VRYDAG 15 NOVEMBER 2013
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS
Dagboek
60 jaar
Kankerstryd
Moenie Bokke Sondag misloop
De Wets vier ses dekades saam
Predikant staan vrou aan dood af
bl. 4
bl. 7
bl. 2
Matrieks kan wen met foto’s SÓ gewild is die matriekafskeidfoto’s in Bloemnuus dat dit nou omskep gaan word in ’n kompetisie met pryse ter waarde van R5 000. “Verlede jaar het Bloemnuus matriekafskeidfoto’s geplaas, maar die gehalte en aantal is vanjaar aansienlik meer. Daarom die besluit om ’n Matriekafskeidfoto van die Jaar aan te wys,” sê Jens Friis, redakteur van Bloemnuus. ’n Meetbare bewys dat die foto’s gewild is, is die aantal “likes” wat dit op Facebook ontvang. “Sodra dié foto’s op Bloemnuus se Facebook-blad gelaai word, word die lede aansienlik meer,” sê Friis. Al die foto’s wat reeds ontvang is (waaronder ook dié op bladsy 8 en 9), sal in ag geneem word. Jy het nog kans tot Maandag 25 November om in te skryf. Stuur ’n jpg-foto van jou onlangse matriekafskeid na jens.friis@media24.com. Die plasing is verniet. Die foto’s móét groter as 1 MB wees. Noem wie is op die foto, van watter skool jy is, en wie het die foto geneem. Faktore wat onder meer in ag geneem sal word met die kies van die wenfoto is gehalte en oorspronklikheid/kreatiwiteit.
Die volgende pryse is op die spel: S Geskenkbewyse ter waarde van R2 000 van die Loch Logan Waterfront, die hoofborg; S Eetbewyse ter waarde van R500 van Iewers Nice wat nou buiten hul tak in Westdene ook ’n restaurant by Pretty Gardens het; S Verblyf vir vier vir twee nagte ter waarde van R2 000 by die Groenhuisgastehuis op Philippolis (datum afhanklik van beskikbaarheid); en S Twee kookboeke wat onlangs by Human & Rousseau verskyn het. Die matrikulant op die wenfoto sal die prys ontvang. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Gaan na bloemnuus.co.za om na matriekafskeidfoto’s by die dosyne te kyk en “like” jou gunstelinge op Bloemnuus se Facebook-blad.
WAAR DIE GRAS GROENER IS: ’n Vriendelike struisvogel het hom kom tuis maak op die grasperk van die De Oude Kraalgasteplaas naby die Tierpoortdam. Die groen kikoejoe moes vir hom baie aanlok liker gelyk het as die kurkdroë veld in die Bloemfonteindistrik wat dringend reën nodig het. Daar is ’n 60%kans op 20 mm reën vandag en ’n 60%kans op 10 mm môre, voorspel weathersa.co.za. ’n Ander (onwelkome) besoeker wat gereeld hier aandoen, is ’n otter. Gewoonlik wei wit ganse op De Oude Kraal se lowergroen grasperk, maar van gans se kind is daar weinig oor soos die otter al onder hulle gemaai het. Foto: Jens Friis
2
BLOEMNUUS, VRYDAG 15 NOVEMBER 2013
Oase ___
Wel & wee
Dié aanhalings bly Barend van der Merwe, ’n assistent-argivaris wat aan die Vrystaatse Provinsiale Argief werk, oor die jare heen by: S Success is not final, failure is not fatal: it is the courage to continue that counts. – Winston Churchill S As jy ’n straatveër word, word die beste straatveër wat jy kan wees. – my pa, Bernard S My skoolhoof op hoërskool, mnr. Jimmy Marx van Christiana, het eenkeer iets gesê soos, “Daar is ’n plekkie in die son vir elke mens.” Ek onthou dit het ’n reuse-indruk op my tienergemoed gemaak en sluit mooi aan by my pa se woorde. S A friend is someone who knows all about you and still loves you. – Elbert Hubbard S Everybody is a genius. But if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing that it is stupid. – Albert Einstein S Come what may come, time and the hour runs through the roughest day. – William Shakespeare (Macbeth) S Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. – Jesus van Nasaret S Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik en die liefde is die olie in sy buik. – Lucas Maree
Hansie (74) en Magda (70) Kleynhans van Noorderbloem (vroeër van Vilonelstraat 15, Dan Pienaar) het onlangs hul vyftigste huweliksherdenking op Summerwood gevier. Hul seun André Kleynhans en sy vrou, Lana, het vir die geleentheid spesiaal van Pretoria gekom. Die trourok op die foto is die einste rok waarin Magda 50 jaar gelede getroud is. Dit het in dié halfeeu baie goed behoue gebly. (Sien bl. 7 vir ’n egpaar wat onlangs 60 jaar getroud is.) S Jaco Jacobs, bekroonde Bloemfonteinse skrywer, se jeugboek Suurlemoen! word volgende jaar as ’n fliek uitgereik. Suurlemoen! is soos ’n moderne Trompie. Die meeste tonele sal in Gauteng verfilm word. † Jan Muller (1924) van die Fichardtpark-aftreeoord, voorheen van Brandfort, se gedenkdiens het Maandag in die Fichardtpark-gemeenskapsaal plaasgevind. S Rouxnette McKeating, sirkulasiebestuurder van onder meer Bloemnuus, het onlangs die jaarlikse leierskapsontwikkelingsprogram (LOP) en bestuursontwikkelingsprogram (BOP) voltooi. Altesaam 42 personeellede van verskeie afde-
lings van Media24 Nuus het die kursus voltooi en Rouxnette was die beste student in die LOP. S Die Bloemfontein-Polisierugbyklub het sy bestuur onbestrede herkies. Rikus van Schalkwyk sal weer die voorsitter wees, Johan Lewis die ondervoorsitter, Johan le Roux die sekretaris, Leon Steenkamp die tesourier en Jaco Coetzee die hoofafrigter). Francois Bezuidenhout is die klubkaptein. S Isabel Gottsch het ’n dubbelkaartjie na die Knights se krieketwedstryd gewen. Corlia van Niekerk het ’n dubbelkaartjie na die konsert van die Bloemfonteinse Kinderkoor en David Fourie gewen. Hermien en die
hartedief deur Anita du Preez gaan aan Mariëtte van Schalkwyk; Natal and the Zulu Country deur T.V. Bulpin aan Connie Jacobs; Baarde, briewe en barmhartigheid deur Doc Immelman aan Natasjha Blom; Bakgat – die songs aan Christie Bester; en Atlas teen die Vergeetrivier deur Pirow Bekker aan Ilse Nel. Talle pryse is op bloemnuus.co.za te wen. Gaan maak daar ’n draai.
† Diederick Rudolph du Plessis (1949) van Aandrus is uit die NG kerk Aandbloem begrawe.
S Jaco Peyper het onlangs die Vrystaat se mees ervare toetsblaser geword en is nou deur die Vrystaatse Rugbyskeidsregtersvereniging as sy voorste skeidsregter van 2013 aangewys. Phillip Kotze is aangewys as die blaser wat die meeste vordering getoon het.
† Dawid Izak Duvenhage (1934) van Hospitaalpark se gedenkdiens het Woensdag plaasgevind.
S Rynier Bernardo en Shane Gates van die OP-Kings sal oor sowat ’n maand weet wat presies hul kanse is om vir die Cheetahs Superrugby te speel. Die slot en veelsydige agterspeler het Maandag vir ’n proeftydperk saam met die Cheetahs vir 2014 se Superreeks begin sweet.
† Ben Engelbrecht (1936) van Westerbloem se gedenkdiens het in die NG kerk Pellissier plaasgevind.
Hulde aan Maryna MARYNA STRYDOM (65), predikantsvrou en bekende in Bloemfonteinse onderwyskringe, is Sondagoggend in Johannesburg aan kanker oorlede. Sy en haar man, dr. Tienie Strydom, was die predikantspaar van die NG gemeente Philippolis en later van Fichardtkruin in Bloemfontein totdat hy in 2004 geëmeriteer het. Maretha Maartens, ook ’n oudpredikantsvrou en bekende skrywer, het geskryf: “Maryna het na haar finale tuiste gegaan – ewig by die Here. Haar nalatenskap kan nie verwoord word nie. Maar weet dít: haar lewe was tot seën en die seën sal voortduur.” Maryna was in Bloemfontein ’n kleuterskoolonderwyseres aan die Fichardtkruin-, Tintinkieland- en die Fichardtpark-kleuterskool. Sy word deur haar man, drie dogters, Talita (39), Eppy (36) en Odie (34), ’n skoonseun, Heckroodt, en twee kleinseuns, Zander en Renier, oorleef. ’n Gedenkdiens is Woensdag in die NG kerk Parkkruin in Parkview, Johannesburg, gehou. Op dié dag het haar man, Tienie, 67 jaar oud geword. Nog ’n gedenkdiens vind vandag op Jansenville plaas, waar hulle die laaste vier jaar die predikantspaar was. “My pa het daar die gemeente op ’n jaarkontrakbasis uitgehelp,” sê sy dogter Eppy. “Hulle het sedert September in Johannesburg in ’n woonstel naby Talita in ParktownNorth gebly. My pa sal nou afgaan Oos-Kaap (Jeffreysbaai) toe.”
Eppy sê vriende en familie het in die afgelope dae só oor haar ma geskryf: S Op 10 September sê Mamma vir my: Lita, ek gaan léwe totdat ek sterf – en ek weet sy léwe selfs al het sy gesterf.” – Talita Laubscher S Maryna Strydom het elke lewe wat haar pad gekruis het met haar liefde verryk. Ons eer haar daarvoor. Sy leef in ewige vrede. – Servaas de Kock S Ek was so bevoorreg om haar in September by die Waterfront te kon sien. Selfs toe het sy nie gekla oor enigiets nie en steeds geglimlag ten spyte van haar pyn. Dis ’n groot les vir my. Sy het haar faith uitgeleef, elke liewe dag. – Gisela Ulyatt S Dis ’n onverwoordbare verlies om ’n mens se ma te verloor. En as sy nog tannie Maryntjie was, is die verlies net so onberekenbaar. Al verwag ’n mens die dood, bly die realiteit daarvan ’n geweldige skok. Tannie Maryn se voetspore lê in ons elkeen se lewe, soveel te meer in julle, haar kinders. – Sanette Greyvenstein S Maryna Strydom was altyd so gentle en vriendelik. Wat ek ook van haar onthou, is haar duidelik-geformuleerde opinies: oor musiek, oor die ondoenbaarheid van my Natalse boyfriend, oor dwars mense. Dit is ’n wonderlike kombinasie. Ek weet haar liefde en insig sal julle jul lewe lank rig, maar dit beteken ook die verlies is soveel groter. – Helena Barnard S Julle ma was ’n besonderse, stralende vriendin oor amper vyf dekades en ’n navolgingswaardige predikantsvrou vir my. Mag die Here julle sy vrede gee. – Stella Snyman
Maryna Strydom by haar kleinkind Zander Laubscher op sy doopdag in 2011. Hy is die seun van haar dogter Talita en Heckroodt Laubscher van Johannesburg. Nog foto’s op Bloemnuus se Facebookblad en bloem nuus.co.za.
BLOEMNUUS, VRYDAG 15 NOVEMBER 2013 3
Wat het jy my genoem?! ’n OUPA skryf sy kleinkind is onlangs gedoop en hy is uiters ontevrede oor die kind se naam. Dit is glo sy “kômmin” kleindogter se skuld dat die kind ’n naam gekry het waaraan sy swaar sal dra. Hy verkies om nie die kind se naam te noem nie, want hy hoop dit gaan nog verander word. Dan die sinnetjie: “Hoe meer kômmin, hoe meer grander is die name mos!” – Die oupa verkies om anoniem te bly, want hy wil nie die kind onnodig “aanstoot” gee nie. (Brief verkort. – Red.) Lesers het só hierop gereageer op Facebook: S Ek is seker dis ’n mooi naam. Oupa is net ’n bietjie suur! Dit is ’n selferkende feit dat die ouer geslag “naamsiek” is/was. Ek is nie kwaad vir my ouers of engsins skaam vir my naam nie. Maar het ek swaar gedra – veral op skool. My doopname: Johanna Catharina Elizabeth van der Merwe. Probeer dit in één lyntjie skryf! Ons het dus elk van ons twee kinders net één naam gegee. My kleinseun het ook nie ’n oupa se naam nie, maar dis maar ok, ek lief hom met naampie en al. – Jorina Claassen S Ek is lief vir my name. – Aubrey Dewey Bozella Olivier * Waar kom jou name vandaan, Aubrey? – Bloemnuus * Dewey Bozella was ’n bokser wat 20 jaar onskuldig tronk toe is. Het altyd aan sy onskuld geglo en hy het hom in die tronk fiks gehou en geglo hy sal ’n kans kry. Toe hy vrygelaat word, was hy reeds 40 jaar oud. Ná ’n gesukkel om ’n bokslisensie te kry het hy wel op sy oudag om ’n titel baklei, maar verloor. Met ’n toer deur die Bybellande in 2005 het ek die besondere voorreg gehad om my in die Jordaanrivier te laat doop en vandaar my middelname. – Aubrey Dewey Bozella
S Kies ’n naam wat ’n kind ten minste in gr. 1 kan skryf en uitspreek. As die naam vir die kind so sleg is om aan te dra, is daar gelukkig ’n moontlikheid om dit te verander. Ek het my naam verander baie jare gelede en was nog nooit spyt daaroor nie. – Maretha Breed * Wat was jou name, Maretha? – Bloemnuus * Hehe, so maklik vang julle my nie. Dis tog die rede hoekom jy jou name verander. Jy wil daai name vergeet! Aangesien ek ook ’n nuwe identiteitsnommer gekry het, bestaan ek minder jare as wat ek oud is. Ek hou nogal daarvan. – Maretha Breed S Dit is die ouers se keuse. Jammer, oupa. – Anton Barnard S ’n Mens hoor elke dag nuwe name vir meisies – Chané, Charlé, Subané, Valdé en so aan. Ek verkies ou, sterk name, soos Marie, Susan en Gerda. – Tony Mitchell S Elke ouer wat met ’n kind geseën is, het die voorreg om sy kind te noem soos hy/sy/hulle wil. Grootouer, gun jou kind die geleentheid om sy kind te noem net wat hy wil en moenie bemoeisiek wees nie. Hou jou besig met ander lekker, opbouende dinge en wees lief vir jou nageslag sonder voorbehoud. – Juliana Pretorius Oosthuizen
Lesers sê só
S Wat dink die poskantoor van die mense wat daar sake doen? Jy moet áltyd in ’n ry staan. As enige besigheid só omgaan met die mense wat dit ondersteun, sal hy nie ’n wins maak nie. Dit is vir my geen wonder die poskantoor is voortdurend “bankrot” nie. – Brink Kern * Preller Plein se poskantoor se diens is tans seker die stadigste in die land. Sommige dae is net een vrou agter die toonbank met lang rye van die publiek wat ongeduldig wag. – Faan Hancke (op Bloemnuus se Facebook-blad) S Dankie vir die keurige aanbieding van die al fresco matriekafskeid by Grey. Dit was ’n pragtige voorblad (Bloemnuus, 1 November). Die terugvoer is baie positief. – Juanita Duncan
S Die voorblad van Bloemnuus op 25 Oktober verwys – lesers sê die Klipkerk se toring “is nie kitsch”. Dit is nie die toring wat kitsch is nie. Dit is die aangeplakte sement-goeters wat afbreuk aan die kerk doen. Dit was sekerlik nie wat die argitek wou gehad het nie. – Eivir Wessels S Hoe kan die munisipaliteit toelaat dat daar nie ’n einde kom aan die bouwerk in Wilcocksweg? Dit duur nou al jare. En verder is daardie spoedwal lewensgevaarlik. Ek wonder hoeveel voertuie is al daar beskadig. – Brink Kern
S Ek wil net dankie sê vir die plasing van my kids se foto’s, Ryan du Plessis en Janine du Plessis. Dit lyk pragtig – so ook op Bloemnuus se Facebookblad. – Monica S Ek het in Bloemnuus (Vrydag, 25 Oktober) geadverteer – “Nuwe voetheelkundigepraktyk in Bloem-
fontein”. Ek wil net baie dankie sê vir die moeite met die advertensie en die meegaande berig. Ek kry definitief reaksie. – Corlia Wiese (051-430-8272) S Herewith our thanks for your support with placing an ad in the Bloemnews (Friday, 25 October) – “For sale: Fully renovated historical fisherman’s cottage, 30 min to Mossel Bay”. We are very happy with the responses and trust that we might get a sale. – H. Butler (044–697-7041) S Die Wel en Wee-rubriek wat die afgelope weke in Bloemnuus verskyn, is ’n besliste aanwins. – Annatjie van der Walt
‘Swem sal ek’ Skuins voor tjaila-tyd Rudie van Rensburg AS jong seuntjie in Bloemfontein het ’n swembad ’n magiese aantrekkingskrag vir my gehad. Ook nie ’n wonder nie, want destyds was ons geslag jonges swembad-benadeeld. Daar was nie sommer swembaddens by huise nie. Die enigste plekke waar jy kon gaan “ghoef” (ons woord vir swem), was by die Pubbies (openbare swembad) en Maselspoort. In daardie stadium het Masies na bewering die grootste swembad in die Suidelike Halfrond gehad. Soms het my pa-hulle, gewoonlik saam met vriende, vir ’n langnaweek of in die skoolvakansie ’n paar rondawels by Masies gehuur. En dan het ons kinders van eerste lig tot skemeraand ge-ghoef. Wanneer die grootmense saans brug gespeel het, kon hulle dit in absolute stilte en vrede doen – die kinders was in die kooi, wel met rooi gechloorde oë en beetgebrande lywe, maar heeltemal uitge-pass. Toe my laerskool, Willem Postma, in my standerd een-jaar (gr. 3) aankondig dat ons ’n swembad gaan kry, was ons kinders dus oorstelp van baldadigheid. Net die vooruitsig om in pouses of LO-periodes in die kabbelende water van ons eie skoolswembad te duik was selfs beter as sjokoladekoek en Creme Soda. Daarom het ons met buitengewone geesdrif gehelp om geld in te samel vir die swembadfonds. Koeksisterverkopings, konserte, boekmarkte en wen-’n-skaapkompetisies was ’n integrale
Rudie van Rensburg deel van ons naskoolse bedrywighede. Toe die skoolhoof twee jaar later aankondig dat ons fonds nou amper by die halfpadmerk is, het dit nogal as ’n skok gekom. Die outjies in standerd 4 en 5 het skoon stoom verloor. Ons standerd drie-klassies het nog hard probeer vir daai oorstootdrie in beseringstyd, maar die eindfluitjie het ons ook ingehaal. Ek is hoërskool toe met die idee dat ’n swembad duurder moet wees as oom Barnie Human se mansion – die verdomde fonds was toe maar by sy driekwartmerk. Later jare het ek gehoor Willem Postma het wel sy swembad gekry. En nou, terwyl ek dié storietjie skryf en die Kaapse Suidooster my huis se vensterrame laat bewe, weet ek één ding: As ek weer in Bloemfontein kom, gaan ek in Willem Postma se swembad ghoef. En niemand gaan my keer nie! Ek het my kinderhandjies stompies gewerk vir daai gat in die grond! S Rudie van Rensburg is ’n stigtersredakteur van Bloemnuus.
4
BLOEMNUUS, VRYDAG 15 NOVEMBER 2013
Dagboek
Kersmarkte soos dié in Linz, Oostenryk, is algemeen in Europa. In Bloemfontein word daar ook hierdie naweek Kersmarkte gehou. Wat gebeur wanneer waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk. Dit word ook op www.bloemnuus.co.za gelaai. As jy jou selfoon gebruik om Bloemnuus te lees, besoek bloemnuus.mobi en kyk onder “My gemeenskap” vir dagboek-inskrywings. Stuur dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00. VRYDAG, 15 NOVEMBER S Slabbert-toere, ’n gereelde adverteerder, onderneem vandag oor ’n week ’n toer na die Kersiefees op Ficksburg. Andries du Toit, 083-412-7453. S Kersmark met heerlike eetgoed en mooi geskenke van 10:00 tot 18:00 by Plettenbergstraat 1, Dan Pienaar. Lita Kotzé, 083-262-1165. S Die Tempe-gholfklub hou ’n gholfaand, iets wat selde gebeur. Johan Venter, 082-5511137 of johan@bfn.co.za. S Die Klipkerk-feesmark word vandag van 10:00 tot 19:00 en Saterdag van 09:00 tot 17:00 in die gemeentesentrum van die Klipkerk gehou. Uitstallers kan 051-448-1419 skakel. S Die son kom vandag in Bloemfontein om 05:12 op en sak om 18:47. S Best of SA Pop (tribute show), 21:00 in Diamond Lil’s. Tickets: R30. SATERDAG, 16 NOVEMBER S ’n Boeremark word elke Saterdag van 06:00 af op die Bewarea-terrein in Langenhovenpark gehou. Daar is ’n spesiale Kersmark, met Manie Jackson as gaskunstenaar, op Vrydag 29 November van 17:00 af. Toegang is gratis. S Die geboorte van Bahá’u’lláh, wat die stigterprofeet van die Bahá’í-geloof was, word om 11:00 in die Munisipale Saal in Botshabelo, Seksie H, gevier. Vir verdere inligting skakel 082-773-8301. S Otterskloof Private Game Reserve hou ’n MTB en Trail Running Event. Hardloop of ry tussen renosters, swartwitpense en buffels langs die Vanderkloofdam. Kontak: lulani.vermeulen@gmail.com of 078-801-9776. S Afsluitingsvergadering van die Damesklub Nellie Swart om 10:00 in die kerksaal van die NG kerk Berg-en-Dal. Die gaskunstenaar is Herman Strauss. Dit kos R50. Kontak Ruah Maartens (051-446-3405), Dalene Brink (051-436-7896) of Corrie Scheepers (051-4362734). S Igno van Niekerk bied ’n beginnersfotografiekursus van 09:00 tot 14:00 aan. Skryf aan hom by igno@intekom.co.za om meer uit te vind. S Tanya se tuinmark met allerlei geskenke tussen 09:00 en 13:00 by Koos van der Waltstraat 61, Universitas-Wes. S Top-boerboele van heinde en ver word in Bloemfontein verwag om aan die jaarlikse nasionale kampioenskapskou deel te neem. Hierdie skou is ’n besonderse geleentheid vir die Suid-Afrikaanse Boerboel-telersvereni-
WOENSDAG, 20 NOVEMBER S Die Stigting vir Artritis van Suid-Afrika nooi die publiek en gesondheidsdeskundiges uit na ’n praatjie oor Komplimentêre terapie: aanpassings in die werkomgewing weens artritis. Die sprekers is dr. Johan van Rensburg (rumatoloog) en Juane Raats (arbeidsterapeut). Dit vind op 20 November om 17:50 plaas. Corrie Bruwer, 082-921-4234. S Simon & Garfunkel met Marcato by Innie Skuur. Kaartjies: R120. S Springtime in Paris (cabaret show), 21:00 in Diamond Lil’s. Free entry. THURSDAY, 21 NOVEMBER S Jérome Pernoo (tjello) en Jêrome Ducros (klavier), Odeion, 19:30. Toegang: R130, R90 en R50. S Die Vrystaatse tak van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Gesondheid en Beroepsveiligheid (Saiosh) bied ’n konferensie en uitstalling oor beroepsveiligheid en gesondheid aan. Dit vind in die President-hotel plaas. Registrasie is om 08:00 en die konferensie begin om 09:00. Van die onderwerpe onder bespreking is wetgewing rakende beroepsveiligheid en gesondheid, registrasie van praktisyns, registrasie vir praktisyns in die konstruksiebedryf, opleidingsverskaffers en spesifikasies en veiligheidsplanne. Bel Gillian Sue by 082701-9149. S Kunstenaars wat op die 14de Vryfees van 15 tot 20 Julie in Bloemfontein wil optree, het nog tot 30 November tyd om hul aansoeke by vryfees.co.za in te doen. S U3A lecture: The Lesotho Highlands Water Project by Jan Oberholzer. Synagogue Hall, Dickie Clarke Street, 10:00.
Die Bloemfonteinse Stadsorkes het onlangs ’n jazzkonsert gehou. ging (SABT) wat 30 jaar gelede gestig is om hierdie unieke Suid-Afrikaanse honderas te vestig en te bevorder. Die amptelike opening is om 09:30 en die beoordeling begin om 10:00. Die skou word by die BKB-kompleks op die Bloemfonteinse Skouterrein gehou. Toegang vir besoekers is gratis en daar sal verversings by die kiosk beskikbaar wees. Bel Marileen van Wyk, 083-271-9589. S Twisted Daggers Bike Club se Santa Run ten bate van minderbevoorregtes by The Wild Bunch se klubhuis om 11:00. Bel Wilma (076474-9456) of Koos (082-522-4709). SUNDAY, 17 NOVEMBER S Full Moon, 17:16. S Springbokke speel om 17:00 teen Skotland in Edinburg . S Kurt Darren and Mwah! se konsert by die Windmill-casino is Dinsdag gekanselleer. S CBS Drama (DStv channel 134) is an exciting new channel for DStv viewers. Viewers will be entertained 24/7 by famous TV series from the biggest programming library in the world; from glam super-soaps Dallas and Melrose Place, and critically acclaimed romance Beauty & The Beast and family dramas 7th Heaven and Half & Half.
Foto: Stef Krüger
DINSDAG, 19 NOVEMBER S Reps for Jesus, Praise and Worship-aand, 18:30, House of Bread. Francois Kruger, 084446-3084. S Bekendstellingskursus aan Frans vir mense wat belang stel om Frans aan te leer. In die lokaal van Alliance Française op die grondvloer van West End-woonstelle, hoek van Henrystraat en Eerste Laan, Westdene. Dit begin om 17:30 en dit kos R300 per persoon. Kontak 072-872-4957 of kontak Daleen Krige op daleen.krige@gmail.com of 083-388-1184. S Volksblad-kersfondsveiling waar net skilderye, Oosterse matte en versamelaarsartikels soos seëls en munte verkoop gaan word. Bel Junior Bezuidenhout (082-892-6525) as jy goedere te koop wil aanbied. Dit vind om 18:00 by Leopards & Lace plaas. S Stephan Venbles, ’n internasionale bergklimmer en skrywer van Brittanje, praat om 19:00 oor The Everest Story in die CR Swartouditorium van die UV. Bel Charlotte (083324-9474) sou jy meer wil uitvind. S Die Bloemfontein-Polisierugbyklub het reeds met sy voorseisoense voorbereiding begin. Die oefensessies is Dinsdae en Donderdae om 18:00 op Bobbiespark. Bel Johan le Roux, 082-462-2011.
VRYDAG, 22 NOVEMBER S Mathys Roets by Koekela Café om 19:00. Kaartjies R100. Etes is beskikbaar. Bespreek vooraf by Gabrielle, 051-430-1949. Sien advertensie aan onderkant van dié bladsy. SATERDAG, 23 NOVEMBER S Springbokke speel teen Frankryk in Parys om 22:00. S Steyn Venter, ’n pastorale terapeut, sal om 18:30 praat oor Verstaan jou man op ’n gratis vroueaand. Dit vind in die Vleuels-kerksaal, Boerneefstraat 3, Langenhovenpark plaas. Bel 076-302-7393 of 084-563-0199 vir meer inligting. S Joy to the world: Musiek van Karl Jenkins met Alumni Voices, Vrystaatse simfonieorkes en die Drakensberg-seunskoor om 19:30 in die Odeion. Kaartjies kos R120 en R80 en is by Computicket beskikbaar.
André Schwartz tree Saterdag 30 Novem ber om 19:30 op in Innie Skuur. Kaartjies teen R100 is te kry by Kiki Corner (Langen hovenpark) of Music Inc (Noordstad). Of skryf aan meerkatkolonie@vodamail.co.za. Bloemnuus is die mediaborg van dié kon sert. Sien ook advertensie hier langsaan.
BLOEMNUUS, VRYDAG 15 NOVEMBER 2013 5
Deon Meyer se ‘Kobra’ het byt Barend van der Merwe
’n Boekgesprek tussen Deon Meyer en Elna van der Merwe (Huisgenoot se boekeredakteur) oor die nuutste dilemma waarin Ben nie Griessel hom bevind in Kobra, sal op 19 November om 18:30 by Innie Skuur in Langenhovenpark plaasvind. Deon sal beskik baar wees om boeke te teken. Om te bespreek stuur ’n epos na kevin.dutoit@media24.com of skakel 0214064446. Foto: www.weylerforlag.se
DIT was ’n lang wag vir aanhangers van Deon Meyer se skryfwerk. Sowat twee jaar gelede het 7 dae verskyn, maar eindelik is sy nuutste roman, Kobra, hier. Met die feestyd om die draai is dit nie ’n waagstuk om te raai Kobra gaan van die rakke vlieg nie. Kobra bevat al die bestanddele wat van Meyer wêreldwyd so ’n gevierde skrywer gemaak het. Dit is spannend, komies, eietyds en bowenal ’n donker werk – diegene wat reeds gesoute aanhangers van Meyer se skryfwerk is, gaan nie in sy nuutste poging teleurgesteld wees nie. Kobra, soos verskeie van Meyer se ander verhale, speel in die Kaapse skiereiland af en wentel om die verdwyning van ene David Patrick Adair. Kaptein Bennie Griessel, die hoofprotagonis en lid van die elite-eenheid die Valke, maak sy terugkeer met al sy pittighede waarmee aanhangers al vertroud geraak het. Dan is daar Tyrone Kleinbooi, ’n boorling van Mitchell’s Plain, ’n beroepsdief, ’n “pickpocketer”, maar ’n karakter vir wie die leser baie vinnig die grootste respek ontwikkel, want hoewel Tyrone ’n misdadiger is, is hy
Kobra bevat al die elemente wat van Meyer wêreldwyd so ’n gevierde skrywer gemaak het. Dit is spannend, komies, eietyds en bowenal ’n donker werk . . . allesbehalwe ’n hartelose man. Hy word per toeval betrek by die verdwyning van Adair en word weens sy uitgeslape geaardheid ’n sentrale karakter in die boek wat telkens die Valke én van die mees geharde misdadigers op aarde, “die Kobras”, ore aansit. Kenmerkend van Meyer se werk is Kobra ’n verhaal wat vinnig vloei en deurgaans die leser se aandag behou. Die storielyn is geensins oorgenuanseer soos in sommige van sy ouer werk (veral Spoor) die geval was nie. Kaptein Griessel volg die tipiese patroon van die ‘tóg-held’. Daar is geen sprake van vlekloosheid aan sy karakter nie. Hy is net ’n toegewyde polisieman wat sy bes doen ongeag die warboel wat sy persoonlike lewe is. En soos dit maar telkens in
Meyer se werke gaan, word Griessel en sy kollegas se ondersoek nie net deur uitgeslape misdadigers bemoeilik nie, maar ook deur die botsende belange in die staatsdiens self. Wat die kroon in die geval van Kobra span, is dat Meyer daarin slaag om die leser tot aan die einde van die teks aan die raai te hou. Kan Tyrone aanhou om sy agtervolgers, sowel as die polisie, se pogings te fnuik? Kobra is beslis die lees werd.
6
BLOEMNUUS, VRYDAG 15 NOVEMBER 2013
Getroud
STUUR jou onlangse troufoto vir Bloemnuus na jens.friis@ media24.com. Meld watter fotograaf vir wie waar afgeneem het. Die plasing is verniet. Besoek bloemnuus.co.za vir nog troufoto’s.
Altus en Nastasja Neethling (Ilanga).
Sagrys en Maryke Klopper (Goose Hill).
Gerrit en Adele Slazus (Slightly Nutty).
Foto: 3’kie’s Photography
Foto: Mandie Niemann
Renico en Marlene Koen.
André en LiezlMari Kritzinger (Kopano).
Foto: Emma Booysen
Foto: 3’kie’s Fotografie
Victor & Lucille Fincham (Leopards & Lace).
Foto: Francois Heydenrych
BLOEMNUUS, VRYDAG 15 NOVEMBER 2013 7
Korea, land van tradisie DEON VAN DER BERG, ’n oudleerling van Sentraal, en sy vrou, Leandri, ’n oudleerling van Fichardtpark, woon en werk in Korea en het hul ervaring van die land en sy mense met Theonie Kok gedeel. Hoekom Korea? Daar is nie ’n spesifieke rede nie. Ek het ’n bietjie navorsing oor skoolhou in die buiteland gedoen en op Korea afgekom. My suster het ’n paar jaar gelede in Japan skoolgehou en dit het my die Ooste laat oorweeg. Wat doen julle daar? Ek gee Engels aan ’n staatskool in Daegu en Leandri is ’n vrywilliger aan ’n kleuterskool verbonde aan ons kerk.
Hannes en Elsa (van Deventer) de Wet het onlangs hul 60ste huweliks herdenking gevier. Foto: Landri van LDW Fotografie
De Wets vier 60 jaar saam HANNES EN ELSA (VAN DEVENTER) DE WET het onlangs hul 60ste huweliksherdenking gevier. Hul dogter LIZA DE WET vertel meer. MY ma wou haar altyd doodskaam as Pa kom kuier het, want sy het nou nie gedink hy is die looker van die jaar nie. Pa het haar weer fliek toe geneem en ’n ander meisie ook by die fliek net langsaan, en so het hy dan maar met lang stories van die een fliek na die ander beweeg. As Jo’burgse jollers is hulle toe as jong getroudes Lady Grey toe om daar te gaan boer, en dit is ook waar ons vyf kinders grootgeword het. Ma is die rekenaar-boffin in die familie (speel daagliks Farmville en kuier op Facebook) en bobaas met handwerkies. Haar ma het toe ek nog in die laerskool was vir elke kind 50 sent gegee om te laat groei. Ma het in ons plaaswinkel begin polonie verkoop totdat sy wol kon
koop en so truitjies gebrei en verkoop. Dit het so gevorder dat sy Bloemfontein se skou toe is met eenduisend Pinnoccio- en eenduisend Liewe Heksie-poppe wat sy en my pa gemaak het – dit was net spons en hangers die huis vol. Pa is die besige ou en as iets gedoen moet word, is hy daar. Hy het in sy 70’s nog vir my broer by sy gastehuis help dak opsit. In sy 80’s help hy karre van oral in die Vrystaat aanry. En, ja, hy klim steeds op die dak. Hy het op 83 sy debuut in ’n musiekvideo gemaak vir sy kleinkind Franzel se Taal van Liefde. ’n Mens kan aanhou vertel van hul doen en late, maar die groot ding is dié twee is al 60 jaar getroud – en kan steeds baklei, dink steeds die een weet beter as die ander en is ook gelukkig om nog al vyf hul kinders te hê met al dié se ander helftes. Dan is daar ook 15 kleinkinders en sewe agterkleinkinders – van wie party in Australië en Kanada is.
Getroud: Riaan en Roelien van Breda.
Foto: Charles Strumpher
Waar woon julle? Die behuising is tipies van die prentjie wat ons as Westerlinge het: hoë woonstelblokke en kantoorgeboue met gemeenskaplike parke. Omdat die land so klein is en so baie mense hier woon, word alles vertikaal ontwikkel en uitgebrei. Daarom het Koreane in die algemeen geen konsep van ’n “eie” tuin nie. Ons bly in ’n klein, maar gemaklike woonstel. Al die huise het ondervloerse verhitting vir die yskoue winters en lugverkoelers vir die ondraaglike, bedompige somers. Het julle maklik aangepas? Om hier aan te pas hang van jouself af. Dit kan redelik maklik wees as jy sonder enige verwagtinge hiernatoe kom. Hier is niks wat aan Suid-Afrika herinner nie. Die Westerse invloed hier is ’n Amerikaanse een. Hul sienswyse van wat “Westers” is, is alles uit ’n Amerikaanse oogpunt. So hamburgers, hotdogs en pizzas is oral te kry. Die grootste ontnugtering is die taal. Alles is in Koreaans met gebroke Engels hier en daar. Dit is uitdagend om dag tot dag hier reg te kom as jy nie minstens Koreaans kan lees en ’n bietjie kan praat nie. Vertel meer van Daegu. Daegu is die vierde grootste stad in die land met ’n bevolking van so 2,5 miljoen en is bekend vir sy tekstielbedryf. Dit is konserwatiewer as ander stede in Suid-Korea en hier heers ’n sterk Boeddhistiese invloed. Wat baie eienaardig van die Koreaanse geskiedenis is, is om te hoor hulle praat van 1 000 jaar wanneer hulle oor hul geskiedenis praat. Terwyl ons in SuidAfrika van 100 jaar of selfs net “dekades” praat. Hoe is die weer? Die seisoene in Korea is baie onderskeidend met lieflike, gematigde weer in die herfs en lente, terwyl die somer en winter deur uiterstes gekenmerk word. Die somer is verskriklik bedompig met baie drukkende hitte (veral in Daegu wat in ’n baie bergagtige gebied geleë is). Die winters word gekenmerk deur yskoue, “snyende” winde en sneeu. In Desember laasjaar het Daegu die ergste sneeuval in dekades gehad. Die lieflikste maande in Korea is Mei en September. Hoe ervaar jy jou leerlinge? In my ervaring het Koreaanse leerlinge in die algemeen baie respek vir Westerse onderwysers. Dit is steeds vreemd wanneer leerlinge en selfs onderwysers vir jou buig wanneer hulle jou sien. Natuurlik het jy (soos in enige ander kultuur) ook maar jou “vrot appels” wat dinge vir jou moeilik maak. Dissipline is ’n groot probleem in Korea, deels omdat die leerlinge heeltemal oorwerk is. ’n Tipiese
Deon en Leandri van der Berg woon in Daegu, SuidKorea. Hier is hulle by ‘n SuidKoreaanse soldaat in ‘n konferensiesaal op die grens tussen NoordKorea en SuidKorea waar die noorde en suide hul samesprekings voer.
Ons mense in die vreemde skooldag is van 09:00 tot 16:00. Daarna gaan die meeste van hulle na private skole (hagwons) om ekstra onderwys te kry in wiskunde, Engels, wetenskap, ensovoorts. Dit is nie ongewoon vir ’n leerling om tussen 23:00 en 00:00 by die huis te kom en dan huiswerk vir die volgende dag te begin doen nie. Dit is dalk verstaanbaar dat Suid-Korea ’n baie hoë selfdoodsyfer onder tieners het. Geloof? Die meederheid van Suid-Koreane is Boeddhiste. Oral is tempels en Boeddhistiese begraafplase teen berghange te sien. Baie tradisionele huise, paleise en geboue het ook Boeddhistiese argitektuur. Confusianisme is ook, tesame met Boeddhisme, baie nou in die kultuur verweef. Mense in gesagsposte word met baie respek en outoriteit gehanteer. Oor die algemeen word Westerlinge kwytgeskeld van die stelsel. Wat mis julle van Bloemfontein? Ongetwyfeld kos, familielede en vriende. Sal julle ooit terugkom? Ons is van plan om eendag terug te gaan. Hoewel ons goed aangepas is hier met goeie vriende en ondersteuning bly dit “die Ooste”. Die kultuur, kos en tradisies is net te kontrasterend teenoor die Weste om ten volle te kan aanpas en SuidKorea jou “huis” te noem. Pluspunte? Korea is baie veilig en die mediese koste laag. Jy hoef geen afspraak te maak wanneer jy dokter toe moet gaan nie en daar is oral hospitale, dokterspreekkamers, apteke, oogkundiges en terapeute. Die werketiek hier is soos iets van ’n ander planeet. Die mense is baie trots op hul werk, afgesien van watter soort werk hulle doen of die ure wat hulle daagliks werk. Veral die ouer geslag het geen fieterjasies oor werk nie. (Dit is nie ongewoon om ou tannies van 70 jaar+ te sien konstruksiewerk doen of blare hark en onkruid uithaal in openbare parke nie). Dienste word deeglik verrig (haarkappers wat oor en
oor sal kyk en seker maak of jou hare reg gesny is). Slegte punte? Die negatiewe kant van hul werketiek is dat Koreane oor die algemeen nie kan “afskakel” nie. Om met siekverlof of vakansie te gaan is glad nie die norm nie. Naweke word beskou as meer geleentheid om te werk. Dit is baie hartseer om die afwesigheid van ouers in hul kinders se lewe te sien weens die lang werkure. Dié konstante pas veroorsaak dat baie Koreane nie goed ontwikkelde sosiale vaardighede het nie, wat soms nogal frustrasie vir Westerlinge veroorsaak (byvoorbeeld swak tafelmaniere en geen konsep van persoonlike ruimte nie). Raad vir ander mense? Doen deeglike navorsing oor die land en spesifieke stad waarheen jy emigreer. Moet geen verwagtinge hê nie en gaan net oopkop deur die hele aanpassingsproses. Die eerste paar maande is die moeilikste, maar wanneer jy in ’n nuwe taal begin droom, dan weet jy jy het klaar aangepas. Gunsteling-eienskap van die Koreane: Hulle is vriendelike mense en altyd gretig om hulp te verleen, al is taalkommunikasie beperk. Swakste eienskap: Ongeduld. Gunsteling-sêding: Kimchi wanneer hulle foto’s neem. En wanneer leerlinge vir jou sê: “Teacher, I love you!”. Gunsteling-plek: Gyongsangbrug, naby ons woonplek, is ’n lieflike plek om te gaan stap langs ’n stroom wat van die berg die stad invloei.
8
BLOEMNUUS, VRYDAG 15 NOVEMBER 2013
Gr. 12’s STUUR gerus ’n jpg-foto van jou matriekafskeid na jens.friis@media24.com. Die plasing is verniet. Die foto’s móét groter as 1 MB wees. Baie foto’s word ontvang, maar dit word veilig geberg. As joune dus nog nie geplaas nie, hou moed. Nog foto’s is op bloemnuus.co.za en Bloemnuus se Facebook-blad te sien. Anika Stapelberg en Rhonwyn Gilbert (Martie du Plessis). Foto: Gerda Kemp
Stefan Stapelberg en Tibbie Human (Mar tie Du Plessis). Foto: Gerda Kemp
Jennifer Mienie en Douw Joubert (Fichardtpark).
LizeLouise Roets en Neil du Plooy (Jim Fouché).
Carl Claassens en sy metgesel, Bianka Wessels (Fichardtpark). Foto: Charlene Jonker
Loffie du Toit en Michelle van Deventer (Grey).
Irwin Jelinek en Lindie van der Merwe (Jim Fouché).
Wallace Wilson en Crystal Titus (Sentraal).
Monique de Kock en Tinus Smidt (Jim Fou ché).
Almay Lubbe en Deon Venter (Jim Fou ché). Foto: Sarel Greyling
Junior Nicolaisen en Charmaine van den Berg (Jim Fouché).
10
BLOEMNUUS, VRYDAG 15 NOVEMBER 2013
GROOTS: Dieopgaardam wat in aan ’t bou is op Naval Hill. Sê hoe jy hieroor voel op Bloemnuus se Facebookblad.
Foto: Jens Friis
’n Geurtjie uit Bfn in verre land Constant Steyn
BEAUTIFUL BLOEMFONTEIN: Die dag se laaste sonstrale verlig die hoofgebou van Ramblers.
Saints remembers Rufus Botha THE St. Andrew’s School (Saints) in Bloemfontein is celebrating its 150th anniversary this year and on Friday they honoured former pupils who had paid the supreme sacrifice in service of their country. In the days leading up to the remembrance service, the chaplain, Deon Lombard, explained the significance of the ceremony to the Saints boys. Although the school archives list the names of 48 old Andreans who passed on in wars starting with the First World War (WW1), former pupils who died in conflicts before WW1 were also remembered.
During Saints’s 150th anniversary year, two new features were added to the year programme. The first was two wreaths were laid at the foot of a cross made from an oak tree which stemmed from an acorn recovered from Delville Wood. The battle of Delville Wood is of particular importance to South Africa. It was the first major engagement entered into on the Western front by the South African First Infantry Brigade, which also contained a contingent of Southern Rhodesians (now Zimbabwe). The casualties sustained by the Brigade were of catastrophic proportions, comparable to those encountered by Allied battalions on the first day of the Somme. On the Western Front, units were normally considered to be incapable of combat if their casualties had reached 30% and they were withdrawn once this level had been attained. The South African Brigade suffered losses of 80%, yet they managed to hold Delville Wood as ordered. This feat was described as “… the bloodiest battle hell of 1916” [Source: Wikipedia]. This cross, which was donated to the school thanks to the hard work of Joan Abrahams (Tant Mossie), a staunch supporter of Saints, will be kept in the school chapel and placed in a prominent place during the Remembrance Day service every year. The second additional feature to the year programme was the placing of little wooden crosses in front of Tempe Bell (used when the school occupied buildings at the Tempe Army Base in the 1920’s) as each name on the roll of honour was read. Gr. 1 and 6 boys were chosen to plant the crosses made by the Gr. 9 Technology pupils. A treasured tradition at the ceremony is when the head boy lays a wreath made from shoe laces. Each year the Gr. 11 class “donates” a shoe lace which is added to the “shoe lace wreath”. Saints was also represented by the principal, Chris Thomas, and the head boy, Richard Johnson, at the City of Roses Remembrance Day service which was organised by the SA Legion and hosted at the Vrouemonument. Wreaths were laid by both Thomas and Johnson.
A gr. 1 pupil of the St. Andrew’s School in Bloemfon tein , Joël Bloem, plants his cross with assistance from the head of the junior school, Spencer Lee. Gr. 1 pupil Ryan Beelders looks on.
’n STUKKIE Bloemfontein is in die hartjie van Nederland opgemerk. Jan Pot het ’n vragmotor in sy tuisstad, Leeuwarden, gesien wat Bloemfontein-kaas adverteer, dit afgeneem en die foto vir ’n Bloemfonteinse student wat in Nederland studeer, gestuur. Dié student, Sanet Steyn, studeer vir haar meestersgraad in linguistiek aan die Ryksuniversiteit Groningin waar Pot se dogter, Anna, nou ook verder studeer. Dié twee het mekaar in Bloemfontein leer ken waar Anna haar internskap vir haar meestersgraad (ook in linguistiek) by die Universiteit van die Vrystaat in Augustus vanjaar voltooi het. Op die foto kan ’n mens lees dat “Bloemfontein” ’n “Hollandse kaas met tipies Suid-Afrikaanse kruie volgens tradisionele resep” is. Om die Suid-Afrikaanse prentjie mooi af te rond is daar ’n vrou in tipiese Afrika-kleredrag wat ’n Bloemfontein-kaas omhoog hou met die Suid-Afrikaanse vlag langsaan. ’n Bietjie rondsnuffel op die internet het aan die lig gebring dat die Bloemfontein-kaas deur ’n maatskappy De Groot-Verburg Kaas geproduseer word. Op die webwerf van ’n geestelike publikasie in Nederland (www.digi-
Sanet Steyn, dogter van Con stant en Hester Steyn van Bloemfontein, het gesorg dat die foto onderaan dié berig by Bloemnuus beland. bron.nl) verduidelik Cees Verburg dat die smaak van hierdie kaas ’n eie skepping is, geïnspireer deur die inligting wat hy van ’n “in Zuid-Afrika wonende tante” gekry het. Dié kaas, verklap hy, het tamatie, paprika, kerrie en komyn in. Hy reken die Bloemfontein-kaas is heerlik “in combinatie met een glas Zuid-Afrikaanse wyn”. Die Nederlanders het klaarblyklik goeie smaak ook!
’n Nederlander, Jan Pot, het dié advertensie vir Bloemfonteinkaas op ’n vragmotor in sy tuisstad, Leeuwarden, opgemerk en die foto geneem. Leeuwarden is in Friesland, Nederland se suiwelkonink ryk. Die foto het met ’n interessante ompad in Bloemfontein be land.
Ds. Schalk sê só
BLOEMNUUS, VRYDAG 15 NOVEMBER 2013 11
DS. SCHALK STRAUSS het nie te lank gelede nie die nuwe leraar van die Afrikaanse Protestantse kerk (Bloemfontein Moedergemeente) geword. Wie is dié man as hy van die preekstoel stap en sy toga uittrek? Bloemnuus het hom ’n paar vrae gevra.
S Schalk, wat behels aardse geluk? Aardse geluk kan nie losgemaak word van ’n lewe in Christus nie. Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Sonder Hom is geluk onmoontlik.
VOLG BLOEMNUUS OP JOU SEL: Dit is só ontwerp dat jy die koerant maklik op die skermpie kan lees: http://bloemnuus.mobi.
S Wat is jou grootste tekortkominge? Dat ek altyd alles tot op die laaste nippertjie uitstel. Ek sukkel ook om nee te sê. S Wat sou jy anders gedoen het as jy jou lewe kon oorhê? Ek sou vroeër met my nagraadse studie begin het. S Wie of wat is of was die liefde van jou lewe? My vrou, Doreen, is en was nog altyd die liefde van my lewe en nou het my twee kindertjies, Marla en Hendré, bygekom. S As jy nou ’n reis na enige plek op aarde kon wen – waarheen sou jy kies om te gaan? Beslis Europa. Dit is waar my wortels lê en wanneer jy daar is, voel dit asof die geskiedenis begin lewe. S Wat is die mooiste pleknaam in Afrikaans? Matjiesfontein. S Wat verveel jou? Swak, ongestruktureerde, Christuslose preke.
PERSOONLIKE DIENSTE
FINANSIEEL 1420
CJK ACCOUNTANTS: For any accounting work, financials, statutory returns, estates, etc. Contact 0795223021/ cjkinfo@cjkacc.co.za www.cjkacc.co.za
Schalk Strauss en sy vrou, Doreen, met hul kinders, Hendré en Marla. S Waarvan hou jy glad nie in Bloemfontein nie? Die stof.
S Wat is vir jou snaaks? My kinders se sêgoed.
S Wie is jou gunsteling-fiksiekarakter(s)? Brakanjan.
S Van watter sanger is daar ’n CD in jou motor? Il Divo.
S Wat maak jou nostalgies? Sekere reuke. Die reuk van reën en karoobossies laat my plaas (Philippolis) toe verlang. Ek assosieer reuke met goeie ervarings.
S Wie is jou helde? Die groot hervormers – Luther, Calvyn, Knox . . . Meer onlangs: Dr. Verwoerd en my pa.
S Lees jy enige boek(e) tans? Ja, ek studeer tans. Dus is dit meestal vakliteratuur. S Wat is die diepste punt van ellende? Om sonder Christus te wees. Ek kan my nie voorstel hoe dit moet wees om eendag vir jou eie sondes te moet betaal nie.
ROMMELVERWYDERING 1860
TUIN- en huishoudelike vullisverwydering: Vanaf R250 per vrag. Skakel Thys 072 391 3781.
BOME 1871
AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234. BOME SNY en tuinvullis verwyder. 40% afslag. Skakel Joubert 0832407905.
VAKANSIE & REIS
2635
Rustige en bekostigebare vakansie, 15 min van Plettenbergbaai en Nature's Valley. Skakel 079 872 4136.
WERK TE KOOP ALGEMEEN 3680 1615
EK KOOP GOEIE gebruik-te klere, skoene, linne en kombuisware vir kontant. Ek besoek u ook tuis. Aan-kope slegs in Bloemfontein. Skakel 0721858217
ALGEMENE & HUISDIENSTE BOUWERK & KONSTRUKSIE 1801
AANBOUINGS: NUWE HUISE. NHBRC-geregistreer. Teël en verf. Johan 072 237 2573/ 073 793 4838/051 432 7018.
LOODGIETERS 1855
We do plumbing, tiling, painting, roof leakages and swimming pools from green to whatever colour. Call Ben: 071 067 4694.
3760
Employed but your salary not enough? Join our fast-growing family of agents by selling our delicious products to generate that much-needed extra income. Contact Sanet 051 433 4096, or SMS name and number to 082 490 6967. Office hours and free delivery.
BOEDELKENNISGEWINGS
KURATORSKAP 4210
KURATELE BOEDEL EH POTGIETER
AKKOMMODASIE
KLERASIE
VERKOPE & BEMARKING
New in SA: Earn US Dollars weekly with a web-based social markerting tool kit. Contact 082 784 5119.
KENNISGEWING VAN KURATOR EN VOOG Kragtens Artikel 75 van die boedelwet, no. 66 van 1965 (soos gewysig) saamgelees met Artikel 85 van die Boedelwet, word hierby kennis gegee van die aanstelling van 'n persoon as Kurator/Voog/Administrateur deur Meesters, of van die beëindiging van sodanige aanstelling. Boedelnr. CR25/2013 Persoon onder * Kuratele (volle name, van en adres): Elizabeth Hester Potgieter, Serenitas, Ponsetiastraat 129, Dan Pienaar, Bloemfontein. Naam en adres van * Kurator: Elna Elsa Pohl, Posbus 12012, Brandhof 9324. Datum van * Aanstelling: 4 November 2013. Meester van die Hooggeregshof: Bloemfontein. BOEDEL WYLE EC MCKAY Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die boedel van wyle Emmarentia Christina McKay, identiteitsnommer 460730 0071 08 9, pensionaris en geskei, voorheen woonagtig in Haldonweg 19, ParkWes, Bloemfontein 9301, boedelnommer: 2112/2013 lê ter insae by die kantoor van die Meester van die BOEDELKENNISVrystaatseBOEDELS: Hoë Hof, Bloemfontein GEWINGS vir 'n periode van 21 (een en twintig) LIKWIDASIE EN dae vanaf 15 November 2013. DISTRIBUSIE EE POHL, p/a Symington & De Kok, Posbus 12012, Brandhof 9324. 4205 (MHM0190).
S Wat is jou grootste vrees? Dat ek my gesin afskeep. S Waar sou jy eendag wou aftree? Iewers waar dit rustig is. Dalk by die see.
S Jou kosbaarste besitting? My Bybel. S Wat dink jy gebeur ná die dood? Ek glo die Bybel se getuienis oor ’n hemel en ’n hel. Dus, as jy sterf, is een van die twee jou voorland.
GEREGTELIKE VEILING 4501
KENNISGEWING VAN VERKOPING IN EKSEKUSIE GEREGTELIKE VERKOPING In die Landdroshof vir die distrik van Bloemfontein (gehou te Bloemfontein) in die saaknommer: 9028/2013 tussen: RECALL EFFECTIVE CONTROL (GAUTENG) (EDMS) BPK Eiser en MANGAUNG UNIVERSITY OF THE FREE STATE COMMUNITY PARTNERSHIP PROGRAM Verweerder Geliewe kennis te neem dat ingevolge 'n vonnis verleen op 5 September 2013 in bogemelde Agbare Hof en in terme van 'n Lasbrief vir Eksekusie wat daaropvolgend uitgereik is, sal die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop word aan die hoogste bieër te Balu BloemfonteinWes Veilinglokaal, Mannionweg 4C, Ou Industriële Gebied, Oranjesig, Bloemfontein op die 3de dag van Desember 2013 om 10:00. Blou Volkswagen Citi Golf (DJC 072 FS); Rooi Volkswagen Citi Golf (DKV 762 FS); Wit Volkswagen-bakkie (BGG 868 FS); Wit sleepwa (CRP 795 FS); Wit Volkswagen Microbus (BZM 379 FS); Wit Volkswagen Jetta Ci (DCT 434 FS); Rooi Toyota Venture (BGP 782 FS) Neem verder kennis dat: Hierdie is 'n verkoping in eksekusie kragtens 'n vonnis bekom in bogenoemde hof. Reëls van hierdie verkoping is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoping te die kantoor van die Balju Bfn-Oos, Sewendestraat 3, Arboretum, Bloemfontein. Registrasie as koper is 'n vereiste onderworpe aan bepaalde voorwaardes o.a. 3.1 voorskrifte van die VerbruikersBeskermingswet 68 van 2008 (URL.http://www.info.gov.za/view/ DownloadFileAction?id=99961) 3.2 FICA-wetgewing met betrekking tot identiteit en adresbesonderhede; 3.3 betaling van registrasiegelde; 3.4 registrasievoorwaardes. Verkoping sal geskied deur die kantoor van die Balju Bloemfontein-Oos met afslaer P Roodt. Advertensiegelde teen heersende publikasietariewe en verkopingkoste volgens hofreëls, geld. Gedateer te Bloemfontein op 6 November 2013. O VAN TONDER (REC3/0012/MN) Rossouws Prokureurs President Reitzlaan 119 Westdene Bloemfontein 9300 Docex 31 Bloemfontein Tel. 051 506 2500 Faks 051 430 6079
Qualified plumber: We do geysers, bathrooms, leakages, etc. Contact Jerry 079 077 2054.
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
Fredericks brei hulle EDDIE FREDERICKS is die nuwe hoofafrigter van die Bloemfontein-Crusaders. Hy het as speler 53 drieë in 114 wedstryde gedruk waarvan hy in nege die kaptein was. Fredericks het onder meer vir die Vrystaat en die Springboksewesspan uitgedraf. Dié aankondiging is deur Ernest Beck, voorsitter van die Crusaders-rugbyklub, gemaak nadat hy op die jaarver-
Reynard Wessels (regs) saam met die liefde in sy lewe, AnnaLotte Retief, ’n professionele swemmer nes hy. ’n Profielstorie oor Reynard, Bloemnuus se SuperSport Let’s Playsport ster vir 2013, sal binnekort in Bloemnuus verskyn. Foto’s: PCB Productions
Wessels is Superster
DIE swemmer Reynard Wessels is as Bloemnuus se SuperSport Let’s Play-sportster vir 2013 aangewys. Die Cheetah-rugbyspeler Teboho (Oupa) Mohoje was die gasspreker op die toekenningsgeleentheid wat in die Windmill-casino-en-vermaaklikheidsentrum gehou is. Dit is die vyfde jaar dat dié kompetisie in Bloemnuus aangebied is en volgende jaar sal dit weer gebeur. Belowende, skoolgaande sportsterre word elke maand aangewys en ding dan mee om die jaarlikse SuperSport Let’s Play-Sportster-titel van die jaar. Belangstellendes wat volgende jaar wil deelneem, kan nou reeds skryf na lynne@zpr.co.za.
Van links is Jens Friis (redakteur van Bloemnuus), Bridget Lourens wat uitblink in karate (derde plek), die swemmer Reynard Wessels (eerste plek), die spiesgooier Jannes Schle busch (tweede plek) en Lynne Landman van Z PR Communication and Public Relations Consultants wat die SuperSport Let’s Playsportsterkompetisie koördineer.
gadering van die klub tot voorsitter herkies is. Thys Botes sal Fredericks met die afrigting bystaan. As Fredericks weer die ToyotaVrystaat-Cheetahs se Vodacombeker-span afrig, sal hy net as afrigtingskonsultant vir die Crusaders optree en sal die klub ’n ander breier moet aanstel. Fredericks is ook by die Toyota-Vrystaat-Cheetahs se sewesspan betrokke.
Die Crusaders het die Rowanbeker in die Vrystaatklubliga onder die afrigting van Jearus Nicholas en Johan Koen gewen om te kwalifiseer om die Vrystaat in die Cell C-gemeenskapbekerreeks te verteenwoordig. Die Crusaders het as een van die organiseerders se keuses (wild card) saam met Bloemfontein-Polisie vir die Vrystaat in die nasionale klubreeks gespeel.