds geen klasse op 8 Augustus wees nie. PUKsport en SR-Sport het op versoek van die kampusrektor, prof. Herman van Schalkwyk, ’n sportdag gereël. Die dag se program sluit somerliganetbal, hokkie en sokker in. Die Puk1krieketspan en die Lions ding ook teen mekaar mee en Vrydagaand sal die koshuisrugbywedstryde wat vandeesweek vir sêr uitgestel is, voortgaan. “Dit gaan eintlik nou net ’n groot sportdag wees,” het Meyer gesê. “Die Joolplaas sal wel oop wees waar musiek gespeel gaan word.” Elke koshuis kan ook alleen of in sleepverband hul eie kroeg op die Joolplaas oopmaak en alle wins kan vir hulself gehou word. "In plaas daarvan om in die klubhuis te gaan kuier kan studente dan liewers Joolplaas toe kom."

Die koorlede is sowat die helfte minder as verlede jaar.

Die koor tydens hul eerste kompetisie-optrede in die Musica Sacra-afdeling.

FOTO'S: Verskaf

Wêreld staan terug vir Puk-Goues MARITA HERSELMAN Die NWU-Pukkoor is met twee goue medaljes om die nek terug in Potch ná hulle aan die agtste Wêreldkoorspele in Riga, Letland, deelgeneem het. Dié koor het saam met 400 ander kore die wêreld se grootste koorkompetisie aangedurf. Hulle was ook deel van 27 000 sangers wat op Riga toegesak het. Die koor, onder leiding van Kobus Venter, het aan twee afdelings by dié kompetisie deelgeneem, naamlik Musica Sacra a cappella (sacred music) en

Musica Contemporanea (comtemporary music), beide in the kampioens-liga. Hulle het vir elke afdeling ’n goue medalje ontvang. Die koor het 86, 63% (12de plek) vir die Musica Sacra-afdeling gekry en 81,13% (13de plek) vir die Musica Contemporanea-afdeling. In die Musica Sacra-afdeling het die koor meegeding teen 36 kore en in die Musica Contemporaneaafdeling het hulle teen 21 kore gekompeteer. Volgens Venter was dit “ ’n onbeskryflike gevoel van vreugde”. Die koorlede het in die begin van Julie op ’n oorsese reis vertrek na Nederland, België, Rusland, Duits-

land, Estland en Letland. Die reisigers het 44 koorlede (een lid moes weens paspoortprobleme agterbly), Venter en sy metgesel, Peet Ryke, bestuurder van PUK-Kunste, prof. Rikus Fick, studentedekaan en die toerouers en hul doger ingesluit. Die toer het tot 21 Julie geduur. Resensies wat in Nederland en Duitsland se plaaslike koerante verskyn het, het gelui “Beste koor in die wêreld” asook “Skouspelagtige optrede met enorme musikale teenwoordigheid.” Volgens Armand Cronjé, ’n koorlid, is die NWU-Pukkoor soos een groot familie.

“Die sterk band tussen die koorlede verhoog definitief die kwaliteit van ons klank,” het Cronjé gesê. Cronjé het oor die prysuitdelingsfunksie uitgebrei dat “ons senuwees gaar was toe ons gehoor het hoe ander kore van regoor die wêreld se name gelees word, terwyl dit voel asof ons naam net nie kom nie. “Toe The North West University choir from South Africa tussen honderde ander kore uitgelees is, was dit só ’n verligting.” Volgens Venter het hy vir die beste gehoop, maar nie geweet wat om tydens die kompetisie te

verwag nie. “Die koor gaan definitief van krag tot krag,” het Venter gesê en ’n helder toekoms vir dié koor voorspel. Dit was die koor se eerste keer op ’n oorsese toer onder leiding van Venter gegaan het en aan 'n kompetisie deelgeneem het. Suid-Afrika het in totaal 20 goue medaljes huis toe gebring en een silwer medalje. Die volgende Wêreldkoorspele vind eers weer oor twee jaar plaas. Intussen is die NWUPukkoor besig met vars projekte, waarvan “Requim for the living” by Aardklop te sien gaan wees.


1 Augustus 2014

Advertensie

5


Nuus

6

Simon Stargazer

1 Augustus 2014

Jou week in die sterre

Wapad het onlangs ’n sterrekundige in die buitewyke van die Suid-dorp geraadpleeg om vas te stel hoe die eerste week van Augustus vir studente gaan lyk. Hierin volg waardevolle raad vir die derde week van die semester. Waterdraer ( 20 Januarie - 18 Februarie)

Visse (19 Februarie - 21 Maart)

Ram (21 Maart - 19 April) Hierdie is jou week vir liefde. Die sterre lê en wag angstig vir jou om die move te maak. So daag by die nooi van jou drome se deur op met ’n bos blomme en ’n lewensgroot teddiebeer. Inteendeel, die sterre reken ook dat jy ’n beter kans staan as jy jou crush konstant rond volg. Indien hulle dink jy is ’n stalker, sus hulle en sê, “Die sterre het gesê ons moet saam wees.” Die sterre reken dit sal werk maar neem geen verantwoordelikheid vir enige moontlike pe-persproei wonde nie.

Die maandeinde se in-flux van fondse word waardeer. Wees egter bewus van jou Bourbons besoeke, baie brandewyn lei tot ’n bedroewe bankbalans. Sny terug op die alkohol en jy sal sien dat jy meer sal onthou in die klasse en gemakliker opstaan om die beste student te wees.

Die SS is jou vyand. Al lyk daardie pie’s en panini’s hoe lekker moet jy dink aan jou figuur. Sou jy sterk staan en gemorskos vermy kan jy dalk ’n broek size drop of daardie muffin top laat vaar. Maar die sterre verstaan die temptasie.

Bul (19 April – 20 Mei)

Tweeling (21 Mei 21 - 20 Junie)

Kanker (21 Junie – 22 Julie)

Die sterre voorspel buitensporige hartseer hierdie week vir die Bulle. Daar is nog ellende na die week se sêr teleurstellings. Troos jouself, gaan eet ’n SS pie, dis eers weer volgende jaar se bekommernis of jy in jou sêr outfit gaan pas al dan nie.

Sjoe, jou lewensomstandighede gaan hierdie week in die visier kom. Skenk aandag hieraan. Verhoudings met koshuiskamermaats kan bietjie skeef loop nadat jy hulle weird neigings agterkom. Indien jy dink jou kamermaat is nie weird nie, lê die probleem dalk by jou. Introspeksie is nodig.

Breek vry van die kloue van die banale alledaagse lewe. Gaan soek avontuur onder elke klip en draai. Jou lewe word heeltemal te boring, so los maar die rekenaar en gaan geniet die natuurskoon. Die wysheid sal jou daar oorval.

Leeu (23 Julie- 22 Augustus) Die sterre beveel verandering aan. Ekstravagant is die nuwe in ding. So skeer daardie hare af of kleur dit pers. Moet net nie Miley trek en alles afskeer nie. Bly dus ook weg van groot beton sloopballe.

Maagd (23 Augustus - 22 September)

Weegskaal (23 September - 22 Oktober)

Die sterre reken hierdie is jou week vir akademie. Sit skouer aan die wiel en jy mag dalk al daardie simpel klein take vinnig afhandel. Die sterre lê reg sodat jy jou loopbaansdrome kan bereik. Los daardie vyfde agtereenvolgende episode van Grey’s Anatomy en maak ’n boek oop. Dalk maak jy mamma en pappa trots en kry sommer ’n beurs. Dit is immers hoekom jy hier is.

’n Leierskapsposisie gaan binnekort aan jou deur kom klop. Verwelkom dit met ope arms, al is dit maar net die leier van jou akademiese groep. Dalk sorg dit dat jy eendag op ’n reëndag nie te sleg sal doen in ’n SR verkiesing nie. Moet egter nie vorige voorbeelde volg nie en benader alle situasies met ’n oop kop.

Skerpioen (23 Oktober – 21 November)

Steenbok (22 Desember - 19 Januarie)

Boogskutter (22 November - 21 Des.)

Hierdie gaan ’n tawwe week wees vir jou. Staan sterk, want vriendskappe gaan jou seermaak en jou gesondheid is in gedrang. Niks ernstigs nie, tensy jy pitswere as erenstig beskou. So gryp ’n koekie seep en skrop met mening jou oral en sien hoe jou aansien onder jou vriende en klasmaats wat naby jou sit verbeter.

Die sterre sien jy hou baie van diere. So neem aksie en maak daardie kampuskat jou eie. Hy mag dalk jou hand vermink maar hy sal, na ’n paar weke se getem, dalk jou aanvaar as voog - of net weg loop. Die sterre is nie so seker nie.

Bel jou ouers hierdie week. Mammie verlang vreeslik na haar klein Jannie en Sannie op Potchefstroom. Gee hulle ’n lui en dalk stuur hulle vir jou ’n geldjie. Hulle sal dink dit is vir kos maar die sterre weet jy hardloop reguit Bourbons toe.

2de Geleenthede: Is herre vir sterre? BENETTE RAUTENBACH “Baie geluk aan almal wat deurgedring het na die tweede ronde,” dít ítt is die woorde waarmee die manne van De Wilgers op hul Facebook-blad gegroet is voor die vakansie en/of terug verwelkom is vir die tweede eksamengeleentheid. Tweede geleentheid of herre soos dit die spreektaal op kampus is, is glad nie ’n onbekende term nie. Hierdie tweede geleentheid het al vir baie trane, asook blydskap gesorg. Wat is die eintlike rede vir hierdie tweede geleentheid en hoe word daarvan gebruik gemaak op die Potchefstroomkampus? Susan Vorster, bestuurder van die eksamenafdeling op die Potchefstroomkampus, sê dat daar nie meer iets soos ’n her op die kampus is nie. “Dit staan bekend as ’n tweede geleentheid en is daar vir enige student om die module weer ’n keer te kan gaan skryf, hetsy watter rede okal.” Vorster lig ’n paar redes uit waarom studente van die tweede geleentheid gebruik maak. “Eerstens natuurlik vir studente wat nie die eerste geleentheid geslaag het nie. Dan ook as die student

nie die eerste geleentheid kon skryf nie weens persoonlike redes. “Baie studente maak ook gebruik van die tweede geleentheid om hul modules vir die eerste geleentheid beter te versprei en gaan skryf dan die module(s) nie die eerste geleentheid nie, maar net in die tweede geleentheid. Die ander rede waarvoor dit dikwels gebruik word, is vir studente wat hul punte wil verbeter vir byvoorbeeld honneurskering,” sê ê Vorster. “Daar moet altyd onthou word dat die tweede geleentheid se punte die finale punt is, ongeag of dit beter of slegter is as die eerste geleentheid,” las Ansie Roodt, die afdelingshoof van die eksamenafdeling op die Potchefstroomkampus, by. Roodt sê dat dit baie moeilik, amper onmoontlik is om te sê watter module die meeste in die tweede geleentheid geskryf word. “Daar is so baie faktore wat jaar na jaar ’n invloed daarop het. Soms gebeur dit dat ’n derde van ’n groep ’n module weer moet gaan skryf en ander jare gaan dit weer beter,” sê Roodt. Beide Vorster en Roodt is ten gunste van die tweede geleentheid. “Ek dink verseker die tweede geleentheid, sonder voorwaaardes, is ’n goeie ding. Daar

kan moontlik akademici wees wat sal verskil deur te sê dat studente moet kwalifiseer om wel van die tweede geleentheid gebruik te maak, maar uit ’n ondersteuningsoogpunt is dit goed. “Byvoorbeeld, as ’n student in die verkeer vassit tussen Johannesburg en Potchefstroom tydens die eerste geleentheid, kan hul altyd van die tweede geleentheid gebruik maak sonder enige probleme,” sê Roodt. “Wat ook gereeld gebeur, is studente sit alles tydens die semester in vir die klastoetse, opdragte en assesseringstoetse en kry ’n baie goeie deelnamepunt van byvoorbeeld 72%, maar dan skryf hulle nie subminimum (40%) uit in die eksamen nie. Studente onderskat die eksamen en eksamensituasie dikwels,” sê Vorster. Verder is daar studente wat beurse het waarin daar aan sekere vereistes voldoen moet word en dis dan vir hul ook ’n geleentheid om hul punte te verbeter. Dit bied ook aan studente wat akademies sukkel ’n tweede kans om hul punte te verbeter,” sê Vorster.


1 Augustus 2014

Advertensie

7


Nuus

8|

1 Augustus 2014

SR-Kunste hou nie so baie van Wapad nie

SR vernietig wéér mediaverhoudings HANNES KRUGER

S

R-Kunste vereis “positiewe publisiteit”, om te doen wat hulle vra, asook om sekere riglyne te volg voordat hulle saam met die media sal werk om oor die kunste op kampus te berig. “Dit werk soos ’n besigheidsonderhandeling. Hoekom moet ek iets vir jou doen as ek nie iets daaruit kry nie,” het Anneke Ueckermann, SR-lid vir kunste, gesê. Dit volg ná die SR-kunsteraad dit vir Wapad moeilik gemaak het om oor Enkelsêr vanjaar berig te doen deur nie media-akkreditasie aan Wapad toe te staan nie, hoewel hulle aangedui het dat hulle Wapad nie verhoed om Enkelsêr te gaan kyk nie. Ueckermann het aangedui dat sy ongelukkig is met hoe Wapad die afgelope jaar oor die kunste berig het. Jimmy Pressly, woordvoerder van die SR, het gesê hy voel dat “daar nie positief berig word nie”. “Dis nie dat ons positief wil beskryf word nie. Dit word net altyd met ’n negatiewe aanslag gedoen. Ons vereis net balans,” was Pressly se presiese woorde aan Wapad. Ueckermann het verder aangedui dat sy nie van die anonieme kunste-skinderrubriek, Uit die eerste ry, hou nie. “Dit moet darem ’n kundige wees wat die rubriek skryf en nie net ’n toeskouer nie.”

Ons het ons kant gebring. Ons gee vir julle riglyne wat julle nie nakom nie. Byvoorbeeld dat julle eers met my moet praat indien julle kommentaar van ’n SR-lid wil hê en nie direk met die betrokke SR-lid praat nie Dit is egter nie bekend wie die rubriek skryf nie. Sy het ook deur die loop van die onderhoud , in haar SR hoedanigheid, gereeld sarkasties gelag het. Sy en Pressly kon egter nie sê wat hulle gepla het oor die beriggewing oor die kunste waaraan Wapad bladsye afgestaan het nie. Hulle kon net aandui dat hulle nie gehou het van die skinderrubriek waarin ’n anonieme skrywer se opinie weerspieël word nie. So van die os op die jas het Pressly bygevoeg dat dit eintlik oor die verhouding tussen die SR

Kortliks

en Wapad gaan. “Ons het ons kant gebring. Ons gee vir julle riglyne wat julle nie nakom nie. Byvoorbeeld dat julle eers met my moet praat indien julle kommentaar van ’n SR-lid wil hê en nie direk met die betrokke SR-lid praat nie. Pukfm voldoen ten minste aan ons vereistes,” het Pressly gesê. Dít is glo waarom daar mediaakkreditasie aan Pukfm toegestaan is. Wapad se sportredaksie het ook ’n anononieme skinderrubriek, die Rooi Rissie, wat hewige kritiek oor sportgebeure lewer maar tog het Wapad nog nie só ’n ervaring met SR-sport gehad nie. “SR-sport maak dit nie vir ons moeilik om oor sportgeleenthede berig te doen nie. Hulle verstaan hoe die media werk en bou verhoudings. Hulle kan positiewe en negatiewe publisiteit hanteer,” het Wynona Louw, sportredakteur, gesê. Ueckermann en Pressly het dit duidelik gemaak dat niemand enigeen verhoed om na die Enkelsêr optredes te gaan kyk nie. “Om mediakaartjies te kry is ’n voorreg en nie ’n reg nie.” Aangesien die Enkelsêr kaartjies binne enkele minute uitverkoop het, kon Wapad nie kaartjies vir die geleentheid bekom nie. Prof. Rikus Fick, studentedekaan, het ten einde gereël dat Wapad ’n kaartjie vir die galaaand kry.

Anneke Ueckermann, SR:Kunste, wat sarkasties gelag het tydens die onderhoud met Wapad.

Jimmy Pressly, SR-MEK en BEKpersoneellid, aan wie se riglyne Wapad glo nie voldoen het nie.

Só argumenteer hulle Ons vereis nie regtig positiewe publisiteit nie, maar julle aanslag was sover negatief die afgelope jaar. Wapad het nie aan die riglyne voldoen wat die SR aan hulle deurgegee het nie. Soos byvoorbeeld dat Wapad nie eers na Jimmy toe gaan as hulle SR-lid wil nader vir kommentaar nie. Dis ’n voorreg om mediakaartjies te kry en nie ’n reg nie. Niemand verhoed Wapad om oor sêr berig te doen nie. Ons het ons media-verspreiding anders vanjaar gedoen. Dit werk so in die praktyk ook. Dit gaan eintlik oor die verhouding tussen Wapad en die SR. “Ons het ons kant gebring en julle (Wapad) het nie."

Wêreldnuus

SAAMGESTEL DEUR CHRISTO BESTER

Gaza

Bommevuur oor Gasa-skool Minstens 15 mense is dood en sowat 200 is beseer toe ’n bom ’n skool in Gasa getref het. Dié slagoffers het skuiling by die skool gesoek om die Midde Oosterse oorlogvoering te ontsnap. Die Verenigde Nasies het die skool gefinansier. Honderde Palestyne wat by die skool geskuil het, is getref. Dit is die vierde keer wat Israel 'n skool wat deur die VN skool gefinansier is, aanval. Volgens regeringsamptenare is 750 Palestyne en 33 Israeliete binne 16 dae dood. Ban Ki-moon, hoof van die VN, was na bewering verstom oor die aanval op die skool in die Noordelike gebied van Gasa. “Die aanval beklemtoon die noodsaaklikheid dat die moorde moet stop, en dit moet nou stop,” het Ban Ki-moon gesê.

Indie

Dokters verwyder honderde mensetande

Amerika

Onwettige groot boude in Amerika Al hoe meer Amerikaanse vroue ondergaan plastiese chirurgie om hulle boude te vergroot – teen die goedkoopste prys. “Ek het dit nie nodig gehad nie, ek was perfek daarsonder, maar het gedink met groter boude sal ek meer geld maak,” het Natalie Johnson, ’n eksotiese danser, gesê. Die pyn is so erg dat sy nie vir lank kan sit nie. Johnson se negejarige dogtertjie help haar met basiese take. Een van Johnson se “kliënte”, ’n beweerde dokter, het die chirurgie teen 'n fraksie van die wettige prys uitgevoer.

Burkina Faso

Nog 'n vliegtuig val 'n Algeriese vliegtuig met 116 passasiers het na bewering op 24 Julie van die radar verdwyn terwyl hulle oor die noorde van Mali, Wes-Afrika, gevlieg het. Die lugvaartdienste het 50 minute nadat die vliegtuig gestyg het die spoor van verloor, beweer verskeie bronne in Frankryk. Meer as 50 Franse-burgers, 27 Burkina Faso-burgers en talle inwoners van ander lande was in die vliegtuig. Volgens die Malinese president, Ibrahim Boubacar Keita, is die vliegtuigwrak in die noorde van die woestyn gevind.

’n Indiese tienerseun het basies net met sy tandvleis ontsnap toe 232 van sy tande getrek is. Ashik Gavai (17) het vir 18 maande weens pyn in sy regterkakebeen gely toe voor hy na die Sir. J.J. Hospitaal in Moembai verwys is, het dr. Sunanda Dhiware, hoof van dié hospitaal se tandheelkundige departement, gesê. Volgens Dhiware het dié operasie sewe uur geneem. Gavai moes na bewering uiteindelik van die plaaslike dorpie Buldhana na die stad reis omdat die plaaslike dokters vir maande lank nie kon vasstel wat die probleem is. Dié ongewone geval is glo 'n nuwe wêreldrekord.


1 Augustus 2014

K&V

9

11

NWUgalery nog bedrywig

11

PHFat sorg dat Potch bons

12

Oppikoppi 20 jaar feesviering

13

Oppikoppi Mode trek so aan na die fees

15 Oppikoppi program MonArk stel nuwe CD bekend

Potch se nuutste uitvoerproduk MIZAN VAN DER MERWE Potchefstroom se nuutste uitvoer produk, MonArk, is besig om groot opslae te maak met die bekendstelling van hulle eerste album, Negatives. As gevolg van hulle Engelse liedjies en hulle spesifieke internasionale klank is daar volgens hul baskitaarspeler, Deon de Klerk, heelwat mense wat nie bewus is van die feit dat hulle wel Afrikaans is en van Potchefstroom afkomstig is nie. Smiling, hulle eerste enkelsnit, het reeds vroeg verlede jaar die lig gesien en hulle werk al vir meer as ’n jaar aan die album. Smiling bly egter hulle gunsteling liedjie

waaraan hulle tot dusver gewerk het, omdat dit is waar alles begin het. Volgens die lede van MonArk is dit vir hulle ’n vreemde gevoel om een van hulle liedjies op die radio te hoor speel “Dit voel steeds surreal en dis vreemd om te dink mense freak uit as een van ons liedjies speel,” het De Klerk laggend gesê en bygevoeg dat die ondersteuning wat hulle van die radiostasies kry regtig ongelooflik is. “Hulle maak ’n reuse verskil en ons sou nie so vinnig wees waar ons nou is as dit nie vir hulle was nie,” het hy verduidelik. Die lede van MonArk is al vir

MonArk se album is bekendgestel op Donderdag, 31 Julie by Arcade Empire in Potchefstroom. omtrent agt jaar lank vriende en volgens hulle het hulle baie gedebatteer oor die presiese klank wat hulle wil hê. Volgens De Klerk was dit ’n uitdaging om almal se idees te inkorporeer, maar dit sorg dat hulle ’n wye verskeidenheid het. “Die verskillende persoon-

likhede en smaak dra beslis bly tot die klank wat ons het,” het hy verduidelik. Volgens hom het hulle van die begin af geweet dat hulle musiek wil maak wat toeganklik is vir soveel as moontlik mense. Dit is vir hulle wel ook moeilik om die genre waarin hul musiek val te beskryf. Die genre het glo as “cinematic pop” begin, omdat hulle ’n klank wil hê wat “epic” is; musiek wat ’n storie vertel met karakters waarmee mense kan identifiseer. “ ’n Groot deel van ons musiek is om hoop te bring, ons sing oor alledaagse goed en die optimisme kom deur in die musiek,” het

Deon gesê en bygevoeg dat hulle hoop die musiek inspireer mense en dat hulle daarmee sal kan vereenselwig. MonArk se pas vrygestelde album word baie goed ontvang deur die publiek. Negatives het, nadat dit op iTunes gelaai is, die nommer een posisie op die top 100 in Suid-Afrika ingeneem. “Ons is heavy verbaas, ons het nie gedink dit gaan só goed gaan nie!” was De Klerk se reaksie. Donderdag, 31 Julie het MonArk hul album bekend gestel by Arcade Empire Potchefstroom. Moses Metro Man en Frankie Fire het ook by die geleentheid opgetree.

Niks negatief aan dié album

Die lede van MonArk het in Julie 2014 hulle eerste album, Negatives, bekendgestel.

FOTO: Waldo Pretorius

Die oomblik toe die eerste note van die album deur my oorfone begin stroom kon ek nie anders as om saam te begin dans nie... Die upbeat klanke van MonArk se splinternuwe album het my dadelik opgebeur. As jy oor die algemeen meer van diep en donker musiek hou, gaan dié ongelukkig nie jou koppie tee wees nie. Die titel Negatives verwys volgens die band na die negatiewe van ’n foto en hulle sien ook dié album as die bloudruk van die rigting waarin hulle beweeg. MonArk se invloed het volgens die band oor tyd ontwikkel en daar kan volgens hulle ’n definitiewe verskil in van die liedjies op die album gehoor word. Dit word toegeskryf aan ’n kombinasie van faktore, maar grootliks oor hulle gegroei het deur die proses en die maak van die album. Soos wat jy na die album luister sal jy wel duidelik agterkom dat die liedjies se pas verander. Die ‘rustiger’ liedjies behou eg-

ter steeds die gevoel van opgewondenheid wat in MonArk se musiek vasgevang word en hul unieke klank word deurlopend gehandhaaf. As jy vir ’n tweede keer na die album luister met die lirieke voor jou, kom daar ook ’n dieper betekenis aan die musiek. Daar lê iets in die woorde waarby die meeste van ons sekerlik aanklank sal kan vind. Dit wys ook dat daar ’n dieper vlak betrokke is en dat die musiek nie nét lekker is om na te luister nie.

Uit die eerste ry - ontstellende sêr-week en hope drama

’N ANONIEME KUNSTESKINDERRUBRIEK

Mense is oor die algemeen vreeslik mal daaroor om te skinder, maar hulle is gewoonlik nie so gretig om dit oop en bloot te erken nie… Net so is mense ook buitengewoon mal daaroor om te kerm en te kla, maar sal nie noodwendig dit direk doen nie… Die van ons wat hier voor sit en heeltyd luister en loer het blykbaar lelik gemaak of mense se gevoelens seergemaak (of so hoor ons) deur boodskappe wat so aangepass word asof ons soos kinders telefoontjietelefoontjie speel. Die kunste lewer al heeljaar, soos oudergewoonte, baie drama op. Ons wat hier in die eerste ry sit, waar daar die minste beenspasie is, voel dis nie eintlik ’n slegte ding

nie, want hoe vervelig sou die kunste wees as daar NIE drama was wat gereeld vir soveel opwinding sorg nie? Sonder drama van die kunste se kant af sou dit net die sportmense en die Wimpy-vegters wees wat moeilikheid maak en sorg vir allerlei interessanthede. Die week het die grootste kunsteweek van die jaar aangebreek en almal sien al vir té lank daarna uit. Ons het vreeslik baie uitgesien om te gaan loer wat aangaan ná almal al vir maande lank so hard oefen. Om nou nie soos dr. Sheldon Cooper te klink nie, maar toe ons daar kom toe sit iemand in ons plek. Ons hoor wel dat hierdie beslis die jaar van nuwe dinge is en dat

die uitslae van Sêr 2014 die hele kampus aan die gons het... Nie rêrig nie, want dis gewoonlik net ’n handjievol mense wat werklik vir meer as een dag omgee oor die klas van goed. Nietemin, ons sien diegene wat al vir jare so lekker gemaklik sit en piekniek hou daar in die top5 moes toe vanjaar so tussendeur die tranedal hul goedjies oppak en skuif. Ons wil persoonlik vir Minjonet geluk sê vir die comeback wat hulle gemaak het, julle het behoorlik die mense aan die praat gehad. Ons het aan die begin van die jaar bespiegel oor of Ratau sy kultuurstatus sal kan volhou en

ons is aangenaam verras om te sien dat hulle vinnig besig is om ’n houvas op kampuskunste te kry. Ons sal nou maar net soos die res sit en wag om te sien wat gebeur ná die finale aand se optredes, want al is ons blykbaar nie kenners nie, weet ons almal wel jy is net so goed soos jou laaste performance. Kampus-kunste gaan nou effens stiller raak. Daar is een of twee gebeurtenisse waarna julle kan uitsien, soos die produksie Breaking up is hard to do, wat deur PUK-Kunste aangebied word en dan natuurlik die allerprettige bingle-sêr. Ons sien uit!


10

Advertensie 1 Augustus 2014


1 Auguatus 2014

K&V

31 JUL - 14 AUG DONDERDAG 31 Julie - 20:00

Monark en Moses Metro Man en Frankie Fire - R30 Arcade Empire Potchefstroom DONDERDAG 31 Julie - 20:00

Winterfest - All white DJ-party with DJ Pascal and Pearce - R20 Impala VRYDAG 1 AUGUSTUS - 20:00

Go Bananas In Your Pajamas Die Mystic Boer Potchefstroom VRYDAG 1 AUGUSTUS - 20:00

Snowing Down South, Blazin Gooch en Scarlotte Hill – R20 Arcade Empire Potchefstroom

NWU-galery bly steeds bedrywig Die NWU-galery bederf die kunsliefhebbers steeds met kunsuitstallings ten spyte van die kort jaar wat voorlê en daar is heelwat om na uit te sien. Gallery MOMO se ‘superster’ kunstenaar en wenner van die Standard Bank Young Artist of the Year 2013-kompetisie, Mary Sibande, se uitstalling ‘The Purple Shall Govern’ is nog tot 6 Augustus in die hoofgalery te sien. Verder maak bekende kurator en kunstenaar Gordon Froud se groepuitstalling, ‘Cathedra’, op 14

The Life Market Snowflake SATERDAG 2 AUGUSTUS - 18:00

Quiznight Die Mystic Boer Potchefstroom SATERDAG 2 AUGUSTUS TOT VRYDAG 8 AUGUSTUS

New Music Week NWU Konservatorium MAANDAG 4 AUGUSTUS

Ladies night with Justin Serrac Theme: Look as Good as Always Arcade Empire Potchefstroom DONDERDAG 7 AUGUSTUS - 20:00

Jack Rolling Dandy's, The Last Supper en Birth Of Joy Arcade Empire Potchefstroom

Augustus in die hoofgalery oop. Dié uitstalling bring sowat 50 tot 60 verskillende kunstenaars se werke saam wat almal die konsep van ’n stoel benut. Die Botaniese Tuingalery maak ook die 14de sy deure oop ná die yskoue winter. Die kunstenaar Yannis Generalis bring ’n splinternuwe uitstalling, ‘A Parous Pilgrimage’. Met die uitstalling definieer sy die menslike kondisie in terme van ons hunkering om te vlieg en migreer.

OPENINGSGELEENTHEDE VIR DIE RES VAN 2014: t 14 Aug, 17:00, ‘A Parous Pilgrimage’ deur Yannis Generalis in die Botaniese Tuingalery. t 14 Aug, 19:00, ‘Cathedra’ deur Gordon Froud in die hoofgalery. t 16 Okt, 17:30, ‘Forgotten Histories’ deur Cobus van Bosch in die Botaniese Tuingalery. t 16 Okt, 19:00, Barbara Wildenboer se solo-uitstalling in die hoofgalery.

SATERDAG 2 AUGUSTUS - 9:00

PHFat het Vrydag 25 Julie by Die Mystic Boer Potchefstroom opgetree en dit het werklik vir groot opgewondenheid gesorg. Dit is veilig om te sê hy het die semester goed saam met die bonsende studente afgeskop. FOTO: Tshepiso Lekaota

11

Een van die treffende stukke in Sibande se uitstalling. FOTO: Kevin du Plessis


Oppikoppi 1 Augustus 2014

12

Oppikoppi Odyssey 20 Jaar feesvieringe

FOTO: Abel Scholtz

Oorlewingsgids: wat het jy nodig?

An ode to Oppikoppi

SIMON SONNEKUS 10 Dinge vir hierdie uitgawe gaan alles oor die stryd vir oorlewing by die wilde musiekfees, Oppikoppi. Met ’n bietjie hulp van Wapad gaan feesgangers meer uitgerus as Bear Grylls, die naweek lag-lag oorleef. Nommer een is Wet Wipes. Ja daardie lappies wat jy gebruik om babas se boude af te vee, kan die verskil wees tussen lewe en ’n ellendige dood aan gangreen. Jy gaan ook baie nodig hê om die groot stowwerige snotklonte en suurplekkies skoon te hou. Hulle sê daar is storte by Oppi, maar ek het hulle nog nooit gesien nie. Die squeegee-bottel. Dié nederige plastiek houertjie hou die hele naweek lank jou nektar. Maak net so elke nou en dan die bottel se mondstuk met ’n wet wipe skoon anders gaan jy lekker bruinbek hê. Mense hou nie van bruinbek nie... ’n Tent. Jy kan dit gebruik vir skuiling teen die stof, ruil vir nog drank, dra as ’n warm ding of vir private geleenthede. Punt is jy het ’n tent nodig vir iets... ’n Flits. Dit is baie nodig om jou weg na jou tent te vind na die aand se partytjie, want jy wil nie iemand anders se tent misgis as jou eie nie, gewoonlik wil jy nie sien wat gebeur in toe tente nie. Dit is ook baie sleg as ’n onbekende kaal man langs jou inkruip. Dan stink sy asem nog na rum. Gross. ’n Instrument (verkieslik ’n Bongotrom). Musiekgroepe in die kampterrein is welkom om in die vroeë oggendure hulle nuut ontdekte musiektalent uit te oefen. Niks laat ’n babelas beter voel soos die klank van ’n Bongotrom om 05:00 nie. Jou ma se beste rusbank. Daardie bank wat jou ma in die sitkamer uitsluitlik uithou vir die dominee se huisbesoeksal jou voete bewaar. Knip net daardie aaklige lappieskombers af en pimp jou Oppicouch behoorlik. ’n Vriend wat jou nooit sal verlaat. Jy weet daardie skubaduikers het buddies. Reg, joune moet

FOTO: Derius Erasmus

Oppikoppi 2014 will probably be one of the best experiences you will ever have. PHOTOS: Henry Engelbrecht en Darius Erasmus

SIMON SONNEKUS

presies só wees. Verkieslik iemand met meer geld as jy, indien jy dalk die naweek liggies wil sponge. Blackmore’s Night het gesing: “We’ll drink together and if we drink we’ll drink together, not alone.” Hou dit só. Funksionele kopdrag en ’n sonbril. Oppikoppi is geleë in Limpopo. Limpopo is in die sewende sirkel van hel. As jy nie ’n hoed gaan dra nie, gaan jou gesig Barbiepienk wees vir die res van daardie week. ’n Goeie houding. Jy sal slegs een keer in jou lewe kan sê jy is weg vir ’n naweek saam met 20 000 van jou vriende. Niemand hou van suurdruiwe nie. So geniet jou gemene feesgangers en pragtige beeld van musiek in die bos. Wapad se Oppikoppi survival guide. Hier is ’n gilde van Oppikoppi feesgangers wat geswoeg en gesweet het om seker te maak dat jy weer kan terugkeer na jou akademiese lewe hier op kampus. Sien jou onder die kameel doringbome en onthou jou Gig Guide op die Oppi-page.

It remains a timeless quote, Jesse Hughes from Eagles of Death Metal could not have put it better, “ So many people willing to suck in dust for Rock ’n Roll is such a beautiful thing”. The winds have changed and by now you should be feeling the rumble, the drumming together of the thousands of fans for the annual pilgrimage to the Rock City, the hallowed grounds of the Oppikoppi farm near Northam. Considering that this year is the 20th installment of the festival it is fitting to provide an ode to the wonderful mammoth that is the dust, the kameeldoring trees and the Rock ’n Roll that is Oppikoppi. So to the beat that is Oppikoppi we pay homage in a

form of a poem in the way Homer paid respects to Odysseus after the Trojan War. Thank you for 20 years and that which you have taught us. To Oppikoppi, you SWEET\THING, you’ve shown us the ways of the Dassie and Bewilderbeast, we’ve met Unknown Brothers and it was you who taught us that Crooked teeth are after all very Sexy. You’ve been a true Wild Card and we’ve learnt from your tender age of 10 that blood is thicker than Soda water. So you’ve come of age and at the ripe age of 20 we are still as Smoorverlief as we were all those years ago. So thank you for the memories and may there be forever more. We cannot wait for the red embrace that awaits us in a weeks time.


1 Augustus 2014

Oppikoppi

13

Dans dat die stof so staan Dit is amper tyd vir Oppikoppi en alhoewel dit ontsettend stowwerig daar is en die mense nie noodwendig baie skoon gaan wees nie, beteken dit nie jy kan nie uitstaan bo die crowd nie. Die modeneigings is egter nie beperk tot dié gewilde fees nie en kan by verskeie van die ander feeste reg oor die land benut word. Net ’n vinnige wenk, los dalk eerder enige uitrustings waaroor jy heilig is by die huis, jy mag dalk sonder dit terugkeer. Hier is ’n paar sleutel items wat jy kan oorweeg om in te pak.

WAPAD MODE SAAMGESTEL DEUR MIZAN VAN DER MERWE EN LLEWELLYN STEENKAMP FOTOGRAAF: LUZANNE KEYTER MODELLE: ZANDRE SMITH, DERWENT STOPFORTH, KRISTIAAN PRETORIUS, LEANLÉ NELL, MARIANA SLABBERT EN MARIËTTE SORGDRAGER. BESOEK WAPAD SE SPLINTERNUWE PINTEREST-BLAD VIR NOG IDEES ASOOK WENKE VIR DIY-PROJEKTE.

Die weer gaan gewoonlik van uitmergelend warm in die dag na effense kouer temperature in die nag en daarom is dit ideaal as jy klere het wat jy laag op laag kan dra en kan uit- en aantrek soos nodig. Trek jou baadjie, trui of langmou top uit en bind dit om jou skouers of jou middel. Jy kan ook jou broek se pype omrol as die temperatuur begin styg.

Denim is ’n veelsydige materiaal omdat dit by omtrent enige iets pas. Jy kan selfs speel met opsies soos ’n knoop-hemp, ’n onderbaadjie of detail in ’n baadjie. Grafiese patrone wat op hemde en broeke gedruk is, kan as fokus item gebruik word, terwyl die res van jou uitrusting eenvoudig gehou word. Gewilde patrone sluit blommotiewe, boheemse motiewe en T-hemde met slagspreuke en gedrukte woorde in.

Ander bykomstighede wat jy nie moet vergeet nie is jou sonbril, 'n hoed, asook ’n buff of ’n bandana, vir wanneer die stof te erg word of om jou vuil hare mee weg te Die beste skoene om die stof en grond op die terrein aan te durf is toe skoene soos sneakers of stewels. Bruin en swart is die beter keuse omdat dit makliker skoonmaak en nie sal vlek deur die grond nie. Los eerder die wit skoene by die huis.

’n Parka bied goeie beskerming teen die koue en sal nie so erg deur die stof beskadig word nie. Jy kan selfs een met ’n kappie of met vals pels dra. Dit werk vir beide geslagte en dit pas ook by omtrent enige iets. Nog 'n voordeel is dat dit oor die algemeen redelik duursaam is en jy sal dit na volgende jaar se fees weer kan dra.

VAN DIE KLERE IS VERSKAF DEUR JAY JAYS EN MR PRICE, POTCHEFSTROOM


Advertensie

14

1 Augustus 2014

Bonitas Pro Cycling chooses Safe Supplements. Shouldn’t you? “Cycling is extremely competitive. For us, there are no shortcuts, no excuses, and most importantly, no compromises. Especially when it comes to the team’s sports supplements.” Malcolm Lange, team owner

DIS-CHEM’S QUALITY ASSURANCE PROGRAMME CHECKLIST LABEL VERIFICATION TESTING

We scientifically compare the product contents against the ingredient list, so you can be sure that what you see on the outside is inside too.

MANUFACTURER AUDITS

Every brand must uphold our unwavering commitment to quality and product integrity. If it doesn’t pass, we don’t sell it. Simple as that.

BANNED SUBSTANCE TESTING

In the inadequately regulated industry of sports supplements, there is always a risk that both retailers and producers may not be vigilant to label claims and ingredients, thus increasing risk of contamination and even harmful side-effects.

Dis-Chem is the only South African retailer with quality verification from LGC, the world’s leading independent forensic dope-testing laboratory.

ONLINE RESOURCES

While your doctor and dietician should always remain your first ports of call, unbiased, expert information and professional advice are readily available at dischem.co.za/ChooseSafe and via email on nutrition@dischem.co.za Dr Jon Patricios President of SASMA Director of Morningside Sports Medicine Sports Physician at The Centre for Sports Medicine and Orthopaedics

*LGC is an independent provider which tests for banned substances only and does not verify the quality of any product or its contents

GO Advertising 70642

“Historically I’ve been disillusioned by the supplement industry’s lack of regulation which places athletes at risk from poor quality and banned substances. I support Dischem’s Quality Assurance Programme that addresses these key issues”.

* PMR.africa Diamond Arrow Award Winner 2013 & Reader’s Digest Trusted Brands Winner 2013

Dis-Chem is committed to safety in sports supplements, and our Comprehensive Quality Assurance Programme leads without compromise, enabling athletes to make safe and responsible choices.


1 Augustus 2014

Oppikoppi

15

Program vir Oppikoppi 2014 Hier is die amptelike program vir Oppikoppi 2014. Skeur hom gerus uit en neem die outjie saam met jou. Daar is 'n groot verskeidenheid van bands wat gaan optree, maar jy gaan nou al daarmee moet vrede maak dat jy ongelukkig nie by almal gaan kan uitkom nie.


16

1 Augustus 2014

Redaksioneel

Ombudsman

As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: hein.lubbe@nwu.ac.za

Kommentaar

SMS 31750

SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

1 Augustus 2014

Wat het nou in die SR ingevaar?

W

apad wou eers nie by die SR se kinderagtigheid betrokke raak nie. Die redaksie was dit toe eensgesind dat dit ontbloot moet word, want dit is nuuswaardig bloot net omdat dit ’n abnormale verskynsel is. Want waar in die lewe kry ’n mens ’n universiteit se studenteraad wat aangaan soos ’n laerskool leerlingraad? Dit is darem nie die hele SR wat in die geval soos ’n laerskool leerlingraad opgetree het nie. Meer spesifiek die SR-lid vir kunste, Anneke Ueckermann, en die SR-lid vir MEK, Jimmy Pressly. En dit laat ’n mens koud om te dink dat die SR so ’n goeie begin gehad het wat veral media-verhoudinge betref en dit nou hier aan die einde vernietig deur belaglik te raak. Net toe ’n mens dink dat Ueckermann en Pressly ná die optog leiers geword het en nie net organiseerders nie, stort hulle poging tot leierskap ineen. Veral Anneke Ueckermann wat in haar SR hoedanigheid die verslaggewer uitlag terwyl hy oor die telefoon met haar ’n afspraak wil maak vir ’n onderhoud. En tydens die onderhoud het sy minstens drie keer sarkasties gelag. Dié professionaliteit was van onskatbare waarde en sommer aansteeklik. Ueckermann behoort haar te skaam. Sy is ’n vernedering vir die SR, asook die studente wie jy verteenwoordig. Benewens die skynbare professionaliteit wat Ueckermann so blatant openbaar het, was haar en Pressly se argumente baie flou wat hulle probeer aanvoer het oor hoekom hulle dit vir Wapad moeilik maak om sêr vanjaar te dek. Indien ’n mens na die argumente op bladsy 8 gaan kyk, is dit teenstrydig met mekaar en maak glad nie sin nie en is bloot net kinderagtig. En die argumente wat hulle aanvoer dat “dit so in die praktyk werk” is net so verregaande. Dit werk dalk so in hulle Potch-bubble praktyk. Ueckermann en Pressly het alles wat hulle moes organiseer vanjaar, suksesvol gereël en alle kunste-aksies het suksesvol verloop. Wapad het ook niks persoonlik teen hulle nie, want altwee is gawe mense. Maar wat het in hulle ingevaar om so belaglik aan die einde van hulle termyn te raak? En hoekom so bang vir kritiek? Skryf gerus vir ons 'n brief en stuur dit na wapad@nwu.ac.za Die volgende uitgawe van Wapad verskyn op 14 Aug.

Hoofredaksie

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875 HOOFREDAKTEUR: Hannes Kruger ADJUNKREDAKTEUR: Simon Sonnekus NUUS- EN WEBREDAKTEUR: Francois Lion-Cachet SPORTREDAKTEUR: Wynona Louw SPORTSUBREDAKTEUR: Eugenie Gregan LEEFSTYL, KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Mizan van der Merwe FOTOREDAKTEUR: Gert Coetzer ADVERTENSIE BESTUURDER: Lorraine Jordaan KANTOORBESTUURDER: Robbie Boltman UITLEGREDAKTEUR: Gwendoline Jansen van Vuuren HOOFSUBREDAKTEUR: Jeanelle Greyling Teksversorgers: Jeanelle Greyling, Hannes Kruger, Francois LionCachet Uitleg: Hannes Kruger, Mizan van der Merwe, Lerine Miller

Piet Piet sê sê own own dit dit of of maak maak toe toe jou jou bene bene

FOTO: Herman Verwey

K

ruis daai bene suster, môre is kerk. Boetie, jy kan gerus ook daai gulp toehou, hoor. Uit die Potchefstroom-kampus se subtiele (wink-wink) gebruik van die sosiale media is dit duidelik dat die studente se (nag)lewe op dié kampus koning kraai. Troos julle daaraan, Beeld kan dalk jul studentelewe wegvat, maar aan jul studente-naglewe kan hulle (of moet ek sê ons) nie raak nie. Nou ek is geen ekspert op dié gebied nie, ek maak slegs staat op observasie en dit is nie asof julle subtiel is nie. Die oë sien. En vir julle wat reeds die bus verpas het, ek praat van jul sekslewe - en dít ís julle atlete. Voor ek aanblaf moet ek eers die volgende sê: Op alle kampusse geniet studente die soet vrugte van die liggaam, maar op die Potchefstroom-kampus bloos ons daaroor. Dié oë het min, maar genoeg op dié kampus gesien. Een aand stap ek, heel onskuldig, laat koshuis toe verby ’n grasperk, naby die E8. ’n “Dame” en ’n “heer” het op die gras in ’n donkerkol gesit. Jy dink seker: Ah cute, piekniek onder die sterre, nope. Dit het meer gelyk asof hulle twister op die gras speel - sy was

bo van wat ek vinnig kon sien. Nou my guest appearance het dié dame en heer min gepla. Hulle het gekonsentreer. Ek het soos ’n student, wat per ongeluk in die verkeerde klas ingeloop het, gehardloop. Skoon my gesig toegehou ook - walk in guilt. Dié twee het egter “twister” vir die eerste span gespeel en nie eers agtergekom hiers gaste nie. Nog: In ’n wasgoedpennetjielaan was daar trappe by ’n wit gebou (ek weet nie of dit steeds daar is nie). Al wat ek weet van dié voorval is dat die “heer” gestaan en die “dame” gesit het - in ’n wêreld waarin ander nie bestaan nie. Daar het ek net geloop en nie soos ’n boef gehardloop nie, a nee a. Daar is mos badkamers. Wat het geword van die goeie ou dae toe mense geskrik het en gebloos het, en ons inlopers gelag het, want this is soooo awwwwkward! Laaste een: Ek het ook op twee ouens afgeloop, naby BEK se kantore, wat mekaar se gesigte omtrent afgeëet het. Hier was duidelik hongersnood. Ek kon aflei ’n paar ingekrokte gevoelens het daardie aand ’n uitlaatklep gekry. Daar het ek omgedraai en soos ’n gr. 7 meisie begin giggel. Daai twee het steeds aan mekaar ge-

Oues maak ons touwys

JEANELLE GREYLING Oggggg… oumense, right? Hulle weet nie hoe om te twiet nie en die Faceboek is Grieks vir hulle. Eintlik het hulle maar drie talente: stories vertel, raad gee en oud word. Ek het die afgelope vakansie baie van my grootouers gesien.

Hulle het pas na ’n aftreeoord getrek, ’n besluit wat moontlik een van die laastes in hul lewens gaan wees. My oupa was eens ’n kranige sportskrywer wat steeds sy kleurvolle stories in die fynste besonderhede vertel. Soveel ure van my waardevolle lewe word aan die geduldige luister bestee, dat ek voel of ek 50 jaar gelede op die rugbyveld was. Eendag hoor ek ’n aanhoudende: “Shaanellaaaaaaa” en gaan sit maar huiwerig langs hom. Ek was nie lus om stories te hoor van sy vriende wat almal uitstékende rugbyspelers was en verlede week begrawe is nie. Of hom en my ouma wat lank reeds kissies langs mekaar by die Stellastraat-gemeente in Pretoria gekoop het nie.

Ek is jonk en my lewe is nog rooskleurig. Moet ek deurlopend rondloop met ’n hernieude doodsbesef ? Maar vir eens wou hy nie ‘n doodsbesef by my aanwakker nie. Ek het terdeë besef my oupa wou my leer hoe om te lééf… miskien voor dit te laat is. Dié vakansie se kuiers was ’n goue geleentheid om sy lewenswysheid met my te deel. Tussendeur die verstik aan Pall Mall-rookwalms het ek ’n oorvol gekry omdat ek nie baklei vir dinge waarop ek geregtig is nie. “Ek baklei vir R10 wat aan my verskuldig is,” het hy hygend gesê. Ek het afgekyk na sy geamputeerde voet en jammer gevoel vir die rugbystut wat nou sukkel om trappe te klim. Tog het ek alles ingeneem, want

hy was reg. ’n Paar dae later toe ons op pad iewers heen was en by die Spar stilgehou het om die koerant te koop, was ek te stadig om saam met die ander uit te spring. Ek was in die kar vasgekeer. “Nou ja,” het Oupa Salomo gesê terwyl hy die sigaretas versigtig oor sy broek gemors het. “Nou is dit net ek en jy.” Ek moes die desperate neeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee!!!!gille onderdruk. “Ek het jou geleer om vir jouself op te staan, nou het ek een laaste les.” Die wasem wat my hand teen die karvenster agtergelaat het toe almal my verlaat het, het al verdwyn toe hy weer praat. “Ek kom agter jy het ’n baie dun vel. ’n Mens kan regdeur hom

klou, ná wat lyk soos sewe maer jare. Kampus-lus-blusse is nie al wat Potch se naglewe opsom nie. Die nagklubs het ook hul deel. Hier het die “dames” ’n bemarkingsgraad. Kom wind kom donderweer sy trek daai rokkie aan wat skaars haar mag toemaak. Dit is hoe sy seine stuur. Die “here” se truuk: “Ek wag tot sy lekker dronk is, dan...”. Wel. daarna speel hulle “twister” - om die hoek buite die klubs, grasperk, badkamers of hel, selfs in die klub. Ek weet van matrieks wat uitsien na dié naglewe. Ek moet sê wat die Stroom so uniek maak, is dat die kerk so vol is soos die nagklub die volgende aand. Miskien is julle nou baie meer gevorderd en ek verkeerd, maar dié kampus se naglewe is baie meer aggressief as ander, ek dink dit het iets te doen met onderdrukking. My punt: As jy van seks hou, own dit. As jy jou oë van skok en walging rek vir dié rubriek, kruis daai bene suster, more is kerk en boetie jy kan gerus ook daai gulp toe hou, hoor. Dan is daar niks om oor te praat nie... Piet Matipa is 'n joernalis by Beeld en oud Wapad-redakteur.

Hierdie stuk is die opinie van die skrywer en nie van Wapad nie.

sien.” Ek wou my oë rol toe ek besef dis waar. Ek, ’n amateurjoernalis, kry trane in my oë as iemand lelik is met my. Hoe gaan ek ooit ’n harde nuusstorie kan pak as ek nie kritiek kan hanteer nie? “As mense lelik is met jou, moet jy sterk wees. Leer twee woorde aan.” Hy neem ’n trek van die sigaret en bemeester meteens die uitsteltegniek waarna alle storieskrywers streef. “Fok,” hy hoes ’n sluimhoesie, “En Jou.” Daar’s hy. Hoewel die ouderdom en suikersiekte my oupa ondergekry het, het hy nie toegelaat dat enigiemand anders oor hom loop nie. Ek kan nog baie by dié outoppie leer.


Opinie

1 Augustus 2014

17

Optog: #SalJyOpstaan? Maar SMS 31750 sal jy bly opstaan of was dit tydelik?

SMS jou Tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

Hoewel Shaun Frazao nie ten volle met die memorandum saamstem nie, is hy beïndruk dat daar wel aksie geneem is. Maar gaan die studente bly opstaan, vra hy.

K

yk, ek is die grootste ondersteuner van proteste. Dit is dalk die anargisme in my, maar gee my 'n Guy Fawkes-masker en 'n liberale agenda en ek raak deel van 'n revolusie. Proteste het wêreldwyd al verskeie kere vir mense baie deure oopgemaak. Van hierdie grootste proteste sluit in die Occupy Movement waar mense in protes was oor internasionale ekonomiese en sosiale ongelykhede; die Turkye protes vir vryheid van uitdrukking; en die Arab Spring wat een van die proteste is wat seker nog die grootste opslae in die wêreld gemaak het, wat duisende mense, joernaliste en aktiviste hulle lewens gekos het. 'n Protes kan telkens 'n groter invloed hê as wat ’n mens verwag. Daar is wel ’n hele paar goed in die #SalJyOpstaan memorandum waarmee ek nie saamstem nie, maar vandag gaan hierdie stuk nie oor waarin ek glo nie, maar waarvoor die studente opstaan. Ek dink as daar een ding is wat ons as die Debate Society nastreef, is dit dat die studente op hierdie kampus uitgesproke is en opstaan vir dit waarin hulle glo. Dit is die

Die SR en ander betoog onder leiding van die SR-voorsitter tydens die optog. grootste mylpaal wat ons as kampus met hierdie protes bereik het. Dit maak nie saak wat die resultate hiervan is nie, ons het sopas vir die eerste keer in ’n lang ruk, die oorlog teen apatie gewen. Dit is iets waarvoor ek die studente salueer (natuurlik nou nie met ‘n Nazi-saluut nie). Ek en die meerderheid studente op kampus het groot ideologiese verskille, maar dit beteken nie ons kan nie saamleef nie. Die gesondste ding vir ons kampus of enige kampus is kritiese denke, openbare gesprek en vurige debat. Dit kan ons natuurlik eers kry wanneer studente bereid is om op te staan vir dit waarin hulle glo.

Maar my mede-Pukke, dinge gaan moeilik raak. Soos met elke liewe protes gaan daar bloed (verkieslik figuurlik), sweet en trane wees. Dit is nie net genoeg vir studente om op te staan nie. Studente moet bly staan en in die voorry gaan veg en aanhou veg. So ek pleit by elke student, moenie dat die oorwinning oor apatie ’n tydelike een wees nie. Bly uitgesproke en bly veg vir dit waarin jy glo. Gaan protesteer as jy nie parkering kry nie. Gaan protesteer as jy dink die SS-kos is belaglik. Gaan protesteer as jou WiFi nie werk nie. Gaan woon SR-swete by en vra moeilike en relevante vrae. Moe-

Jimmy Pressly voor in die koor by die optog. dig mekaar aan om te stem vir die SR. Gaan klop aan by jou SR of studentedekaan se kantoor, gaan praat, redeneer of baklei. Maar Pukke, moet net nooit ophou staan vir dit waarin jy glo nie. Daar gaan tye kom dat jy ook nie altyd in ’n groep gaan staan nie, maar dat jy alleen gaan moet baklei. Dit is juis in daardie tye wat jy die sterkste gaan moet staan. Glo my, ek weet van alleen staan teen die massas op hierdie kampus. Aan die Studenteraad van die kampus, wat julle hier doen, maak julle baanbrekers as SR-lede. Julle het dit in julle om aan die kampus te bewys dat julle meer doen as net

aksies reël. Die kampus het hulle vertroue in julle geplaas om leiers te wees - nie organiseerders nie. Onthou om altyd leiers te wees wat die studente (nie die bestuur) se belange op die hart dra. My mede-Pukke, ek gaan waarskynlik nie by die protes aansluit nie, want ek het talle ideologiese geskille met die memorandum, maar weet, ek staan langs die kantlyn en ek moedig die aan. Jy kan opstaan! Jy kan bly staan! Jy kan aanhou veg! Ek wag vir jou in die bokskryt van uitgesproke studente. Hier waar ons mekaar ideologies gaan teenstaan, maar gesamentlik die duiwel van apatie gaan oorwin.


18 Wapad

Sport

NWU-Puk: USSA-uitslae Rugby Die NWU-Puk eindig algeheel derde na wedstryde teen Kovsies, UJ en Maties. NWU-Puk 23-17 Kovsies NWU-Puk 17-37 UJ NWU-Puk 17-10 Maties

1 Augustus 2014

Puk Tawana experiments against Botswana side

Hokkie Die NWU-Puk se vrouehokkiespan het die tweede plek in die A-afdeling behaal, nadat hulle in die eindstryd met 1-2 teen die Universiteit van Stellenbosch vasgeval het. Die mans se hokkiespan het die derde plek in die B-liga behaal.

Netbal Die Potchefstromers het algeheel derde geëindig en die NWU-Pukke se hoofafrigter, Dorette Badenhorst, is aangewys as die hoofafrigter van die Suid-Afrikaanse USSA-span wat in 2016 na Miami toer. Sewe van die NWU se spelers is ook ingesluit in die span vir die 2016 toer.

Gimnastiek Die NWU-Puk span is vir die eerste keer in USSA se geskiedenis as algehele wenners aangewys en het met ’n medalje-oes bestaande uit elf goue, vyftien silwer en agt brons medaljes teruggekeer. Die span het ook die eerste plek in die spanreeks verwerf. The NWU-Puk Tawana soccer team in action against Gabarone United from Botswana CHRISTO BESTER

Gholf Die NWU-Puk span het 'n groot verbetering getoon deur vanjaar die tweede plek in die A-afdeling op te raap, nadat hulle verlede jaar tweede in die B-afdeling geëindig het.

Muurbal Die NWU-Pukke het vanjaar onderskeidelik sewende en vyfde in die Aen B-afdelings geëindig.

Pluimbal Die NWU-span het vanjaar die USSA-pluimbalkompetisie vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen.

Basketbal Beide die mans en vroue se NWU-Puk spanne het 11de in die sportsoort geëindig.

After a well-deserved five day break the NWU-Puk Tawana soccer team returned to the pitch to play Gaborone United, who plays in the highest league in their home country, Botswana. In the first half of the match the Puk team struggled as they sent a lot of their new players onto the field to gain some experience, but according to Max Moeketsi, Tawana coach, there was some method in the madness. “In the first half we gave a few of our new guys a run, throwing them into the deep end to test their character and also to see what they can bring to the team. Although they conceded a few sloppy goals, not much can be taken away from their performance as it was literally the first time most of them got together on the football pitch,” Moeketsi said after the game. The first half ended with Tawa-

na conceding four goals, without scoring any. According to Moeketsi they tried some new combinations and new formations and the guys adjusted very quickly.

Tawana played extremely well during the second half. I wish I could take some of them home with me- Gabarone United head coach “Some of the new guys really impressed to an extent that they will at least bring a new dimension to the team,” he said. In the second half the Puk team sent their tried and tested team onto the pitch. Tawana started

FOTO: Eugene le Roux

this half with 9 out of the 11 players that started in the team in the final game of the league which the Tawana team won against Arcadia FC. The game started to get a little more balanced as there was a clear difference between the fitness levels of the Tawana team and the team from Botswana. The Tawana team played extremely well during the second half and even the coach from the opposition team commended them. “Tawana played extremely well during the second half. I wish I can take some of them home with me,” Major David Bright, head coach of the Gaborone United team said after the match. The second half played out to a 0-0 finish, which gave the Gaborone team a well-deserved victory of 4-0. The NWU-Puk Tawana team will play in the regional play-offs on Sunday in Klerksdorp against Real Stars.

Varsity Sport Sokker

Fietsry In die bergfietsresies het Tanya Kirstein algeheel derde van die vroue geëindig, terwyl Thinus Redelinghuys en Pierre Smith onderskeidelik eerste en tweede van die mans was. In die padwedrenne se spankompetisie het die NWU-Puk mansspan algeheel derde geëindig. In die individuele resies was Nicki van der Sandt algeheel vierde.

Die NWU fietsryspan by die Nissan Trailseeker reeks

Rotsklim Die NWU-Puk behaal ’n algehele tweede plek.

NWU Mafikeng het die Universiteit van die Wes-Kaap met 1-0 in die eerste rondte van die Varsity Sokker-toernooi geklop. Hulle volgende wedstryd is op 4 Augustus teen Limpopo by die NWU Mafikeng se sportstadion.


1 Augustus 2014

Sport

19

Superrugby-voorskou:

Ervare Crusaders teen belowende Waratahs WYNONA LOUW

S

aterdag se Superrugbyeindstryd sal sien hoe die sewetalige kampioene, die Crusaders te staan kom teen die Waratahs, ’n span wat geen Superrugby-titel agter hul naam het nie, maar tans in hul beste vorm in die geskiedenis van die kompetisie is. Die manne van Christchurch het verlede naweek hul 11de eindstryd verseker toe hulle die Sharks vir ’n triestige vertoning met 38-6 gestraf het, terwyl die Waratahs gedissiplineerde verdediging getoon het om die Brumbies met 26-8 te klop en hul negende agtereenvolgende oorwinning (en hul agtste tuis) in te ryg. Die ’Tahs was die beste aanvallende Ên verdedigende span in die 2014-seisoen en het in hul halfeindstryd die Brumbies se superioriteit in die skrums en meerderheid balbesit en gebiedsvoordeel oorkom met ’n element wat noodsaaklik is in enige wedstryd: konstante, uitmergelende verdediging. In die halfeindstryd teen die Brumbies het die spoedvraat

Alofa Alofa die wedstryd perfek begin toe hy vroeg in die kragmeting oor die witkalk geduik het, nå hy ’n mislukte Brumbiesaangee opgeraap het en 60 meter tot by die doellyn genael het vir die inleidende drie. Ten spyte van hul goeie begin, nóg twee drieÍ en die feit dat die Waratahs nooit agter geloop het in die wedstryd nie, het dit soms gelyk of hulle nie heeltemal in beheer was nie, maar steeds was hul verdediging solied en het die ’Tahs die ACTspan herhaaldelik toegang tot hul doelgebied geweier. DiÊ is die NSW-span se derde Superrugby-eindstryd en hul eerste een tuis en met die bogenoemde in gedagte en die feit dat hulle vanjaar nie net uitgestaan het in hul tipiese, aanval-gedrewe spel nie, maar ook gewys het dat hulle gebruik kan maak van aspekte van die spel wat nie eie aan hulle is nie, in die vorm van niekarakteristieke, taai verdediging, lyk hul kanse om hul eerste beker te lig verseker rooskleurig. Vanjaar was hulle ongetwyfeld die beste span. Maar die geskiedenis tel nie in die Waratahs se guns nie. Die Aus-

traliÍrs het hul laaste elf kragmetings teen die Crusaders verloor en het in hul vorige twee eindstryde (in 2005 en 2008) teen die ’Saders kortgekom. Hulle was laas in 2004 suksesvol teen diÊ suksesvolle Superrugby-span. Sonder om die geskiedenisboeke tÊ noukeurig deur te blaai, watter span sal Saterdag heel waarskynlik die gesogte beker lig? ’n Volmaakte span. Die Crusaders is kragtig, beskik oor sterk vaste fasette, verdedigende lynstane, goeie hardloopen hanteringsvaardighede en hulle kån skop wanneer hulle wil – hulle het immers ammunisie soos Dan Carter, Andy Ellis, Colin Slade en Israel Dagg in hul arsenaal. Wanneer hulle met die bal wil hardloop en wyd wil speel is die luidrugtige Nemani Nadolo altyd gewillig. Hulle is nie nÊt goed met aanval, of nÊt goed met verdediging, of nÊt dominerend by die afbreekpunte en botsings nie. Hulle beskik ook nie oor net een bekwame skopvoet nie. Hulle is volmaak. Die Waratahs is vryvloeiend

Waratahs: z Israel Folau z Alofa Alofa z Adam Ashley-Cooper z Kurtley Beale z Rob Horne, z Bernard Foley, z Nick Phipps z Wycliff Palu z Michael Hooper (K) z Stephen Hoiles z Jacques Potgieter z Kane Douglas z Sekope Kepu z Tatafu Polota-Nau

met spoed en vernuftigheid, maar het ’n tekort aan krag om met die Crusaders se fisieke aanslag mee te ding. Met Richie McCaw , Matt Todd en die IRR se speler van die jaar, Kieran Read beskik die Crusaders dalk oor die beste agterry in provinsiale rugby en sal hulle veral vol selfvertoue wees nadat hulle die Sharks, wie nie sommer in die kragdepartement oordonder word nie, oorrompel het. Moet egter niks van die AustraliÍrs af wegneem nie. Hulle het die klipharde SuidAfrikaner Jacques Potgieter langs Kane Douglas en Wycliff Palu op agtsteman, wie in sy 90ste verskyning vir die ’Tahs vir die eerste keer sedert 2012 teen McCaw en Read te staan gaan kom. Hulle agterste drie, bestaande uit Alofa Alofa, Israel Folau en Rob Horne is giftig. Nick Phipps en Bernard Foley sal weer die toutjies in die agterlyn trek, terwyl Adam Ashley-Cooper en dreigende Kurtley Beale in die middelveld tuis is. Hulle ís totaal en al in staat om vanjaar koning te kraai. Hulle het die tuisveld-voordeel,

is honger vir ’n eerste titel en het regdeur die kompetisie gewys hulle kån. Hoe groot voordeel tuisgrond vir Michael Cheika se span gaan wees kan bevraagteken word. Vir die Crusaders blyk dit geen probleem te wees om weg te speel nie, hulle weet hoe om op opposisie se gronde te wen – drie van hul sewe titels het hulle weg gewen en in 2000 het hulle die eerste span geword om ’n Superrugby-kompetisie in ’n ander land te wen. Hulle moet egter nog die beker onder breier Todd Blackadder lig. Die 2014-trofee kan in enige glaskas beland. Dis 'n feit dat die beste aanval uit vaste fasette kan kom, en van aanval weet beide spanne baie, maar om goeie aanval só te bewerkstellig vereis dat 'n span eers balbesit by die fasette of afbreekpunte wen en om dit teen die Christchurch-span reg te kry wil gedoen word. Dis die Crusaders teen die Waratahs. Aanleg teen krag. Sewe titels teen geen. Die wedstryd vind Saterdag 11:40 Suid-Afrikaanse tyd plaas.

Crusaders: z Benn Robinson z RESERWES: z Tola Latu z Paddy Ryan z Jeremy Tilse z Will Skelton

z Mitch Chapman z Pat McCutcheon z Brendan McKibbon z Matt Carraro z Taqele Naiyaravoro z Peter Betham z Pat McCutcheon z Brendan McKibbon

WĂŞreldsportnuus

z Israel Dagg z Kieron Fonotia z Ryan Crotty z Dan Carter, z Nemani Nadolo z Colin Slade z Andy Ellis z Kieran Read (K) z Matt Todd z Richie McCaw z Sam Whitelock z Dominic Bird z Owen Franks z Corey Flynn

z Wyatt Crockett z RESERWES: z Ben Funnell z Joe Moody z Nepo Laulala z Jimmy Tupou z Jordan Taufua z Willi Heinz z Tom Taylor z Johnny McNicholl

Israel Dagg, heelagter vir die Crusaders is opwindend op die aanval en laat verdedigers dikwels bewe.

SAAMGESTEL DEUR EUGENIE GREGAN Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het opdrag gegee dat minstens die helfte van die Suid-Afrikaanse skolespan vanjaar uit spelers van kleur moet bestaan. Volgens diĂŠ opdrag moet minstens 14 van die 28 spelers in die span swart, bruin of IndiĂŤr wees. Die jongste kwota-besluit volg nĂĄ die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) gal gebraak het oor die “gebrek aan transformasieâ€? in die Springbokspan, ten spyte van die feit dat Saru die hoogste slaagsyfer van al die groot sportfederasies op die transformasietelkaart het.

Suid-Afrika se veteraan-krieketspeler Jacques Kallis het Woensdag sy uittrede uit alle formate van die spel aangekondig. Kallis het reeds in Desember verlede jaar uit toetskrieket getree. Hy word as een van die beste krieketspelers van alle tye beskou en het in sy loopbaan van 19 jaar in 166 toetse, 328 eendagtoetse en 25 T20-toetse vir Suid-Afrika gespeel.

Ephraim “Shakesâ€? Mashaba is Saterdag as Bafana Bafana se nuwe afrigter aangekondig. Mashaba is die Suid-Afrikaanse sokkerspan se 24ste afrigter in 22 jaar en het die span ook tussen 2002 en 2004 afgerig. Hy is in 2004 in die pad gesteek nĂĄ ’n geskil met senior spelers soos Benni McCarthy en Mark Fish. Bafana se eerste wedstryd onder die nuwe breier is op 5 September teen Soedan.

Suid-Afrika se swemsensasie Chad le Clos het sewe medaljes tydens die Statebondspele in Glasgow, Skotland ingepalm. Met diĂŠ prestasie het Le Clos die legendariese swemmer van AustraliĂŤ, Ian Thorpe se rekord geĂŤwenaar. Die Suid-Afrikaanse swemspan het die Spele met 12 medaljes afgesluit. Hul medalje-oes sluit drie goue, drie silwer en ses brons medaljes in.


Sport

19 Super Rugby Preview

1 Augustus 2014

Oud-Puk gee EP-Kings nou skop WYNONA LOUW EN JACO-MARI FUTCHER Die NWU-Pukke en Luiperds se voormalige skopafrigter Henning van der Merwe sal tot die einde van die 2017-seisoen sy kundigheid aan die Oostelike Provinsie Kings verleen. Charl Crous, uitvoerende hoof van OP-Rugby het bevestig dat die 28-jarige Van der Merwe ’n kontrak by dié unie aanvaar het. Van der Merwe is in sy tweede studiejaar ’n pos by die NWU-Puk Rugbyinstuituut aangebied en het in sy sewe jaar as skopafrigter hier onder andere die NWUPukke se Varsitybekerspan en die Luiperds afgerig. “My passie vir afrigting het van skooldae al gekom. Ek het ’n goeie mentor gehad in Vlok Cilliers (huidige Westelike Provinsie en voormalige Bulle-skopafrigter) wat my regtig gehelp groei het in my wese as skopafrigter. In my sewe jaar by die Rugbyinstituut het ek verskeie klinieke saam met hom en Louis Koen (Springbokskopafrigter) aangebied. Ek het met verskeie spelers in dié tyd gewerk, insluitende Riaan Smit, Willie le Roux, Louis Fouché, Michael Bondesio en meer onlangs André Pretorius,” het van der Merwe gesê. Om die Kings af te rig en te help met hul voorbereiding vir 2016 se

Ek is ook bevoorreg om saam met top kwaliteit afrigter te kan werk soos Carlos Spencer. Superrugby-kompetisie is uitdagings waarna Van der Merwe veral uitsien. “Die 2016-Superrugby en die internasionale mededinging wat daarmee gepaard gaan is wat dié geleentheid nog groter maak. Ek het Potchefstroom met ’n seer hart verlaat, want ek het baie lief geword vir die gemeenskap en sy mense. Almal het al soos ’n familie vir my begin voel, maar ek het net dié as ’n groter geleentheid gesien wat ook vir my nuwe uitdagings stel.” Oor sy planne ná 2017, wanneer sy kontrak by die Kings verstryk, is Van der Merwe nog onseker. “Drie jaar is nog ’n lang tyd wat voorlê, nog baie water wat in die see kan loop, maar ek sien myself verseker nog betrokke by die EP Kings. Ek sal graag ’n verskil wil maak daar waar ek is. “Ek het geleer dat as jy ’n droom het moet jy nie moed opgee nie. Dinge gebeur dalk nie nou nie, maar mens moet net geduldig wag en hard werk.”

Henning van der Merwe op die veld tydens ‘n oefensessie.

Henning van der Merwe wat onlangs ‘n kontrak by die OP-Kings geteken het langs die veld tydens ‘n Varsitybeker-wedstryd. FOTO’S: Verskaf

KOSHUISRUGBYLOG KOSHUIS

Speel

Wen

Verloor

Gelykop

Punte vir

Punte teen

Punte verskil

Bonuspunte

Totaal

1e Liga De Wilgers 1

7

5

1

1

160

112

48

2

24

Heimat 1

5

3

2

0

123

71

52

5

17

Villagers 1

4

3

0

1

76

40

36

3

17

PUK o/19

6

3

2

1

73

94

-21

2

16

Veritas 1

6

3

3

0

116

104

12

3

15

Patria 1

5

2

3

0

98

92

6

4

12

Caput 1

6

0

4

2

71

88

-17

5

9

Overs 1

5

2

3

0

74

143

-69

0

8

6

1

4

1

57

110

-53

1

7

Excelsior 1

Iets om te sê?

SMS 31750 met die woord ‘Wapad’ vooraan

NUUS.INTERAKTIEF

Kry jou Wapad Elektronies by issuu.com/wapad


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.