SPORT Luiperds klop Welwitchias
14
Game of Thrones
3
9
22 Mei 2014 / VOL 6
Sosiale mediaskepsels 7
LEES JOU KAMPUS STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS
JAARGANG 68
SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR
WAPAD@NWU.AC.ZA
'n Eerste:
SR maak stempersentasies van JOOL kandidate bekend 2 NUUS
K&V
KOS!
Groot debat oor O&B tydens forum
Oorsigtelik: Pukki Talentfees 2014
Jou ma se warm sop hiér in Potch
2
8
11
Maatskaplike werkers gee raad oor ongewenste swangerskappe
Student in hof ná baba in asblik gevind HANNES KRUGER ’n Gru-ontdekking op die Bult het weereens die aandag op swangerskap onder studente gevestig. ’n Vrouestudent (23) sal eersdaags in die Potchefstroomse Landdroshof verskyn op aanklag dat sy die dood van haar sewe maande oue baba weggesteek het. Volgens kaptein Mvula Chaka, die SAPD-woordvoerder in Potchefstroom, het dié student glo verlede jaar haar baba self geaborteer ná sy pille ingeneem het. Sy was 7 maande swanger. Chaka het verder aan Wapad bevestig dat sy die fetus in ’n skoenboks geplaas het en probeer versteek het. ’n Skoonmaker het dit glo by asblikke naby ’n woonstelblok op die Bult gekry. Volgens Chaka het die voorval verlede jaar gebeur. Die saak word
Iets om te sê?
nog ondersoek. Verder word die student tans sielkundig evalueer as deel van ’n beradingsprogram en sal daarna in die hof verskyn. Volgens ’n maatskaplike werker by die sosiale ontwikkeling-afdeling van die SAPD in Potchefstroom moet vroue met ongewenste swangerskappe onmiddellik na die naaste kliniek toe gaan en met die verpleegster aan diens praat. “Daar is verskeie opsies wat ’n mens kan volg in geval van ongewenste swangerskappe. Die baba kan by die hospitaal gelos word, opgegee word vir aanneming of ’n wettige mediese aborsie kan gedoen word,” het die maatskaplike werker gesê. Sy het verder vertel dat vroue dikwels te bang of skaam is om vir hulp te vra. “Dit behoort nie die geval te wees nie. Vroue moenie skroom om vir hulp te vra nie.”
SMS 31750 NUUS.INTERAKTIEF
Kry só hulp in Potchefstroom Volgens Susan Fouché, maatskaplike werker van Vessels of mercy, kan die volgende opsies oorweeg word vir ongewenste swangerskappe:
23-jarige vrouestudent aborteer self sewe maande oue baba ná sy pille geneem het
Sy meen dat die departement van gesondheid nie voldoende bewusmakingsveldtogte het nie en dít is waarom vroue volgens haar moontlik bang is om vir hulp te vra. Die Ingryp-dienste op die NWUPuk was teen druktyd nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Î Dr. Susan Humpel, P.hd (Maatskaplike Werk) privaatpraktyk in Potchefstroom: Sy doen berading en begeleiding vir meisies in ongewenste swangerskappe: selfoonnommer: 082 573 2706. Sy is ook na-ure beskikbaar. Î 24 uur Krisislyn = Childline Noordwes, in Potchefstroom: Hulle staan jou nie net telefonies by met opgeleide beraders nie, hulle het ‘n hele span maatskaplike werkers wat uitkom na jou toe en jou in jou omstandighede ondersteun. Hulle werk ook saam met die polisie en die Kinderbeskermingseenheid van die polisie: 08000 55 555 Î Taletha Terri Krisis swangerskapsentrum in Potchefstroom: Hulle begelei en ondersteun jou deur die proses van die swangerskap. Hulle gaan met jou AL die opsies deur en staan by jou in jou besluit. Hulle stap die pad saam met jou: 079 705 1825. Î Vessels of Mercy in Potchefstroom: Dit is ‘n diens wat addisioneel tot die “Baby Safe” aangebied word. Sodra die ondersteuningsgroep aan die gang is sal die “Baby Safe” weer geïnstalleer word in Ikageng. Kontak: 082 048 6309.
Kry jou Wapad Elektronies by issuu.com/wapad