VRYDAG 18 OKTOBER 2013
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
Karnaval
Koffiesnob
Dis naweek!
Kinders maak speelspeel geld bl. 5
Dié drankie maak ‘ons’ beslis anders
Só bring gesin hul Saterdae en Sondae deur bl. 2
bl. 3
Wenners gekroon
SUSAN DU PLESSIS is Woensdag as Bloemnuus en Athalia se Ouma Roos vir 2013 gekroon, terwyl Lukie Serfontein die wenner van die Oupa Roosafdeling is. Ogies en Delene Wessels het die Egpaar Roosafdeling gewen. Die wenners is op ’n glansryke geleentheid voor 350 gaste op Monte Bello aangewys. Die hoofborge van dié geleentheid was Bloemnuus, Athalia, CPI, Checkers, Monte Bello, Elsa Vermeulenfo tografie en Bio Graphix. Van links is, voor: Elsa Vermeulen van Elsa Vermeulenfotografie, Lukie Serfontein, Susan du Plessis en Lianda Hurter, seremoniemeester en organiseerder van die geleentheid; agter: Chantal Cromhout, personeelbeampte van Checkers, Ans Coetzee van Athalia, Delene en Ogies Wessels en Jens Friis, redakteur van Bloemnuus, op die geselligheid. Foto: Elsa Vermeulen