Bloemnuus 21 06 2013

Page 1

VRYDAG 21 JUNIE 2013

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

GRATIS

Boekwurms kan smul

BOEKLIEFHEBBERS sal ver soek vir ’n groep skrywers soos dié op die Vryfees (9 tot 14 Julie op die Universiteit van die Vrystaat se kampus in Bloemfontein). Aan die een kant kreun die skaal swaar onder die land se topbekroondes en aan die ander kant onder die land se besonge lekkerleesskrywers en dié met durf. Die spogprogram, wat 30 skrywers byeenbring, sal nie moontlik wees sonder Van Rensburg-patoloë se borgskap nie (sien advertensie).

Topbekroondes Ingrid Winterbach, wat pas die tweede keer die Hertzogprys ontvang het, kom met haar nuutste roman, Die aanspraak van lewende wesens, fees toe sodat Kerneels Breytenbach haar daaroor kan uitvra. Sy het dié prys ook in 2004 vir Niggie gewen.

Die aanspraak bied ’n priemende blik op twee parallelle reise – ’n man en ’n vrou elk op soek na die oorsake van ’n broer en suster se ondergang. Deon Opperman, wat die Hertzogprys in 2006 vir sy drama-oeuvre en in 2009 vir Kaburu gekry het, is vir Hartland op die fees. Kerneels Breytenbach het dié kyk-NET-reeks oor

die politiek van transformasie en verset in ’n roman verwerk en dit is waaroor hy en Opperman gaan gesels. Deon Meyer, met buite- en binnelandse pryse te veel om op te noem vir sy talle spanningsverhale, is om sy nuwe vaardigheid as fliekregisseur genooi. Die laaste tango, sy eerste draaiboek, sal vertoon word en deur Etienne Bloemhof en Meyer

self bespreek word. Karin Brynard, wat die UJ-debuut- en M-Net-prys (rolprentkategorie) vir Plaasmoord ontvang het, gaan met haar tweede misdaadroman, Onse Vaders, in Bloemfontein aanmeld en Francois Bloemhof (verskeie ATKV-pryse vir jeugverhale) met Moord in die beloofde land. Bettina Wyngaard – Jan Rabieprys vir Troos vir die gebrokenes en Woordtrofee vir haar gesprek oor Vuilspel – ken die appelplukkers van Grabouw en ken sterk vroue wat ’n

gemeenskap wil red. Daaroor praat sy in Naln en oor Vuilspel met Leana Lategan.

Lekkerleesskrywers Johan van Wyk, jare lange skrywer van die Volksblad-rubriek Stop van myne, stel sy boek So was dit met sy talle humoristiese stories bekend. Elias P. Nel gesels oor die stories agter ons kollektiewe stories, Dana Snyman met Sandra Prinsloo oor hul ervarings as skrywer en akteur, en Jeanne Els oor Samba, haar derde boek met ’n danstema. Hierin wys sy dat ’n mens tog te midde van teenspoed kan dans. S Op www.bloemnuus.co.za gee ons 20 dubbelkaartjies weg na die Vryfees-produksie Hiervandaan met Dana Snyman en Les Javan.

Skildery: “Gala apple with antique books” deur Christopher Stott


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.