11 APRIL 2014
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
WWW.BLOEMNUUS.MOBI
GRATIS
Bloemskou: Maak ’n draai
Die groot mallemeulewiel is reeds vir vanjaar se Bloemskou opgerig en van 24 April tot 3 Mei sal dit weer draai. Daar is heelwat nuwe aktiwiteite, soos die Bloemskoutalentsoek kompetisie waarvoor reeds uitdunrondes gehou is. Die tien finaliste tree op 24 en 26 April op. Gesinne en vriende kan hulle ook vir die Crazy Olympics en 2in1hindernisbaan inskryf. Lees op www.bloemnuus.co.za meer oor die Bloemskou.