Bloemnuus 22 11 2013

Page 1

VRYDAG 22 NOVEMBER 2013

Blitsig

Kan Willie le Roux Bokke weer help wen? bl. 15

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

GRATIS

Nog nie stil

Staan saam

Gé Korsten verras met duette op nuwe CD

Konsert gehou om siek baba te help bl. 2

bl. 7

Motorhysers vir sentrum Jan Smit

SÓ LYK DIE VERANDERINGS: Preller­sentrum: Voorstelling soos dit ná die veranderings sal lyk en (onder) hoe dit gelyk het. Foto’s: Jan Smit/Argiteksvoorstellings: Justus Liebenberg

WAT die publiek die afgelope drie jaar gesien het as ’n klein gesigsontrimpeling aan die ou Prellerplein (Spar-gedeelte), is bloot die spreekwoordelike oortjies van die seekoei wat uitgesteek het. Die groot werk lê aan die agterkant van die nuwe fasade: die omskepping van die straat agter die gebou in ’n eenrigtingstraat, ’n nuwe parkeerblad op die eerste vloer vir huurders om die verkeersprobleem te help verlig met nuwe motorhysers, algehele opknapping van kantore op die eerste vloer; die vervanging van die afgeleefde, gevaarlike elektriese bedrading en die aanpassing by nuwe brandregulasies. Die kliënt, die twee susters Marina Fourie en Lynette de Beer, het ná die afsterwe van hul ouers, George en Piekie Abraham, besluit om die gebou wat in die 1950’s gebou is, ’n voorkoms-opknapping te gee. Sm!t-argitekte is genader en wat aanvanklik as ’n vinnige “mooimaak-oefening” begin het, het ná ’n ondersoek mettertyd ’n lewe van sy eie gekry en uitgebrei tot ’n drie jaar lange bouproses.

Sm!t-argitekte se benadering met die voorkoms was om die vorige post-moderne, groen fasades te moderniseer en ’n vars, nuwe gevoel te gee met pleister en verf en ’n nuwe staalfasade op die grondvloer. Dit was ook nodig om die oostelike kantore op die eerste vloer van die skerp oggendson te beskerm met sonskerms. Die ongelyke sypaadjie is opgeknap met ’n nuwe afwerking en staalstoepfasade wat ook meer plek vir restaurant-sitplek maak. Die meeste winkels en kantore se interieurs is grotendeels oorgedoen. Om die kommersiële aard van die gebou te beklemtoon, is twee advertensietorings suid en noord opgerig en die letterwerk van alle ondernemings sal gelyksoortig op die sypaadjie-afdak aangebring word. Binnekort sal besoekers aan dié sentrum agterkom dat die parkeerprobleem aansienlik verlig is vanweë ’n nuwe parkeervlak vir huurders se motors op die eerste vloer. Dié vlak is booor die bestaande agterwerf en Spar gebou. Weens die hoeveelheid plek wat ’n oprit sou neem,

is besluit om twee motorhysers in Suid-Korea te laat bou, in te voer en te installeer. Dit is sover bekend ’n eerste vir die Vrystaat. Huurders kan binne hul motors bly sit, terwyl hulle na die eerste vloer opgehys word. Om hierdie rede, asook die opknapping van aflaaisones vir vragmotors aan die westekant, is die gevaarlike straat agterom die gebou deur vervoer- en siviele ingenieurs in ’n nuwe eenrigtingstraat omgeskep. Buiten die goedkeuring van die wysigings aan die gebou en straat, was die grootste stuikelblok om te oorkom die kwessie dat bouwerk moes voortgaan terwyl huurders steeds binne hul winkels ongesteurd kon handeldryf. Soms moes huurders selfs tydelik verskuif word, maar hopelik is die bouproses voor die einde van die jaar voltooi en kan die nuwe Preller-sentrum met ’n nuwe baadjie’n volgende fase van sy bestaan betree.

S Vir nog foto’s, asook meer oor die Kwikspar in dié sentrum, blaai na bladsy 4. S Eiendomsnuus op bll. 8, 9.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.