Bloemnuus 05 07 2013

Page 1

VRYDAG 5 JULIE 2013

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

Op die spel

Groen wenke

Wen 16 kaartjies na môre se rugby

Jy kan só help om ons aarde te beskerm

p. 11

p. 9

GRATIS

Vryfees is hier

Laurika tree Maandag reeds op

p. 11

Arco se tafel is gedek

DIE tafel is gedek vir die groot feesviering in die Sand du Plessis-teater met Arco Musica se jongste produksie, Arco & Vriende Go Vintage. Met ’n string suksesvolle vorige produksies op sy kerfstok en twintig jaar in die teater- en musiekbedryf beloof die feesviering om beslis ’n hoogtepunt vir dié musiekgroep van Bloemfontein te wees. Die Arco-orkes en musiekvriende uit die verlede gaan die Sand du Ples-

sis se verhoog omskep in ’n prentjie van ouwêreldse sjarme en styl. Die programverloop is so saamgestel dat die musiek verskillende eras en wêrelddele verteenwoordig. Van die hoogtepunte in Arco & Vriende Go Vintage is die optrede van die bekende sanger en liedjieskrywer Jannie du Toit en Caroline Haasbroek (finalis in die kykNETwerklikheidsreeks). Caroline gaan ook haar vere regskud vir die dans-

Hier is van links, voor: Debbie Brink (musiekregisseur en pianis), Zane Koeberg (tromme) en Caroline Haas­ broek (sanger); agter: Richard Reid (viool), Herman Strauss (sanger), Arend Brink (tjello) en Johann van De­ venter (baskitaar). Foto: Kobus Robbertze

passies in die Broadway- en Cabaretnommers. Die musiek (instrumentaal en vokaal) sluit ook ons eie FAK-liedjies met ’n boere-keurspel in waarin Du Toit onder meer ook Liedjie vir jou saam met Haasbroek sing. Haasbroek en Herman Strauss gaan ou gunstelinge soos Come what may uit Moulin Rouge, My Way en Vincent sing. Ernstige vokale nommers soos Danny Boy en Besame Mu-

cho uit die oorlogsjare word afgewissel met opwindende virtuose instrumentale nommers soos Nazdarovje en Para ti. Tsidi Gude sal in African Dream gehoor word. In die grand finale wag ’n verrassing op die gehoor wanneer ’n hele klomp vriende (sangers en bekende persoonlikhede) hulle aansluit. Die welbekende spreker Pieter Möller gaan op ’n komiese wyse kommentaar lewer.

Daar is twee vertonings op 12 Julie om 18:00 en 20:30 in die Sand du Plessis-teater. Bloemnuus is die mediaborg. Kaartjies teen R120 en R150 is by Pacofs, die Crazy Daisy’s en Izamibloemiste. Doen navraag by 083-259-2226. S Drie lesers kan elk dubbelkaartjies na die konsert wen. Gaan na Bloemnuus se Facebook-blad vir die inskryfbesonderhede.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.