VRYDAG 14 JUNIE 2013
DIE Vryfees se vlagskip-musiekproduksie, wat op Maandag 8 Julie die openingsproduksie van die Vryfees is én waarvan Bloemnuus die mediaborg is, is ’n verdienstelike toonvenster deur Laurika Rauch en Karen Zoid vir Dorothy Masuka, bekende Suid-Afrikaanse sanger. Masuka is seker die bekendste vir haar liedjie Pata Pata. Masuka is in Amerika se Hall of Fame opgeneem, ’n oogappel van oudpres. Nelson Mandela, ontvanger van die presi-
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
Fees begin op hoë noot
dentskantoor se hoogste orde van die kunste, asook skrywer van Pata Pata en verskeie ander liedjies wat deur Mariam Makeba bekend gemaak is. “Ja, Ma Dorothy is ’n merkwaardige sanger en ’n formidabele mens,” sê Rauch, wat ook deel is van Laurika, Dorothy en Zoid: Liedjie vir jou. Sy, Zoid en Masuka is die soliste, vier lede van die African Voices verskaf die agtergrondsang en saam met ’n knap vierstuk-band hoop hulle om die gehoor in die Callie Human op
hul voete te kry net soos op vanjaar se KKNK. Adri Herbert, Vryfees-organiseerder wat die produksie op Oudtshoorn gesien het, sê aan die einde van die vertoning het die musiek Masuka (sy is 78 jaar) so opgesweep dat sy van haar stoeltjie opgestaan en getwist en ge-rock-’n-roll het dat die biesies bewe. Die gehoor kon nie genoeg kry nie. Waarom is Ma Dorothy dan nie so bekend vir haar eie liedjies soos Makeba nie? “Sy het lank in ballingskap in
die buiteland gewoon en in die tyd toe haar tydgenote soos Makeba en Hugh Masekela bekendheid oorsee verwerf het, het Dorothy besluit om by die huis te bly en na haar gesin om te sien,” verduidelik Rauch. Sy vertel hoe dit gebeur het dat sy deel van die vertoning is. “In 1991 toe Ma Dorothy na Suid-Afrika teruggekeer het, is my CD Stuur groete vir Mannetjies Roux pas uitgereik en is die liedjie oral gehoor. Sy het so baie daarvan gehou dat sy haar kinders gestuur het om die CD
te koop en vir lank was ek die enigste Afrikaanse sanger wat sy geken het.” Toe besluit is om Masuka op die KKNK te vereer was dit byna vanselfsprekend dat Rauch deel van die vertoning moes wees. Zoid is bygevoeg om jong energie na die verhoog te bring. ) WEN! Vyf lesers kan dubbelkaartjies na dié konsert wen. Gaan na www.bloemnuus.co.za en dan na “competitions” om in te skryf. Nog foto’s is ook op die webblad te sien.