VRYDAG 28 JUNIE 2013
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
Anderland
Bok
Spervuur
Franse ridder praat Afrikaans
Kuier blitsig agter pale
Ons gesels met Du Preez Stoltz
p. 2
p. 20
p. 3
Liewe Oupa en Ouma . . . Jens Friis
MADIBAMAGIC: Oudpres. Nelson Mandela het in 2008 nog al die pad van Pretoria na Bloemfontein gereis om die toe baie siek John Reinders, protokolhoof in die presi dent se kantoor in die Uniegebou, te besoek. Dié foto is buite die MediClinic Bloem fontein geneem. Is jy ooit saam met dié oudpresident afgeneem? Indien wel, stuur dan jou foto na jens.friis@media24.com. Foto: Charl Devenish
SKRYF jou oupa en/of ouma vir dié kompetisie in en probeer op ’n geringe manier só dankie sê vir hul jare se liefde en omgee. Net ’n benoeming is reeds ’n eer. Hierom is dit met trots dat Bloemnuus en Athalia die Oupa en Ouma Roos-kompetisie vir 2013 aankondig. Ná die suksesvolle kompetisie verlede jaar met ’n kroningsplegtigheid wat 350 gaste bygewoon het, is dit g’n wonder nie dat die span organiseerders feitlik onveranderd gebly het. Die drie afdelings wat om ’n wenner vra, is Ouma Roos, Oupa Roos en Egpaar Roos. Oumas en oupas van enige ouderdom kan gratis ingeskryf word deur enige kind, kleinkind, vriende of ’n lid van die publiek. Oupas en oumas
mag hulle self ook voor 26 Julie inskryf, maar jy moet in Bloemnuus se verspreidingsgebied woon. Dit is nie ’n skoonheidskompetisie nie. Ons soek na iemand wat lief is vir sy of haar kleinkinders, hulle bederf, lekker dinge saam doen, en iets tot die gemeenskap bydra – selfs al bak jy pannekoek op die kerkbasaar. Enigeen kan sy of haar ouma of oupa inskryf, solank hulle net toestemming gee. Jy moet ’n foto verskaf waarop die kleinkinders saam met een of albei van die grootouers verskyn. Die foto moet die spesiale verhouding tussen die grootouers en kleinkinders uitbeeld. Dit hoef glad nie ’n kiekie deur ’n professionele fotograaf te wees nie, maar goeie gehalte foto’s word verkies. Informele foto’s werk dikwels die beste. Van dié foto’s sal in Bloemnuus verskyn.
’n Inskryfvorm verskyn op bladsy 14. Die finaliste sal vir ’n onderhoud genooi word en die wenner sal op Woensdag 16 Oktober aangekondig word. Foto’s van die wenners sal die volgende dag in Bloemnuus verskyn. Die gaskunstenaar op die kroningsaand is Riëtte van der Watt en Grey-kollege se boereorkes. Lianda Hurter (084-410-2396), Mev. Verenigde Nasies 2012, tree as die geleentheidsbeplanner op, tesame met Elsa Vermeulen (elsafoto@telkomsa.net) wat die spesiale oomblikke op kamera gaan vaslê. Hou Bloemnuus dop vir die pryse wat op die spel is. Navrae: Ans Coetzee, 072188-9011, of ans@athalia.co.za. Die hoofborge is Bloemnuus, Athalia, Biographix, Checkers, Monte Bello, Elsa Vermeulen en CPI.