Witzenberg Herald Vol.26 no.10 (Online Weergawe)

Page 6

WH H e r a l d

Polisie kry wapens en ammo

Motorfietsryer sterf in pas

‘n MOTORFIETSRYER is Sondag 12 Maart dood in Michellspas nadat hy met sy motorfiets teen die sperreling vasgery het. Die ongeluk het omstreeks 11:00 naby Witbrug plaasgevind. Die slagoffer is later deur sy vriende as Richard Kiche van die Paarl en lid van die Paarl motorfietsklub, geïdentifiseer. Die EMS ambulans is ontbied maar die man was reeds dood met hul aankoms. * Wolseley SAPD ondersoek ‘n strafbare manslagsaak en vra dat enige ooggetuies van dié ongeluk die ondersoekbeampte, s/sers. Heinrich Hendricks moet skakel by (023) 231-8016. ** Die week van 6 - 12 Maart is daar 76 dronkbestuurders gearresteer in die Wes-Kaap. Die provinsiale verkeer het 295 padblokkades en voertuigbeheerpunte beman waar byna 33 000 voertuie gestop en ondersoek is. Meer as 8 050 boetes is uitgereik, 59 voertuie is geskut en 105 is onpadwaardig verklaar. Daar is 14 ongelukke met 14 sterftes aangemeld. Onder die sterftes was vier motorbestuurders, een motorfietsryer (Ceres) en sewe voetgangers.

(023) 004-1338 www.mastheadfp.co.za

MASTHEAD Financial Planning

Neels Boshoff (Financial Planner)

082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za

Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za

Moordsaak uitgestel

DIE drie mans wat verdink word van die moord op ‘n bejaarde vrou in die Ceres-Karoo bly in aanhouding tot hul borgaansoek later in April aangehoor kan word.

Hofverskyning Willem Olivier (48), het Maandag 13 Maart, saam met Kelvin Vlok (22) en ‘n 17-jarige in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is tot 18 April uitgestel vir ‘n borgaansoek.

Die drie mans, waarvan een ‘n gewese plaaswerker op die plaas Papekuil, is na ‘n uitgebreide soektog deur die polisie vasgetrek na die moord op Christina Johanna Walters (74).

Volgens inligting het die voorval Vrydagaand 3 Maart tussen 18:00 en 24:00 plaasgevind.

Walters se liggaam is ongeveer 30 meter van die plaashuis, met ‘n skietwond in die kop aangetref. Haar arms en hande was met ‘n belt en draad voor om haar lyf vasgemaak. ‘n Bebloede baksteen, waarmee sy vermoedelik geslaan en aangerand is, is ook op die toneel gekry. ‘n Ou haelgeweer het langs haar lyk gelê.

Werker ontbied hulp

‘n Malawiër wat op die plaas woon en werk, het gesien hoe drie mans vroeër op die plaas aankom. Na 18:00 het hy skote gehoor en bang geraak en gaan wegkruip.

‘n Ruk later hy weggehardloop en na ‘n plaashuis ongeveer 20km daarvandaan geloop. Omstreeks 24:00 het hy by die eienaar om hulp aangeklop en van die skote en mans vertel.

Die polisie is ontbied en omliggende plase is van die voorval in kennis gestel. Drie verdagtes is na ‘n uitgebreide soektog met ‘n polisiehelikopter en polisiehonde, in hegtenis geneem.

Olivier is Saterdag 4 Maart ongeveer 3 kilometer verder op die buurplaas Klein Papekuilin hegtenis geneem.

Vlok en ‘n 17-jarige familielid wat by Olivier op die plaas gekuier het, is Sondag 5 Maart by hul ouma op die plaas Nwardouw naby die Tankwa padstal gearresteer nadat hulle hulself aan die polisie oorgegee het.

Die plaas is meer as 40 km van die moordtoneel.

Vuurwapens gesteel

Die mans het tydens die moord met ‘n .38 rewolwer en 9mm pistool en ‘n .303-jaggeweer geroof asook kruideniersware en drank gesteel.

Die wapens is op 8 Maart op twee plekke in die Karoo gevind. Die .303-jaggeweer is op die plaas Witwalle weggesteek en later gekry.

Die handwapens is ‘n ent daarvandaan naby Netvlakte gekry. Die los ammunisie is op 4 Maart gevind.

DRIE verdagtes het na hulle ‘n 74-jarige vrou vermoor het, met twee handwapens en ‘n .303-weer gevlug. Hulle het ook kruideniersware en drank gesteel. Die wapens is verlede week na goeie speurwerk opgespoor.

CERES (023) 312-2144 CERES (023) CERES (023) 312-2144 CERES (023) Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Volume 26 no. 10 R 8.50 Friday, 17 March 2023 Ceres Koekedouw dam 40,6% Tulbagh dam 27% Lesings geneem: 2023/03/15 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer eer vv vooroor ooroor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 16 Maart 18° 37° Vrydag 17 Maart Saterdag 18 Maart Sondag 19 Maart 15° 28° 12° 24° 9° 17°
Witzenberg
Lees artikel op bladsy 3 A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

DIE Jail & Bail is ‘n jaarlikse fondsinsamelingprojek van Laerskool

F.D. Conradie se Steggie-voorskoolsentrum op P.A. Hamlet. Dit was ‘n dag vol opwinding waar die polisie en inwoners gehelp het om ‘n paar sakelui te arresteer en aan te hou totdat ‘n losprys vir hulle betaal is. Die Steggies dra hul dank oor aan al die rolspelers wat verlede Vrydag 10 Maart, van die poging ‘n groot sukses gemaak het. * Dit was die tweede jaar wat dit aangebied is.

VERLORE OF VERNIETIGDE TITELBEWYS

Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van Regulasie 68 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937, dit die voorneme is om aansoek te doen om die uitreiking van ‘n gesertifiseerde afskrif van Transportakte Nr T10843/1984 gepasseer deur CHRISTIAAN PHILIPPUS

VENTER Identiteitsnommer 190511 5017 005 ten gunste van ELIZA-

BETH HENDRINA MOUTON, gebore Venter op 6 Januarie 1948, getroud buite gemeenskap van goedere met Albertus Johannes Jacobus Mouton

- HVK Nr. 501/1973 - maritale mag uitgesluit ten aansien van sekere: Erf

10 Prince Alfred Hamlet, in die Munisipaliteit Witzenberg, Afdeling Ceres, Provinsie Wes-Kaap wat verlore geraak het of vernietig is.

Alle belanghebbendes wat teen die uitreiking van sodanige afskrif beswaar het, word hierby versoek om dit skriftelik in te dien by die Registrateur van Aktes te Kaapstad, Kamer 1216, 12de Vloer, Pleinstraat 90, binne twee weke vanaf datum van publikasie van hierdie kennisgewing.

Gedateer te GOODWOOD op hede die 6de dag van MAART 2023 VISAGIEVOS INC.

Vasco Boulevard 181, Goodwood, 7460

E-pos: christelds@visagievos.co.za

Tel: (021) 591-9221

Progress Excellence is a well-established training provider and delivers virtual and face-to-face training across the country through a network of facilitators. Due to continuous growth and expansion of their activities, the head office in Ceres currently has a half day position for an OFFICE ASSISTANT

Reporting to the Office Manager, this individual will be responsible for the following duties:

•Assist with reception duties and directing telephone calls

•Data capturing of training records

•Scanning and/or filing of administrative documentation

•Assist with online training registrations

•Co-ordinate courier activities

•Assist with basic financial administration

•General office duties

The innovative and motivated incumbent should have the following qualifications and experience:

•Matric

•Fully bilingual (must be able to speak, read and write in English and Afrikaans)

•Computer literate (MS Office: Outlook, Excel and Word)

•Good communication skills

•Be able to work under pressure

•Arrange and prioritize daily activities

•Be a team player

To apply for this vacancy, e-mail your CV and matric certificate together with a motivational covering letter in English to: info@progress-excellence.co.za.

Applications will close on: 30 March 2023

PERSONEEL van die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand het onlangs die impak wat die plaaslike span en vennote kon maak met die uitrol van die COVID-19-entstof, gevier. Tussen Mei 2021 en Maart 2022 is 78 381 inentings in die Witzenbergstreek toegedien. Die entstof is ‘n belangrike manier om te voorkom dat inwoners ernstig siek word van die virus. Dit is steeds beskikbaar by: P.A. Hamlet kliniek: Maandae (09:0016:00), Op-die-Berg kliniek: Dinsdae (09:00-16:00), Ceres kliniek: Woensdae (09:00-16:00), by Bella Vista kliniek, Nduli kliniek en Tulbagh kliniek op Donderdae (09:00-16:00), by Breërivier kliniek en Wolseley kliniek: Vrydae (09:00-16:00) en by Ceres hospitaal se afdeling vir buite-pasiënte: Maandae-Vrydae (14:00-16:00).

MEER as 35 fietsryers van Denemark het verlede week deur die Wes-Kaap getoer. Vrydag 10 Maart is hulle deur Ceres op pad na Tulbagh waar hulle in die Tulbagh Hotel oornag het. Die volgende dag het die fietsryers weer in die pad geval en via Bainskloofpas na die Paarl gery.

KENNISGEWING

2022/2023

AANSUIWERINGSBEGROTING

Tydens ‘n raadsvergadering gehou op 10 Maart 2023 is ‘n Aansuiweringsbegroting vir 2022/2023 aan die Raad voorgelê en goedgekeur. Die Aansuiweringsbegroting en gewysigde SDBIP is ter insae beskikbaar by die alle Munisipale Kantore en Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za

D. NASSON

MUNISIPALE BESTUURDER Witzenberg Munisipaliteit Voortrekkerstraat 50, Ceres 6835

NOTICE

2022/2023

ADJUSTMENT BUDGET

During a council meeting held on 10 March 2023 an Adjustment Budget for 2022/2023 was tabled and approved by Council. The Adjustment Budget and revised SDBIP can be viewed at all municipal offices and public libraries and is available on our website: www.witzenberg.gov.za

D. NASSON MUNICIPAL MANAGER Witzenberg Municipality 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835

ISAZISO

2022/2023 UHLAHLOLWABIWOMALI OLUHLENGAHLENGISIWEYO LUKAKwintlanganiso eyodwa yeBhunga ibibanjwe ngomhla we 10 March 2023. Olu hlengahlengiso luye lwathiwa thaca phambi kweBhunga kwaye luye lwavunywa liBhunga ukuhlola uhlahlolwabiwomali ne SDBIP oluhlengahlengisiweyo luyafumaneka kuzo zonke iOfisi zikaMasipala nakuMathala eencwadi, nakwi website kaMasipala: www.witzenberg.gov.za

D. NASSON UMLAWULI-MASIPALA

uMasipala wengingqi yaseWitzenberg 50 Voortrekker Street, Ceres,6836

WITZENBERG HERALD Friday, March 17, 2023 2
KOERANTLESERS van Wolseley moet kennis neem dat die koerant vanaf 9 Maart slegs te koop is by Big Time (foto) OK Wolseley en Henry Saggrys (Montana).

Polisie kry wapens en ammo in stoor

DIE afgelope drie weke was die polisie druk besig met ‘n ondersoek waar ‘n groot aantal vuurwapens en ammunisie in ‘n stoor gevind is.

Op Dinsdag 21 Februarie omstreeks 12:00 het die P.A. Hamlet polisie ‘n wenk opgevolg en op ‘n perseel in Waboomlaan toegeslaan. Die stoorplek is deursoek en daar is op ‘n rewolwer en drie gewere beslag gelê asook 2 328 patrone van verskillende kalibers.

Andries Strauss (54) is gearresteer en het hy vlugtig op 24 Februarie in die Ceres landdroshof verskyn op klagtes van onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en ander klagtes onder die vuurwapenwet.

Die rewolwer en gewere was is in Strauss se naam maar sy vuurwapenlisensie het reeds in 2020 verval. Een geweer behoort aan ‘n Tulbagh persoon en die omstandighede waarom die wapen op P.A.Hamlet was, word ook ondersoek.

Die saak is voorlopig teruggetrek in afwagting van uitstaande ballistiese verslae en ondersoeke.

Twee lig beseer na ongeluk

DINSDAG 14 Maart het ‘n Ford Ranger bakkie van Ceres teen ‘n Mercedes vragmotor gebots. Die ongeluk het omstreeks 09:30 naby Gouda plaasgevind. Dit is nie bekend wat tot die ongeluk gelei het nie. Volgens die Tulbagh SAPD het beide bestuurders Beejay Jacobs (Ford bakkie) en Marthinus Hendricks (vragmotorbestuurder) ligte beserings opgedoen.

‘n PLAASLIKE kontrakteur is vanaf 1 Februarie deur die Witzenberg munisipaliteit aangestel om indringer plante en bome teenaan die Dwarsrivier af te maak en te verwyder. Al die bome tussen die laagwaterbruggie by Hugostraat en Loversbridge is nou afgesaag. Volgens die munisipaliteit is die kontrakteur tans besig by die Akkerbos om indringerplante te verwyder. Die munisipaliteit het reeds inheemse bome aangekoop wat geplant sal word. Inheemse plante sal ook teenaan die rivieroewer geplant word om erosie te voorkom. Hierdie 3-jaar rivier restorasieprogram word deur die Nedbank Green Fund Trust befonds.

IN the spirit of improving service delivery to address the needs of citizens, the Public Service Commission (PSC) in partnership with the Witzenberg Municipality and the Department of Local Government held a Citizens’ Forum on Wednesday, 8 March in Tulbagh. The Citizens’ Forum provided an opportunity for the Tulbagh community to engage with government departments on service delivery issues affecting them and also access some of the services on site such as the application of identity documents, birth certificates and social grants.

WITZENBERG HERALD Friday, March 17, 2023 3 087 095 3617 023 1000 515 info@jptek.co.za SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES We offer: ·Consulting Services·Maintenance ·Access Control·Audio and Visual ·Structured Cabling·Wireless Networking ·Alarm Systems·Gate motors ·IP Based CCTV Systems ·Fibre Optic Installations ·Analytic Based Alert Notification Systems ·Analogue Based CCTV Systems ·Integrated Security Systems BACKUP POWER SOLUTIONS call us for: inverters batteries solar panels www.jptek.africa

OUMA Baby Schoeman van Huis Disa op Tulbagh het Donderdag 9 Maart, 103 jaar oud geword. Hoewel sy effe doof is, geniet sy nog goeie gesondheid. Sy is die moeder van Antoinette Immelman, ‘n jare lange inwoner van Tulbagh.

WITZENBERG Got Talent is Saterdag 4 Maart aangebied. Meer as 300 mense het die aand kom ondersteun wat deur die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum gereël is. Geluk aan al die deelnemers en ook die twee groepe wat die algehele wenners was van die juniors: Koelfontein se rieldansgroep en Howbill se geestelike dansgroep.

GRISHAM Anthony van Bella Vista primêr het die naweek ‘n vyfde plek in spiesgooi behaal tydens die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms.

Martha Margareta Dettmann (Marga) van Huis Mostertshoek op Wolseley het Dinsdag 14 Maart 103 jaar oud geword! Sy is een van twee inwoners in die streek wat die maand die gesogte 103-mylpaal bereik het.

VILLIERSDORPKOÖPERASIE BEPERK

DIE o/12 seuns aflosspan het bronsmedaljes verwerf by die naweek se Boland atletiekbyeenkoms. VLNR: Danzil Baartman, Garren-Lee van Rooy en Mikyle Antas. AFWESIG: Deneshwin Goliath.

DIE o/10 seuns aflosspan het bronsmedaljes verwerf by die naweek se Boland atletiekbyeenkoms. VLNR: Liam Muller, Marlin Manuel, Dewandre Jooste en Caleb Jacobs.

Villiersdorp-Koöperasie Beperk beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid by sy tak in CERES:

VLOERBESTUURDER

Pligte van die pos sal die volgende bestuurs-funksies insluit:

•Winkelvoorraad

•Winkelpersoneel

•Kliëntediens

Vereistes vir die pos:

•Matrieksertifikaat

•Ten Minste 2 jaar ervaring in ’n soortgelyke betrekking

•Produkkennis

•Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede

Rig asb u volledige CV vergesel van

‘n afskrif van u ID dokument aan :

Mev. N. Louw by nlouw@vilko.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke :

Maandag 27 Maart 2023 om 13:00

Indien u nie binne 10 dae na die sluitingsdatum van ons gehoor het nie kan u u aansoek as onsuksesvol beskou.

HERSTELWERK aan die Van Bredabrug het in Desember 2021 begin en behoort later in 2023 klaar te wees. Die brug word tans opgegradeer teen ‘n koste van R58 miljoen. Dele van die brug is per pad na Ceres gebring waar dit op die kante ingevoeg word.

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

uitverkoping op alles gedurende

1 April • 09:00 - 12:30

• Worsbroordjies (R25)

• Pannekoek • Handwerk ens.

Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

WITZENBERG HERALD Friday, March 17, 2023 4
MAART
APRIL
MAART
ANNA

WATER RESTRICTIONS - WITZENBERG MUNICIPAL AREA OF JURISDICTION

Tulbagh - Level 4 Water Restrictions:

As a result of the low water level in the Tulbagh dam, Level 4 water restrictions will be implemented in the Tulbagh area (Witzenberg Municipal area of jurisdiction).

The Tulbagh dam level is currently at 28%. This is sufficient water for 2 months usage. All residents are urged to comply with the measures of the water restriction notice, which was handdelivered to your post box. Further steps will be taken in cases where these restrictions are not complied with.

Water usage as follows:

This week 2.9Ml/day. Last week 2.9Ml/day.

The tariffs for level 4 restrictions are as follows:

TariffDescriptionVAT StatusTariff (VAT incl.) No. 2022/2023

5.12 Consumption per kilolitre: Restrictions Level 4

5.1.2.1 Block A (Residential & smaller commercial clients)

0 - 6 kl15.00%R 3.61

7 - 30 kl15.00%R 18.81

31 - 60 kl15.00%R 18.81

61 - 300 kl15.00%R 18.81

Above 300 kl15.00%R 57.75

5.1.2.2 Block B

(Larger commercial & smaller industrial clients)

0 - 300 kl15.00%R 21.76

301 - 1000 kl15.00%R 21.76

1001 - 8000 kl15.00%R 21.76

Above 8000 kl15.00%R 21.76

5.1.2.3 Block C (Larger industrial clients)

Above 20 000 kl15.00%R 6.74 per month

TULBAGH: LEVEL 4 WATER RESTRICTION

1.Sufficient water as per water supply schedule.

2.Implement tariffs as per approved budget tariffs.

3.Construction activities: Apply for exemption.

4.Gardens, Sport fields, Parks and other common areas (Public) may only be watered with borehole water or greywater, clear signage to be erected on premises indicating same. Watering gardens or sport fields with potable water is banned.

5.Water slides are not allowed.

6.The washing of vehicles must be done at a commercial car wash and cleaning of windows must only be done with buckets.

7.The cleaning of any area (roofs, walls or paved areas) by means of potable water is prohibited. Permit is required where health reasons is applicable.

8.The filling of swimming pools can only be done with non-potable water. Filling of new pools are not allowed.

9.Water restrictions become effective immediately after being advertised in the media and in public places.

10.Any person who contravenes these restrictions is guilty of an offence and is, upon conviction, liable to a fine as published in the by-law or six months imprisonment.

11.Secondary offenders will be fined double the amount referred to in 10 above;

12.All owners’ needs to notify the municipality of existing boreholes, the municipality needs to notified before sinking new boreholes.

13.Applications for exemptions are to be submitted to the Department: Technical Engineering Services for approval. Once approved, a written exemption shall be provided and individual applications assessed.

14.Each household shall be limited to 24 kilolitre per month.

15.Other users, businesses and the entertainment industries shall reduce monthly consumption by 40% of the usage of the similar months of the previous financial year. Failure to comply will result in a fine as published in the by-laws.

16.Industries shall reduce monthly consumption by 40% of the use of the similar months of the previous financial year. Failure to comply will result in a fine as published in the by-laws.

17.Flow reducing devices shall be installed where the above limits are exceeded. Except for a registered indigent household, the offender will be charged for the cost of the installation.

MR. D. NASSON: MUNICIPAL MANAGER(REF. NR. 16/2/1/5)

WITZENBERG HERALD Friday, March 17, 2023 5

classifieds

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021

info@witzenbergherald.com

066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Lenard Frederick Reitz

1985/12/29 - 2023/03/06

Begrafnisdiens: Sat. 18 Maart 2023

Huis : 10:00, Gousblomstraat 174, Bella Vista Graf: Bella Vista

(023) 312-2392

n/u: 082-5753-181

Annadria Goliath (Napie) 1979/03/15 - 2022/01/31

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021

w.t.o.

Boland

Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

AND FRAMES 083-227-6476

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. (023) 3474092 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid. Evangelis Jacobs

as they are too small.

LORENZO Vergotine (middel), ‘n belowende atleet van Morrisdale primêr, is opgeneem indieWes-Kaapatletiekspanwatvanaf19-21MaartaandieS.A.atletiekkampioenskappe in Pietermaritzburg gaan deelneem. Lorenzo neem aan die 1500 meter en 800 meter vir seuns o/13 deel. By hom staan sy afrigter mnr. Fredericks (links) en Ryno Farmer (spanbestuurder).

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

•Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing Voortrekker St., Ceres

☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

WARM Bokkeveld Correctional Services are busy with their Back-2-School campaign. Fifteen Morrisdale Primary learners were identified as recipients in need of school accessories. The handover was made by N.Tingwe, B. Tatana and P.Skisazana with Tasneem Manefeldt-Kirkwood (teacher).

nuus-nuusnuus-nuusnuusbrokkies

DIE Vriende van die Museum bied ‘n historiese toer deur P.A. Hamlet op aan Sondag 26 Maart om 14:00. Ons gidse, Jos Kahn en Adrian Wolfaardt beloof om jou ‘n ander insig oor Hamlet se geskiedenis te gee. Bespreek jou plek teen 22 Maart by (023) 312-2045.

CERES Besigheids Inisiatief (CBI) hou op 28 Maart hul Algemene Jaarvergadering in die Ceresvallei kerksaal. Die vergadering begin om 18:30. Bywoning is gratis. Kom geniet die aand saam met CBI. Beperkte plekke beskikbaar en bespreek by Jannie Conradie by 083-270-7713 of stuur ‘n e-pos na manager@cerescbi.co.za.

YOUNG Good Hope RVK speel Saterdag 18 Maart teen Young Blues RVK (Wolseley). Die wedstryd vind op die Bella Vista sportgronde plaas. Wedstryde begin om 14:00 en toegang beloop R20 vir volwassenes en R10 vir kinders en motors.

BIBLIOTEKE in die Witzenbergstreek bied weer hul Boetevrye tydperk aan. Geen biblioteekgebruiker sal tussen 20 Maart en 21 April ‘n boete op laat boeke betaal nie. Die biblioteke vra dat almal wat biblioteekboeke by hulle het, dit tussen die datums kom ingee.

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas vanaf 23 November 2023. Beperkte plekke is beskikbaar en navrae hieroor kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos na: isaacjacobs50@yahoo.com. *Deposito is betaalbaar voor of op 15 April 2023

WITZENBERG HERALD Friday, March 17, 2023 6
Happy 2nd Birthday in Heaven. There is not a single day, we don’t miss you. Today we miss you even more. You’re not here but we wish you the best wherever you are. It’s not possible to blow out candles or give you gifts anymore but we are grateful for every moment we had together. Mom, Dad, Nadine, John-winn and family
Skakel 082-859-2300
TE HUUR KANTOORSPASIE
te h/v
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83 PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE TOOL HIRE Pro Installations Supply & installation of: • Alarms & cameras • Gate & garage motors • Invertors & solar panels • TV & sound extensions •Internet extensions • Access control • Intercom systems • Repair & upgrade of desktop computers Whatsapp: 064-999-9062 E-mail: pro_installations@yahoo.com UPS battery conversions with additional charging capacity keeping your Wi-Fi on during LOADSHEDDING. Peres & Williams Transport (Pty) Ltd EC BUSDRYWER VEREISTES: •Lisensie Kode 14 • 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer Skakel: 072-469-7517 SCAN TO DONATE RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter
if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media,
JANIJANI JANI (Female) Born 15/08/2022 ESTEST ESTAA AA A (Female) Born 15/07/2021 BRAKKIEBRAKKIE BRAKKIEBRAKKIE BRAKKIE (Female) Born 01/08/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Including a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply GUINEVERE GUINEVERE (Female) Born 04/10/2022 BAKGABAKGA BAKGAT T T T (Male) Born 29/11/2022 RICKRICK RICKYY YY
Born
Kol. 4:5 Tree met wysheid op teenoor
STEFAN STEYN SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
(±150m²)
Vos- en Faurestraat. Onmiddellik beskikbaar R7 500 p/m Skakel Jaco-Marié (023)312-1414
Please
(Male)
22/11/2022

CERES netbalklub het Saterdag 11 Maart aan die Kaapse Wynland distrik netbalunie se openingstoernooi in die Paarl deelgeneem. Ceres het in die eerste liga deelgneem en tweede geëindig.

Leierskapkamp aangebied

WES-KAAP Natuurbewaring het Saterdag 16 Februarie ‘n leierskapkamp vir die prefekte van Koelfontein primêre skool op P.A. Hamlet aangebied.

Die kamp en fasiliteerder is moontlik gemaak deur ‘n borgskap van Wes-Kaap Natuurbewaring en ‘n klompie ander vennote op die dorp.

Die leierskapkamp het by Tweede Tol in Bainskloof plaasgevind en die opleiding is aangebied deur Michael Lewis onder toesig van Theodore du Plessis (skoolhoof) en sy personeel wat ook aan die verrigtinge deelgeneem het.

Theodore du Plessis is ook een van nege skoolhoofde in die Witzenberg- en Slanghoekvallei wat deelneem aan die Partners for Possibility program, ‘n leierskapprogram vir skoolhoofde en in vennootskap met Maree Lambrechts van Verdun Landgoed.

Dit is hulle strewe om beter verhoudinge te bou met die omliggende sakeleiers en plaaseienaars en sodoende vennootskappe te vestig wat die skoolbestuur- en skoolgemeenskap kan ondersteun.

Die skoolhoof het dit ook goed gedink om ook die geleentheid te skep vir sy leerders om deel te neem aan ‘n leierskapkamp met leierskapvaardighede.

Dankbaar

Die skool is dankbaar vir die volgende vennote wat die dag moontlik gemaak het met hulle onderskeie bydraes: Wes-Kaap Natuurbewaring, Michael Lewis (fasiliteerder van Wes-Kaap Natuurbewaring), Hamlet Spar en Koelfontein Landgoed.

WITZENBERG Laerskole rugby het op Vrydag 10 Maart ‘n suksesvolle oefenkamp aangebied. Hier is die spelers en afrigters afgeneem wat die oefenkamp bygewoon het.

Fietsryers laat die speke sing

DIE groep fietsryers van Ceres het ook die naweek aan die 45ste Kaapstad Fietstoer deelgeneem. VLNR: Brian Loff en Mitch Jantjies (tandem 3:34), John de Leeuw, Bazil van Niekerk, Martin Lukas (5:14) en Wayne Petersen. Ander fietsryers wat ook klaargemaak het: Martin Behm (4:24) en Peter Diesel-Reynolds (5:16).

WITZENBERG HERALD Friday, March 17, 2023 7
WES-KAAP Natuurbewaring het Saterdag 16 Februarie ‘n leierskapkamp vir die prefekte van Koelfontein primêre skool op P.A. Hamlet aangebied.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Fietsryspan help spierdistrofie-lyer

‘n FIETSRYSPAN geborg deur Blue Bottle Liquors en bestaande uit ‘n paar Witzenberg inwoners, het 12 Maart aan die 45ste Kaapstad Fietstoer deelgeneem.

Die span van 15 het Annika Venter van Yzerfontein, wat aan spierdistrofie lei, gehelp om aan die gewilde fietswedren deel te neem.

Tiaan Bester van Wolseley was met Boetie Hugo, Aubrey November en Cordré Smith van Ceres deel van die span wat die waentjie moes stoot. Die bulte was veral uitdagend maar die span het die 109km in ‘n tyd van 05:53 voltooi.

My beste oomblik van CTCT 2023

Witzenberg Herald

Sport

“Oral langs die pad was ondersteuners wat ons aangemoedig het. Mense sit en staan langs die pad met hul piekniek mandjies of staan net en kyk. Iewers by Wynberg teen ‘n bult hou ek die ondersteuners dop. Ek sien ‘n seuntjie, seker tussen 9 en 11 jaar oud in ‘n rolstoel en hy hou die fietse met ‘n uitdrukkinglose gesiggie dop. Skielik sien hy vir Annika in die karretjie en sy gesiggie verhelder onmiddellik. Daardie uitdrukking van Wow! - daar is nog iemand soos ek en sy neem deel. Sy gesiggie sal my altyd bybly - wens ek kon by hom stop en ‘n paar woorde gesels” vertel Cordré. ‘n FIETSRYSPAN geborg deur Blue Bottle Liquors en bestaande uit ‘n paar Witzenberg inwoners, het 12 Maart aan die 45ste Kaapstad Fietstoer deelgeneem. Die span van 15 het het die 109km in ‘n tyd van 05:53 voltooi.

Gholfdag ten bate van WMF

DIE Witzenberg Matriekfonds se gholfdag is op Vrydag 10 Maart vir die vyfde keer op Ceres gholfbaan aangebied om fondse in te samel.

Die fondse word gebruik om behoeftige studente met die intellektuele vermoë finansieël te help om hul studies te voltooi en hul drome te laat realiseer. Vanaf Januarie 2017 tot 31 Desember 2022 het die fonds reeds 20 studente gehelp met R150 000 wat geskenk is.

Na die prysuitdeling het hulle hul prysgeld van R1000, aan WMF geskenk.

DIE Witzenberg Matriekfonds se gholfdag is op Vrydag 10 Maart vir die vyfde keer op Ceres gholfbaan aangebied om fondse in te samel. Derick van Rooyen en Johandré Fourie was die wenners van die dag met 45 punte.

Die gholfdag was ‘n groot sukses en broodnodige fondse is ingesamel danksy die goeie ondersteuning deur besighede in die Witzenbergstreek asook die spelers wat deelgeneem het. Die beterbal kompetisie is deur Derick van Rooyen en Johandré Fourie met 45 punte gewen.

WMF wil graag die volgende instansies en persone hartlik bedank vir hul donasies en wat gehelp het om van die dag ‘n groot sukses te kon maak: Books4Schools, CBI, Môrester Boerdery, Amazing Pies, DB Slootgrawers, Ceres Superspar, Tulbagh Spar, Midas Onderdele, Perdekraal-Oos Windplaas, Witzen Apteek, De Keur Verpakking, Pharo Elektries, Boer Bouers, Flip Brown, Ceres Sekondêr, Bronwynne Brown, CFG, Laastedrif Boerdery, PEPSICO, Les Vos Fisheries, Bella Vista hoërskool, Tyre Mart, Geldenhuys Slagtery, Tools of Trade, Hamlet Spar, Reid’s Mica, Kaap- Agri, Ceres Build-It, Robin Reid, Basson Sport, Patrick de Wet Vrugte en Ceres gholfklub.

‘n GROOT aantal fietsryers vanuit die Witzenbergstreek het Sondag 12 Maart aan die 45 ste Kaapstad Fietstoer deelgeneem. Twee fietsryers wat goed gery het was Pierre de Jager (bo) van Ceres wat klaargemaak het in 3:35 en Eben Basson van Wolseley (onder) wat in 3:40 klaar gemaak het.

WITZENBERG HERALD Friday, March 17, 2023 8

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.