Bloemnuus 12 07 2013

Page 1

VRYDAG 12 JULIE 2013

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

Vryfees

GRATIS

bl. 9

Wie is die vrou wat aan die stuur staan? bl. 3

Jackpot!

Kompetisie

Duur yskas vir jou 4x4 op die spel bl. 5

Woman wins over million rand FOR one Bloemfontein resident leading a very normal life things have just got better than they usually are. She has just won a large Jackpot at the Windmill Casino – over a million rand. “It couldn’t have happened to a nicer and more sensible person,” says Julian Richfield of the casino group about the woman who doesn’t want to be identified. By Monday, when the shock wore off, she made an appointment to see a financial adviser. As a result, and because her job does not come with a pension, she has decided to invest most of her winnings for when she is old.

“She usually shares her winnings and this time is no exception. Part of her big win will be used to help relatives out of financial difficulty.” Responsible gambler Julian says the woman in her mid-fifties is a fine example of a responsible gambler who lives by the National Responsible Gambling Programme’s advice of: “Gamble with your head, not your heart”. She gambles for pleasure, sets herself a limit and once it’s spent, stops gambling. But because she likes Windmill and the people who go there, she often stays to chat after she has finished gambling.

The Windmill Casino and Entertainment Centre.

How it happened When the casino launched the Duma Jackpot in March this year, she gave it a try, but didn’t particularly like it. A friend suggested she read the rules so that she could play properly and maybe then enjoy it more. The advice helped and last week when she played Duma again she won over R2 000. And that is the way things usually go when she gambles, nothing out of the ordinary. Well, not exactly. Last Saturday things deviated from her usual experience there. She visited the casino floor and started playing the slots, mindful as she always is of the amount of money she has allocated herself for the evening. She had R300 left and went and played Duma. R100 went in without any money being won. She looked at her watch. It was almost enough for one night, but she decided to play the remaining R200 quickly and then leave. She put the money in and thought nothing more of it, except she heard music and noticed people rushing over to where she was sitting. Then the penny dropped and she realised she had won a Duma Jackpot. A big one. Over a million rand. Well to be exact, R1 161 583,91!

Valiant, Neels kom dans saam

Van klassiek tot kontemporêr, ballet tot gumboot – op die maat van Lisa se klavier, Karoonag en Dis ’n land! Dit is wat jy te wagte kan wees van Spectacular! Spectacu­ lar! op die Vryfees in die Callie Human om 15:30. Shaleen Surtie Richards, Neels van Jaarsveld en Valiant Swart kom saam konsert hou. Bloemnuus is die mediaborg van dié produksie. Slegs enkele kaartjies teen R110 is nog te koop by Computicket.


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 12 JULIE 2013

Kareeboom se opslaglente Kort voor tjailatyd Bernard Odendaal IN my tuin in Bloemfontein lê spore van koueverskroeiing. Eerste swart ryp gehad laat in Junie. Dié Sondagoggend is daar egter ’n stukkie sprankeling terug in die son, en ek stap om die huis. Daar staan buurman se kareeboom, asof ewe skielik, asof nooit voorheen gesien nie, net anderkant die heining. Amper die helfte van die boom se wilgerlat-agtig hangende takke reik tot in my erf. Jy sien net glansing soos die donkergroen lower en die bleker, verbasend groot blomtrosse geniet van die son se baldadigheidjie. Onder die boom lê al ’n tapyt, lemmetjiekleurig, soos

die bloeiseltjies neersif. Dit is ’n soetriekende gedrup, motreënfyn; ’n groen gesneeu. Eers by die naderstaan hoor ek die musiek: die bye en kewertjies en ander insekte wat gons agter die blomtrosse se soet aan. Hul bedrywigheid help die trosse aan die dans kom in die son, moedig die groen druppeling grond toe aan. Ek leun teen die growwe, donker stam, krummelrig onder die aanraking, om te

staan en luister. Dis ’n soort dreunsang. Dis ’n koraal in ’n kareekatedraal. ’n Skor kuggie laat my oor die heining loer: Buurman, op ’n tuinstoel, wat sit in die son wat skuins onder die boom in skyn. Ons sê dag. Toe ’n ruk niks. “Opslagsomer is mos die woord vir die verskynsel dat jy soms ’n klompie lekker dae in wintertyd kry,” dink ek naderhand hardop. “Bestaan daar ’n woord vir wat hiér gebeur?” wonder Buurman. Opslaggoedheid, dink ek. Gebore uit son en karee. Buurman sê hy het gaan nalees: ’n Mens kan glo ’n bier maak van die kareebessies wat van Oktober ryp word. Kareeblits genoem. Of kareelat. “Seker omdat dit hard kan slaan,” borduur ek. Buurman sê egter van bierbrouery kan ons vergeet. Die karee laat hom te veel aan sy oorlede ma dink.

This historic house in Smithfield is a favourite.

‘We cater for Kei’ Margaret Linström FOR us, a perfect weekend is one that differs from the previous one. We don’t like doing the same old thing weekend after weekend so we try to think creatively about what we’ll do next – but this has all changed since we became grandparents a year ago. Now we need to think whether the places we go to are baby-friendly and whether there is anything on the menu which our beloved boy, Kei, can nibble on with his eight little teeth. The Oliewenhuis Art Museum remains a firm favourite as it has huge lawns on which Kei can use up some of his excess energy. An added bonus is the exhibitions in the main building or in The Reservoir – we believe a child is never too young to be exposed to good art. We love Asian food, so every now and then we’ll stop off at Nagoya – either the tiny holein-the-wall in Second Avenue, Westdene, or the grander version at the Baysvillage Shopping Centre. My daughter, Giselle, and I opt for their lipsmacking duck with oyster sauce or their vegetable spring rolls, while my husband, Chris, is fond of any of their stir fries – as long as it includes some kind of red meat. My son-in-law, Scott, loves their pork buns. Roses for U, a little way down the road from the Northridge Shopping Centre, has a lovely safe play area for kids. Their selection of plants is impressive, while their coffee shop serves a mean café latte. The new Volksblad-kos-

Our Weekends

Margaret, Chris, Giselle and Kei enjoying the winter sun at the Volksblad-kos-en-kunsmark. en-kunsmark has already earned a place on our weekend things to do. It’s the perfect venue – the Free State Botanical Gardens – and although still small it’s sure to grow into a not-to-be missed once-amonth treat. It is held on the last Saturday of each month. On Sunday mornings we occasionally head for the Loch Logan Waterfront and to Picnic for a delicious breakfast. Their omelette with

brown mushrooms and caramelized onions remains my first choice. We also do not dare leave without grabbing a loaf of rye bread for sandwiches for Sunday evening. When we feel the need for a weekend road trip, we choose between Philippolis, Bethulie or Smithfield. All three are delightful Free State towns where the air is still fresh and you don’t need anything more than a good book.

Word nes Madiba 95 ’n HEIDEDALLER wat vandag 95 jaar oud word, wens oud-president Nelson Mandela alle beterskap toe en hoop dat hy op 18 Julie ook sy 95ste verjaardag sal vier. “Nelson Mandela word altyd opgedra in my gebede,” sê eerwaarde Henry Andries van Eck. Hy is op 12 Julie 1918 op Christiana gebore, het in 1944 in diens van die Methodiste Kerk getree en het in 1946 en 1947 aan die Universiteit van Fort Hare gestu-

deer. Tydens sy bedieningsjare was hy werksaam in Pretoria, Windhoek, Kaapstad, Robertson, Kimberley en Bloemfontein waar hy in 1985 afgetree het. Daarna het Van Eck ook weer ’n wyle op Rehoboth en Nigel gewerk. “Ek is die Here baie dankbaar dat ek nog gesond is en 65 jaar getroud is met my vrou, Susan (83).” Hulle het 5 kinders, 11 kleinkinders en 5 agterkleinkinders.

Eerwaarde Henry Andries van Eck.


BLOEMNUUS, VRYDAG 12 JULIE 2013 3

Die vrou agter die Vryfees JENS FRIIS het met Adri Herbert, organiseerder van die Vryfees, gesels wat tot Sondag duur, gesels. How do you relax? ADRI: Listening to music and dancing, enjoying pleasant company with wine and food. Waarmee verwyl jy die graagste jou tyd? Wonder. Watter boek lees jy? Gary Hamel se Leading the revolution. On my bedside table you’ll find . . . any of Paolo Coelho’s books, magazines, a reading lamp and the day’s newspaper. Wat is jou gunsteling-versreël? “Aanhou beweeg en geraas maak” – die antwoord van die robot, Andries, op die vraag: “Wat is die lewe?” in Jan Rabie se kortverhaal, Ek het jou gemaak.

Adri Herbert op ’n wegbreeknaweek by die Maliba Mountain Lodge in Lesotho. tein na Kaapstad moes aanpak, wie sou jy as reisgenoot kies? My beste vriend saam met wie ek net ure se stilte kan beleef.

Laaste goeie fliek gesien? Twee Ingmar Bergman-flieks, Scenes from a marriage en Saraband. Watter CD is in jou kar? Tom Waits se Bone Machine en Leonard Cohen se Old ideas. I’m inspired by . . . unconditional love. Jou kosbaarste besitting? Hoop. Can’t live without? A dream. Wat dink jy gebeur ná die dood? Nie veel nie. Waar het jy pas vandaan gekom? Van Hobart, Tasmanië, ’n stad kouer as die koudste Vryfees ooit. Vryfees was bevoorreg om saam met vyf Australiese feeste gekies te word om deel te vorm van die nuwe Situate Arts-projek. Dit is ’n projek waar 15 van die talentvolste Australiese en Tasmaniese kunstenaars gekeur is om ’n laboratorium van twee weke by te woon om nuwe wer-

TE WEN: Karel Schoeman se boek Cape Lives of the Eighteenth Century (Protea) is te wen. Om vir die prys in aanmerking te kom stuur ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “Bloemnuus2”, gevolg deur jou naam, van en die dorp of stad waar jy woon. Die kompetisie begin vandag om 08:00 en sluit Maandag om 11:00. ’n SMS kos R1,50. As jy ’n SMS stuur, gee jy Bloemnuus toestemming om jou vir bemarkingsdoeleindes te kontak.

ke vir elk van die ses deelnemende feeste te skep. Oor watter vakansiegeskenke het jy ná die tyd spyt? Altyd die wyn. Dit word gewoonlik binne ’n week of twee ná tuiskoms verbruik en skielik is daar geen souvenir nie. Watter bestemmings in SuiderAfrika en in die buiteland wil jy nog besoek? Suider-Afrika: Ek sou nog graag in die winter die volmaan langs die reuse-kremetart by Kubu-eiland in die Makgadigadi-pan wou beleef. Dit is skynbaar ’n onwerklike ervaring, vertel ’n reisende vriend. Wêreldwyd: Ek het op agt jaar ’n boek gelees oor die Inkas en sedertdien wil ek die Inka-roete na Machu Picchu gaan stap. En ek het nou nog nie. As jy die 1 000 km van Bloemfon-

The best thing about living where I do is . . . being able to go any place on earth from here at almost any time. Your secret talent? Driving – anything with wheels, and fast when possible. Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi? En wat sou jy dan vir ete maak? Ek sou saam met die gelukkigste mens op die aardbol dalk roomys wou eet. What tastes remind you of childhood? Cauliflower reminds me of the lonely hours sitting at the table after lunch, wishing my mother would look away so that I could get rid of the vegetables without having to swallow it. Your ultimate breakfast is . . . available in most hotels in China.

Hulle wen S Rugbykaartjies: 1. Francis Machin 2. Tharina Coetzee 3. Elaine Hattingh 4. Anel Hollenbach 5. Anton van Zyl 6. Amelia v. Heerden 7. Dave Lubbe 8. Sarnel Kotze Arco: 1. Marlese Swiegers. 2. Tjokkie Roux. 3. Blanche Botha Sandsteenpraatjies: Connie Jacobs Ena Murray: Karin Zurich Laurika, Dorothy, Karen: Debbie Nell

Oase

DIE volgende aanhalings bly Ria Uys-Erlank, ’n Bloemnuus-leser, oor die jare heen by: S Geluk groei langs jou eie tuinpaadjie. Jy kan dit nie in die tuin van enigiemand anders pluk nie. – D. Jerrold S Die lengte van ons lewe kan ons nie bepaal nie, maar sekerlik die wydte en diepte daarvan. – Benjamin Franklin S Sit jou teë. Moenie dat probleme jou onderkry nie. – Ellie Friis S Bloed is dikker as water. S ’n Buurman wat naby is, is meer werd as ’n broer wat ver is. – Spr. 27:10 S Ledigheid is die duiwel se oorkussing. S Van alle lewende wesens is dit slegs die mens wat bid. En wat gebed nodig het. – Peter Bowman.

S Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding geringskat. – Spr.1:7 S Hy wat vra wat hy nie weet nie, lyk dalk vir 5 minute soos ‘n dwaas, maar hy wat nie vra nie, bly een vir altyd. – Chinese spreekwoord. S Sing uitbundig saam met jou vriende op die bergtoppe van die lewe en loop in stilte saam met hulle deur die valleie. – Anoniem


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 12 JULIE 2013

Bespaar brandstof Willem Fritz MET die onlangse brandstofprysstyging trek die strop om motoriste se nek al hoe stywer. Dit is egter nie nodig om in algehele vrees vir die brandstofpomp te leef nie. Hieronder is ’n paar maklike wenke om die knyp uit die brandstofprys te haal. S Pas jou bestuurstegnieke aan. Probeer om die verkeer ’n ent voor jou dop te hou en vergroot jou volgafstand sodat dit nie nodig is om gedurig te rem en weer te versnel en sodoende onnodige brandstof te verbruik nie. S Hou by die snelheidsperk. Hoe vinniger jy ry, hoe meer brandstof verbruik jou motor. As bonus sal jy ook geld aan boetekaartjies spaar. S Gaan jou motor se banddruk gereeld na. As die banddruk te laag is, lei dit tot groter weerstand met die pad en gevolglik ’n hoër brandstofverbruik. S Hou die windweerstand so laag moontlik. Haal die dakrelings af as jy dit nie gebruik nie. Hou die ruite teen hoë snelhede ook liewer toe. Gebruik dan liewer die lugversorging. Hoe meer aërodinamies jou motor is, hoe laer is die brandstofverbruik. S Beplan jou roetes vooruit. Kies die roetes met die minste verkeersligte, stopstrate en verkeer. S Vermy spitsverkeer indien moontlik, al beteken dit dat jy ’n halfuur vroeër werk toe moet ry of ’n halfuur later vertrek. S Beplan jou ritte vooruit. Probeer soveel moontlik van jou take in een rit kombineer of maak van ’n saamryklub gebruik. S Hou die enjin altyd in ’n goeie toestand. ’n Verkeerd ingestelde enjin of vuil lugfilter kan beteken dat die enjin nie optimaal funksioneer nie en kan tot ’n hoër brandstofverbruik lei.

Met dié dat die brandstofprys bly klim, beraam menigeen planne om goedkoper oor die weg te kom. Maartin Mynhardt en Mossie Mostert meen ’n motorfiets soos dié van Jonway behoort beslis oorweeg te word. Foto: Jens Friis

www.bloemnuus.co.za


BLOEMNUUS, VRYDAG 12 JULIE 2013 5

Westrydvraag: Langs watter straat is Safari Centre (soos aangetoon op die foto)? Is dit Kerkstraat, Zastronstraat of Bloemfonteinstraat? Foto: Jens Friis

Yskas op die spel ’n LESER van Bloemnuus staan die kans om ’n yskas te wen wat ideaal is as jy rondry of gaan kampeer. Dit word geskenk deur Safari Centre langs Kerkstraat. Die yskas (Indiel B TB 41) van 36,8 liter weeg ’n skrale 17 kg wat dit maklik vervoerbaar maak. Nietemin kan jy baie hierin pak – van vleis om te braai tot ’n bier wat jy daarin koud hou. Die waarde van die prys is R5 500. Gaan maak ’n draai by Safari Centre en sien watter ander benodigdhede hy aanhou om jou volgende uitstappie nog aangenamer te maak. Let wel: Die winkel is langs

Dié yskas van R5 500 van Safari Centre (Kerkstraat) is te wen. Kerkstraat (net om die draai van St. Georgestraat). Maak só om te wen: Stuur ’n SMS na 45527. Wedstrydvraag: Langs watter straat is Safari Centre

(soos aangetoon op die foto)? Is dit Kerkstraat, Zastronstraat of Bloemfonteinstraat? SMS die antwoord, gevolg deur jou naam, van en die dorp of stad waar jy woon. Die kompetisie begin vandag om 07:00 en sluit Maandag om 11:00. ’n SMS kos R1,50. Vyf finaliste sal aangewys word. Die kompetisie word volgende week herhaal. Die finaliste sal dan binnekort bymekaarkom by die winkel. ’n Datum sal bepaal word. Jy moet dan daar wees om die prys te kan wen. As jy ’n SMS stuur, gee jy Bloemnuus toestemming om jou vir bemarkingsdoeleindes te kontak.


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 12 JULIE 2013

Getroud

As jy onlangs getroud is, stuur jou mooiste troukiekie na jens.friis@media24.com.

Erens en Marozaan Randall (Montebello).

Jaun-Marie en Michael Kyriakou (Olive Ranch).

Antoinette Adendorff en Steven Lötter (Windmill).

Foto: Lynne Slettevold

Foto: Eye Candy

Chantal en Francois de Beer.

Danie en Adellé Jordaan.

Annerie and André du Plessis.

Foto: Genesis Images

Foto: Pixelume

Junior en René Olivier.

Foto: Yvonne Kritzinger


BLOEMNUUS, VRYDAG 12 JULIE 2013 7

Platteland op voorstoep Ons mense in die vreemde “EK het my skoolloopbaan aan ’n plaasskool op De Brug begin, waarna ons dorp toe getrek het waar ek ’n leerling aan JMB Hertzog was,” vertel die oud-Bloemfonteiner Kobie Peet (née Terblanche) aan Theonie Kok. Sy en haar gesin woon in Market Harborough, Engeland. Hoekom Market Harborough? Ek het in 2002 Engeland toe gekom om te werk en te reis en het my man (’n pommie) in Londen ontmoet. Ons is in 2006 getroud en ná ons eerste kind se geboorte is ons Denemarke toe, maar het besluit om terug te kom. Ons het op Market Harborough besluit, omdat dit naby Simon, my man, se familie is en sodat ons kinders tussen familie kan grootword.

Wat mis jy van Bloemfontein? Vriende, familielede en Afrikaans.

Wat doen julle daar? Simon is ’n ingenieur en werk vir die spoorweë by ’n maatskappy in Londen en ek is ’n tuisteskepper.

VAN links is Sue, Annabel, Kobie, Simon en Lucas Peet in die Rockingham-woud sowat 20 km van Market Harborough, wat geleë is in ’n gebied wat voorheen deel van die Rockingham-woud was en deur die monargie gebruik is om te jag. Die naam Harborough is waarskynlik afgelei van die Anglo-Saksiese haefera­beorg of Oat Hill. ’n Mark is in 1204 hier gestig en word sedert 1221 op ’n Dinsdag hier gehou.

Het julle maklik aangepas? Ons het in Oktober 2012 teruggekom van Denemarke af en geniet dit om terug te wees tussen mense wat ons taal praat en waar die kultuur nie so vreemd is nie. Dit is ook lekker om Ouma en Oupa om die draai te hê.

nie en mis die sonskyn.

Hoe ervaar jy die weer? Ek bly nou al tien jaar in die buiteland en hou steeds nie van die lang, koue winter

Het die mense daar vreemde sêgoed en gebruike? Die meeste mense hier groet jou met: “You alright me duck?” Elke streek het ’n aksent en dialek. Hulle is mal oor vis en tjips, bubble and squeak en fry-ups (ontbyt) en noem aandete tea. Hier is baie Morrisdansers waar ons woon. Dit is ’n Engelse volksdans.

Hoe verskil hul waardes van dié van Suid-Afrikaners? Ek dink hul waardes stem met ons s’n ooreen. Hier is ’n verskeidenheid mense en kulture en godsdiens is nie so groot nie as ek dit vergelyk met hoe ek grootgeword het. Jy leer om die mense wat jy ontmoet se waardes en tradisies te respekteer. Hoe leef jy jou Suid-Afrikaanse

kultuur uit? Ek praat Afrikaans met die kinders en speel Carike en Jan de Wet se DVD’s en CD’s vir hulle. Ons luister na Kurt Darren en hulle is mal oor Bonnie en Clyde van Jay en Lianie en sing uit volle bors saam. Ek leer hulle Afrikaanse rympies en maak boerekos. Klein Lucas vrek oor melkkos. Simon hou gelukkig van braai (soos ons) en as die weer dit toelaat, steek ons ’n vuurtjie aan.

Raad vir ander mense wat oorsee wil gaan woon en werk? Probeer om die beste daarvan te maak, skakel in by ’n kerk en explore. Dit verbreed ’n mens se horisonne en jy beskou dinge anders.

Wat is Bubble and Squeak? ’n Tradisionele Britse gereg van oorskietgroente. Francis Grose het die herkoms van die naam in sy Dictionary of the Vulgar Tongue (1785) só beskryf: “Bubble and Squeak, beef and cabbage fried together. It is so called from its bubbling up and squeaking whilst over the fire.”

– Bronne: www.phrases.org.uk en About.com.


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 12 JULIE 2013

Kleur in en wen

Enigeen kan dié prent inkleur, maar slegs diegene wat nog nie in die “groot skool” is nie, mag hulle vir Bloemnuus se inkleurkompetisie inskryf. Die jong lesertjie wat dit die mooiste en kleurigste ingekleur het, sal ’n geskenkpak met die komplimente van Protea-uitgewers wen. Dit is dus iets ideaals om in die laaste dae van die wintervakansie te doen. Inskrywings moet voor Maandag 22 Julie by Natacia Motloung by Volksblad se ontvangs (sekuriteit) in Bloemfontein afgegee word.

Wen boek: ’n Leser staan die kans om Richard Scarry se pragtige Voorskool­ se Werkboek te wen. Dit word uitgereik deur Protea wat ’n boekwinkel in die Brandwag-sentrum, Bloemfontein, het. Gaan kyk op Bloem­ nuus se Facebookblad hoe om jou in te skryf.


BLOEMNUUS, VRYDAG 12 JULIE 2013 9

Reg vir Spontaan Citrus syrup pumpkin cake 250 g butter 1 ea grated orange rind 1 ea grated lemon rind 1 cup castor sugar 3 ea eggs, separated 280 g cake flour 15 g baking powder 300 g mashed cooked butternut

1 tsp vanilla essence Cream the butter at room temperature till smooth, add the castor sugar and eggs and beat till fluffy. Sift the dry ingredients together and add to the egg mixture. Fold in the lemon and orange rind, mashed

cooked butternut and vanilla essence. Spoon into desired moulds and bake at 180°C till cooked. Test with a wooden skewer to see if the cake is baked through. Once baked, pour over a warm sugar syrup consisting of 150 ml orange juice and 100 g castor sugar. Serve with fresh cream or ice-cream. – Lesley Jacobs, Food and Beverage Institute, 051-451-9122

‘Tango’ die kyk werd DIE LAASTE TANGO PUNT UIT 5: 3 REGISSEUR: Deon Meyer AKTEURS: Louw Venter, Antoinette Louw, Stian Bam, Rob van Vuuren, Marius Weyers MET plaaslike flieks is SuidAfrikaners van nature ontevrede. Wanneer ’n fliek na die apartheidsjare terugkeer, dink ons: “Ag nee, al weer?”. En ons kla wanneer ons voorspelbare

Antoinette Louw en Deon Meyer. Foto: Vrouekeur

Fliek met Nico Gous Hollywood-formules in Afrikaanse verpakkings gevoer word. Die Laaste Tango bly egter staande op die koord van dié fyn balanseertoertjie. Dit bied komedie, drama, spanning en aksie sonder om die verhaal se

spanningsbron in die verlede te anker. Polisie-speurder De Wet (Louw Venter) se uitmergelende ondersoek na die moord op nege meisies lei daartoe dat hy die reeksmoordenaar Basson (Stian Bam) aanrand. Om skorsing te vermy word De Wet na ’n kleiner saak op Loxton verplaas. Aanvanklik verveeld, ontdek hy nuwe intriges op dié dorpie en ontmoet die enigmatiese Ella Winter (Antoinette Louw). Die verlede het egter nog nie met De Wet afgereken nie . . . Dié is romanskrywer Deon Meyer se debuut as regisseur van sy eie draaiboek. Bekend as misdaadskrywer, weet Meyer hoe om die spanning aan te vuur. Die storie word logies opgelos sonder oortollige karakters wat die verloop van sake aanhits. Seker weens die begroting is daar min aksietonele – ’n seën wat Meyer geforseer het om te fokus op die verhaal om jou aandag te behou. Hier en daar word stereotipes aangewend, soos kleindorpse mense en polisielede wat diep in die bottel kyk. Dié word gelukkig deur ’n groter, sterker storie oorheers. Die bekende komediant Rob van Vuuren lewer die beste toneelspel as Basson se slinkse prokureur, Kevin King, oftewel “King Kobra”. Bloemfontein se eie Antoinette Louw speel goed en bied kleur tussen ’n groep nors polisiemanne wat lyk asof hul kos gesteel is. Met Stian Bam kan jy sien hy glo iemand het syne gesteel met ’n cliché-vertolking van ’n reeksmoordenaar. Ek beveel dié fliek aan, veral vir Meyer-liefhebbers en 7de Laan-kykers wat bekendes in meer ernstige rolle wil sien.

KOM verdryf die winterkoue deur die Spontaansangkompetisie se eindronde môre in die Blêrkas op die Vryfees in Bloemfontein by te woon. Agt finaliste van die Volksblad se plaaslike koerante gaan van 12:00 tot 14:00 sake uitspook om as wenner uit die stryd te tree. Toegang is gratis en die sanger Charlize Berg tree as seremoniemeester op. Groot pryse is op die spel vir die finaliste en wenner. Die pryse is: S SpecSavers: Agt Infinitysonbrille en agt koopbewyse van R250 elk. Die algehele waarde is R5 200. S Z PR Communications and Public Relations Consultants: ’n Publisiteitsen bemarkingskontrak van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde vir al die finaliste is R40 000. S PwC gee vir die wenner R1 000, naaswenner R700 en derdeplekwenner R300 – dus prysgeld van R2 000. S Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen drie nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. S PCB Productions: ’n Fotografiesessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R2 100.

Chris Pretorius is Bloemnuus se finalis in vanjaar se Spontaan-kompetisie. S Absa: ’n Geskenkpak van R500 vir elke finalis. S Music Inc gee vir elke finalis ’n TT1-mikrofoon, vir die wenner ’n koordlose mikrofoonstel met ’n staander en vir die tweedeplekwenner ’n mikrofoonstaander. Die algehele waarde van die prys is R6 600. S Die Windmill-casino-envermaaklikheidsentrum borg twee aande se verblyf vir die wenner en ’n metgesel met ontbyt ingesluit. Die finaliste wat sake gaan uitspook saam met Bloemnuus se finalis, Chris

Pretorius, is: Suanne Venter van Bloemfontein, Werner Louw van Kuruman, Eben von Gericke van Welkom, Suné van der Merwe van Kroonstad, Riëtte van der Watt van Bloemfontein, Thabang Molale van Kimberley en Christiaan van Zyl van Bethlehem. Moenie Spontaan môre op die Vryfees misloop nie. S Sien foto op bl. 11 van Franzel, Bloemnuus se Spontaan-wenner van 2010, wat onlangs ’n musiekvideo in Bloemfontein verfilm het.


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 12 JULIE 2013

OUMAS, oupas kan hulle inskryf. Ria en Berney Keyter staan hier by hul kleinkinders. Die Keyters was die eerste inskrywing van 2013 wat ontvang is in die Ouma en Oupa Roos-kompetisie van Bloem­ nuus en Athalia. ’n Inskryfvorm verskyn op Bloemnuus se Facebook-blad of skryf aan ans@athalia.co.za.

NEED TO FEEL BETTER? NEED TO TALK? Contact us, WE'LL LISTEN. Always confidential and free. 24/7. Talk to us: 051 444 5000. Write to us at Box 29874, Danhof 9310. E-mail us at Befrienders@wsinet.co.za

SPRINGKASTELE en

WATERWURMS

Sokkerkasteel, Spiderman, Barbie, Krokodil, Shrek, Gladiators, Tropical Island, Barney, skuimput. Aktiwiteitskastele. Kastele met glybane

HOË GLYBANE. BOOT, 3-IN-EEN.

DIENS EN SKOONMAAK VAN NAALDWERKMASJIENE. ( 073 401 8501/073 4473 355 RHINO BOARDS All sizes Best contractors prices JACKBOU MEGA BUILD 28 Cross Road Centre Dr Belcher Road Heidedal Tel. 051 432 9032

BRIDGING CASH Bou van kombuise, kamerkaste, TV-eenhede en nog vele meer...

• Verskaf/insit van gelamineerde houtvloere. • Skaaf en draai van nuwe hout. • Kaste word ontwerp met rekenaar gebaseerde sagteware. • Knotty pine-plafonne. Sarel: 082 822 1096 E-pos: woodyman@mweb.co.za

SKAKEL RINA by 051-4461361 TV/HI-FI: Philip Venter. Gekwalifiseerde tegnikus. Mikrogolfoonde. Samba. Ferpliestraat 4, Fleurdal. 051 525 2810.

CASH FOR GOLD We pawn Kruger Rands, diamonds and Rolex watches 9ct R120/g 18ct R240/g 082 345 6711

Te koop: Kapokkies. Hennetjies R60 en haantjies R40. Skakel Kobus 083 488 2547.

LHP:Veilige, ruim eenslaapkamer woonstel in kompleks te huur. Skakel Greta: 072 475 9683.

while waiting for

PENSION/ PACKAGE PAYOUT (lump sum only) CASH SAME DAY

086 1101 388 083 6700 788

SLEEPWAENS TE HUUR/TRAILER HIRE. SKAKEL/CALL: 081 270 1381 OR 051 433 7803.

2-slk-woonstel op hoewe: R2 300 p.m. plus koopkrag. Skakel 071 315 3753. AAA-kwaliteit- INSTALLERING van alle plafonne en 'dry walls' (herstel van plafonne), matte ('carpet tiles' en volvloermatte), gelamineerde vloere, gratis kwot.(079 581 6654.

BOME SNY en tuinvullis verwyder. 40% afslag. Skakel Joubert 083 240 7905.

5 senior sales positions available. R17 800 package. Fuel allowance. Sales experience required. For interview call 051 522 2237 or SMS details to 074 367 9353.

Employed and your salary not enough? Join our fastgrowing family of agents by selling our delicious products to generate that much-needed extra income. Contact Sanet 051 433 4096 or SMS name and number to 082 490 6967. Office hours and free delivery.

Gevestigde gordyn-maatskappy benodig die dienste van installeerder met geldige rybewys, moet tegnies aangelê wees. Ook naaldwerksters met ondervinding in industriële masjiene. Skakel 051 436 0746/082 557 4966


Wat gebeur waar? WAT gebeur wanneer, waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde dagboek-blad is die plek om te kyk. VRYDAG 12 JULIE S Arco Musica vier sy 20ste bestaansjaar op ’n vintage noot in die Sand om 18:00 en 20:30. Die Arco-orkes en -musiekvriende uit die verlede gaan die Sand se verhoog omskep in ’n prentjie van ouwêreldse sjarme en styl. Jannie du Toit gaan saam met Caroline Haasbroek, Herman Strauss en Tsidi Gude die gehoor op ’n nostalgiese reis neem met gewilde liedjies uit die 1930’s tot 1970’s. Brenda Myburg is die regisseur en Debbie Brink die musiekregisseur. Navrae: Arco Musica, 083-259-2226. S Bespreek nou jou kaartjies vir Spectacular! Spectacular! op die Vryfees in die Callie Human om 15:30, want anders gaan jy een van die groot trekpleisters op hierdie gewilde fees misloop. Bloemnuus is die mediaborg van hierdie eersteklas-dansproduksie. Kaartjies teen R110 is te koop by Computicket. Van ons land se voorste dansers dans saam met ’n paar bekendes die verhoog aan die brand. Van klassiek tot kontemporêr, ballet tot gumboot – op die maat van Lisa se klavier, Karoonag en Dis ’n land! Met: Shaleen Surtie Richards, Neels van Jaarsveld, Valiant Swart en dansers Celeste Botha, Megan Erasmus, Marlin Zoutman, Charlie van Rooyen en John M. Sithole. S Sultans of swing - a Tribute to Dire Straits deur Mel Botes, InnieSkuur, 19:30, R120, tel.: 079-387-3614. S Daar is vanaand geen Musgrave-mark nie weens die Vryfees. Theresa, 082-875-4852. S Cordon-broers se konsert: Jannie du Toit en Lochner de Kock om 15:30 by Aasvoëlklub. R90. S Jan Blohm & band om 20:30 in Aasvoëlklub. Hulle tree ook môre om 14:30 weer op. R120. S Piet Botha en Jonathan Martin tree om 10:30 in die Aasvoëlklub op. R110. Bespreek by Computicket. S Valiant Swart en Johan Bakkes met Lied van die langpad om 13:00 van die Aasvoëlklub. Hulle tree môre om 20:00 weer hier op. R110. S Monument, ’n roman wat geskryf is deur Maretha Maartens om die onthulling van die Vrouemonument presies ’n eeu gelede te gedenk, word om 12:30 op die Vryfees in die diakonale lokaal, Van der Merwe Scholtz-saal, bekend gestel. Dis ’n digverweefde storie waarin Margo Diedericks haar ná vier jaar in Israel uiteindelik weer by haar brein-beseerde ma, maar ook tussen fiktiewe en nie-fiktiewe, eietydse en historiese karakters bevind. Op Winburg, sentraal in Suid-Afrika, moet dié intelligente jong vrou besluit of daar vir haar ’n toekoms in Suid-Afrika is. Gaan luister na die gesprek wat Danila Liebenberg met Maretha Maartens oor hierdie boek voer. SATERDAG 13 JULIE S The Free State branch of the Southern African Arms and Ammunition Collector’s Association presents the 70th anniversary of the Battle of Kursk at the Leeuwberg Farm. MC Heunis, 082-870-4448. S Boeremark, Langenhovenpark, douvoordag tot laatoggend. S Tyd en ruimte – Jan van der Merwe. ’n Keer uit die Oliewenhuis-uitstalling is vir die duur van die Vryfees ook in die kykNET-Scaena-foyer te sien. S VonWest – tenoor en rocker: Dewald von Solms en Pieter West om 17:30 in Aasvoëlklub. R100. Bespreek by Computicket. SONDAG 14 JULIE S Op Zorada Temmingh se vyfde CD met orrelimprovisasies is liedere wat verskillende aspekte van die skepping belig. Dit is dié werke, geskoei op bekende kerkliedere, wat sy op die Vryfees gaan uitvoer. Die mens, natuur, wetenskap en kuns word besing in onder meer Ps. 8, Daar’s vissies in die water en Lofsing die Here. Skakerings van Skepping, 10:30 in die Kunstetrust-Odeion. R100. Bespreek by Computicket. MAANDAG 15 JULIE S Eerste skooldag van derde kwartaal in Vrystaat. S Skenk bloed tussen 10:00 en 18:45 by die Victorian Square-skenkersentrum (President Reitzstraat en Tweede Laan). Skakel 051-4477276. S Franse klasse vir nuwelinge begin om 17:30 by die Alliance Française in die West Endwoonstelle, Eerste Laan, Westdene. Almal welkom. Bel Daleen Krige (083-388-1184) of Anlerie van der Walt (082-077-9315). WEDNESDAY, 17 JULY S King’s birthday, public holiday in Lesotho. S Fichardtpark-aftreeoord bied ’n werksessie oor die verstaan en hantering van die rouproses aan. Die spreker is Braam Klopper. Dit kos R25 en duur van 08:15 tot 14:00. Hanlie Visser, 051-5226811. DONDERDAG 18 JULIE

S Mandela-dag. S Karaoke by Windmill-casino om 20:00. S Vriende van die Ou Presidensie se derde van vier besprekingsaande, Praat Saam, om 18:30 in die Naln-ouditorium. Prof. André Wessels van die departement geskiedenis aan die UV praat oor presidente Steyn en Kruger en die Anglo-Boereoorlog. Toegang vir nie-lede is R5, maar vir lede is dit gratis. Reza Brits, 051522-4575. VRYDAG 19 JULIE S Vandag is die 200ste dag van die jaar. Daar is nog 165 oor. S Die NG gemeente Heuwelsig hou om 18:00 sy jaarlikse gewilde biltongfees by die Lettie Fouché-lapa. Zak Steyn tree op. Groepe kan ook ’n tafel bespreek teen R1 500 per tafel. Kaartjies kos R150 wat ’n driegangmaal insluit. Skakel die kerkkantoor by 051-436-1967. VRYDAG 26 JULIE S NG kerk Heuwelkruin hou ’n melodrama. Kerkraad en lidmate sal die rolle vertolk van karakters in 7de Laan. Elna van der Walt, elnaballet@mweb.co.za.

SATERDAG 27 JULIE S Die Vrystaat-tak van die Boeremusiekgilde hou om 19:00 ’n dansparty in die Rosenhof-skoolsaal agter die Life-Rosepark-hospitaal. Verskeie orkeste sal optree. Dit kos R35 vir nie-lede en R30 vir lede. Die dansparty vind plaas ná die jaarvergadering om 17:00. Bel Mientjie (072-844-3667), Henriëtte (082-578-7532) of Carel (072-358-0840). S Stuur inskrywings in die bostaande formaat na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. S Sou jy egter ’n groter advertensie wil plaas, skakel 051-404-7798.

Franzel, Bloemnuus se Spontaan-wenner van 2010, het onlangs in Bloemfontein ’n musiekvideo vir haar nuwe album, Taal van liefde, geskiet. RooiStoelTV het die kamerawerk behartig, terwyl die Sleepover Lodge se konferensielokaal as ateljee gebruik is. Die musiekvideo word Donderdag om 19:00 by Barbas ’n swart-en-wit-partytjie bekend gestel. Skakel 079-030-4910 of kyk by www.franzel.co.za.

BLOEMNUUS, VRYDAG 12 JULIE 2013 11


12

BLOEMNUUS, VRYDAG 12 JULIE 2013

Brebner verdien lof Rufus Botha

Jy kan oefening bywoon: Die Toyota-Cheetahs oefen vandag in die Vrystaat-stadion en ondersteuners is welkom om die oefening van 15:30 tot 16:30 by te woon. Toegang kan verkry word deur hek 8 in Att Horaklaan. Gaan ontmoet die spelers en wys jou ondersteuning voordat hulle Sondag na Australië vertrek. Hier deel die Cheetahs handtekeninge uit ná hul sege van 34-13 Saterdag teen die Blues. Dié span maak geskiedenis deur volgende naweek in die Vodacom-Superrugbyreeks se kwalifiserende ronde te speel. Foto: Jens Friis

JF-trommies swaai septer DIE Laerskool Jim Fouché (JF) is die skoolvakansie op die Samca-kampioenskapsbyeenkoms as Suid-Afrika se premierliga-kampioen van kampioene in die laerskole-afdeling gekroon. As jy gewonder het hoekom die Hoërskool Jim Fouché jare reeds as een van die beste trompoppiespanne in Suid-Afrika bekend staan, is dít jou antwoord: Buiten vir hope talent en harde werk is die laerskool ’n voedingsbron vir die puik hoërskoolspan. Dié puik trommies van die laerskool het die goue medaljes op die Polokwane-kampioenskapsbyeenkoms ingeryg toe hulle in spanverband in die pom-pon-, vlae-, stokke-, kleindrilen grootdril-afdelings die septer geswaai het. In die individuele afdelings het die meisies van JF ook skitterend vertoon met hul leier, Mareze Carlson, wat die silwer- en bronsmedaljes in onderskeidelik die kleindril- en grootdrilafdelings gewen het. JF se onderleiers, Alecia Marais, Charlé Heyns, Christi-Ann Botha, Jamie-lee Putter, Luanie Schoeman en Zelmari Pretorius, het goud verower in die grootdril- en kleindril-afdelings. Die afrigters, Annamart Oosthuizen en Jordan Wilson, doen uitstekende werk met die leerlinge. – Rufus Botha

Prestige Group requires an assertive, self-disciplined individual with previous experience within the commercial industry.

ASSISTANT CONTRACT MANAGER

Duties include: • Day-to-day management of staff • Completion of rosters and registers (Wages) • Staff management, including IR & manpower development and training • Building and maintenance of professional client partnerships • Maintenance of high cleaning standards • Control of direct expenses • Overseeing the upkeep of equipment on site and stock management • Maintenance of a high standard of performance and image of the Company • Implementation of ISO 9001 quality systems • Supervision of staff • Communicating clearly with customers • Resolving personnel problems or grievances. Requirements include: • Previous staff management • Planning, organising skills and ability to delegate • PC literate • Labour relations experience is essential • Basic budgetary experience • 2-3 years’ previous operational management experience (ideally within the cleaning industry) • A valid SA driver’s licence. The Company’s approved Employment Equity plan and targets will be considered as part of the recruitment process aligned to the Group’s Employment Equity strategy. Interested candidates to forward their CVs to Angelique on fax: 086 516 4749 or e-mail: angee@presclean.co.za

www.humanjobs.co.za

Human Communications 100534

DIE Hoërskool Brebner het die naweek die Rosestad se naam hoog gehou op die agtste jaarlikse Engen-sokkeruitdaagreekstoernooi wat Greykollege (sekondêr) op sy terrein in Bloemfontein aangebied het. Lee Bateman, afrigter, en sy span van Brebner was op hul stukke in dié toernooi vir seuns o.17 en het ’n paar groot name op hul neuse laat kyk toe hulle die eerste keer sedert die toernooi in Bloemfontein aangebied is, tot die eindronde deurgedring het. Hulle is egter in die eindronde deur die gunsteling en sewemalige kampioen van die gesogte Engen-trofee, die Harmony-sportakademie, in die eindronde met 2-0 geklop. Brebner het deurgaans puik spel opgelewer en was tot by die eindronde nie een keer aan die verloorkant nie. Hy het in die kwarteindwedstryd die sterk span van Thabo Vuyo met 1-0 geklop en toe wag die krag van Celtic FC op hom in die halfeindstryd. Terwyl die meeste toeskouers gereken het dit is die einde van Brebner, het Bateman se manne met ’n groot verrassing vorendag gekom.

Nadat hy met een doel agter was, het hy ’n terugvegpoging soos min bewerkstellig om eindelik die wedstryd met 2-1 te beklink. Brebner se puik spel was duidelik weerspieël op die prysuitdeling waar verskeie individuele eerbewyse uitgedeel is uit die sowat 250 spelers en afrigters wat in aksie was. Bateman is as die beste afrigter van die toernooi aangewys en Brebner se talentvolle Tyrone Mondi is as speler van die toernooi aangewys. Die gasheer, Grey, wat net-net in die halfeindstryd teen Harmony in ’n uitskopstryd vasgeval het, het in sy wedstryd om die derde en vierde plekke te bepaal Celtic FC óók pak gegee (1-0). Grey was die verdedigende kampioen nadat hy verlede jaar verras het deur Harmony in die eindstryd in ’n titaniese uitskopstryd te klop. Die ander individuele eerbewyse het gegaan aan: beste skeidsregter: Michael Mosimeng; beste verdediger: Thulani Dhladla (Harmony); beste middelveldspeler: Victor Noosi (Harmony); beste doelskieter: John Mabaso (Grey); meeste doele: Jessie Seekoei (Grey); beste doelwagter: Sipho Chaine (Celtic FC).

july’s on the house

feel better, look better and have more energy. join virgin active in july and get the month on us.

Visit virginactive.co.za/specials, or SMS ‘active’ and your ‘suburb’ to 31022 and we’ll call you.

Bloemfontein: 051 433 2800 | Fichardt Park: 051 448 7985 See virginactive.co.za/conditions for terms. VA2051


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.