Bloemnuus 13 09 2013

Page 1

13 SEPTEMBER 2013

Kiekies

Juan se jare in VS bl. 4

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

GRATIS

Queen

Getroud

Stadsorkes huldig vanaand Britse groep bl. 5

Liefde is in Bfn se lentelug

bl. 8

Stryd oor isse en wasse Jens Friis

Sowat 12 000 swart mans het in die Anglo-Boereoorlog saam met die Boere vrywillig en sonder vergoeding diens gedoen.

Dié standbeeld van ’n swart man, ’n sogenaamde agterryer, en ’n perd sal op Erfenisdag, 24 September, by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke onthul word. Foto: William Raats

’n STANDBEELD wat die eerste in sy soort is om hulde te bring aan die sowat 12 000 swart agterryers in die Anglo-Boereoorlog word op Erfenisdag, 24 September, in Bloemfontein onthul. Die term “agterryer” verwys na die ongeveer 12 000 swart mans wat in die Anglo-Boereoorlog vrywillig en sonder vergoeding saam met die Boerekommando’s diens verrig het. “Hulle bydrae was na groot waarde geskat,” lees ’n lomp sin op ’n marmerplaat wat meer vertel oor die agterryers – so asof hul waarde nie nou meer na waarde geskat word nie. Dié swak vertaling is waarskynlik die gevolg van isse en wasse wat deesdae weens die verengelsing van Afrikaans verkeerd gebruik word. Ironies, is dit nie? “Hul bydrae is/word na groot waarde geskat,” sou immers beter gelees het. “Sou daar egter enige misverstand wees,” sê Tokkie Pretorius, direkteur van die AngloBoereoorlogmuseum, “wys die konteks beslis dat die agterryers se waarde steeds na waarde geskat word. Anders sal daar tog nie nóú ’n beeld vir hulle opgerig word nie.” Enkele agterryers was destyds bewapen en het aan gevegte deelgeneem. Die bekendste was Jan Ruiter wat verhoed het dat pres. M.T. Steyn op kommando gevange geneem is. Maar agterryers het hoofsaaklik diens gedoen as staljongens en kokke en is soms ook vir verkenning ingespan. Heelwat van hulle is in die oorlog dood of gewond en sommige is na krygsgevangenekampe gestuur. Die imposante beeld deur Phil Minnaar van ’n man wat ’n perd lei, is reeds by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke te sien. Dit is aangebring noord van die parkeerterrein in die rigting van die Bloemfonteinse middestad.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Bloemnuus 13 09 2013 by Central Newspaper Group Bloemnuus - Issuu