Pukke blink uit by Varsity Netbal 16
Opinie: Adriaan Basson oor sy verbintenis met Potch vanjaar 12 YouTube sensasie leer mans hoe werk dit 11
LEES JOU KAMPUS
25 September 2014 / VOL 10
STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS
JAARGANG 68
SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR
WAPAD@NWU.AC.ZA
NUUS
K&V
KOS!
SAPD deursoek 'verdagtes' 3
Jan Blohm speel vir ou tannies ook 10
Doendit-selfstreeptert 11
Wat die rektor éíntlik in Taiwan gedoen het
7
Heimat kry twéé prims in een week Heimat prim 'bedank' glo ná voorval tydens koshuisaksie
JACO-MARI FUTCHER
H
eimat-manskoshuis se nuwe prim het na slegs ’n paar dae vandat hy aangestel is, ná ’n voorval met ’n mede-koshuislid tydens ’n aksie, bedank. Oud-primarius Niki Henning het ná ’n beweerde voorval met ’n mede-koshuislid tydens ’n koshuisaksie bedank. Volgens 'n anonieme ooggetuie het Henning tydens 'n zoepaksie een van sy HK-lede deur die gesig geklap. Die ooggetuie het verder bevestig dat koshuislede hom moes vasbind omdat hy na bewering te dronk en aggressief was en nie wou huis toe gaan nie. “Daar was ’n onderonsie by ’n aksie wat, volgens my insien, gelei het tot 'n vertrouensbreuk in die koshuis,” het Henning gesê. Volgens Pieter van der Berg, Heimat se huisvader, het Niki binne die week van aanstelling besef hy het ’n fout begaan. “Hy het bedank en ons het weer ’n verkiesing gehou,” het Van der Berg gesê. Wian Lubbe is verlede week in Henning se plek aangestel. "Niki het vanself bedank oor persoonlike redes waaroor ek nie gaan uitbrei nie,” het Lubbe gesê. “Hy is nog deel van die koshuis en ’n trotse senior.”
Iets om te sê?
FOTO'S: Facebook Heimat se nuwe HK-lid. Wian Lubbe, die nuwe prim wat vir Henning vervang het, is vierde van regs. Marno du Plessis, ’n HK-lid van Heimat, het geweier om kommentaar te lewer. “Ek mag ongelukkig nie daaroor praat nie,” het Du Plessis gesê. Ander koshuislede was ook stilswyend oor die bedanking. Volgens ’n anonieme bron het Henning op meer as een geleentheid koppe gestamp met ander koshuislede én lede van die huis-
komitee (HK). “Alhoewel ek voel die situasie is uit verband geruk, wens ek die nuwe primarius en HK alle voorspoed vir die termyn toe. Deur my betrokkenheid by die koshuis sal ek hulle ondersteun,” het Henning gesê. Volgens Lubbe respekteer die koshuis Henning se besluit ondersteun hom ten volle.
SMS 31750 met die woord ‘wapad’ vooraan
NUUS.INTERAKTIEF
Niki Henning, die prim wat na 'n week bedank het.
Daar was ’n onderonsie by ’n aksie wat, volgens my insien, gelei het tot 'n vertrouensbreuk in die koshuis.
Kry jou Wapad Elektronies by issuu.com/wapad