Bloemnuus 20 09 2013

Page 1

VRYDAG 20 SEPTEMBER 2013

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

GRATIS

Decadent

Dit bly hom by

King of Pop

Chocolate and sweet fair at Waterfront

Mediaman deel sy gunstelingaanhalings

Tribute to Michael Jackson at Windmill

p. 4

bl. 3

p. 4

Wors draai Braaidag Jens Friis

AS jy ’n stoere Molly en Wors-aanhanger (soos ek) is, het Bloemnuus vir jou goeie nuus: Jy kan Dinsdag op Erfenisdag na hul movie in die Ster-Kinekor in die Mimosa Mall gaan kyk. Dít is nog voordat dit amptelik begin wys en Bloemnuus gee tien kaartjies vir die rolprent weg. Molly en Wors is immers al so deel van Suid-Afrika se erfenis soos biltong en blatjang. Molly en Wors, die Movie is die tweede van ses Afrikaanse flieks wat Ster-Kinekor tussen September en November vertoon. Die Absoluut Afrikaans-rolprentfees het begin met Bakgat III. (Sien bl. 4 vir ’n resensie deur Nico Gous.) Die ander flieks wat kom, is Musiek vir die agtergrond (11 Oktober), Die ballade van Robbie de Wee (25 Oktober), Khumba wat ’n Afrikaanse tekenprent is (25 Oktober) en As jy sing! (15 November). “Ons is opgewonde oor die fees,” sê Donna Cooper, rolprentbemarkingsbestuurder van Ster-Kinekor. “Die fees wil die Afrikaanse rolprentbedryf bevorder en plaaslike talent help ontgin en ondersteun.” Vir meer inligting oor die Absoluut Afrikaans-rolprentfees gaan na www.ster-kinekor.com. S Vir Braaidag op Dinsdag gee Bloemnuus op bl. 5 idees oor wat om te braai, maar hieronder tel g’n wors nie. En dis nou maar wors!

Vaatjie se blaps MOLLY & WORS, DIE MOVIE gaan oor Wors Visagie (Willie Esterhuizen) wat reeds 26 jaar ’n betroubare man vir Molly (Lizz Meiring) is, asook pa vir ’n seun en dogter. Sy seun, Vaatjie (Gerhard Odendaal), moet met sy swanger meisie, Shardonay (Cherie van der Merwe), trou – nes sy ouers toentertyd met hom. Sy dogter, Blapsie (Karien Botha), is amper, maar nog nie, verloof aan haar vriend, Hardus (Albert de Villiers). Wors werk by F1 Fitment Centre in Johannesburg. Hy kom vir die hoeveelste keer in aanmerking om as die top-verkoopspersoon van die jaar aangewys te word, maar moet steeds vir die trofee wag. Is 2013 sy gelukkige jaar? S Vyf lesers kan dubbelfliekkaartjies wen. Een wen ook ’n Molly & Wors-gelukspak. Jy kan jou net tot 13:00 vandag op bloemnuus.co.za inskryf.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Bloemnuus 20 09 2013 by Central Newspaper Group Bloemnuus - Issuu