14 VALENTYNSDAG Reis, kos en mode-idees
3+17 DEBAT Koshuistradisies in gevaar?
JOOL 2014: nat en 10 harde rock-ervaring S
2
6 Februarie 2014 / VOL1
LEES JOU KAMPUS
FOTO: Francois Lion-Cachet
STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS
JAARGANG 68
SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR
WAPAD@NWU.AC.ZA
Aptekers waarsku oor die nadele van onveilige seks
Na-behoeding verkope styg drasties JEANELLE GREYLING
S
tudente op die NWU-Pukkampus het meer seks tydens JOOL, asook eksamen en toetsreekstye. Volgens apteke op die Bult en regoor Potchefstroom verkoop hulle jaarliks sowat dubbeld die gemiddelde noodgeboortebeperking, oftewel morning after-pille, van die begin van die jaar tot ná JOOL en verdriedubbel tydens eksamen- en toetsreekstye. Wapad het die afgelope week onder meer met aptekers van Cachet-apteek en Netcare onderhoude gevoer. Volgens verskeie anonieme aptekers by dié apteke in die omliggende omgewing van die NWUPukkampus styg verkope van nabehoedpille met 50% aan die begin van die jaar tot ná JOOL. Antibiotika vir seksueel oordraagbare siektes se verkope is
ook dubbeld tydens en ná JOOL. “Baie. Skrikwekkend baie,” het ’n apteker van Cachet-apteek, wat anoniem wil bly, gesê. “Die gemiddelde aankope van na-behoedpille styg drie keer meer tydens eksamen- en toetsreekstye,” het die aptekers by die onderskeie apteke bevestig. Die NWU-Puk se Gesondheidsentrum bied gratis na-behoedmiddels, maar tog is die aanvraag nie buitengewoon tydens JOOL en eksamentye nie. “Ons het gereelde pasiënte wat kom vir voorbehoedmiddels,” het Bea Pretorius, professionele verpleegkundige aan die Gesondheidsentrum, gesê. “Die hoeveelheid na-behoedmiddels wat afgehaal word, hou dus geen verband met JOOL of selfs Intervarsity nie.” Lenie Kotzé, oud-maatskaplike werker by InGryp, ’n 24-uur krisisdiens, meen dis omdat die Ge-
APTEKERS SÊ: Na-behoedpille styg met 50% aan die begin van die jaar tot ná JOOL
sondheidsentrum nie onmiddellik beskikbaar vir só ’n krisis is nie. “As jy besef jy het onbeskermde seks gehad, is ’n apteek dadelik beskikbaar om jou fout reg te stel.” Die verantwoordelikheid van kontrasepsie rus skynbaar op die vrouestudente aangesien daar slegs kondome in die vrouebadkamers op die NWU-Pukkampus te bied is.
Kotzé beweer dis omdat vroue, eerder as mans, vooruit dink aangesien hulle die fisieke en emosionele laste sal dra indien hulle swanger word. Volgens Kotzé is die swanger pasiënte wat InGryp help, sensitief en sy beskerm hulle deur geen inligting oor hul situasies deur te gee nie. Dit is dus onduidelik hoeveel studente tydens JOOL swanger word. Sy erken wel dat baie studente onbeskermde seks weens dranken dwelmmisbruik het. Luidens ’n berig in Beeld van 4 Desember 2013 val studente aan die NWU, van al drie kampusse, derde op die lys van die mees seksueel aktiewe studente aan tersiêre instellings. Die uitsondering is UNISA wat ’n nasionale tersiêre instelling is. Agt uit tien studente aan die NWU is volgens dié verslag seksueel aktief. Die Tshwane-Univer-
DOWNLOAD OUR MOBILE SHOPPING APP!
siteit van Tegnologie was eerste op dié lys met 85% seksueel aktiewe studente. Die Universiteit van Johannesburg (Bunting-kampus) was tweede met 82%. Dié berig is op ’n onlangse verslag oor studente se seksgewoontes en sienings gebaseer. Alet Rademeyer berig dié aanlynpeiling is onder 3 040 studente (35% vroue en 65% mans) tussen 18 en 24 jaar gevoer. Sowat 66% van studente landwyd gebruik kondome vir voorbehoeding, 15% gebruik die pil, 6% gebruik inspuitings en 2% gebruik inwendige toestelle vir geboortebeperking. Die studie het ook bevind studente stres meer oor swangerskap as seksueel oordraagbare siektes. Aptekers waarsku egter dat ’n jongmens van ’n ongewenste swangerskap ontslae kan raak, maar kwalik van seksuele oordraagbare siektes ontslae raak.