Witzenberg Herald Vol.26 no.7 (Online Weergawe)

Page 1

WH H e r a l d

4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig

Ma van 3 met piksteel doodgeslaan

DRIE kinders onder die ouderdom van 6 jaar is wees gelaat nadat hulle ma in een van die grusaamste voorvalle in die Witzenbergstreek, vermoor is.

Die moord het Vrydagoggend omstreeks 08:50 op ‘n plaas in die Onder-Swaarmoed omgewing plaasgevind. Plaaslike speurders en lede van GKS is na die moordtoneel ontbied nadat die verdagte aan die plaasbestuurder genoem het dat hy sy saambly vrou vermoor het deur haar met ‘n piksteel dood te slaan.

Die 32-jarige slagoffer se kinders was nog in die plaaswerkershuis toe die polisie op die toneel kom. Hulle is tans in die sorg van familielede geplaas en kry berading.

Arresteer

Die polisie het die verdagte, Lehlohonolo Joseph Mokhoabane (43) gearresteer weens die moord.

Hy het Maandag vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn voordat die saak na 27 Februarie uitgestel is. Volgens die polisie word Mokhoabane Donderdag 23 Februarie vir ‘n ondersoek en waarneming na Kaapstad geneem voor sy volgende hofverskyning.

Ander saak

Mokhoabane is einde April 2022 gearresteer toe die Valke op ‘n plaas in die Onder-Swaarmoed-omgewing toegeslaan en hom gearresteer het vir die onwettige kweek en handel in dagga. Die arrestasie volg nadat inligting opgevolg is en ander dagga-klopjagte in die Boland uitgevoer is.

Daar is toe op nagenoeg R171 000 se dagga en 79.95 kg se gedroogde dagga met ‘n beraamde straatwaarde van nagenoeg R90 000 beslag gelê.

Die daggasaak was laas op 6 Oktober 2022 op die hofrol voordat dit verwyder is.

Hy was uit op R3 000 borgtog ten tye van dié naweek se moord.

MAANDAG 13 Februarie omstreeks 14:20 het lede van Tulbagh SAPD inligting ontvang van ‘n verdagte voertuig wat op die R46 pad in Tulbagh se rigting beweeg. Lede van misdaadvoorkoming het die voertuig gou opgespoor en afgetrek vir deursoeking.

Damvlakke bly daal

AS daar na die huidige damvlakke in die Wes-Kaap gekyk word, lyk dit steeds of El Nino Suidelike ossilasie (Enso) ‘n impak het op die provinsie se reënvalsyfers. Daar is sedert September 2022 ‘n La Nina-fase wat hoër gemiddelde reënval in somerreënvalgebiede en laer reënval in die winterreënvalgebiede (Wes-Kaap) veroorsaak. Die SAWeerdienshetaandiebeginvandiejaar‘nlaerasgemiddeldreënvalvoorspel.Hierdie verskynsel het reeds bygedra dat Julie - Augustus 2022 een van die droogstes was sedert 2010. Die Koekedouwdamvlak is nou meer as 37% leër as in Februarie 2022 (81%).Diedamistansnet44%vol.Daaris sederteinde Januarie,vlak3waterbeperkings op Tulbagh van krag. * Daar is Maandag 20 Februarie 51 mm reën in die Warm Bokkeveld gemeet, 63.4 mm in die Koue Bokkeveld (Sterkwater omgewing), net 16.6 mm in die Bo-Swaarmoed omgewing en 32.8 mm in die Romansrivier-omgewing buite Wolseley.

*Reënvalsyfers word goedgunstiglik deur Hortec Ceres en iLeaf verskaf.

087 095 361 7 WWW.JPTEK.CO.ZA INFO@JPTEK.CO.ZA PROFESSIONAL CCTV AND ALARM SYSTEMS IN WITZENBERG The trusted name in commercial and residential Waterproofing. 087 094 8092 087 087 094 8092 087 www.rubberroofs.co.za Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Witzenberg Volume 26 no. 7 R 8.50 Friday, 24 February 2023 Ceres Koekedouw dam 44% Tulbagh dam 34% Lesings geneem: 2023/02/22
Donderdag 23 Februarie 18° 34° Vrydag 24 Februarie Saterdag 25 Februarie Sondag 26 Februarie 16° 31° 14° 30° 15° 34°
Tragedie op plaas Meer inligting en fotos op bladsy 3. Spar 2-ply Toilet Rolls 350 sheet 18’s NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK. CERES SUPERSPAR (023)316-2226 SUPERSPAR BUSINESS HOURS: Mon - Sun 07:00 - 19:00 TOPS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00 ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 23 - 26 FEBRUARY 2023 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. Pork Belly or Rashers Nescafé Ricoffy (excl. Decaf) 750g Sunlight Hand Washing powder 3kg Dettol Soap 175g Crosse & Blackwell Tangy and Creamy Mayonnaise only 750g Sweetcorn 4’s Coca-Cola reg. only 2,25L Chicken Schnitzel, Chips + Mushroomsous Bokomo Weet-Bix 900g Spar large Eggs 18’s Tastic parboiled Rice 2kg PER MULTIBUY Pork bulk Neck frozen steak 7kg Aartappel, heel Kool, 300g Baby Marrow, 750g Wortels + 1kg Uie 2999 each 4th Street 5L ass Flora Regular or Light Fat Spread tub 1kg Castle Lite handies 6 x 330ml PER MULTIBUY Lamb bulk braai chops COMBO 11000 2499 each 5499 each 20 130 00 110 00 KWV 3 Year Old Brandy 750ml 14999 750ml Spar Cold meat range 200g 14999 p/kg 8999 p/kg Ouma’s bulk boerewors 9999 p/kg 20 104 99 84 99 7999 each 1299 each 9999 each 3299 each 6 52 99 46 99 6 56 00 50 00 15 144 99 129 99 2 FOR 5000 3500p/meal SERVING SUGGESTION 8999 p/kg 2199 each Die verdagte

Skoolhoof groet na 45 jaar in onderwys

DIE personeel van Laerskool Waveren en lede van die skool se beheerliggaam het ‘n ruk gelede afskeid geneem van Andelene Michaels, wat na 45 jaar uit die onderwys tree. Die afskeidsgeleentheid is by die Winterberg Mountain Inn buite Wolseley aangebied. AGTER: Werner Michaels. VOOR: Neville Jones (waarnemende skoolhoof), Josephine Michaels, Andelene Michaels (skoolhoof), Jeremy Wyngaardt (voorsitter van die beheerliggaam) en Fred Arendse.

Support the Western Cape school-based vaccination programme

FROM Monday 20 February until 31 March 2023, the Western Cape Department of Health’s School-based vaccination programme will once again visit schools to provide integrated immunisation aimed at reducing vaccine preventable diseases. School health nurses will be visiting all public and special schools in the province to administer the routinely recommended human papillomavirus (HPV) vaccine, as well as the measles vaccine. This is part of the department’s commitment to ensure healthy and thriving children as they grow up. The HPV vaccine is being offered to girls in grade 5 over the age of ten years and the measles vaccine to boys and girls under the age of 15. * Most side-effects from vac-cination are minor and quickly disappear. Severe allergic reactions are rare. If any reaction is severe or persistent, or if you are worried about your child, contact your healthcare worker or doctor. ** Since the start of the campaign 114 185 children under 15 years of age have been vaccinated in the Western Cape.

CERES GHOLFKLUB

is opsoek na ‘n entoesiastiese persoon om by hulle span aan te sluit

Klubhuis kroegassistent

Laastedrif Agri (Edms.) Bpk., is ‘n gevestigde kommersiële landbou onderneming wat spesialiseer in die verbouing en verpakking van vars groente en vrugte. Laastedrif is gesetel buite Ceres en bedien ‘n reeks plaaslike supermarkte asook buitelandse markte.

Die Maatskappy beskik tans oor die volgende vakante betrekking:

SWAARVOERTUIG VRAGMOTORBESTUURDER

Voorvereistes: • Geldige Rybewys EC met ‘n OBP(PDP) • 2 Jaar toepaslike ondervinding • Sober gewoontes • Gesonde werksetiek • Woonagtig in Ceres, Bella Vista, Nduli en omgewing.

Die geskikte kandidaat se verantwoordelikhede sluit die volgende in: • Veilige vervoer van werkers na en van plaas • Laai, vervoer en aflewering van goedere.

Vergoeding: Laastedrif bied ‘n markverwante vergoedingspakket.

Sluitingsdatum: 28 Februarie 2023

E-pos asseblief u aansoek met bewys van rybewys, PDP asook 2 kontakbare verwysings aan: operations@cillie.co.za

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang het nie, moet u asb aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

SLEUTELPRESTASIE-AREAS: • Alle verkope by kroeg, invordering van speelfooie en ledegelde • Netheid van kroegarea • Voorraadbeheer • Uitverhuring van karretjies • Besprekings van muurbalbane • Afsluit en balanseer van kasregister • Algemene administrasie en pligte soos van tyd tot tyd verlang.

VEREISTES: • Ervaring in ‘n soortgelyke posisie • Ervaring met verkope en bediening van kliënte sal voordelig wees • Uitstekende kommunikasie- en mensevaardighede • Probleemoplossingsvaardighede • Moet onafhanklik en pro-aktief kan werk • Moet goed tweetalig wees.

CV ’s en salarisver wagtings kan gestuur word na: admin@ceresgolfclub.com

Diensaanvaarding:

1 April 2023

Sluitingsdatum vir aansoeke: 10 Maart 2023

Indien u twee weke na u aansoek geen terugvoer ontvang het nie, kan u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.

WITZENBERG HERALD Friday, February 24, 2023 2

MAANDAG 13 Februarie omstreeks 14:20 het lede van Tulbagh

SAPD inligting ontvang van ‘n verdagte voertuig wat op die R46 pad in Tulbagh se rigting beweeg. Lede van misdaadvoorkoming het die voertuig gou opgespoor en afgetrek vir deursoeking. Mandrax pille, toegedraai in swart sakke, is binne die spaarwiel gevind. Die polisie het op sesduisend en agt en negentig (6098) tablette beslag gelê ter waarde van ongeveer R300 000. Die verdagte is gearresteer vir die besit van mandrax en het op 15 Februarie vlugtig in die Tulbagh landdroshof verskyn. * Heinrich Olkers (41) is op R10 000 borgtog vrygelaat. Hy moet weer op 15 Maart in die hof verskyn.

DIE Witzenbergstreek se nuutste sportheld, oudspeler van Hamlet rugbyklub en skrumskakel van Boland en tans Springbok sewesspeler, Jaiden Baron (25) van P.A. Hamlet, het verlede week ‘n besoek gebring aan Dutoit Groente, Bella Frutta asook St. Marks primêr en Ceres Sekondêr waar hy handtekeninge uitgedeel het. Jaiden is weer in die Springbok 7’s groep opgeneem nadat hy vir die Blitsbokke uitgeblink het in Nieu-Seeland en Australië.

LEDE van Tulbagh SAPD misdaadvoorkoming en D-skof het

Dinsdag 22 Februarie inligting oor ‘n verdagte voertuig opgevolg wat vanaf Wellington na Tulbagh onderweg was. Die voertuig is voorgekeer maar het in Wolseley se rigting op die R46 weggejaag. Tydens die jaagtog het die passasier ‘n sak by die venster uitgegooi voordat die twee mans naby Artois gestop en in hegtenis geneem is. Meer as 5800 mandrax tablette en tik met ‘n straatwaarde van meer as R340 000 is gekonfiskeer. Twee onwettige immigrante is gearresteer vir handel in dwelms en roekelose en/of nalatige bestuur. Hulle word ook aangekla omdat hulle onwettig in die land is. * Dit is Tulbagh SAPD se tweede groot dwelmvonds binne 10 dae.

Vragmotors bots in digte rook

DRIE vragmotors het Donderdag 16 Februarie omstreeks 15:00 in digte rook in ‘n kettingbotsing teen mekaar gebots. Net een vragmotorbestuurder is beseer en na ‘n hospitaal op Worcester geneem. Die ongeluk het naby die plaas Hoogwater gebeur.

Drie leerders blink uit op atletiekbaan

WANGANELLA NGK primêr is trots op drie leerders wat opgeneem is in die Witzenberg atletiekspan wat op 4 Maart in die Paarl aan die Boland atletiekbyeenkoms gaan deelneem. VOOR: Siyabonga Sekete, Cinteshia Eksteen en Jason Januarie. AGTER: Candice Koopman (afrigter) en Greadon Tshona (afrigter).

WITZENBERG HERALD Friday, February 24, 2023 3

NG

Kerk Ceresvallei benodig die dienste van ‘n ALGEMENE WERKER/ TUINIER

Vriendelike, betroubare persoon met sober gewoontes word uitgenooi om aansoek te doen vir die pos.

Pligte sluit in: • Onderhoud van die kerk, pastorie tuin asook instandhouding van die tuin by Môredou • Hulp met voorbereiding en opruim na funksies by die kerk en kerksaal

• Algemene ad hoc take wat verband hou met die posisie.

Vereistes: Twee betroubare verwysings en besonderhede van vorige werkgewers.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Vergoeding: Onderhandelbaar.

Aansoeke kan by die kerkkantoor ingehandig word of per e-pos gestuur word aan: skriba@prentjieskerk.co.za

Vir navrae skakel: Cobus by 082-977-8369

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.

LEADER OPERATOR (BLENDING)

The successful candidate will report directly to the Distribution Manager and the responsibilities of the position include the following key performance areas:

•The operation of all aspects in the blending department

•Ensure that blends are produced and dispatched according to customer specifications

•Management and motivation of production staff

•Maintain healthy Labour Relations

•Cost management

•Safety and Loss Control

•Ensure that GMP standard are maintained

The ideal candidate should have the following attributes/ skills/ qualifications:

•A relevant tertiary qualification (will serve as a recommendation)

•Proven relevant experience in a production environment

•Relevant managerial experience in the food manufacturing industry

•Excellent communication skills

•Computer skills

Note: The ideal candidate is expected to display a high level of energy and responsibility. A high premium will be placed on the independent and self-functioning of the incumbent.

CV’s can be forwarded to:

The Manager: People and Performance Systems

Ceres Fruit Processors (Pty)Ltd

P.O. Box 366, CERES,6835 or E-mail: dlintnaar@cfp.co.za

Closing date: 9 March 2023

CITIZEN Leader Lab were delighted to host the Xhuma Programme, a financial literacy project run by International Master’s students from the Swiss-based University of St Gallen. During the second week of February the “Xhumites” delivered fun, interactive finance workshops to the Grade 8 and Grade 9 learners of Iincinga Zethu Secondary School in Nduli, Ceres. * Article on page 5.

Teken vandag in en kry digitale koerant vir slegs R39 per maand

nuusbrokkies

CERES Voortrekkers se aktiwiteite vir Februarie 2023.

Vrydag 24 Februarie tot Sondag 26 Februarie - Kommandokamp

Dinsdag 28 Februarie - spanbyeenkoms 17:30-18:30

CERESnetbalklubhetweermetoefeninge begin op Maandae en Woensdae. Begintyd isvanaf17:45-18:00opLaerskoolGerickese netbalbane. Nuwe lede is welkom om aan te sluit. Skakel Marelize by 073-318-7638

CERES Rugbyklub het Donderdag 5 Januarie om 19:00 begin met voorbereidings vir die 2023 rugbyseisoen.

NUWE dranklisensievoorwaardes in plek. Die nuwe drankverkopetye by Ceres gholfklub word in onderstaande gedeelte ‘n bietjie beter verduidelik.

“ Met die hernuwing van die klub se dranklisensie, het die drankraad die gholfklub besoek voordat die klub aansoek kon doen vir hul nuwe lisensie. Met die ontwikkeling van die gholflandgoed met woonhuise op, val die gholfklub nou onder die munisipale wetgewing wat dit as ‘n residensiële woongebied verklaar en mag die klub net van 11:00 tot 24:00 drank verkoop”.

“Die gholfklub het aansoek gedoen dat lede drank vanaf die kroeg op die hele gholfbaan - nuwe ontwikkeling ingesluit - kan neem. Verdere verandering hieroor sal later bekend gemaak word sodra die klub hul gewysigde lisensie kry”.

Spelers mag nie enige drank op die baan neemnietotdatdielisensievoorwaardesaangepas is nie.

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas vanaf 23 November 2023

WERKTUIGKUNDIGE (Gekwalifiseerd / Ongekwalifiseerd)

Koue Bokkeveld, Ceres

Ons benodig ‘n eerlike, sober en hardwerkende persoon met die vermoë om onder druk te kan presteer.

Die Harmonie Groep, ‘n goed gevestigde groep van ondernemings, beskik tans oor hierdie beroepsgeleentheid op die vrugteen groenteplaas, Môrester Landgoed.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir: • herstelwerk aan voertuie, trekkers en implemente • sweiswerk • instandhoudingswerk •diens en instandhouding van boorgate, besproeiingspompe, spilpunte •ander verwante take.

Vereistes: • minimum Graad 12 • natuurlike aanleg vir meganika • 2 - 3 jaar toepaslike praktiese werkswinkel ondervinding, asook ondervinding van boorgate, besproeiingspompe en spilpunte • geslaagde vaktoets sal in u guns tel.

‘n Markverwante vergoedingspakket, ooreenkomstig kwalifikasies en ervaring, word aangebied in ruil vir die verlangde vaardighede en ondervinding van die suksesvolle kandidaat.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 10 Maart 2023.

Diensaanvaarding: so spoedig moontlik.

Rig ‘n CV, wat drie kontakbare verwysings insluit, in vertroulikheid, per e-pos aan : mannekrag@morester.co.za.

Ons sal die ontvangs van u aansoek bevestig, maar slegs kortlyskandidate sal weer gekontak word.

Ons volg ‘n Gelyke Geleenthede-beleid.

WITZENBERG HERALD Friday, February 24, 2023 4

School learners to gain financial literacy skills

CITIZEN Leader Lab were delighted to host the Xhuma Programme, a financial literacy project run by International Master’s students from the Swiss-based University of St Gallen.

During the second week of February the “Xhumites” delivered fun, interactive finance workshops to the Grade 8 and Grade 9 learners of Iincinga Zethu Secondary School in Nduli, Ceres.

Iincinga Zethu Secondary School is one of over 1 700 schools part of the Citizen Leader Lab’s flagship leadership development programme, Partners for Possibility.

Since 2012, Xhuma has improved the lives of children in South Africa by teaching them financial literacy skills. During the Xhuma workshops, Iincinga Zethu learners were taught the fundamentals of financial literacy through an interactive, entertaining but impactful “Money Game”

This game introduces several concepts of financial literacy, such as income, expenses, investments, saving and spending money on “fun stuff”. Its goal is to create consciousness and awareness around financial matters in an interactive way that encourage the participants to be protective.

Grade 11 learners will also participate in a mentoring programme set up in partnership with the University of Cape Town Investment Society.

The “Xhumites” also had the opportunity to meet with local Business Leaders and visited a few of the local businesses and farms around Ceres:

- Lisa Louw, the Tasting Room Manager at Loxtonia Cider welcomed the group where they enjoyed a cider tasting,

- Hennie van Noordwyk, the Operations Manager at Koelfontein Estate and Yvette Enslin at @Source Handmade Foods Pty Ltd, joined the group on a visit to the Estate and Factory,

- Chrisna du Toit, Business Leader in partnership with principal Johannes Pieters at Kromlin PS, welcomed the group at the school, ECD and after-care centre, where the students had the opportunity to engage with the children, the visit were concluded with the students doing some sightseeing around the farm and the orchards where they enjoyed the pear and nectarines picking,

- The week were wrapped up with a visit to Bella Frutta Packhouse, welcomed by Thinus van Niekerk.

VAKANTE POS

BAMCO VERPAKKING, ’n sagtevrugte verkoelings- en verpakkingsfirma met ontstaan in 2009 as ‘n vennootskap tussen drie goed gevestigde landbou-ondernemings, Bronaar Plase, Donkerbos Landgoed en Môrester Landgoed - elkeen afsonderlike progressiewe besighede wat spesialiseer in die verbouing van vrugte en groente in die Koue Bokkeveld, Ceres.

VERKOELINGSTEGNIKUS

Die gepaste kandidaat sal aansluit by ‘n wêreldklas maatskappy met van die nuutste tegnologie. ‘n Droom geleentheid vir enige passievolle kandidaat. Hierdie opsie bied die geleentheid vir ‘n Junior of ‘n Senior Tegnikus om aansoek te doen. Werksverdeling sal plaasvind met die aanstelling. Pakket sal markverwant wees, gekoppel aan die verantwoordelikheid en ervaring van die aanstelling.

Sleutelprestasie-areas: • Daaglikse verkoeling en masjienkamer inspeksies met verstellings waar nodig • Gas- en temperatuur monitering • Skoonhou en instandhou van verkoelings toerusting • Skakeling tussen bestuur en Produksieafdeling • Elektriese kennis en ervaring is belangrik (swithchgear hantering) • Fout opsporing toepas • Minstens 1 jaar ondervinding in BA verkoeling. “Rooi Seel” of/sowel as “Trade Test” Elektrisiën kwalifikasie sal egter die aansoek versterk.

Eienskappe: • Stiptelik, betroubaar en ‘n oog vir detail • Bereid om skofte, oortyd en naweke te werk, wanneer nodig • Moet onafhanklik en onder druk kan werk • Gedissiplineerd - werk binne veiligheidsreëls soos voorgeskryf • Moet oor goeie gesondheid beskik • Rekenaarvaardighede sal tot voordeel wees • Verblyf in Ceres omgewing of in Koue Bokkeveld • Moet oor ‘n kode 8 lisensie beskik

‘n Markverwante vergoedingspakket sal aangebied word volgens die aansoeker se ervaring en kwalifikasie.

Hierdie pos rapporteer direk aan die verkoelingsbestuurder.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 27 Februarie 2023 Stuur asb. CV met werksverwysings en salarisverwagting na: mannekrag@bamco.co.za

Vir telefoniese navrae: Kobus van Niekerk 083-659-1735 Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Ons volg ’n gelyke geleenthede-beleid.

PUBLIC NOTICE

INSPECTION OF GENERAL VALUATION ROLL AND LODGING OF OBJECTIONS

Notice is hereby given that the General Valuation Rolls, for the financial years 1 July 2023 until 30 June 2028, lies open for public inspection in terms of section 49(1)(a)(i) of the Municipal Property Rates Act 6 of 2004 (the Act), at the various municipal offices and at www.witzenberg.gov.za from 17 February 2023 until 31 March 2023

In terms of section 49(1)(a)(ii) of the Act, any owner or person may lodge an objection with the Municipal Manager on any matter reflected in, or omitted from the abovementioned valuation rolls, within the prescribed period. In terms of section 50(2) of the Act an object must be in relation to a specific individual property and not against the valuation rolls as such.

Forms for lodging objections are obtainable at the various municipal offices and at www.witzenberg.gov.za

Completed objection forms must reach the Municipality before or on 6 April 2023

PUBLIEKE KENNISGEWING

INSPEKSIE VAN ALGEMENE WAARDASIEROL EN INDIEN VAN BESWARE

Kennis geskied hiermee dat die Algemene Waardasierolle vir die finansiële jare 1 Julie 2023 tot 30 June 2028 ter insae lê vir openbare inspeksie kragtens artikel 49(1)(a)(ii) van die Munisipale Eiendomsbelasting Wet 6 van 2004 (die Wet), by die verskillende munisipale kantore vanaf 17 Februarie 2023 tot 31 Maart 2023 en by www.witzenberg.gov.za

Kragtens artikel 49(1)(a)(ii) van die Wet kan ‘n eienaar of enige ander persoon beswaar maak by die Munisipale Bestuurder, ten opsigte van enige aangeleentheid of uitsluitsel in bogenoemde waardasierolle binne die voorgeskrywe tydperk. Artikel 50(2) van die Wet bepaal dat ‘n beswaar na ‘n spesifieke eiendom moet verwys en nie na die waardasierolle as sulks nie.

Beswaarvorms is beskibaar by die onderskeie Munisipale kantore en by www.witzenberg.gov.za

Voltooide beswaarvorms moet die Munisipaliteit bereik voor of op die 6de April 2023

ISAZISO ESIYA ELUNTWINI

UKUHLOLWA KOLUHLU LOQINGQOMAXABISO NOKUNGENISWA KWEZICHASO. Esi saziso sikhutshwe malunga noxabangelo lwamaxabiso jikelele onyaka mali ka 1 Kweyekhala 2023 until 30 Kweyesilimela 2028

Kuvumelekile kuwonke-wonke ukuba ayihlole ngokwecandelo 49(1)(a)(i) lo Rhulumente wezekhaya kumthetho ka 2004 nombolo 6 oyi (Muncipal Property Rates Act) eli xwebhu luzakufumaneka kuzo zonke ii-Ofisi zikaMasipala nakumnathazwe kaMasiplala othi www.witzenberg.gov.za ukusukela ngomhla we 17 kweyoMdumba 2023 ukuya 31 kweyo-Kwindla 2023

Ngokwecandelo 49(1)(a)(ii) lomthetho nawuphina uMnini okanye umntu onesikhalazo malunga noku kukhankanywe ngentla lowo uyacelwa ukuba afake isikhalazo sakhe kuMlawuli-Masipala kwixesha elisisimiselo.Ngokwecandelo 50(2) lwaloMthetho isikhalazo masiyelelane nendawo leyo singabinxamnye noluxabangelo.

Amaxwebhu ezikhalazo ayafumaneka kwii-Ofisi zikaMasipala ezohlukileyo nakumnathazwe www.witzenberg.gov.za

Amaxwebhu agcwalisiweyo kufuneka afakwe phambi komhla we 6 kwekaTshazimpunzi 2023

Enquiries/Navrae/Imibuzo:

Ms. M. Poole ☎ (023) 316-8117

Ms. N. Victor ☎ (023) 316-8110

WITZENBERG HERALD Friday, February 24, 2023 5
Die 2023 tennisspan van die Laerskool Koue Bokkeveld het onlangs ‘n tennistoer na die Overberg onderneem en wedstryde teen skole in die streek gespeel. Die groep leerders het ondermeer die mees Suidelikste punt in Afrika en die lugtoring besoek. LT.Kol. Viala Groenewald is vanaf 1 Desember 2022 Tulbagh SAPD se nuwe stasiebevelvoerder. Sy het sedert April verlede jaar waargeneem nadat lt.kol. Charlie Meiring na 44 jaar diens, afgetree het. D. NASSON MUNICIPAL MANAGER / MUNISIPALE BESTUURDER / UMPHATHI kaMASIPALA

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Christina Nel

1938/09/15 - 2023/02/16

Begrafnisdiens: Sat 25 Feb. 2023

Huis: 08:30, Erikastr. 296, Bella Vista

Kerk: 10:00, VGK Bella Vista Graf: Bella Vista

(023) 312-2392

n/u: 082-5753-181

Isak Krotz

1961/08/28 - 2023/02/16

Begrafnisdiens: Sat. 25 Feb. 2023

Huis: 09:00,Blossomstr. 1121, Bella Vista

Kerk: 10:00, Algemene Pinkster Kerk, Bella Vista Graf: Bella Vista

(023) 312-2392

n/u: 082-5753-181

Miena Douglas

1940/04/14 - 2023/02/19

Begrafnisdiens: Sat.25 Feb. 2023

Huis: 10:00, Gousblomstr. 20, Montana, Wolseley Graf: Wolseley

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

Abraham Cural Rodrick Visagie

1971/11/05 - 2023/02/19

Begrafnisdiens:

So. 26 Feb. 2023

Huis: 09:00, Ashley Krielstraat 68, PA Hamlet Graf: Bella Vista

(023) 312-2392

n/u: 082-5753-181

Jacob Baron

1976/10/22 - 2023/02/10

Begrafnisdiens: Sat. 25 Feb. 2023

Bokveldskloof Plaas

Kerk: 09:00, Boksveldskloof Saal Graf: Boksveldkloof Plaas

Die beste diens, altyd.

John Kannemeyer

☎ ☎ ☎ ☎ (023) 316-1814

Jacob Klaaste

1936/07/13 - 2023/02/19

DIANA is there to help:

•Financial assistance

•Bring back lost lovers

•Court and divorce cases

•Pay after job is done

Met hartseer neem ons afskeid van ons geliefde pa, oupa en oupagrootjie in die ouderdom van 86 jaar. Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet en ons berus in die wil van die Vader wat die lewe gee en die lewe neem. Tot aan die einde sal liefdevolle herinneringe altyd by ons bly. Van kinders, kleinkinders en agterkleinkinders

Cupido (Boeta) Isaacs

1959/02/26 - 2022/12/05

Die 26ste Februarie is dit jou 1ste verjaarsdag weg van ons. Jy sou ‘n volle 64 jaar wees! Ons harte is stukkend, sonder ‘n drukkie, ‘n totsiens of selfs ‘n lekker grappie net soos jy dit kon doen, is jy na Hoër Hoogtes geroep. Die vermisting is groot dit is nog so onwerklik! In ons harte sal jy bly voortleef. Lief jou vir ewig. Rus sag in Vrede my geliefde man, broer, oupa en swaer, ons alles in een. Lorraine, Courtney, Caiden, Mia en familie

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

NICRA

Konstruksie

● Boublokke

● Boustene

● Plaveistene

Paving Skakel: Niel Crafford 082-827-6439

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

073-478-1181

Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.

TE HUUR

KANTOORSPASIE (±150m²) te h/v

Vos- en Faurestraat. Onmiddellik beskikbaar

R7 500 p/maand

Skakel Jaco-Marié (023) 312-1414

MAART APRIL

Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

RESCUES UP

WITZENBERG HERALD Friday, February 24, 2023 6 classifieds
TO DONATE
SCAN
FOR ADOPTION
at the shelter Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small. JANIJANI JANIJANI JANI (Female) Born 15/08/2022 ESTEST ESTEST ESTAA AA (Female) Born 15/07/2021 BRAKKIEBRAKKIE (Female) Born 01/08/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Incl. a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply OUGAOUGA OUGATT TT T (Female) Born 24/08/2022 BIBIBIBI (Female) Born 28/10/2022 BAKGABAKGA BAKGAT T T T (Male) Born 29/11/2022
Currently
RICKYY
Titus 1: 10-11 “Daar is baie, veral onder die bekeerlinge uit die Jodedom, wat in opstand kom teen gesag, wat onsin praat en mense verlei. Hulle mond moet
dinge te leer wat nie toelaatbaar is nie, en dít net om skaamteloos geld te maak.” Evangelis Jacobs
GUINEVERE GUINEVERE (Female) Born 04/10/2022 RICKRICK
YY (Male) Born 22/11/2022
gesnoer word. Hulle bring hele huisgesinne in beroering deur
Besigheidsure: Ma - Vry: 09:00 - 16:00 Sat: 09:00 - 12:30
op alles gedurende MAART
uitverkoping
1 April • 09:00 - 12:30 • Worsbroordjies (R25) • Pannekoek • Handwerk ens.
skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
Mini
PLANT AND AND PLANT AND AND TOOL HIRE

DAANTJIE Kat het verlede Donderdag Laerskool Waveren besoek om die graad 1 leerders meer oor padveiligheid te leer. Die leerders het vir Daantjie Kat verskriklik geniet en op die ontspanne manier het leerders meer geleer oor padveiligheid. Hier is Ebrahim Daniëls en Daantjie Kat saam die graad 1 leerders.

PUBLIC NOTICE INSPECTION OF SUPPLEMENTARY VALUATION ROLL FOR THE PERIOD 2018/2022

Notice is hereby given, in terms of the provisions of Section 49(1)(a)(i) read together with Section 78(2) of the Local Government: Municipal Property Rates Act (no 6 of 2004), herein after referred to as the “Act” that the Supplementary Valuation Roll 2018/2022 lies open for Public Inspection at the various offices of the Municipality or the Webpage www.witzenberg.gov.za as from 1 March 2023 to 31 March 2023. An invitation is also extended, in terms of the provisions of Section 49(1)(a)(ii), read together with Section 78(2) of the Act, that any owner of immovable property or any other person may submit an objection to the Municipal Manager regarding any matter or omission in connection with the Valuation Roll within the above mentioned period. Your attention is specifically drawn to the provisions of Section 50(2) of the Act that any objection must refer to a particular property and not to the Valuation Roll as a whole. The prescribed form for the lodging of objections is available from under mentioned officials for the owners of the properties involved where supplementary valuations have been completed. Enquiries may be directed to Ms. Marizel Poole or Ms. Nelia Victor at (023) 316-1854. Address: The Municipal Manager. Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, Ceres, 6835

PUBLIEKE KENNISGEWING

INSPEKSIE VAN AANVULLENDE WAARDASIEROL VIR DIE PERIODE 2018/2022

Kennis word hiermee gegee kragtens die bepalings van artikel 49(1) (a)(i) saamgelees met artikel 78(2) van die Plaaslike Regering: Munisipale Wet op Eiendomsbelasting (Wet nr. 6 van 2004), hierna verwys as die “Wet”, dat die Aanvullende Waardasierol 2018/2022 ter insae lê vir openbare inspeksie by die onderskeie Munisipale kantore of die webblad www.witzenberg.gov.za vanaf 1 Maart 2023 to 31 Maart 2023. ‘n Uitnodiging word ook gerig ingevolge die bepalings van Artikel 49(1)(a)(ii) saamgelees met artikel 78(2) van die Wet dat enige ander persoon ‘n beswaar kan indien by die Munisipale Bestuurder ten opsigte van enige aangeleentheid of uitsluitsel rakende die eiendomswaardasierol binne bogenoemde tydperk. Daar word spesifiek verwys na die bepalings van artikel 50(2) van die Wet dat ‘n beswaar moet verwys na spesifieke eiendom en nie teen die waardasierol in geheel nie. Die voorgeskrewe vorm vir die indiening van ‘n beswaar is beskikbaar by die onderstaande persone vir die betrokke erwe waarop aanvullende waardasies plaasgevind het. Enige navrae kan gerig word aan Me. Marizel Poole of Me. Nelia Victor by (023)316 1854. Adres: Die Munisipale Bestuurder, Witzenberg Munisipaliteit, Posbus 44, Ceres, 6835.

ISAZISO

SIKAWONKE-WONKE NGOKUHLOLWA

KOXABANGELO LWAMAXABISO LUKA 2018/2022

Esisaziso sikhutshwe ngokweCandelo 49(1)a(i) ngokuphathelene neCandelo 78(2) looRhulumente bezeKhaya kumthetho ka 2004 unombolo 6 oyi(Local Government Municipal Property Rates) ozakuthi emveni koku ubizwe njengoMthetho othi ,uhlolo lukawonkewonke loxabangelo lwamaxabiso Ithuba lokufaka iziphakamiso 2018/2022 luvuliwe kwii-Ofisi zikaMasipala ukusukela ngomhla woku-01 kweyoKwindla 2023 ukuya ngomhla wama 31 kweyoKwindla 2023. Naku mnathazwe www.witzenberg.gov.za Esisimemo sikhutshwe ngokwe Candelo 49(1)a(ii) elifundwa ngokufana twatse neCandelo 78(2) lomthetho othi wonke ubani ongumnini-mhlaba/indlu onqwenela oluxabangelo kufuneka enze unakhonakho wokudibana noMlawuli-Masipala koluxabangelo lukhankanywe ngentla kwaye siqaphele ixesha elingunqamlajuqu. Ngokwecandelo 50(2) lomthetho, isiphikiso/isiphakamiso kufuneka singqamane nendlu/ indawo yomntu lowo kodwa singabingaphesheya kulomthetho woxabangelo. Iifomu zeziphikiso/iziphakamiso zikhona kwi-Ofisi zikaMasipala.Kwaye ifomu ezigcwalisiweyo kufuneka zifakwe kwii-Ofisi zikaMasipala waseWitzenberg, 50 Voortrekker Road, eCeres. Ziziphakamiso zodwa ezizakuthathelwa ingqalelo. Imibuzo: Ms. M Poole or Ms. Nelia Victor at (023) 316-1854 ngamaxesha omsebenzi.

MUNICIPAL MANAGER / MUNISIPALE BESTUURDER / UMPHATHI kaMASIPALA

WITZENBERG HERALD Friday, February 24, 2023 7

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Nasson en Kayer wen Windhoekpare kompetisie

GLENNY Nasson en Jo-Dean Kayer het Saterdag die eerste Windhoek-pare kompetisie vir 2023 met 47 punte gewen.

JC van der Merwe en Charl du Plessis was tweede met 44 punte. Werner Pharo en Hendry Titus was derde gevolg deur Charles Basson en Wincen Abrahams, almal met 44 punte.

Saterdag 25 Februarie besoek die Sanlam gholfgroep van Kaapstad weer Ceres.

Die middag borg die klub ‘n enkel syfer plus kompetisie.

Klubkampioenskappe

Die A-afdeling sal Saterdag 4 Maart oor 36 putjies gespeel word en 18 putjies op Sondag 5 Maart.

Die nuwe klubkampioen word Sondag na afloop van die dag se spel, op die 18de putjie se setperk gekroon.

Die B-afdeling en C-afdeling spelers speel Saterdag 4 Maart en Sondag 5 Maart, 18 putjies op ‘n dag.

Tydens ‘n onlangse komiteevergadering is daar besluit om weer ‘n D-afdeling in te stel en die voorgee-afdelings aan te pas.

Daar is plek vir 48 spelers. Persone oor 50 mag met ‘n gholfkarretjie ry.

Inskrywingsfooie beloop R440

Spelers moet vroegtydig bespreek vir ‘n hamburger (Saterdag) of ‘n braaipak (Sondag) by die klub. Elke speler bestel en koop sy eie kos. 36 Spelers het sover al ingeskryf.

Ander kompetisies

Op Vrydag 24 Februarie is die baan gesluit vir die jaarlikse Lions gholfdag

Op Vrydag 3 Maart vind Pikkiepark se gholfdag plaas. Indien spelers wil deelneem kan hulle die Lionsklub of Pikkiepark kleuter-

Tankwa Crossing lok ultra hardlopers

DIE Tankwa Crossing is vir die tweede keer van 16-19 Februarie 2023 (Donkermaan) aangebied - die keer tussen Vanrhynsdorp en Ceres. Die enkelskof woestynkruising is die enigste wedloop van sy soort in die land en ultra-hardlopers moes die afstand oor 207 kilometer voltooi. Deelnemers het reeds verlede Woensdag om 09:00 in Vanrynsdorp weggespring en Marius van Rensburg was eerste oor die eindstreep in 69 uur en 20 minute. Nicky Booyens en Henk Mulder het ‘n uur later in 70 uur en 33 minute klaargemaak. Atlete het ook aan die Alien 100 myl deelgeneem wat by Tankwa padstal klaargemaak het asook aan die halfmarathon (Baby Donkey) en marathon (Donkey Dash).

NOTICE OF BASIC ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT

PROPOSED REGIONAL CEMETERY WITHIN THE WITZENBERG LOCAL

MUNICIPALITY, WESTERN CAPE PROVINCE

Notice is hereby given in terms of Regulation 41 (2) published in Government Notice No. 982 under Chapter 6 of the National Environmental Management Act (NEMA, Act No. 107 of 1998) Environmental Impact Assessment (EIA) Regulations (as amended) of the submission of an application to the provincial Western Cape Department of Environmental Affairs and Development Planning, (DEADP) for Environmental Authorisation (EA).

Proponent, Activities and Location: The Witzenberg Local Municipality proposes to establish a regional cemetery to service the towns and rural areas of this municipality including Ceres, Prince Alfred’s Hamlet, Op-die-Berg, Tulbagh, and Wolseley if and when necessary and have a lifespan of thirty years. The proposed site is demarcated as Farm Portion 82/364, Ceres.

NEMA Listed Activities: A Basic Assessment (BA) process is triggered by at least the following listed activities: Listing Notice 1; Activity 23 and 27; Listing Notice 3 Activity 4.d.ii.

Competent Authority: The competent authority for this application is the provincial Western Cape Department of Environmental Affairs and Development Planning, (DEADP). CES has been commissioned by Witzenberg Local Municipality to undertake the BA process in terms of NEMA EIA Regulations. You are hereby invited to register as an Interested & Affected Party (I&AP). Please submit your name, contact information and any comments to the contact person below.

For more information, registration as an I&AP or submission of written comments contact by post, phone, fax or e-mail: P.O. Box 8145, Nahoon, 5210, Tel: (043) 726-7809; Sinazo.Bhengu@cesnet.co.za *Please include the project reference in all correspondence: Proposed Witzenberg Cemetery

Enige speler kan in die D-afdeling (stableford kompetisie) speel. Net spelers in dié afdeling kan van enige van die twee bowwe (agter of voor) afslaan en speel ook 18 putjies per dag.

Voorgee op 3 Maart is van toepassing en spelers ding mee in A-afdeling (maks 7voorgee), B-afdeling van 8-15 en C-afdeling 16+. Die A-, B- en C-afdeling speel almal houespel en van die agterste bowwe.

Inskrywings is oop en spelers kan hul naam by die klub opsit (023) 312-3068 of ‘n WA stuur na Henry Brown by 084-587-6332

skool of Ceres gholfklub skakel om in te skryf. Die Witzenberg Matriekfonds bied op Vrydag 10 Maart ‘n gholfdag aan.

Die Witzenberg Matriekfonds samel geld in om belowende matriekleerders in die Witzenbergstreek, wat finansieel nie op hul eie verder kan studeer nie, te help om verder te studeer en ‘n loopbaan te begin.

Die kompetisieformaat is ‘n 4-BBB stableford en die koste beloop R2 000 per span van vier. Die inskrywingsgeld sluit iets te ete na nege putjies in en ‘n kosbord (platter) tydens die prysuitdeling.

Vir meer besonderhede rakende inskrywings en donasies, kan Henry Brown geskakel word by 084-587-6332

GLENNY Nasson en Jo-Dean Kayer het Saterdag die eerste Windhoekpare kompetisie vir 2023 gewen.

WITZENBERG HERALD Friday, February 24, 2023 8

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.