Wapad - 23 May 2016

Page 1

LEES JOU KAMPUS

26 Mei 2016 Trotse wenner van die 2016 ATKV Mediaveertje vir beste studentekoerant WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 70

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD' VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

Rooster verander om parallelmediumonderrig te akkommodeer JEANELLE GREYLING & MARNUS KOK

@JeanelleGrey @MarnusKok

D

ie klasroosters vir die tweede semester gaan verander “weens die feit dat parallelmediumklasse oorvol is,” lui ’n skrywe op die studenteraad (SR) se Facebook-blad. Volgens prof Japie Spoelstra, ’n dosent in toegepaste wiskunde, soek die universiteit al vir twee jaar na oplossings om die lokaalkrisis te verbeter. Spoelstra sê hy was “tot ’n groot mate aandadig aan die rooster”.

Niemand het in al 14 roostergroepe klas nie. Daar is darem nog asemskeptyd. Van die veranderings sluit in dat klasse tot 17:45 sal aanhou en dat die gewone etenstyd tussen 13:00 en 14:00 wegval. Daar sal egter steeds op “Maandae tussen 13:00-14:30 geleentheid vir die georganiseerde studentelewe geskep word”. Volgens die SR het ’n vergadering met Frans du Preez, kampusregistrateur, getoon dat die verandering noodsaaklik is. Parallemediumonderrig, wat vanjaar op eerstejaarsvlak ingefaseer is, gaan volgende jaar “op tweedejaarsvlak en daarna op derdejaarsvlak ingefaseer word,” het die SR gesê. Die gewysigde voorstel van die roosterverandering maak daarvan melding dat “die klastyd per roostergroep na 180 minute verminder word”. “Ek dink nie die nuwe voorstelle

Iets om te sê?

Daar is meer en meer studente wat stroom na klasse. Die universiteit se oplossing? Roosterverandering. is wonderlik nie, maar dit het met die stygings in getalle onmoontlik geword om nog ’n rooster met sitplek vir almal te maak, en nog die parallelmediumgroepe in te pas,” het Spoelstra aan Wapad gesê. Daar was wel ander opsies, “maar hulle is slegter as die huidige”. Dit is belangrik om daarvan kennis te neem dat niemand al 14 roostergroepe klas het nie, het Spoelstra

SMS 31750

gesê. Die maksimum is 12 vir party eerstejaars in BIng ingenieurswese.“So daar is darem nog asemskeptyd,” het hy gesê. Een voorbeeld is die PSYC121module. Waar sowat 1 200 studente verlede jaar dié module geneem het, neem sowat 1 600 studente dit vanjaar. “Dit vereis ’n ekstra klasgroep, maar daar is geen lokaal beskikbaar nie.” Boonop wys Spoelstra daarop dat

met die woord ‘wapad’ vooraan

universiteite soos die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit Johannesburg (UJ) almal tot laataand klasdraf. “Ons kry dit nog weggehou met hierdie rooster.” Prof Herman van Schalkwyk, destydse kampusrektor, het op 5 November verlede jaar in ’n skrywe aan studente en personeel gesê: “Parallelmedium kan slegs aangebied word in daardie klasse wat meer as een keer in die

Teken in vir Wapad® se nuusbrief http://bit.ly/wapadnuusbrief

FOTO: JACO-MARI FUTCHER roostergroep herhaal word. In so ’n geval moet dit by die huidige roostergroepindeling inpas.” Natalie Joubert, SR: Akademiese Raad, sluit haar skrywe op die SR se Facebook-blad af met die woorde: “Hierdie is ’n moeilike situasie, maar dit is ’n realiteit wat een of ander tyd moes gebeur.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.