Bloemnuus 25 10 2013

Page 1

VRYDAG 25 OKTOBER 2013

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

So-so

Op die spel

Teken dit aan

Fliek oor Di kom nie mas op nie

Jy kan wen as jy weet wie werk waar

Wat gebeur wanneer waar in Rosestad?

bl. 3

bll. 8 en 9

Toring ‘is nie kitsch’

MARIA VAN DER WALT van Durbanville se ouers is in die 1950’s in die Klipkerk getroud. Sy het onlangs kom kyk hoe die kerk lyk waar haar ma en pa vir mekaar die ja-woord gegee het. “Dis ’n pragtige kerk en ek is bly dit word in stand gehou. Maar daai wit sementpotte op die toring herinner my aan die sementkabouters wat eens so gewild was! Dis alte kitsch.” Die argitek Gerard Moerdijk, wat bekendheid verwerf het veral vir die Voortrekkermonument, het die Klipkerk ontwerp wat in 1923 ingewy is. Dié kerk het deel gevorm van die toe ontluikende inheemse kerklike boukuns. Die NG kerke op Luckhoff, Marquard, Louis Trichardt en Dundee herinner ook hieraan. Weens die “kitsch”-opmerking het Bloemnuus op Facebook gevra: “Wat dink jy van die Klipkerk se toring? Is dit mooi of nie?” Die eerste om te antwoord was Andries Visagie: “Mooi. Deel van goeie ou Bloemies se geskiedenis.” Waarop Bloemnuus (met Maria se opmerking in gedagte) gepols het: “Ja, dit lê ons ook na aan die hart, maar dit beteken nie dit is daarom mooi nie, ne? Dis snaaks

GRATIS

Soek Bloemnuus op Facebook en “like” die foto van die Klipkerk se toring as jy meen dit is mooi of laat daar van jou hoor as jy saam met Maria van der Walt stem en reken dit is “kitsch”. Blaai na “Jy sê” op bladsy 2 vir nog gespreks­ punte die afgelope week op Bloemnuus se Facebook­blad. As jy van dié blad hou, sal www.bloemnuus.co.za jou ook geval. dat daai wit potte nog nooit deur hael beskadig is of deur wind omgewaai is nie. Dit moet stewig staangemaak wees.” En so vas soos daai potte staan, so vas staan Bloemnuus se lesers daarby dat die Klipkerktoring iets van prag is wat bewaar moet word. Teen druktyd van die koerant het meer as 40 mense reeds aangedui dat hulle van die toring hou. Handevol het geskryf waaronder: S Baie mooi. – Bernie Campbell Viljoen

S “Gesien uit watter era dit dateer, hou ek daarvan.” – Argitek William Raats uit Saoedi-Arabië S Pragtige kerk in die middestad. Hoop nie dit word ook eendag afgebreek nie. – Anita Niemann S Dit bly maar ’n pragtige deel van ou Bloem. – Nellie Schoeman S Ek’s 16 jaar gelede in die pragtige kerk getroud! – Anja Theron Coetzee S Ons eerste kerk as getroudes. Pragtig. – Frieda Conradie

Terloops, die preekbeurte van die NG gemeente Bloemfontein-Noord is Sondag soos volg, skryf skriba Dedrey du Randt (051-448-1419): S Gesinsdiens (09:00) – ds. Stephan van Heerden S Oggenddiens (09:30) – ds. Johann Els S Informele diens (11:00) – ds. Johann Els S Aanddiens (18:00) – dr. Wollie Grobler. Daar sal bely denisaflegging plaasvind met die aanddiens.

Die toring van die Klipkerk met die “kitsch, wit sementpotte”. Foto: Jens Friis

‘Daardie wit sementpotte op die toring herinner my aan die sementkabouters wat eens so gewild was. Dit is alte kitsch.’ – Maria van der Walt

bll. 4 en 5


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Bloemnuus 25 10 2013 by Central Newspaper Group Bloemnuus - Issuu