Witzenberg Herald Vol.26 no.8 (Online Weergawe)

Page 1

WH H e r a l d

Valskermswewer (48) sterf

‘n VALSKERMSWEWER (48) is die naweek buite Wolseley dood nadat hy tydens ‘n langafstandvlug geval het.

Die lugvaart-soek-en-reddingkoördineringsentrum (ARCC) het saam met paramedici en WSAR gewerk en is Saterdag met ‘n Black Hawk UH 60 na die toneel ontplooi nadat vriende van Nigel Frith agtergekom het hy is vermis.

Frith, van Brackenfell, is later met behulp van ‘n GPS-toestel opgespoor waar hy in ‘n onherbergsame gedeelte op die plaas Versig naby Kluitjieskraal, geval het.

Reddingspersoneel asook ER24 en EMS paramedici, is naby die toneel afgelaai waar daar vasgestel is dat dié valskermswewer aan sy beserings beswyk het.

Weens die moeilike terrein, sterk winde en swak lig, is daar omstreeks 19:00 besluit om die liggaam eers daar te los en Sondagoggend terug te keer vir die herwinningsoperasie.

‘n AMS helikopter is Sondag omstreeks 07:30 na die toneel om die liggaam uit die berg te haal en het omstreeks 09:30 teruggekeer.

Ondersoek ‘n Ondersoek deur die SuidAfrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) moet eers gedoen word voordat daar met sekerheid gesê kan word hoe die ongeluk plaasgevind het. Daar sal ook na weersomstandighede en menslike foute gekyk word.

Frith was ‘n ervare valskermswewer en vlieginstrukteur by Parapax, ‘n onderneming wat tandem-valskermvlugte bo-kant Seepunt aanbied. Frith het saam met twee vriende ‘n langafstandvlug van 70 kilometer oor land gedoen nadat hulle vroeër die dag van Villiersdorp vertrek

VALSKERMSWEEF is ‘n baie uitdagende sportsoort met groot gevare.

Ervare swewer sterf

NIGEL Frith (48), was ‘n ervare valskermswewer en vlieginstrukteur by Parapax, ‘n onderneming wat tandem-valskermvlugte bo-kant Seepunt aanbied.

Porterstraat, Ceres (023) 312-3413

Besigheidsure: Ma. - Vr.: 08:00 - 17:00 Sat.: 08:00 - 11:30

Alle pryse is BTW ing. Geldig vanaf 2 - 31 Maart 2023 Terme en voorwaardes geld. Geen smouse.

Verskeidenheid PVC ceilings nou beskikbaar (skakel winkel vir pryse)

Verskeidenheid kleure

ECO rubber dakseëlaar DIY stelle R300

Verskeidenheid CHALK PAINT verf en AEROSOL SPRAY beskikbaar

Coopermatic aerosol R150

Cooper ultramatic masjien R500

Martin Behm (023) 316-2959 082-734-4549mar tinb@27four.com • Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien. TRADING HOURS: Mon - Fri: 07:30 - 17:30 Saturday: 08:00 - 13:00 49 Lyell Street, Ceres Tel: (023) 312-3578 49 Lyell Street, Ceres MINI SERVICE R370 + + +FREEFREE FREEFREE FREEPOWERGEL POWERGEL POWERGEL UPCOMING EVENTS: CAPE TOWN CYCLE TOUR: 12 MARCH 2023 Book services now for upcoming event Valid until 31 March 2023 Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Witzenberg Volume 26 no. 8 R 8.50 Friday, 3 March 2023 Ceres Koekedouw dam 42,6% Tulbagh dam 30% Lesings geneem: 2023/03/01 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 2 Maart 18° 36° Vrydag 3 Maart Saterdag 4 Maart Sondag 5 Maart 14° 30° 12° 24° 9° 23°
het. DIE lugvaart-soek-en-reddingkoördineringsentrum (ARCC) het saam met paramedici en WSAR gewerk en is Saterdag 25 Februarie met ‘n Hawk UH 60 helikopter na die plaas Versig buite Wolseley ontplooi nadat vriende van Nigel Frith, ‘n ervare valskermswewer, agtergekom het hy is vermis. FOTOS: David Nel - WSAR en Facebook
087 094 8092 087 094 8092 087 094 8092 087 094 8092 www.rubberroofs.co.za
The trusted name in commercial and residential Waterproofing.
DIE Tankwa Crossing is vir die tweede keer van 16-19 Februarie 2023 aangebied - die keer tussen Vanrhynsdorp en Ceres. Vanjaar het atlete die keuse gehad om afstande vanaf 21 km tot en met 323 km te hardloop. Berig op bladsy 8

LEDE van Council for Enterprise and Economic reform (CEDER) is betrokke in die gemeenskap. Die groep bestaan uit rolspelers met verskillende vaardighede in eiendomsontwikkeling en instandhouding. Nou het hulle gehelp met die aanbring van ‘n betonblad om die lewe van ‘n gestremde persoon in ‘n rolstoel te vergemaklik. CEDER bedank JRT, Mainline Travels en Du Plessis Auto vir hul bydraes. Enige hulpbehoewende huishouding wat sukkel met klein herstelwerk aan woonhuise, word uitgenooi om aansoek te doen vir bystand. Enige navrae kan gerig word aan Christophe Seroot by 071-278-0544. AGTER: Timothy Gordon (voorsitter), Dirk Swart (wyk 3) en Christophe Seroot (koördineerder).

VOOR: Een van die begunstigdes.

OPENBARE KENNISGEWING

VAN VERGADERING VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE

MUNISIPALE RAAD:

6 MAART 2023

Kennis word hiermee gegee ingevolge

Artikel 19 van die Wet op Plaaslike

Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat ‘n Spesiale

Raadsvergadering gehou sal word op Maandag, 6 Maart 2023 om 10:00 in die Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres

D. NASSON

MUNISIPALE BESTUURDER

MUNICIPAL MANAGER

Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres

Verw/Ref.: 03/1/2/3

PUBLIC NOTICE OF MEETING OF THE WITZENBERG LOCAL

MUNICIPAL COUNCIL:

6 MARCH 2023

Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that a Special Council meeting will be held in the Town Hall, Voortrekker Street, Ceres on Monday, 6 March 2023 at 10:00

BEHOORLIKE toesig in die water - selfs al leer jou kind swem - is een van die belangrikste maniere om verdrinking te voorkom. Verdrinking is vinnig, stil en baie meer algemeen as wat die meeste inwoners besef. Dit gebeur elke dag met kinders met liefdevolle, oplettende ouers en versorgers. Die primêre verdrinkingsrisiko vir kleuters tussen die ouderdomme 1 tot 4 is onvoorsiene toegang tot water sonder toesig. Weet hoe om tekens van nood te herken en te reageer wanneer daar moeilikheid is. Almal, insluitend ouers, versorgers en ouer kinders, moet KPR en veilige reddingstegnieke aanleer om op ‘n verdrinkingsvoorval te kan reageer. Skole kan vir Eoudia Erasmus (waterveiligheidsinstrukteur van NSRI) skakel indien hul belangstel in ‘n gratis waterveiligheidswerkswinkel. * Leerders van HM Beets creche besig om ‘n waterveiligheid-lessie te ontvang.

✔ REDUCE

✔ REUSE

✔ RECYCLE

CONTACT DETAILS:

Technical Services

Solid Waste and Sanitation Services

50 Lyell Street CERES, 6835 24-hr Control Room (023) 316-2328/9

Operating Hours: Mon - Fri08:00 - 16:30

Saturdays 08:00 - 14:00

Public Holidays: 08:00 - 13:00

Sundays: Closed

ACCEPTABLE:

•All recyclable material: This includes paper, carton, plastic, glass and metal.

FROM Monday 20 February until 31 March 2023, the Western Cape Department of Health’s School-based vaccination programme will once again visit schools to provide integrated immunisation aimed at reducing vaccine preventable diseases. School health nurses will be visiting all public and special schools in the province to administer the routinely recommended human papillomavirus (HPV) vaccine, as well as the measles vaccine. This is part of the department’s commitment to ensure healthy and thriving children as they grow up. The HPV vaccine is being offered to girls in grade 5 over the age of ten years and the measles vaccine to boys and girls under the age of 15. * Most side-effects from vaccination are minor and quickly disappear. Severe allergic reactions are rare. If any reaction is severe or persistent, or if you are worried about your child, contact your healthcare worker or doctor. ** Since the start of the campaign 114 185 children under 15 years of age have been vaccinated in the Western Cape.

NOT ACCEPTABLE:

•Aerosol cans (spray)

•Clothing and textiles

•Disposable nappies

•Tyres

•Hazardous waste

•Batteries

•Medical waste

•Oil

ALL CONSUMERS SHOULD:

1.Sort all acceptable recyclable materials at source/home.

2.Store recyclable materials in 15l see-through refuse bags (750mm x 950mm) or holders/bins.

3.Bring the acceptable recyclable materials together with your municipal account to the Ceres MRF.

•Household refuse Incentive: For every 15L recyclable material, the accountholder will receive a discount! (Council approved tariffs)

KENNISGEWING

In die boedel van wyle:

AUBREY WITBOOI

Id. no. 641222 5209 080

Van: Randstraat 207, Ceres, 6835

Boedelnommer: 014265/2021

Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel sal oor ‘n tydperk van een-en-twintig dae van Vrydag 3 Maart 2023 ter insae lê in die kantore van die Meester van die Hoogge-regshof, Kaapstad en in die kantoor van die Landdros op TULBAGH.

GEDATEER en GETEKEN te CERES op hierdie 21ste dag van FEBRUARIE 2023. JOHAN BEZUIDENHOUT

Prokureur vir Eksekuteur

Voortrekkerstraat 58, Ceres, 6835

WITZENBERG HERALD Friday, March 3, 2023 2

HERSTELWERK aan die Van Bredabrug het in Desember 2021 begin en behoort later in 2023 klaar te wees. Die brug word tans opgegradeer teen ‘n koste van R58 miljoen. Dele van die brug is per pad na Ceres gebring waar dit op die kante ingevoeg word. Die pad was verlede week in die aand gesluit sodat kontrakteurs aan die brug kan werk.

FOTO: Naas van der Merwe

Man in hof na hy vrou vermoor

‘n MAN (43) wat sy saambly vrou wreed vermoor het terwyl haar kinders in die huis was, het die week weer in die Ceres landdroshof verskyn.

Die verdagte, Lehlohonolo Joseph Mokhoabane (43), is op 17 Februarie gearresteer weens dié moord. Hy moet weer op 3 Maart in die Ceres landdroshof verskyn.

Agtergrond

Drie kinders onder die ouderdom van 6 jaar is wees gelaat nadat hulle ma (32) in een van die grusaamste voorvalle in die Witzenbergstreek, met ‘n piksteel doodgeslaan is.

Die moord het omstreeks 08:50 op ‘n plaas in die Onder-Swaarmoed-omgewing plaas-

Twee verkragters lank tronk toe

SPEURDERS van Ceres SAPD se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) het die afgelope maand twee suksesvolle vervolgings in die streekhof afgehandel.

Vuyani Tyeku (44) van Pine Valley buite Wolseley is op 2 Februarie in die Paarl streekhof, 20 jaar effektiewe tronkstraf opgelê vir verkragting. Hy het op 16 Junie 2020 ‘n 7-jarige meisie verkrag.

In ‘n tweede geval is Teboho Fufu (25) lewenslange gevangenisstraf opgelê vir die verkragting van ‘n 67-jarige slagoffer op Tulbagh. Fufu is op 16 Februarie in die Paarl streekhof gevonnis.

gevind. Die 32-jarige slagoffer se kinders was nog in die plaaswerkershuis toe die polisie op die toneel kom. Hulle is tans in die sorg van familielede geplaas en kry berading.

Ander saak

Mokhoabane is einde April 2022 gearresteer toe die Valke op ‘n plaas in die Onder-Swaarmoed-omgewing toegeslaan en hom gearresteer het vir die onwettige kweek en handel in dagga.

Daar is op nagenoeg R171 000 se dagga en 79.95 kg se gedroogde dagga met ‘n beraamde straatwaarde van nagenoeg R90 000 beslag gelê.

Tankwa-pad eis nog 'n slagoffer

SONDAG 26 Februarie omstreeks 17:30 het die bestuurder van dié Hyundai motor beheer verloor. Die motor het by Pine Valley se ingang op sy dak tot stilstand gekom. Drie kinders tussen die ouderdomme van 4 en 11 jaar was saam met twee vroue en die bestuurder in die motor. Een vrou en 'n man het gesigbeserings opgedoen. Die kinders is lig beseer.

‘n MOTORFIETSRYER van Pretoria is die naweek dood nadat hy ‘n grondwal getref en beheer oor sy motorfiets verloor het. Thomy Theron (50) het Saterdag 25 Februarie omstreeks 15:00 saam met ‘n vriend gery toe hy naby die plaas, Da Doer, op pad na Middelpos geval het. Dit is ongeveer 150 km van Ceres. Die ambulans en polisie kon nie ontbied word nie aangesien daar geen selfoonopvangs was nie. Hy is later met inwendige beserings na ‘n plaas geneem vanwaar die nooddienste ontbied is. Theron is meer as ‘n uur later op die toneel dood voordat die ambulans opgedaag het.

WITZENBERG HERALD Friday, March 3, 2023 3 087 095 3617 023 1000 515 info@jptek.co.za SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES We offer: ·Consulting Services·Maintenance ·Access Control·Audio and Visual ·Structured Cabling·Wireless Networking ·Alarm Systems·Gate motors ·IP Based CCTV Systems ·Fibre Optic Installations ·Analytic Based Alert Notification Systems ·Analogue Based CCTV Systems ·Integrated Security Systems BACKUP POWER SOLUTIONS call us for: inverters batteries solar panels www.jptek.africa
JOSEPH Mokhoabane (43).

MANDY Geldenhuys (Life coach, Reiki master, two time Martial Arts champion and Tae Bo instructor) created a menthal health programme for Grade 12’s. The main objective of the workshop is to equip the Grade 12’s with the necessary tools and skills to make good choices for their future. The workshop consists of focus breathing exercises, to assist them with anxiety and depression and tools for self-motivation. This is the first workshop of four parts that will stretch throughout the year. The first group was Ceres Secondary School on 23 February with 264 Grade 12 learners who participated.

DIE atlete van Die Eike primêre skool het Saterdag 25 Februarie aan die Hoërskool Boland atletiekbyeenkoms in die Paarl deelgeneem. AGTER: Markdeen Draai (afrigter). VOOR: Bianca Ockhuis (o/15 verspring en 800 meter), Charday Steenberg (o/14 verspring), Anthony Fortuin (o/14 verspring, 100 meter en 200 meter) en Chriswill du Toit (o/14 verspring). * Anthony Fortuin het ‘n eerste plek in verspring behaal en ‘n goue medalje verwerf.

JOHAN du Toit en Anmari Steenkamp van Laerskool Koue Bokkeveld het die afgelope naweek die o/12 A Kavaliers tennisspan in George verteenwoordig. Boland Kavaliers eindig in die eerste plek en ontvang goue medaljes.

Hierdie aanstelling het by De Keur Verpakking, te Ceres ontstaan

LOON- EN ONTVANGSKLERK

Hierdie is ‘n permanente aanstelling in die Finansiële- & Administratiewe afdeling, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van proeftydperk.

Doel van pos: Verantwoordelik vir die daaglikse verwerking van lone op Sage People 300, sowel as die hantering van ontvangs, algemene administrasie en pensioen rekonsiliasies.

Vaardighede: • Akkuraatheid • Doelgerig - moet sperdatums haal • Moet goed onder druk funksioneer • Ondervinding in doen van lone • Administratiewe- en ontvangs vaardighede • Kommunikasievaardighede • Probleemoplossing • Moet inisiatief neem en pro-aktief kan optree.

Onder vinding: • Sage People 300 ondervinding van kardinale belang.

Opleiding: • Graad 12 • Sage People 300 • Kennis van Vitrax sal voordelig wees • Goeie kennis van MS Office.

Vergoeding: Markverwante vergoeding sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioen- en mediese skema is ‘n voorvereiste aan die aanstelling.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 16 Maart 2023

Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik

Navrae en aansoeke : Stuur asb. u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, afskrif van u ID en drie verwysings aan Johan du Plessis by recruitment@dekeur.co.za

De Keur Verpakking is ‘n gelyke geleentheid werkgewer

DIE atlete van Die Eike primêre skool gaan op Saterdag 4 Maart aan die Boland Laerskole atletiekbyeenkoms in die Paarl deelneem. AGTER: Amorita Hardneck (o/11 gewigstoot) en Ruan

Nuwe onnie by skool verwelkom

MOOI-UITSIG PRIMÊR (Bella Vista, Ceres) ✉ 222, CERES, 6835 ☎ ☎ (023) 315-5820 Faks: (023) 315-6587 admin@muprimer.co.za

Beskik oor die volgende vakature WKOD KONTRAKPOS

GRONDSLAGFASE (Graad 1)

1 April 2023 - 31 Desember 2023

Vereistes : • Grondslagfase Onderwyskwalifikasie • KABV opleiding

• goeie klaskamerbestuur • goeie menseverhoudinge • goeie dissipline • betrokkenheid by alle buitemuurse aktiwiteite • ondersteuning by alle skoolfunksies • Rekenaarvaardig.

Sluitingsdatum vir aansoeke: Woensdag, 15 Maart 2023 om 15:00

E-pos aansoekbrief, geser tifiseerde afskrifte van onder wyskwalifikasies, CV en een onlangse getuigskrif na: Die Skoolbestuurder:

Mnr. D.L. Ceasar

E-pos: admin@muprimer.co.za

Vir enige navrae skakel: (023) 315-0485 of 060-340-4097

WITZENBERG HERALD Friday, March 3, 2023 4
Seim (o/13 verspring). VOOR: Alrich Smith (afrigter), Kateline Hanekom (o/12 100 meter), Monique Mentoor (o/13 800 meter) en Duran Davids (o/13 gewigstoot). BELLA Vista primêr verwelkom Celeston de Silva, ‘n nuwe opvoeder in die grondslagfase. BELLA Vista primêr spog met ‘n groot aantal atlete wat in die 2023 Witzenberg atletiekspan opgeneem is. Die skool wens elke atleet sterkte toe vir die Boland byeenkoms wat die naweek in die Paarl aangebied word.

Mazda se insittendes hardloop weg na ongeluk

NOODDIENSTE- en verkeerspersoneel was die naweek baie bedrywig in die streek. Saterdag 25 Februarie omstreeks

04:00 het ‘n Audi en Mazda naby die Fairfield-afdraai gebots. Na bewering het die bestuurder van die Mazda ‘n U-draai gemaak waarna die bestuurder van die Audi teen die Mazda vasgery het. Die insittendes van die Mazda het uitgespring en weggehardloop. Niemand is beseer nie.

Twee mans op Wolseley

vermoor

WOLSELEY SAPD ondersoek twee moordsake nadat twee onbekende mans op die dorp vermoor is.

Die eerste moord is Sondag 26 Februarie omstreeks 09:00 aangemeld nadat ‘n bakkie ‘n onbekende man wat verskeie kere in sy maag en rug gesteek is, by die polisiestasie afgelaai het. ‘n Ambulans is ontbied wat die erg beseerde man na Ceres hospitaal geneem het.

Die man het later aan sy beserings beswyk.

Skaars ‘n uur en ‘n half later is die tweede moord in Pine Valley woonbuurt aangemeld.

Omstreeks 10:45 het die polisie ‘n oproep ontvang waar ‘n man erg aangerand is tydens ‘n boendoehof-voorval.

Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle ‘n onbekende man aangetref wat erg oor die kop geslaan is met verskeie oop wonde. ‘n Ambulans is ontbied wat die beseerde man na Ceres hospitaal geneem het.

Hy het ook later aan sy beserings beswyk.

Ondersoek

Wolseley SAPD ondersoek beide moorde en indien daar iemand is met meer inligting oor enigeen van die twee voorvalle, kan hulle vir kapt. Faroa skakel by (023) 2318000

Statistieke

Die derde kwartaal se misdaadstatistieke is op 17 Februarie bekend gemaak.

Tussen 1 Oktober en 31 Desember 2022 is daar 1198 moorde in die Wes-Kaap gepleeg.

Dit is 13.4% meer as die ooreenstemmende periode in 2021. WesKaap het 8 polisiestasies (moorde aangemeld) in die top 30. Geen plaasmoorde is in die Wes-Kaap aangemeld nie.

CERES FRUIT GROWERS (EDMS) BPK.

OPWINDENDE LOOPBAANGELEENTHEID CERES, WES-KAAP

Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk, een van die leidinggewende vrugte-, verpakking- en bemarkingsmaatskappye in SA, benodig ‘n energieke en professionele persoon in die volgende betrekking by sy Ceres aanleg. Kandidate wie voldoen aan die onderstaande minimum vereistes word uitgenooi om aansoek te doen vir die onderstaande vakature:

ONTVANGSKLERK: SEKURITEIT

Kwalifikasies: • Minimum Graad 12

Vaardighede: • Doeltreffende kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels

• Akkuraatheid / “Attention to detail”

• Goeie mensevaardighede

organiseringsvermoë • Self-gedissiplineerd • Professionele voorkoms.

Polisielid bly in aanhouding

‘n POLISIELID van Piketberg wat verbind word met ‘n moord op Wolseley, bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning in April.

A.o. Maurice Arries (43) word betrek by die opspraakwekkende Jain-moord in Maart 2021. Hy word ondermeer aangekla van moord, bedrog, korrupsie, vervalsing, uitgifte, regsverydeling en intimidasie. Arries is op 6 Desember 2022 op Piketberg gearresteer. Selfoondata en die GPS-koördinate van die navigasiestelsel van ‘n polisievoertuig plaas hom naby die moordtoneel buite Wolseley. Hy moet weer op 25 April in die Porterville landdroshof verskyn. Hy bly in aanhouding op Malmesbury. Arries se verskyning hou verband met ‘n voorval waar hy ‘n gevangene en bendelid wat ondermeer vir moord gevangenisstraf uitdien by die Voorberg korrektiewe sentrum, in Maart 2021 gaan haal en onder vals voorwendsels uitgeboek het om in die hof te verskyn. Hy het glo dokumente vervals wat hom die nodige toestemming daarvoor sou gee.

Twee mans aangekla

Twee mans van Tulbagh, Nolan Visagie (24) en Anthony Schippers (22), is in Mei 2022 deur die ondersoekspan in hegtenis geneem na ‘n gesamentlike polisieoptrede. Die twee mans se arrestasie kom meer as ‘n jaar na die moord op 26 Maart 2021 van Reneé Jain (51) van Kaapstad. Hulle verskyn op klagtes van moord en roof met verswarende omstandighede.

Visagie en Schippers bly in aanhouding en het Woensdag 1 Maart weer in die Wolseley streekhof verskyn.

Die saak is tot 29 Maart uitgestel vir konsultasie met prokureurs. Goeie speurwerk deur speurders van Tulbagh in samewerking met lede van die Wes-Kaap polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad en positiewe DNS-leidrade wat op die misdaadtoneel buite Wolseley gevind is, het tot dié twee se arrestasies gelei.

• Goeie

Verantwoordelikhede: • Ontvangs van besoekers by die Hoofhek • Koördinering van sekuriteitsbeamptes by die Hoofhek • Akkurate liassering en verslaggewing

• Voorsien algemene administratiewe ondersteuning • Byhou van logboek en uitreiking van toegangskaartjies vir besoekers volgens praktyk • Monitor toegangsbeheer tot die perseel en handhaaf sekuriteitsbewustheid.

Ander vereistes : • Absoluut betroubaarheid en lojaliteit • Bogemiddelde interpersoonlike vaardighede.

Aansoeke kan gerig word aan: hr@cfg.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: Voor of op 10 Maart 2023

INDIEN U BINNE 2 WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM GEEN TERUGVOER ONTVANG HET NIE, KAN U AANVAAR DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS. In ooreenstemming met ons Beleid op Gelyke Indiensneming, sal toepaslike gekwalifiseerde persone vanuit die geïdentifiseerde groepe voorkeur ontvang.

Spectra Trust is ‘n toonaangewende verspreider van landbouverpakkingsmateriaal en ander primêre landbou-insette met verspreidingspunte in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap; Limpopo en Suide van Namibië.

As gevolg van volgehoue groei benodig ons die dienste van ‘n Junior Voorraadkontroleerder vir ons Ceres Tak, wat vertroud is met die verpakkingsmateriaal-bedryf.

JUNIOR VOORRAADKONTROLEERDER

Vereistes : • Kwalifikasie: Diploma met ondervinding • RekenaarvaardigheidPastel Partner - Microsoft kennis/ondervinding • Telefoonetiket en kliënteverhoudings is van uiterste belang • Administratiewe hulp aan Bestuur en logistieke afdeling • Alle ander Administratiewe pligte rakende kantooradministrasie.

Pligte: • Ontvang en uitlaai van voorraad • Instandhouding en netheid van voorraad, store en perseel • Voorraadopnames • Verkoopskantoor assisteer met voorraadinligting • Kontrolelyste • Toepassing van gesondheid- en veiligheidsregulasies in stoor.

Vergoeding is onderhandelbaar volgens ondervinding.

E-pos so spoedig moontlik jou CV na: helene@spectratrust.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 10 Maart 2023

WITZENBERG HERALD Friday, March 3, 2023 5
A.O. Maurice Arries (43).

Vrywaringskennisgewing by kwaksalweradvertensies

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com

066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

1962/08/02 - 2023/02/25 R oudiens: Don. 02/03/2023 om 19:00, Magnoliastr. 77, BV Begrafnisdiens: So. 5 Maart 2023 Huis: 11:30, Magnoliastr. 77, Bella Vista Kerk: 12:30, Pastoor Manuel Kerk, Bella Vista Graf: Bella Vista (023)

n/u:

082-5753-181

Andries Arries

Begrafnisdiens: Sat. 4 Maart 2023

Kerk: 10:00, Gemeenskapsaal, Op-die-Berg Graf: Op-die-Berg

(023) 312-2392

n/u: 082-5753-181

Fredrick

Sebastiaan Steenkamp

1977/08/11 - 2023/02/24

Roudiens Do. 02/03/2023 om 19:00, Pine Valley Gemeenskapsaal, Wolseley

Begrafnisdiens: Sat. 4 Maart 2023

08:00, Errie Môller primêre skool 10:00, Witzenberg primêr skoolsaal Graf: Wolseley

Die beste diens, altyd.

John Kannemeyer

☎☎ ☎☎ (023) 316-1814

Maria de Flaame

1944/03/02 - 2023/01/30

Dit is jou eerste verjaarsdag in die Hemel. Ons harte is stukkend, maar God belowe dat Hy vir ons vertroosting sal bring. Ons mis jou stem en die vermanings. Elke herinnering is so kosbaar, ons sal dit vir altyd koester.

Rus sag by Jesus. Van kinders, kleinkinders en agterkleinkinders

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS

“ROLL ON LAWN”

Skakel 082-859-2300

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

Ons benodig ‘n ADMIN PERSOON / DRYWER vir ons Ceres-tak

•Rekenaarvaardig (Word, Excel, Office)

•Matrieksertifikaat

•Moet wiskundig geletterd wees

•Goeie kummunikasievaardighede

•Moet in besit wees van ‘n geldige rybewys

•Ons benodig ‘n persoon met die vermoë om opgelei te word

•Indien daar tegniese ondervinding met Termiese drukkers is, sal dit in jou guns tel. Stuur CV na: mariette@ stickalabel.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 20 Maart 2023

Witzenberg Herald het nie ondersoek en vasgestel of enige van die dienste of produkte geadverteer die verlangde resultate of uiteinde sal hê nie. Lesers moet asb. kennis neem dat sommige van die beloofde resultate in hierdie advertensies buitengewoon is en dalk selfs onmoontlik is om te behaal. Sommige van die prosedures en beloftes geadverteer mag dalk gevaarlik wees indien nie uitgevoer deur ‘n gekwalifiseerde mediese praktisyn nie. Lesers word gewaarsku dat hulle die adverteerder se geloofwaardigheid en besonderhede deeglik moet ondersoek. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige van die geadverteerde dienste of produkte nie.

BELLA Vista Crusaders kerskoor bied ‘n hoenderbraai aan op Saterdag 4 Maart in Buitenstraat 32, Bella Vista. Prys per bord is R70 en bestaan uit boudjie en bors (gunsack), twee slaaie, wors en rolletjie. Braaiborde kan alreeds vanaf 11:00 afgehaal word en kaartjies is by lede beskikbaar. Vir enige verder navrae kan die voorsitter J. Julies geskakel word by 083-726-5866.

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: MAART APRIL 1 April • 09:00 - 12:30 • Worsbroordjies (R25) • Pannekoek • Handwerk ens.

083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Hand. 3:19 “Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis.” Evangelis Jacobs

RESCUES UP FOR

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

•Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing Voortrekker St., Ceres

☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

AND FRAMES 083-227-6476

NICRA Konstruksie

is there to help: •Financial assistance •Bring back lost lovers •Court and divorce cases •Pay after job is done 073-478-1181 TE HUUR KANTOORSPASIE (±150m²) te h/v Vos- en Faurestraat. Onmiddellik beskikbaar R7 500 p/maand Skakel Jaco-Marié (023)312-1414 Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83 PLANT AND PLANT AND PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE HIRE TOOL HIRE HIRE

Paving Skakel: Niel Crafford 082-827-6439 Pro Installations Supply & installation of: • Alarms & cameras • Gate & garage motors • Invertors & solar panels • TV & sound extensions •Internet extensions • Access control • Intercom systems • Repair & upgrade of desktop computers Whatsapp: 064-999-9062 E-mail: pro_installations@yahoo.com UPS battery conversions with additional charging capacity keeping your Wi-Fi on during LOADSHEDDING.

KAPTEIN Thurlow Marsh gesels met sy spanmaats tydens rustyd.

Kavaliers maak Bulldogs se tande stomp

Deur Lucian Cupido

DIE Boland Kavaliers het Saterdag 25 Februarie in Wellington teen die Grens Bulldogs gespeel.

Die Kavaliers, wat op ‘n golf van twee agtereenvolgende oorwinnings ry, het ligte werk van hul die Bulldogs gemaak en maklik met 57-6 gewen. Franzel September (afrigter) se troepe het rustyd met 19-6 voorgeloop.

Die tweede helfte was eenrigting-verkeer met die tuisspan wat al die punte aanteken. Emile Booysen, Dylan Maart en Keenan Opper-man het elk ‘n drie gedruk terwyl die opwindende agterspelers Cor-nell Engelbrecht en Cameron Hufke van Ceres, beide ‘n driekuns aan drieë behaal. Darian Hock slaag met ses doelskoppe om ‘n wegholsege vir Boland te gee.

Volgende wedstryd

Die Kavaliers speel Saterdag 4 Maart teen die OP-Olifante in ‘n tweestryd op tuisbodem. ‘n Oorwinning sal ‘n plek in die finaal van die kompetisie verseker. Afskop is 16:00 in die Boland rugby stadium in Wellington. Toegang beloop R30 vir volwassenes en R10 vir die kinders. Young Blues sal teen Grabouw in ‘n voorwedstryd speel.

BAKGABAKGA BAKGABAKGA BAKGAT T T (Male) Born 29/11/2022

BIBIBIBI (Female) Born 28/10/2022

OUGAOUGA OUGAOUGA OUGATT TT T (Female) Born 24/08/2022

RICKRICK RICKYY YY (Male) Born 22/11/2022

GUINEVERE GUINEVERE GUINEVERE (Female) Born 04/10/2022

WITZENBERG HERALD Friday, March 3, 2023 6 classifieds
SCAN TO DONATE
w.t.o.
ADOPTION
at the shelter
if you consider adopting, contact us. Not
visible
our website/social media,
they
too small. JANIJANI JANIJANI JANI (Female) Born 15/08/2022 ESTEST ESTEST ESTAA AA A (Female) Born 15/07/2021 BRAKKIEBRAKKIE (Female) Born 01/08/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Including a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply
Currently
Please
all are
on
as
are
Louw-Marie
Murchisonstraat
Soek na elektriese toebehore: toasters, waaiers, braaipanne, klere, skoene of enigiets was spasie opneem 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30 uitverkoping op alles gedurende MAART
Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023)342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o
312-2392
Maria Christina Wansa
1967/02/14 - 2023/02/21
STEFAN STEYN SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
● Boublokke
● Boustene
● Plaveistene
DIANA
•Tweetalig

LAERSKOOL Waveren op Tulbagh is trots op Ashlin Martiens ('n graad 5 leerder)

LAERSKOOL Waveren op Tulbagh spog met die nuwe onderwys-assistente wat vanaf Februarie deur WKOD aangestel is. AGTER: Keilito de Bruin en Henrique Swarts. VOOR: Andrea van Rooyen, Shirlene Morris, Elizma Jansen, Simone Quantini, Ennelise Engelbreght, Hailey van der Merwe, Caynon Christians, Janescka Prins, Rozette Prins, Meggan Kotzé, Danwill Johnson, Denzil Johnson, Anthony Januarie en Aldrin Klaasen.

STEINTHAL Vaardigheidskool buite Tulbagh, se atlete het op Donderdag 23 Februarie aan ‘n atletiekbyeenkoms op Dal Josafat in die Paarl deelgeneem en goeie uitslae behaal. Hulle het 10 goue medaljes verower asook 10 silwer en 10 brons medaljes. Steinthal Vaardigheidskool het 18 atlete in Boland LSEN atletiekspan. * Charne Kleinveld het Boland rekords gebreek in die 800 meter en 1500 meter wedlope. Sy is ook die houer van die 400 meter rekord wat sy ‘n week gelede by Jakes Gerwel Tegniese skool verbeter het. VOOR: Surisnie Wildschutte, Leandra Witbooi, Charne Kleinveld, Wilmien Kouter, Charlene Julisen, Juneache Hanse, Deony Festus en Tanaka Chaitwa. AGTER: Devanao van Wyk, Dello Isaacs, Perstin Harts, Giwaan Isaacs, Keano Cloete, Junior Konstabel, Valentino Tamboer en Gerswin Nel.

AREA KOöRDINEERDER: FRUITFLY AFRICA (Witzenberg)

FruitFly Africa, ‘n maatskappy wat spesialiseer in area wye geïntegreerde plaagbeheer van vrugtevlieë, het ‘n vakature vir ‘n Area Koördineerder in die Witzenberg area beskikbaar. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die koördinering van alle aksies rondom pes/plaagbeheer in die toegekende area.

Die ideale kandidaat vir hierdie posisie sal ‘n energieke, selfstandige individu wees met bogemiddelde mense vaardighede en ‘n goeie begrip van landbou, geïntegreerde plaag beheer strategië en die bestuur van mense.

Verantwoordelikhede:

•Beplanning (in oorleg met Hoofbestuurder en implementering van populasie bestuur praktyke binne die area).

•Koördineer die implementering van alle aksie planne soos voorgeskryf vir area wye geïntegreerde plaag beheer in die betrokke area.

•Bestuur van die area begroting.

•Algemene kantoor bestuur en administrasie funksies binne die area.

CERES Toyota het Dinsdag 28 Februarie afskeid geneem van Steyn van Niekerk, een van die motorhandelaar se jare lange werknemers. Na 12 jaar by Ceres, gaan Steyn nou vir Kaap Agri werk. “Dankie vir jare se diens en sterkte met jou nuwe avontuur.

•Bestuur en oplei van moniteerders.

•Koördinering van prosesse wat suksesvolle lugspatte en lugloslatings verseker.

•Bestuur van die verpakking en uitbroei proses van steriele insekte in die Eclosion fasiliteit in die area.

•Skakeling met produsente en ander belanghebbendes om sodoende goeie kommunikasie-, diens- en werksverhoudings in die area te verseker.

•Algemene funksies wat bydra tot die suksesvolle implementering van area wye insekbeheer programme.

Vereistes:

•Relevante naskoolse kwalifikasie of ten minste 3 - 5 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos.

•Rekenaargeletterdheid (MS Kantoorpakket).

•Uitstekende beplanning en organiseringsvaardighede.

•Goeie administratiewe vaardighede.

•Kennis van die Landbou Bedryf.

•Goeie vlak van fiksheid (buitelug aktiwiteite).

•Moet verskeie verslae kan skryf.

•Uitstekende kommunikasievaardighede met die vermoë om met persone op verskillende vlakke te kan kommunikeer (beide Engels en Afrikaans).

•Analitiese vaardighede.

•Uitstekende interpersoonlike vaardighede.

•Vermoë hê om aandag te gee aan meer as een taak op ‘n slag (multitask).

Stuur asseblief CV aan: Eloise du Plessis

E-pos:eloise@fruitfly.co.za

Adres:FFA Hoofkantoor Helshoogtestraat Stellenbosch. 7600

Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Maart 2023

WITZENBERG HERALD Friday, March 3, 2023 7
wat onlangs op Wolseley die hoogspringrekord geëwenaar het met ‘n hoogte van 1.45 meter. VLNR: Elrich Meyer, Gershwin Waterboer, Ashlin Martiens en Jaime-Lekay. Fotos: Peter Luitjies

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset,Lynxstraat 5,PaardenEiland.Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonderdieverlofvandie eienaarsvolgensArt.12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Kayer wen kompetisie

JO-DEAN Kayer het Saterdag die enkel syfer plus kompetisie met ‘n goeie telling van +5 gewen.

Johan du Toit was tweede met +4. Christo Strydom was derde met +4 gevolg deur AJ du Toit met +3.

BJ Claasen het die onder 11 kompetisie gewen en Rodney Engelbrecht het ‘n goeie telling van 70 aangeteken.

Klubkampioenskappe

Die A-afdeling speel Saterdag 4 Maart 36 putjies en 18 putjies op Sondag 5 Maart. Die nuwe klubkampioen word Sondag na afloop van die dag se spel, op die 18de putjie se setperk gekroon.

Die B-afdeling en C-afdeling spelers speel Saterdag 4 Maart en Sondag 5 Maart, 18 putjies op ‘n dag.

Enige speler kan in die D-afdeling (stableford kompetisie) speel. Net spelers in dié afdeling kan van enige van die twee bowwe (agter of voor) afslaan en speel ook 18 putjies per dag.

Voorgee op 3 Maart is van toepassing en spelers ding mee in Aafdeling (maks 7-voorgee), B-afdeling van 8-15 en C-afdeling 16+. Die A-, B- en C-afdeling speel almal houespel en van die agterste bowwe.

Ander kompetisie

Die Witzenberg Matriekfonds bied op Vrydag 10 Maart ‘n gholfdag aan.

DIE Tankwa Crossing is vir die tweede keer van 16-19 Februarie 2023 aangebied - die keer tussen Vanrhynsdorp en Ceres. Vanjaar het atlete die keuse gehad om afstande vanaf 21 km tot en met 323 km te hardloop. Drie van die land se vooraanstaande langasems het die 323 km (200 myl) wedloop aangepak. Deelnemers het op 16 Februarie om 09:00 in Vanrynsdorp weggespring en Marius van Rensburg was eerste oor die eindstreep in 69 uur en 20 minute. Die 207 km wedloop is deur Ryan Pike gewen in ‘n tyd van 30 uur en 25 minute. Zwartkop Gasteplaas was weer die basis van Tankwa Crossing en dit is ook hier waar die tawwe korter wedlope, die Donkey Dash en Baby Donkey, plaasgevind het. Jessica Laing het die Baby Donkey in 2 uur en 11 minute gewen en Simon Stofberg die Donkey Dash in 4 uur en 8 minute. Tankwa Crossing vind weer in 2024 plaas vanaf 31 Januarie tot 3 Februarie.

Die Witzenberg Matriekfonds samel geld in om belowende matriekleerders in die Witzenbergstreek, wat finansieel nie op hul eie verder kan studeer nie, te help om verder te studeer en ‘n loopbaan te begin. Die kompetisieformaat is ‘n 4-BBB stableford en die koste beloop R2 000 per span van vier.

Die inskrywingsgeld sluit iets te ete na nege putjies in en ‘n kosbord (platter) tydens die prysuitdeling.

Vir meer besonderhede rakende inskrywings en donasies, kan Henry Brown geskakel word by 084-587-6332

DIE jaarlikse Boland Rolbal meesterstoernooi het op 25 en 26 Februarie in Worcester plaasgevind. Die top 12 mans en vroue is na die rolbaltoernooi uitgenooi. VLNR: Charmaine Mostert van Ceres rolbalklub was vierde, Tom Tromp (president van Boland rolbal), Adie Esau (derde), Neels Kotzé (tweede), Mark Beviss-Challinor (manswenner), Ilzé Rabie (derde), Linda Stringer (vrouewenner), Annelie de Jager (tweede) en Wynand Pool (vierde).

MONTROUGE VGK primêre buite Tulbagh, spog met ‘n paar atlete wat Saterdag 4 Maart aan die Boland atletiekbyeenkoms in die Paarl gaan deelneem. VLNR: Monique Martin, Theorynn Baardt, Irlin Kotzé en Zenobia Mars (sportkoördineerder).

*Montrouge personeel is baie trots op die groepie atlete en wens hulle alle sterkte toe.

WITZENBERG HERALD Friday, March 3, 2023 8

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.