Bloemnuus 11 10 2013

Page 1

VRYDAG 11 OKTOBER 2013

Ouma en Oupa Roos ’13

Woensdag sal wenners weet bl. 3

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

Fees van atletiek wag bl. 12

GRATIS

Kom luister

Neville van ‘7de Laan’ praat oor pa-skap bl. 4

Wie weet wat?

Wie weet watter straat is dié in Bloem­ fontein, het Bloemnuus aan sy Facebook­ lesers gevra. Die inskrywings het inge­ stroom. Daarom speel ons weer “raai­ raai”. Dié keer moet jy sê watter skool is op die foto op bladsy 2 (blaai om). Boon­ op is daar ’n lekker prys. Iewers Nice in Westdene skenk ’n eetbewys van R500 aan die wenner. Terloops, die straat links is St. Andrewstraat en dit is afgeneem van die parkeergarage in die Loch Logan­ waterfront. In Wel en Wee (bladsy 11) kan jy lees wie dit gewen het. Foto: Jens Friis


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 OKTOBER 2013

Bloemnuus is op Facebook. Soek ons blad en “like” dit – nes 2 000 ander vir wie Bloemfontein na aan die hart lê.

WEN! Met die komplimente van Iewers Nice in Westdene kan jy ’n eetbewys van R200 wen as jy weet watter skool se dak steek uit tussen die bome – dit is die rye klaskamers in die middel agter die kerk. Jy moet jou inskryf by dié foto op Bloemnuus se Facebook­blad. Die sluitingstyd is Maandag om 08:00. Foto: Jens Friis

Dit was ons voëls se vere

Oteng Mpete

Oase

DIE volgende aanhalings bly Oteng Mpete, wat haar redaksionele internskap by Media24 in Bloemfontein doen, oor die jare heen by. S Live without pretending, love without depending, listen without defending, speak without offending. – Drake, US rap artist S Khumo le lehuma di lala mmogo. – Tswana proverb (English translation: You can be rich today, but poor the next, appreciate what you have while you have it.) S Montsamaisa bosigo ke mo leboga bosele – Tswana proverb (English translation: When dawn comes, do not forget to thank those that helped you in your darkest hour.) S Let us learn to show our friendship for a man when he is alive and not after he is dead. – F. Scott Fitzgerald, The Great Gatsby S Liefde is net ’n woord totdat iemand verbykom en daaraan betekenis gee. – Paulo Coelho, Aleph S Let me plead with you, lovers of my Africa, to carry with you into the world the vision of a new Africa. – Robert Mangaliso Sobukwe S My body is clay, my spirit feels no pain. – Finn the Human from Adventure Time

DIE brief was ’n uitnodiging dat Pa van sy beste volstruisvere met die boerevereniging langs na Parys moes stuur. Die prys was blykbaar die hoogste wat vere nog behaal het, want die kroeg in Frankryk het volstruisvere van die beste gehalte benodig om rokke, versierings en hooftooisels vir die dansers te maak. Dit is omtrent wat die brief gesê het – head gear het daar gestaan. Ek kon tóé eers snap dat die meisies waarvan Ma gepraat het natuurlik kaalkop was en daarom head gear nodig gehad het om hul topless koppe te bedek. Ek kon nie verstaan waarom hulle nie hoede of so iets gedra het nie. Of pruike. Of kopdoeke, soos die bruin vroue op ons plaas. Ek het al gesien as Meisie, ons kombuisvrou, se kleintjie op haar rug dit per ongeluk aftrek, dan was sy ook kaalkop. Nou hoe dan vere? Om konsert te hou? Al wat ek van volstruisvere geweet het, was dat die vertraagde kinders van die nasorgsentrum op die dorp stoffers daarvan gemaak het. Vere op rietstokke. Langes en kortes. En in elke kleur denkbaar: turkoois, helderpienk, blou, grys, rooi en

Johann Nell se roman, Sondag op ’n voëlplaas, word op Don­ derdag 31 Oktober om 18:30 by Tuscan Rose bekend gestel. geel. Of as die vere baie mooi skitterwit en groot was, het die mense van die dorp en omgewing dit met troues voor op die ster van ’n Mercedes-Benz vasgemaak om die bruide kerk toe aan te ry. Hoekom ’n mens vere op jou topless kop sou wou dra, was vir my onverstaanbaar. Maar soos dit vir my gelyk het, was Frankryk ’n heerlik boheemse wêreld waar enigiets moontlik was. ’n Plek waar topless meisies

in ’n vieslike kroeg met ’n onuitspreekbare naam volstruisvere op hul koppe dra. En dit sou óns voëls se vere wees. S Dit is ’n uittreksel uit die Bloemfonteiner Johann Nell se debuutroman, Sondag op ’n voëlplaas. Die verhaal speel af op ’n volstruisplaas in die Kango-vallei by Oudtshoorn. Johann is in die farmaseutiese bedryf, is getroud met Alida en hulle het twee kinders, Wijbren en Mieke.

Today in history 1881: David Henderson Houston patented the first roll film for cameras. 1886: Standard Bank starts business in a tent in Ferreirasdorp on the Witwatersrand. 1899: Anglo-Boer War II between the British Empire and the two Boer republics breaks out.

1910: Dr Daniël Hartman (Danie) Craven, South African rugby boss for many years, is born in Lindley in the Free State. 1939: Pres. Franklin Delano Roosevelt, the 32nd president of the United States, is presented with a letter from Albert Einstein that urges him to develop the US atomic programme rapidly.

1983: The last hand-cranked telephones in America go out of service. 1986: Mother Teresa escapes unhurt from a plane crash in Tanzania, which kills six. 2008: The Taliban drives an explosive-laden truck into a meeting of people; the bomb kills 110.


BLOEMNUUS, VRYDAG 11 OKTOBER 2013

3

Ouma is jonk van gees JENS FRIIS het gesels met Petro Steenkamp, Bloemnuus en Athalia se Ouma Roos 2012. Haar opvolger word op Woensdag 16 Oktober by Monte Bello aangewys.

Petro, dit is vir jou ’n heerlikheid om oorsee by jou kleinkinders te kuier, né? Om saam met my drie Belgiese kleinkinders, wat in Gent woon, die koffiekroeë by die pragtige ou kastele op te soek is voorwaar ’n heerlikheid. Tien jaar gelede het ons in die pragtige tuine, wat soos woude lyk, wegkruipertjie gespeel en onder ’n digte kombers van herfsblare en sneeu ons warm gelag. Dis hier waar ek rooi paddastoel-sampioene met wit ronde kolle die eerste keer gesien het. Die feetjies was egter afwesig. Verder sou ek graag Brugge en Brussel weer wil sien. Saam met hierdie kleingoed van my die Kersmarkte deurloop waar die reuk van glühwein swaar in die lug hang en na die pragtige Kersmusiek luister. En dan natuurlik Parys. My hart klop sommer vinniger. In Amsterdam sou ek saam met hulle na die pragtige musiekuitvoerings in die konservatorium wou luister en Sondae die eredienste in die pragtige historiese kerkgeboue wou bywoon.

Petro Steenkamp, Ouma Roos 2012

Raai raai riepa DIÉ raaisel kom uit Raai raai riepa van G.H. van Rooyen en S.H. Pellissier (Protea-uitgewers, 2012). Die antwoorde daarop is te kry by www.bloemnuus.co.za. 1. Wat het ’n aasvoël van voor wat ’n padda van agter het? 2. Vier s’e, vier i’s, ’n m en twee p’s. Sit dit bymekaar en wat sal dit wees?

Foto: Elsa Vermeulen

Watter CD is in jou motor? Dankbaar van Deon en Werner. Ek sing altyd saam en maak dit ’n trio. Lees jy op die oomblik enige boek(e)? Francine Rivers se Redeeming Love en Willem Nicol se Gebed van die hart. Laaste goeie fliek gesien? Wolwedans in die skemer. Wat is vir jou snaaks? Kinders en troeteldiere (veral honde) se spontane reaksie. Wat maak jou nostalgies? Sonsondergange – veral in die Vrystaat en Hentiesbaai as ek na musiek van Handel en Bach luister. Dit kan ook gebeur wanneer ek my foto-album van vroeëre jare deurblaai. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Ek is geseënd en daar was baie gelukkige tye: my huweliksdag, kindergeboortes, kinders se huweliksplegtighede, geboortes van kleinkinders . . .

Wat is die mooiste pleknaam in Afrikaans? Bloemfontein! Wat kan mooier klink en wees in ’n naam as asemrowende blomme (rose) en borrelende fonteinwater. Dit simboliseer immers lewe. Bloemfontein is ’n stad wat lewe én blom.

Wie is jou helde? My kleinkinders en die hele Cheetah-Super XV-rugbyspan.

Wat is jou gunsteling-eetplek in Bloemfontein? Eerstens my huis, want om jou eie tafel eet jy die lekkerste. Ek hou ook van House of Bread, Iewers Nice en Avanti.

Wie is jou gunsteling- historiese figure? Andrew Murray, Vader Kestell, Totius, Nelson Mandela, Margaret Thatcher, Calvyn, Luther, presidente Steyn en Paul Kruger.

Niks ‘grands’ aan eetplek Jens Friis MET ’n onlangse kuiertjie by die botaniese tuin het ons by die nuwe restaurant Zizi aangesit. Dit was ’n Saterdagmiddag drie weke nadat dit op 7 September sy deure geopen het met ’n “grand opening”. Maar helaas het bloedweinig met ons besoek beïndruk. Ons moes ’n kwartier wag voordat ons enigsins gehelp is – en dit was nie buitengewoon besig nie. Die kelner, wat net met een spyskaart opgedaag het, het sy spyt uitgespreek oor die gewag: “Ek gaan haal net gou nog een.” Dit het hom vyf minute gevat om te bring en teen daardie tyd het ons reeds geweet wat ons wou hê: twee koppies tee, ’n skyf suurlemoen-meringue-tert en skons met room-en-konfyt. Ná meer as ’n kwartier het ’n ander kelner die twee koppies tee aangedra. Dit het beslis lank daar rondgestaan en van irritasie was ek in daardie stadium warmer as die tee: “Hoe lank gaan dit vat vir die eetgoed om te kom, want anders gaan ons loop.” Dié waarskuwing het skynbaar gehelp, want die eerste kelner was vinnig daar en het wéér gesê hy is jammer (ja, dit was die tweede “jammer” – maar nog sou kom!). Terwyl hy nog by die tafel was en ons

Restaurante nog nie eens aan die soetgoed geproe het nie, het ek maar solank vir die rekening gevra, want anders gaan ons dalk vir ewig wag. Die goeie nuus was dat die rekening dadelik gekom het! Maar die slegte nuus is dat die room suur was. Die suurlemoen-meringuetert was darem nie te sleg nie. Die skade vir dié besoek aan dié “restaurant” was R65 wat ek met ’n R100noot betaal het. Maar van kleingeld was daar g’n sien. Ek het nie kans gesien om ’n fooitjie van R35 vir dié ervaring op te dok nie en is agter hom aan ná ’n lang gewag. ’n Dérde keer het hy jammer gesê, want hy het glo nie kleingeld gehad nie. “Dit sukkel maar hier, lyk dit my,” het ek gesê en sy toesighouer het ’n verwarde laggie gegee. Nou-ja . . . ek’s daar uit. En ek kom nooit weer terug nie. PUNT UIT 20 = 9: 1. Diens? 1 (nader aan ’n nul). 2. Kos? 2. 3. Atmosfeer? 3. 4. Waarde vir geld? 3. Sal ek dit aanbeveel? Nee.

Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi? Athalia se inwoners. Wat sou jy dan vir ete maak? ’n Kruiemengeldrankie, geroosterde lamsboud, groensous, gebraaide aartappels, romerige ertjies, diep gebraaide murgpampoentjies en tiramisu. Waarmee verwyl jy die graagste jou tyd? Lees, klassieke musiek, mediteer, stap en hengel saam met my man op Hentiesbaai. Wat is die diepste punt van ellende? Om so eensaam, siek of verwerp te voel dat jy die sin van die lewe nie verstaan nie. Die gevoel dat jy selfs van Jesus verlate is, kan vir sommige die diepste punt van hul ellende wees. Wat is jou gunsteling-versreël? “Woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” – Psalm 37:4 Wat dink jy gebeur ná die dood? Die gelowige gaan na die Vaderhuis wat deur Jesus Christus vir Hom voorberei is. Hy/sy sal dan by God wees en Sy heerlikheid aanskou. Ook sal hy/sy ’n volmaakte ervaring van vrede, vreugde en liefde beleef. Met die wederkoms van Jesus sal die mens na liggaam en siel gelykvormig word aan die verheerlikte liggaam van Jesus Christus.


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 OKTOBER 2013

Dagboek

FRIDAY, 11 OCTOBER S Eunice Athletics Day, Pelliespark. S Juba om 19:30 met Skop uit jou skoene! in Innie Skuur. Bespreek by meerkatkolonie@vodamail.co.za of kry jou kaartjie teen R90 by Kiki Corner (Langenhovenpark) en Music Inc (Noordstad). Kinders jonger as tien kry gratis toegang. Skakel 079-387-3614. S Die uitstalling Tom Waits for no man kan van môre tot 25 Oktober in die Stegmann-galery op die UV-kampus gesien word. S Opedag: Gemeenskapsbetrokkenheid – ’n geleentheid waar die UV die werk in vennootskap met ander betrokkenes gedoen, ten toon stel en vier, om 09:00 in die Callie Human-sentrum.

S Your First Year of Work: A Survival Guide. Boekbekendstelling deur Shelagh Foster om 13:30 in die Albert Wessels-ouditorium. S Die Vrystaat-bergklimklub verken van 11 tot 13 Oktober Vegkopberg, Zastron. Bel Sorita Mattyssen by 083-396-0615. S Wiesbaden se Rocktober Fest vind vandag en môre plaas met kunstenaars soos DJ Ossewa en die K2 Band. Bel Frans by 051-451-1211. SATURDAY, 12 OCTOBER S Die NG kerk Uitsig bied om 10:00 saam met Zane Meas (Neville van 7de Laan) ’n oggend oor die belangrikheid van vaderskap aan. Zane is ’n stigterslid van die Fatherhood Foundation en die

skrywer van die boek Daddy come home. Pa’s, ma’s, oupas en oumas is baie welkom. Kom kuier teen R100 per kaartjie saam in die Hoërskool Sand du Plessis se saal. Verversings sal verskaf word. Bel Mariëtte by 051-522-2780/63 of 072-2671082. S Huisgenoot-Skouspel today and tomorrow at Sun City. Tickets are available at Computicket and Checkers. S Naln en Dames Perspektief bied om 09:00 ’n oggendprogram in die Naln-ouditorium aan. Bel Reza Britz by 051-522-4676. S Cansa Breast Cancer Awareness Walk at Brandwag Primary School at 08:00. Call Nelmari on 051-444-2580.

S Die Blou Bulle speel om 17:05 teen die Cheetahs in Bloemfontein. Jay tree op. SONDAG 13 OKTOBER S Die Knights begin die seisoen amptelik wanneer hulle die Warriors in ’n eendagwedstryd in Kimberley pak. S Die Russiese komponis Pjotr Iljitsj Tsjaikofski se lewe en musiek is die onderwerp van ’n nuwe radioreeks van 13 episodes. Dit word deur Philip de Vos, ’n oud-Bloemfonteiner, op RSG aangebied en volg op sy gewilde reeks oor Mozart. Tsjaikofski – Die musiek en die mens begin om 10:00 op RSG (100 tot 104 FM). S Eet om 12:30 boerekos by Truksvy op Soutpan. Skakel 076-768-8726. S Ds. Johann Els lei die nagmaal (gesinsdiens) om 09:00 in die Klipkerk, terwyl dr. Wollie Grobler die oggenddiens om 09:30 en 11:00 lei. Bouwer Bosch tree op met sang en getuienis in die aanddiens om 18:00. S Bouwer Bosch tree om 18:00 op in die Klipkerk. Toegang is gratis, maar ’n sagte kollekte sal opgeneem word. Almal is welkom. Vir meer inligting skryf aan Neels Redelinghuys (jeugwerker) by neelsred@gmail.com. S Die NG kerk Noordhoek hou ’n spesiale diens vir matrieks. Bel ds. Zachie le Roux by 083799-5911. MONDAY, 14 OCTOBER S Youmi Arafah (Pilgrimage – Day of Haj), Islamic Holy Day. S Skenk bloed tussen 10:00 en 18:45 by die Victorian Square-skenkersentrum (President Reitzstraat en Tweede Laan). Skakel 051-4477276. S Andries Vermeulen tree om 13:00 op by Mimosa Mall se Food Fashion Week. Skakel 051444-6914. S Beeldhouwerk deur Anton Smit by Gallery on Leviseur. S Maandelikse vergadering van die Vrystaattak van die Genealogiese Genootskap om 18:30 in die ouditorium van die Oorlogmuseum. Eureka Pottas is die spreker. Bel Marietjie van Zyl by 082-406-5975. TUESDAY, 15 OCTOBER S Eid-ul-Adgha (Day of Sacrifice), Islamic Holy Day. S Die Vriende van die 7 Damme-bewarea hou sy jaarvergadering om 19:00 in die Lutherse kerksaal by Emily Hobhouse-plein. S Zak Steyn tree om 13:00 op by Mimosa Mall se Food Fashion Week. Skakel 051-444-6914. S Oproep tot gebed by die Klipkerk tussen 10:00 en 11:00 in kamer 21 van die sentrum. Bel Vanessa by 072-375-3652. S Unashamedly Ethical-byeenkoms om 18:00 in die Bloemfonteinse stadsaal. Die hoofspreker is Graham Power, stigter van dié beweging. Bel Hennie Muller by hjm@umfa.co.za. S Study of the Biblical book James (Jakobus) with Dr Skip Moen at Mizaph Lodge, Rayton. Call Mariaan on 073-227-6685. WOENSDAG 16 OKTOBER S Athalia en Bloemnuus se Ouma en Oupa Roos 2013 word gekroon by Monte Bello. S Ben, Babsie en Familie met Johan Engelbrecht en Lizz Meiring om 19:30 in die Sand. Bel Pacofs by 051-447-7772. S Celebrate Boss’s Day at Oolong Lounge. S Marike Joubert en dr. Chris Nel gesels oor Osteoporose: Hoekom het ek seer? in die CJC Nel-lesingsaal by die Universitas-hospitaal om 17:50. Bel Corrie Bruwer by 082-921-4234. DONDERDAG 17 OKTOBER S Roosfees by Loch Logan-waterfront. S Niel Somers (R70) in Aasvoëlklub om 20:00. S Radioteater om 20:00 op RSG. S Karaoke by Windmill-casino om 20:00. S Jeff Radebe, minister of Justice and Constitutional Development, will deliver a lecture in the prestige series of the dean in the faculty of Law at the UFS on Access to Justice in the CR Swart Auditorium at 18:00. S Aartsbiskop Desmond Tutu sal ’n kykie in sy lewe bied in ’n gesprek met prof. Jonathan Jansen om 16:30 in die Eeufeeskompleks. S Modevertoning by Zizi in die Botaniese Tuin. ’n Kaartjie van R150 sluit ’n ligte ete in. Bel Kindersorg en Childline by 051-430-3311. S Bruidsekspo tot Sondag by die Loch Loganwaterfront. Skakel 051-448-3607. S Entrepreneurs kom om 10:00 byeen by Truksvy Koffie Sjop op Soutpan waar Lorinda Volschenk hulle sal toespreek oor hoe om hul besigheid(sidee) te begin of te laat groei. Toegang is gratis. Bel Liza by 076-768-8726. S Die Vrystaat-tak van die Suid-Afrikaanse Gesondheid-en-beroepsveiligheidvereniging (Saiosh) hou om 13:30 sy maandvergadering by die Vrystaat-nasorgsentrum in Rayton, Bloemfontein. Die gasspreker is dr. André Roos van die UV oor ergonomiese gevare en verwante beserings. Bel Johan Dempers by 083-679-8554. S Cinemas@Northridge nooi almal na ’n gratis vertoning om 10:00 van 100 Years RHS Chelsea Flower Show 2013. Skakel 082-699-5777.


Getroud

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 OKTOBER 2013

5

’n Halfeeu later . . . TOE & NOU: Warren Grant skryf: “Toe ek verlede Vrydag die Toe & Nou­troufoto’s in Bloemnuus sien, was dit asof dit bestem was dat ek foto’s van my ouers se troue destyds moes stuur. Eerskomende Sondag, tot die dag toe, is hulle 50 jaar getroud. Hulle is Edwin en Illona Grant (Kotze). Die troue was op 12 Oktober 1963 in die Trinity­Metodistekerk in Char­ lesstraat. Daar is ’n seun en dogter uit die huwelik gebore, en vier kleinseuns het gevolg. Hulle het sedert 1976 in Fichardtpark gewoon en bly die afgelope vier maande in Aliquando, Heuwelsig.” Foto: Warren Grant

GETROUD: Jacques en Madele le Roux is getroud. Vir troufoto’s van ander pare wat onlangs ewige trou aan mekaar beloof het, kyk by bloemnuus.co.za.

Foto: Elsa Vermeulen

TOE & NOU: Marianne Schwella (inlasfoto), die eienaar van The Wedding Shoppe in Lan­ genhovenpark, is in 1984 met Martin Schwella getroud. Haar trourok en sluier het toe R2 392 gekos. Die trourok was ’n replika van prinses Diana s’n en dit is gemaak deur Siaste­ ne Brides in Kaapstad. Die blommemeisie is Melissa Fox. Nog foto’s is te sien op Bloemnuus se Facebook­blad. Foto’s: Schnink Photography / Verskaf


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 OKTOBER 2013

Bust fuel-efficiency myths AS a car owner you’ve probably heard your fair share of fuel-efficiency tips but have you ever questioned whether they are in fact true or merely myths? Les Mc Master, chairman of the Motor Industry Workshop Association (MIWA), says there are many fuel-efficiency myths doing the rounds in South Africa , especially following the recent truck and taxi accidents that have made headlines. “The fact is that many fuel-efficiency tips may have worked in the past where vehicles had less sophisticated components. Some of the tips didn’t even make that much sense in the past so as a vehicle owner you need to be savvy about the tips you receive and rather ask an expert if in doubt,” says Mc Master. Based on tips from MSN Autos (http://home.autos.msn.com/), Mc Master offers his advice on these fuelefficiency myth busters:

Gearing into Neutral at stops This myth may have been relevant when engines used carburetors but today’s cars have computerised fuelinjection systems. These systems sense if an engine is revving above idle when you ease off the accelerator. If that happens, the fuel injectors shut off, so fuel is no longer injected into the engine, even if the car is still in gear. By constantly shifting in and out of neutral the only thing you may accomplish is premature wear on your gear box. A full tank is more fuel efficient The idea that a tank more full than empty will prevent fuel evaporation inside the tank is incorrect. Fuel systems in modern cars are designed with vapour recovery systems so no evaporation is possible. Some vehicles with pressurised fuel systems even display a ‘check engine’ light if the petrol cap is loose, missing or not properly sealed.

A dirty air filter leads to lower mileage The engines in older vehicles pulled air straight through the air filter into the carburetor, so a clogged filter could affect fuel efficiency to some degree. However, today’s advanced engines have a computerised engine control module (ECM) to regulate the air-to-fuel ratio. Air goes through the filter and then through a mass airflow sensor that let’s the ECM gauge the airflow and adjust the fuel accordingly; less airflow means less fuel is sent to the engine. While fuel efficiency may not be affected, dirty air filters can lead to sluggish acceleration. Filling up when it’s cooler saves me money For years, a myth has been circulating that if you buy petrol during the cooler part of the day you get more for your money, since a cooler liquid is denser. This theory may sound believable but at filling stations petrol is

almost always pumped from storage tanks underground that are naturally insulated from large temperature swings. Because of this, any slight change in the temperature of the petrol is so small you wouldn’t notice any real savings. Cruising downhill in neutral saves petrol This is one of the biggest myths thrown around. The truth is that when coasting in neutral, the engine is idling, consuming just as much petrol as when it’s idling at a traffic light or warming up in your driveway. The reality is that it’s actually a bad idea to roll downhill or up to a stop sign in neutral because you need to be able to use the accelerator to avoid an unexpected road hazard. Cars don’t handle well in neutral during sharp cornering maneuvers when the engine isn’t connected to the drivetrain – the components in the vehicle that generate power.

Fuel saving devices Lastly be aware of claims made by manufacturers regarding fuel saving devices. There are a number of different devices doing the rounds and each one is purported to have magical fuel saving powers, be it a magnet device connected to the fuel supply line which “aligns” the atoms in the fuel by electromagnetic field, to the swirl or vortex device which is fitted to the intake manifold. There is no scientific evidence that any of these devices will in any way improve the fuel efficiency of a motor vehicle. Be cautious of marketing ploys and before you consider purchasing such a device, seek the expertise of your nearest MIWA dealer to guide your decision making. Rule of thumb, if it sounds too good to be true, it probably is! Many a gullible consumer has been duped into doing costly damage to their vehicle by the unscrupulous marketers of these devices.

G6 in hul noppies met resultate Werner Griesel van G6 Services is ’n ge­ reelde adverteerder in Bloemnuus, “want die geld wat ons hierin belê, is beslis die moeite werd. Om in Bloemnuus se BloemWiele te adverteer, werk vir ons. Daarom kan ons dit beslis aanbe­ veel.” Sien hul ad­ vertensie hier langs­ aan. G6 Services doen sake by Wat­ keystraat 85, Oran­ jesig.


BLOEMNUUS, VRYDAG 11 OKTOBER 2013

('carpet tiles' en volvloermatte), gelamineerde vloere, gratis kwot.(079 581 6654. AANBOUINGS: NUWE HUISE. NHBRC-ge- registreer. Teël en verf. Johan 072 237 2573/ 073 793 4838/ 051 432 7018.

BRIDGING CASH while waiting for

PENSION/ PACKAGE PAYOUT (lump sum only)

FHP:3 Slpkamer t/woonstel te huur .2 Badkamers, oop, eet, leef en kombuis area. Eie tuin. Prepaid krag. Water ingesluit. R 5400 huur per maand, ( Renee 076 390 0747

Dewetsdorp, R699 000. Pragtige, moderne gesinshuis met moderne kombuis. 65 km vanaf BFN. 4 slaapkamers, 2 badkamers, swembad, 2 waenhuise. Skakel 082 569 6206.

CASH SAME DAY

086 1101 388 083 6700 788

A-KLAS-VERBLYF: Damestudente, sober gewoontes, in Universitas. Stil, rustige atmosfeer. R1 600 p.m. (083 265 1569 BFN

GLEN POOLS AND LAPA

CASH FOR GOLD

We pawn Kruger Rands, diamonds and Rolex watches 082 345 6711

I am looking for knitting machines: Empisals and Passaps, in any condition. Will pay cash. Contact Cecilia 082 482 4686.

NEED TO FEEL BETTER? NEED TO TALK? Contact us, WE'LL LISTEN. Always confidential and free. 24/7. Talk to us: 051 444 5000. Write to us at Box 29874, Danhof 9310. E-mail us at Befrienders@wsinet.co.za

SPRINGKASTELE en

WATERWURMS

Sokkerkasteel, Spiderman, Barbie, Krokodil, Shrek, Gladiators, Tropical Island, Barney, skuimput. Aktiwiteitskastele. Kastele met glybane

HOË GLYBANE. BOOT, 3-IN-EEN.

SKAKEL RINA by 051-4461361

ALLE groottes yskaste, vrieskaste te huur. Skakel 051 522 4616

CJK ACCOUNTANTS: For any accounting work, financials, statutory returns, estates, etc. Contact 079 522 3021/ cjkinfo@cjkacc.co.za. www.cjkacc.co.za

We do plumbing, tiling, painting and clean swimming-pools from green to whatever colour. Call Ben 071 067 4694/

5 m x3 m pool and 4 m x 3 m lapa: R35 000.6 m x 4 m pool and 5 m x 3 m, lapa.R39 000. 7 m x 4 m pool and 6 m x 4 m lapa. R45 000. 8 m x 4 m pool and 7 m x 4 m lapa. R58 000.

Call Glen 072 948 2045.

AAA-kwaliteit- INSTALLERING van alle plafonne en 'dry walls' (herstel van plafonne), matte

Gevestigde gordyn- maatskappy benodig die dienste van naaldwerksters met ondervinding in industriële masjiene, en 'n werkswinkelbestuurder. Skakel: 051 436 0746/ 082 557 4966 .

Installeerder: Databekabeling.

Vorige ondervinding 'n vereiste. R14 000 + voordele

JEFFREYS BAY:

Beautiful, fully furnished duplex, plus braai and carport. Available Dec. 2013

042 293 1268/ 076 400 0703/ 082 562 1933.

3G's. Spesialiseer in herstel van ys-/vrieskaste by jou huis. Beste pryse. Persoonlike diens. ( Grobbie 071 516 6050.

Complete forms and earn R800 per day! No qualification or experience needed. With or without PC. Registered company with proven success. For full info sms name surname, postal address to: 072 5909 036

Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583

Gekwalifiseerde Elektrisiëns Dieselwerktuigkundiges. E-pos CV na

fokuspersonnel.co.za Faks 086 720 0590.

122 PJ DU PLESSIS

SYMINGTON & DE KOK 1 SLAAPKAMER HUIS in Universitas. R3 400p.m. (083 265 1569 BFN

ATTORNEYS • PROKUREURS • BABUELEDI

Kennisgewing aan krediteure en debiteure in bestorwe boedels. In die boedel van wyle Paul Johannes du Plessis, boedelnommer: 9979/2013, Meesterskantoor: Bloemfontein, geboortedatum 3 Junie 1932, identiteitsnommer 320603 5007 087 van Westerbloem 109, Van Heerdenstraat, Bloemfontein, datum van dood 11 September 2013. Krediteure en debiteure in

die bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae, gereken vanaf 11 Oktober 2013 (datum van publikasie hiervan). EE Pohl, Symington & De Kok, Posbus 12012, Brandhof 9324 (MHD0154)

7


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 11 OKTOBER 2013

Jy sê S Waarom moes prof. Jonathan Jansen nou só ’n pleidooi vir Engels aan die UV lewer? Was dié man te lanklaas in die nuus? Dit is waarskynlik die rede. Toe skep hy sommer iets om die hooftrekke te haal. Ongelooflik. – Pieter Nel S Die voorblad (Bloemnuus, 4 Oktober) van die uitgestrekte pad laat my na die Vrystaat verlang. Groete uit Richardsbaai. – Hermien Hamman (Facebook) S Ek is “mal oor”, óf seker “gek na”, daai voorbladfoto (Bloemnuus, 4 Oktober). Ek het dit ge-share op my Facebook-blad. – Jorina Claassen (Facebook) S Lekker! Ek is gaande oor klein, interessante plekkies (Ry ’n draai na dié pos, Bloemnuus, 4 Oktober). – Andries Visagie (Facebook) S Die Mimosa Mall mag nou wel probeer om sy winkels tot 19:00 oop te hou, maar dan sal hy dit konsekwent moet toepas. Ek was om 18:00 by die Fego-restaurant en die mense daar het geweier om my te help, “want die kombuis was al toe”. Die personeel was duidelik toe lankal aan die oppak. Ek dink dit is werklik ’n skande. – Brink Kern S Die ligte in Waverleyweg-/ Gladstoneweg-omgewing het 27 dae aaneen gebrand. – Aubrey Dewey Bozella Olivier (Facebook) S Die toe- en nou-troufoto in die uitgawe het reeds op Facebook verskyn. Patrick Buys skryf hieroor: “Ek onthou die troue van Charles en Diana soos gister. Waar het jy anders as by die skool (all-boys, nogal) voor ’n geleende TV-stel gesit en kyk daarna? En in elke ander klaskamer was dit dieselfde. Fantastiese keuse, Marianne. Jy was sekerlik die envy van baie”. – Patrick Buys (Facebook) Ja, daar waar jy op sekere oomblikke was, bly jou soms altyd by. Ek onthou selwers daardie troue van Di en Charles goed. Ek was in die kindertuin (soos die sub. A, sub. B en standerd 1) destyds genoem is. Ons kon spesiaal vroeër huis toe gaan om te gaan televisie kyk. Want dit is darem net een keer of so in ’n eeu dat daar ’n prinses Diana trou . . . – Red. S Die vuurwerkvertoning verlede naweek mag wel indrukwekkend gewees het, maar het 20 minute se eindelose vrees by ons diere veroorsaak. En, wragtie, Sondag om 09:00 gaan daar weer ’n paar klappers af. Dankie vir diegene, waaronder Bloemnuus, wat eienaars vooraf gewaarsku het. Só kon eienaars van troeteldiere voorsorg tref en die diere behandel, hoewel dit vir my R400 gekos het. – Renette Lundie

Bonjour de Tarbes Ons mense in die vreemde

’n speelpark. Hulle is private mense, so persoonlike vrae is taboe, maar jou persoonlike ruimte is nie belangrik nie, as ek in ’n ry staan, voel dit asof die Franse bo-op my staan.

YOLANDE PIETERSEN LOFTUS, ’n oudleerling van Eunice, en haar gesin woon in Tarbes, Frankryk, en sy het Theonie Kok meer oor die suidweste van Frankryk en die Franse vertel.

Hoe verskil Frankryk van SuidAfrika? Waar ons woon, is die mense glad nie materialisties nie. Al het hulle geld, bly hulle in kleiner huise en ry klein karre. Hulle bestee eerder geld op etes in die lekkerste restaurante, sjokolade by eksklusiewe chocolatiers en op ski-vakansies. Hulle ondersteun ook graag klein, plaaslike besighede. ’n Mens voel aan dat almal hier trots is op hul land, taal en kultuur. Wat ons egter van Suid-Afrika mis, is die mense en hul warmte. Ons Suid-Afrikaners lag meer en harder, ons eet meer, drink meer, huil meer, praat meer. Ek beleef dit veral as ek sien hoe uitbundig ons kind is teenoor die stil Franse kinders. As ’n mens hier op ’n trein of bus klim, is almal stil, as Suid-Afrikaners is dit vir ons vreemd. Ek sou sê die Franse is ernstiger as Suid-Afrikaners. Die kinders is omtrent die hele dag in die skool en die skole is nie so mooi soos in SuidAfrika nie. Daar is min gras en speelplek. Onderwysers is streng en ons hoor gedurig stories van hoe kinders voor hul klasmaats verneder word. Suid-Afrika het meer van ’n speel-kultuur – in Frankryk is die atmosfeer in skole mededingend en baie ernstig.

Hoe het julle in Frankryk beland? Dit is ’n lang storie. Ek en my man, Werner, was high school sweethearts. Hy was in Grey-kollege. Ons het in Johannesburg gestudeer en ná my studie het ek as lugwaardin by Emirates begin werk. Ek het drie jaar in Doebai gebly en ongelukkig het ons langafstandverhouding nie gewerk nie. Ná sy studie het Werner vir die Griffons gespeel en ’n agent het hom genader om in Frankryk rugby te speel. Ek het op baie vlugte na Frankryk gewerk en ons het weer begin kuier. Ons het mekaar maar min gesien en hy het my eindelik “kom haal” en gevra om te trou. In daardie stadium het Werner vir ’n klub in Gaillac, ’n bekende wynstreek, gespeel. Ná ons troue het hy ’n kontrak by ’n klub in die suidweste van Frankryk geteken. Dit is nou al ons sewende jaar hier. Waar woon julle? In Tarbes, ’n bietjie meer as ’n uur van die Spaanse grens. Dit is naby aan die Pireneë wat asemrowend mooi is. Het Tarbes ’n interessante geskiedenis? Baie. Die hele dorp is omtrent in die verskillende oorloë vernietig, maar weer opgebou. Dit is veral bekend as ’n militêre basis en vir sy perde. Die Haras National de Tarbes is ’n unieke perdeplaas wat in 1806 deur Napoleon gestig is. Het jy maklik aangepas? Nee, dit was maar moeilik. Daar is wonderlike Franse mense, maar hulle verskil baie van Suid-Afrikaners. Die taal maak alles ook moeiliker. Waar ons bly, praat die meeste mense nie Engels nie en selfs al praat ons nou Frans is dit tog moeilik om gemaklik te kommunikeer. Baie van die mense doen hul bes om ons gemaklik te laat voel – toe ons in ons nuwe huis ingetrek het, was ons buurman binne minute daar met omtrent ’n halwe vark om ons welkom te heet. Hoe leef julle jul kultuur uit? Hier is baie Suid-Afrikaanse rugbyspelers in Frankryk en ons braai saam en gesels oor dit wat ons van Suid-Afrika

Werner, Sam en Yolande Pietersen Loftus woon in Tarbes, Frankryk. Bo: “Die Payolle­ski­oord is so 20 minute van Tarbes af en ons naaste ski­ oord.” mis. Toe my ouers een Kersfees kom kuier het, het ons ’n spitbraai gehou. Ons gaste was van Skotland, Engeland, Fidji, Tonga, Australië, NieuSeeland en natuurlik ’n paar Franse. Ons Suid-Afrikaners het ook ’n Bybelstudiegroep begin en ná die tyd kuier ons lekker saam oor ’n melktert. Interessante tradisies en gebruike? Omtrent alle besighede maak tussen 12:00 en 14:00 toe vir middagete. Min sal middagete opoffer om te werk en ’n glas rooiwyn saam met middagete is niks vreemds nie. Die restaurante bedien ook net kos tussen 12:00 en 14:00 en dan weer ná 19:00. Die tradisie waarmee ek egter die meeste sukkel, is die soengroet. Daar word van jou verwag om enigeen wat jy groet een keer op elke wang te soen (of eintlik te air-kiss). Vir ons bly dit ongemaklik, veral as jy jou kop na die verkeerde kant draai, dan eindig die soen dalk per ongeluk in ’n ware French kiss . . . Vertel ’n bietjie van die kos. Kos is ’n nasionale obsessie in Frankryk. Elke ete is ’n feesmaal en selfs tuis eet die Franse meestal ’n driegangmaal. Hulle eet rustig en kuier lank om die tafel en baie van die gesprekke gaan oor kos. Die bekendste gereg van Tarbes is die cassoulet aux haricots tarbais. Die woord cassoulet kom van die potte waarin dit gebak word en haricots is duur wit bone wat van die suidweste van Frankryk kom. Hulle maak

Wat mis jy van Bloemfontein? Die mense, veral my familie. Wat ons die meeste mis, is Sondae in Bloemfontein. Om saam met familie kerk toe te gaan en daarna saam te eet is iets wat ons elke Sondag hier in Frankryk mis.

dit met verskillende vleissoorte, maar eend is ’n gunsteling. Dan is daar natuurlik die croissants, chocolatines en macarons – dit is eintlik snaaks dat die Franse so maer bly. Snaakse of interessante sêgoed? Ek het gedog dis net in flieks, maar Franse mense sê baie oh la la en voilà! Goeie en slegte maniere? Om te groet is vir die Franse baie belangrik. Al loop jy in ’n groot, besige winkel sal die personeel jou groet met ’n bonjour en weer as jy uitstap. Kinders word ook vroeg geleer om selfs vreemdelinge so te groet, en as jou kind nie ordentlik groet nie, word dit as swak maniere bestempel. Ouers is baie streng. Hulle duld glad nie dat hul kinders skreeu nie, al is dit uitbundig in

Raad vir ander wat dit oorweeg om elders te gaan woon of werk? Al is ’n land hoe wonderlik moet ’n mens besef geen land gaan jou ooit so tuis laat voel soos Suid-Afrika nie. Om weg te wees van jou familie en vriende is moeiliker as wat ’n mens dink, maar op die ou end moet ’n mens doen wat die beste vir jou gesin is, hoe moeilik dit ook mag wees. Watter lewensles het jy daar geleer? Om te veg vir waarin jy glo. Die Franse protesteer vinnig as hul leiers iets doen waarmee hulle nie saamstem nie. Hulle organiseer landwye optogte en laat hul stem hoor. Ek dink dit is baie effektiewer as om net terug te sit en te kla oor ’n probleem. Sal julle ooit terugkom? Definitief. Ons hoop om teen einde volgende jaar permanent terug in Bloemfontein te wees en ons kan nie wag nie.


BLOEMNUUS, VRYDAG 11 OKTOBER 2013

9


BLOEMNUUS, VRYDAG 11 OKTOBER 2013

Klas van ’13

10

Wylandè Harmse en Jean­Pierre Hobbs (Fichardtpark).

Foto: Elsa Vermeulen

Zelanda van der Walt, Juanita Truter, Corle van Rooyen, Monique Visser en Carami le Grange (Fichardtpark).

Stuur ’n foto van jou onlangse matriekafskeidgeselligheid (goeie gehalte en kleur) na jens.friis@media24.com. Nog foto’s is op bloemnuus.co.za geplaas. Die plasing van die foto’s is verniet.

Melissa Matthee en Gerda Pretorius (Sentraal).

Shireen Ellis en Morne de Beer (Sand du Plessis).

Candice Storm en Dylan Zietsman (Bloem­ fontein Hoërskool).

Markus Gerber en Nina Coetzee (Fichardt­ park). Foto: M & J van der Walt

Sunita Coertzen en JB La Cock (Sand du Plessis).

San­Marie Valentin en Chris van Rensburg (Sand du Plessis).

Patricia Mhungwana (Sand du Plessis).

Soreta Olivier (Sand du Plessis).

Dewald Venter en Yolindi Wasserman (Sand du Plessis). Foto: WJW


BLOEMNUUS, VRYDAG 11 OKTOBER 2013

Pieter Slabbert & Melissa Nel (Fichardtpark)

Foto: Lauren Ramsay

Wel en wee Frans van Aardt en Mari­Sann Roberts het onlangs verloof geraak. Weet jy van iets wat op Bloemnuus se radar tuis hoort? Skryf dan na jens.friis@media24.com. Hannes en Elsa de Wet van Hospitaalpark vier op Donderdag 17 Oktober hul 60ste huweliksherdenking. Prof. Helena van Zyl is as die Alumnus van 2013 op die jaarlikse gala-dinee van die UV Besigheidskool aangewys.

Bianca Bezuidenhoudt en Kevin Erasmus (SPS, Brandfort).

Foto: WJW Photography

Vyf ouerpare het Sondag hul babas in die Klipkerk ten doop gebring. Hulle is (baba se naam tussen hakies): S Pieter en Sandra de Necker (Anika Annette) S Clinton en Ineke Pentz (Ryan Connor) S Ferrie en Carol Pretorius (Liam) S Michael en Marianne van den Heever (Elaine) S Pieter en Leana Jansen van Rensburg (Gustav Frans). Suki van Niekerk, Elfreda Kriel, Alida Schutte en ’n oud-Bloemfonteiner, Charl Herbst, is terug van die hoogste punt op die Afrika-kontinent. Weens aardverwarming is slegs ses van die oorspronklike 16 gletsers op Kilimandjaro oor. Suki het ’n foto hiervan ingestuur en dit kan op Bloemnuus se Facebook-blad gesien word. Daan Potgieter, hoof van die Laerskool President Brand (PBS), het ’n afskeidsbesoek aan die Hoërskool Fichardtpark gebring. Van die leerlinge aan Fichies het die skoolhoof van hul oud-alma mater gegroet omdat hy aan die einde van 2013 aftree. Michael Barker is die hoof van die Hoërskool Fichardtpark.

Gerda Fourie is die wenner van Leon van Nierop se Plesierengel. Sy het dié boek gewen op bloemnuus.co.za waar ook jy die kans staan om talle CD’s, boeke en ander pryse te wen. Ook die volgende lesers het gewen: Malie Beukes (Ons dien ’n God wat lewe van Willie en Natasha), Cobus van Staden (Kos vol streke), Iza Venter (Annelie Ferreira se Maar Tintin in Tibet), CP Pretorius (Ilza Roggeband se Noot vir Dood) en Barend van der Merwe (Marius Ackermann se Plein en Simpel). Dr. Attie Vermaas, bekende homeopaat, het onlangs sy 80ste verjaardag gevier. Hy praktiseer sedert 1976 in die stad en van aftree is daar g’n sprake nie. Dubbelkaartjies vir Macufe se Comedy Show gaan aan: Vlooi Paul, Pieter Herbst, Lizelle van Niekerk, Barend van der Merwe en Amanda Burger. Elisabet de Lange het in Namakwaland gaan blomme kyk. By Nababeep het sy op die rand van ’n ou mynhoop gestaan en kon skaars glo wat sy sien. Die ganse wêreld was oortrek met jakkalsblomme. “ ’n Gesig om nooit te vergeet nie.” Kyk na ’n foto hiervan wat sy ingestuur het op Bloemnuus se Facebook-blad. Adriaan Strauss (haker) en Coenie Oosthuizen (stut) is weer beskikbaar vir die Vrystaat-Cheetahs. Die Vrystaters moes Saterdag in hul sege van 52-21 oor Griekwas sonder dié Bok-sterre van hulle klaarkom. M. Joubert wen Potent Pastimes. Sy het St. Andrewstraat reg geïdentifiseer op Facebook.

Morné Steyn, die Springbok­los­ skakel, het Sondag na Frankryk gevlieg waar hy vir die spogklub Stade Francais sal uitdraf. Hy het vooraf sy ouers, Marita en Johan Steyn van Bloemfontein, kom groet. Kanker is onlangs by Mari­ ta (58) gediagnoseer. Dit het reeds versprei na haar maag, milt en pankreas. Johan en Marita be­ plan om binnekort vir Morné en sy gesin te gaan kuier. Twee Bloemfonteinse sakevroue is vanjaar finaliste in die Sakevrou van die Jaar-wedstryd wat deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue (SACBW) gehou word. Die finaliste is Risna Opperman, eienaar en besturende direkteur van Urth Garden Centre wat in die afdeling vir entrepreneurs meeding, en Alda Roux, besturende direkteur van SecuriForce wat in die korporatiewe afdeling meeding. Pieter Herbst, Lizelle Cocklin, Patricia Jardim, Madelein Buckle en Amanda Burger het dubbelkaartjies gewen op bloemnuus. co.za na die Toeac-akkordeon-konsert in die Odeion. Ruhan Alberts (18), ’n Suid-Afrikaanse hoog- en verspringatleet, is dood toe hy in Kerkstraat beheer oor sy motorfiets verloor het. Ruhan was ’n matriekleerling aan Grey-kollege (sekondêr) Die wenners van kaartjies na die wedstryd tussen die Cheetahs en Blou Bulle is: Johanna Janse van Rensburg, Jacobus Bouwer, Lizelle van Niekerk, Madelein Celliers en Annatjie Bothma. Richardt Strauss (27), the Leinster and Ireland hooker, has been forced to undergo immediate heart surgery and will miss the rest of the season. – www.telegraph.co.uk

CHEETAHS TOON STEUN: Die Toyota­Vrystaat­Cheetahs ondersteun Engo as een van hul amptelike liefdadigheidsorganisasies. Die spelers en die Cheetah­gelukbringer was by die Ons Kinder­ en Jeugsorgsen­ trum in Victoriaweg waar hulle ’n muur wat al die afdelings van Engo uitbeeld, geverf het. Die spelers het nét so tuis gelyk met ’n kwas in die hand as met ’n bal onder die arm. Hier is Piet Lindeque aan ’t teken.

Morgan Peterson, ’n leerling aan die Gekombineerde Skool Dr. Viljoen, het R6 000 gewen – op sy verjaardag! Hy is een van honderde leerlinge wat skattejagkaartjies verkoop het en vir die prys in aanmerking gekom het.

11


BUURMANSKAP: Hennie van der Merwe (presi­ dent van Griekwa­Rugby), Bushie Oliver (een van Griekwas se getrouste ondersteuners) en Lindsay Mould (president van Vrystaat­Rugby) voor verle­ de Saterdag se wedstryd tussen dié twee unies.

Karate a passion

Hekkie­atlete (o.17) spring Saterdag op die Clover­uitnodigingsbyeenkoms weg.

Foto: Jens Friis

Atletiekfees wag Rufus Botha

DIE Clover-uitnodigingsatletiekbyeenkoms is Saterdag in Bloemfontein gehou – presies ’n jaar nadat die einste byeenkoms die eerste was wat in ’n opgeknapte Vrystaatstadion aangebied is. Die atletiekbaan is teen ’n bedrag van sowat R11 miljoen verbeter en is die enigste IAAF-klas-1-atletiekgerief in Suid-Afrika. Atletiek Vrystaat (AVS) is vuur en vlam om weer groot byeenkomste terug te bring Rosestad toe. AVS het egter besluit om aanvanklik by ASA (Atletiek Suid-Afrika) aansoek te doen vir kleiner internasionale byeenkomste soos die Afrika-suidstreek- junior kampioenskap wat op 9 en 10 Mei op die ASA-bepalingslys verskyn. Die Suid-Afrikaanse ope kampioenskappe word vir dieselfde twee dae beplan en AVS het aansoek gedoen om albei dié byeenkom-

ste (soos op die ASA-lys) gelyktydig aan te bied. Dit sluit boonop die nasionale stapkampioenskap in. Indien ASA die genoemde byeenkomste aan AVS toeken, gaan die Rosestad ’n atletiekfees soos min beleef. AVS, wat die munisipaliteit se ondersteuning verkry het vir sy aansoeke by ASA, het ook gevra om gasheer te wees vir die SuidAfrikaanse veelkampkampioenskap (seniors en juniors). Die AVS het ASA verwittig dat hulle die veelkampbyeenkoms saam met die Vrystaat- senior, junior en jeugkampioenskap kan hanteer (21 en 22 Februarie). Einde is dit nie – daar is ook aansoek gedoen om dieselfde naweek die Suid-Afrikaanse halfmarathon (21,1 km) óf die 10 kmkampioenskap saam met die twee genoemde baanbyeenkomste aan te bied en dit sal uniek wees. Toets jy vir Gerrit Coetzer (algemene bestuurder, AVS) oor moontlike logistieke probleme wat kan voorkom met internasionale

byeenkomste en selfs groot nasionale byeenkomste, kom jy agter dat die AVS (saam met sy rolspelers) gerat is vir sukses. Nog ’n groot byeenkoms waarvoor die AVS aansoek gedoen het vir 2014 is die SuidAfrikaanse veldwedloopkampioenskap. Die AVS-veldwedloopkommissie, onder leiding van een van die beste veldwedlooporganiseerders in die land, JP Botha, is vir seker bekwaam genoeg om dié byeenkoms op die Kovsies-veldwedloopbaan aan te bied. Tussen AVS se veldwedloopkommissie en Kovsiesport is dié baan reeds só opgeknap dat hulle gereed is om internasionale veldwedloopbyeenkomste (wêreldkampioenskap ingesluit) te kan aanbied. Die AVS se veldwedloopkommissie het in die verlede gereeld die Suid-Afrikaanse kampioenskappe met reuse-sukses aangebied en dit sal ’n teleurstelling wees indien ASA besluit om nie die byeenkoms na Bloemfontein te bring nie.

THE SuperSport Let’s Play Sports Star of the Month for Bloemnews is Bridget Lourens (17) of the Eunice Girls High School. She has been selected for her outstanding performance in karate which she began practicing at the age of seven. In September 2012 Bridget was selected as a member of the Free State Karate High Performance Programme at the Free State Sport Science Institute and was recently promoted into the Elite group of the High Performance Programme squad. At the Free State trials in April this year Bridget obtained first place in both the female 16- to 17-year kata and kumite divisions and a second place in the female senior kata division and was selected for the Free State karate team in all three of these divisions. At the 2013 South African Karate Championships Bridget came second in the 16- to 17-year female kumite in the u.59 kg division. She was then selected to represent South Africa at the Africa Zone 6 Championships in Windhoek, Namibia, in June of this year, where she won a gold medal in the 16- to 17-year female u.59 kg kumite division. In July at the South African trials Bridget won a gold medal in the finals of the 16- to 17-year female kumite u.59 kg division. Winning gold in the African Zone 6 and being number one at the South African trials, made it easy for the selectors to include Bridget into the South African junior karate team. They participated in the Africa Junior Karate Championships in Tunisia in September where she once again excelled and won a silver medal in the same division – the second best performance of the entire South African team. Due to her excellent results in the African Championship, Bridget was recently selected to represent South Africa at the junior world championships in Spain in November this year. S Send your Sports Star nomination for school learners between the ages of 6 and 18 today (nominations received before the 20th of each month will be included in that month’s selection). You can email your nomination to supersport@zpr.co.za or fax it to 086-552-4922. For more information contact Lynne or Juanré at Z PR on 051-522-9574.

LESERSLENSFOTO: Wanneer laas was jy in die Bloemfonteinse Dieretuin? Oorweeg dit as iets om dalk die naweek te doen. Melinda van der Walt het verlede maand met die Zoo Snooze dié foto van ’n jagluiperd geneem. Sy is daarmee ’n eetbewys ryker wat geskenk word deur die Windmill­casino­en­vermaaklikheidsentrum. Ho­ pelik draf die Vrystaat­Cheetahs die Blou Bulle die naweek kaf.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.