Wapad - 20 October 2016

Page 1

0

In dié uitgawe:

2 3 Dronkenskap: Middernagamok 2 5 Breast Cancer Awareness 2 7 Gospella: Energy in concert 2 9 Prof Fika: Geheime tydsverdryf 2 11 The coach behind Caster 20 October 2016

Lees Jou Kampus

Trotse wenner van die 2016 ATKV Mediaveertjie vir die beste studentekoerant WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 70

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD' VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

FOTO: MARIANNE STEYN

Dié studente oorweeg dit om buite die Draak te kamp tot Aprilmaand vir hul Pukki-bier en eisbein.

R8 miljoen opgradering vir Draak Draak gesluit tot April – gaan studente eksamentyd sonder die Draak oorleef? Kristien Kruger @Kris10Kruger

S

tudente se heenkome met opsies anders as eetsaalkos en ’n Steri Stumpi gaan tot in April 2017 sy deure sluit. Die Drakenstein Restaurant (Draak) maak sy deure vir opgraderings van ongeveer R8 miljoen vir die tydperk van 22 Oktober tot 17 April toe. Volgens me. Reonette Jansen, bestuurder van Klipoog Kafeteria & Drakenstein, Inwoning- en

Voedseldienste, is daar sedert die Draak se opening in 2004 nog geen makro-instandhouding aan die gebou gedoen nie. Om dié rede is daar baie verbeteringe wat moet plaasvind. Jansen het gesê verbeteringe sluit nuwe toiletgeriewe vir beide mans en dames (ingevolge bouregulasies), vergrote ys- en vriesgeriewe, die herstel van die dek-area, vervanging van vloere, opgradering van televisie en klank netwerke en ander algemene instandhouding in. Die bestaande koffieseksie sal verskuif word om die

Iets om te sê? SMS 31750 met die woord ‘Wapad’ vooraan

Wapad

restaurant se lawaai te vermy. ’n Rokersarea sal geskep word met verbeterde ventilasie om aan die rookwet te voldoen. In terme van brandbeveiliging moet die grasdak behandel en brandtoerusting opgradeer word. Personeel vorm ook deel van die verbeteringsbegroting met nuwe badkamers, ’n aantrekkamer en ’n personeelkamer wat vir hulle gebou sal word. Ockert Raal, ’n eerstejaar in BSc sportwetenskappe, was verbaas oor die feit dat die Draak eers weer in April

@NWUWapad

oopmaak. Mens vind hom omtrent drie maal per week daar, “dis hoekom my student’s so vinnig gaan,” het Raal gesê. ʼn Tydelike restaurant, met ’n beperkte spyskaart, sal in die tydperk vanaf 31 Oktober tot 15 April op die eerste vloer van die Kafeteria geopen word. Volgens Jansen vind die opgraderings spesifiek in dié tyd plaas omdat die Draak in November baie stil is en vanaf Desember tot middel Januarie heeltemal gesluit is. “Ons het gevoel dat hierdie tydperk die minste

@NWUWapad

moontlike ontwrigting sal veroorsaak,” het Jansen gesê. Dawid Henning, ’n eerstejaar in BSV stads- en streekbeplanning, voel dit “doen studente ’n onreg aan,” want die tye wat die eetsale toemaak is “onprakties”. Studente kon in die Draak eet as die eetsale toe was. Die eerste twee vloere van die biblioteek word ook opgradeer, wat Ferdi’s koffiewinkel se ontruiming en sluiting tot gevolg sal hê. Daar sal vanaf 24 Oktober tot 31 Maart, ’n tydelike koffiewinkel bedryf word vanuit die internet kiosk in gebou E8.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.