VRYDAG 6 SEPTEMBER 2013
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZAGRATIS
Bekendes kom
Slagyster
Dr. Blok
Aand van Sterre by Martie du Plessis
Oud-redakteur van Bloemnuus se debuutroman is op die rak
Rol van handel in onderwys bespreek
bl. 5
bl. 9
bl. 10
Fichardtpark herwin Projek ’n 1ste vir Bfn Jenny Vorster
TWAALF KAARTJIES TE WEN: Riana Nel en haar orkes maak ’n draai in die Vrystaat met haar eerste vollengtekonsert in Bloemfontein. Cézanne Yzelle doen die voorprogram en kaartjies van R100 is by Computicket te koop. Die konsert is op 20 September om 20:00 in die Kovsiekerk. Vir inligting skakel 0824818881. Die konsert word deur Afrikoonproduksies aangebied en Bloemnuus is die mediaborg. Op www.bloemnuus.co.za is 12 kaartjies na dié konsert te wen.
DIE Fichardtpark-woonbuurtvereniging in samewerking met die departement van omgewingsake, die Mangaung-metro-munisipaliteit en ander betrokkenes begin op Saterdag 14 September ’n herwinningsprogram in Fichardtpark. Dit is die eerste in sy soort in Bloemfontein. Die herwinningsprogram begin die Saterdag om 09:00 wanneer inwoners van Fichardtpark hul e-afval (enige produk wat met elektrisiteit of batterye werk) na die Pick n Payhipermark kan bring. The Refurb Warehouse sal die produkte oplaai en herwin. Fichardtparkers sal ook binnekort ’n deursigtige vullissak ontvang waarin herwinbare produkte geplaas kan word. Dit kan saam met hul swart vullissakke op ’n Donderdag uitgesit word. Inligting oor herwinbare produkte sal aan die gemeenskap deurgegee word. Die doel van hierdie projek is om huishoudelike afval te verminder, die las op die stortingsterreine te verlig, asook om te help dat vullissakgrawers vinniger deur die woonbuurt beweeg. Die herwinningsprojek begin amptelik op 3 Oktober. Vir meer inligting bel Jenny by 079-2255-090.