VRYDAG 26 JULIE 2013
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
Dagboek
Wen ’n boek
Huldeblyk
Wat gebeur wanneer, waar in Bloemfontein?
Uittreksel: Lees hoe dié twee vry na mekaar bl. 6
Kevin Leo kom sing Gé se treffers
bl. 5
bl. 5
Hoe lees jy? Leespatroon van Bloemnuus verander
’n Pluimpie vir Adriaan Strauss: Die mense van die kykNETprogram 10/10 meen die Bloemfonteinse Cheetah is ’n sterk aanspraakmaker om die Springbokke eendag te lei. Hy word ook deur Huisgenoot as ’n moontlikheid genoem. Bloemnuus het op Facebook vir sy volgelinge gevra of hulle saamstem. Lees op bladsy 3 wat hulle hieroor te sê gehad het. Op die meegaande foto is hy saam met sy neef, die rugbyspeler Andries Strauss. Foto: Conrad Bornman/Foto24
“LESERS van Bloemnuus besef toenemend watter bate dit is dat die koerant nie meer net in gedrukte formaat uitgegee word nie, maar ook verniet te lees is op die web, ’n spesiale mobi site vir selfone, Twitter en Facebook,” sê Jens Friis, redakteur van Bloemnuus. Só is dit nie meer nodig om jou gedagtes op papier vas te pen en ’n brief vir die briewekolom te stuur nie. Nee, nou kan jy eenvoudig kommentaar lewer op byvoorbeeld ’n storie op Bloemnuus se Facebook-blad. (Kyk op bl. 3 hoe dink lesers oor die vraag: Dink jy oud-president Nelson Mandela leef nog?) Nog ’n voordeel van die verskillende platforms waarop Bloemnuus te lees is, is dat dit meer plek bied vir bykomende inligting. Die gedrukte koerant het immers net soveel bladsye. Maar op die web of Facebook is plek nie ’n probleem nie. Daarom publiseer Bloemnuus graag daar galerye met foto’s wat stories verder illustreer. Dikwels is daar ook video’s van Romanz tot die Spontaan-konsert op die Vryfees. “Jy kan dus sien én hoor,” sê webmeester Nico Gous. Die vraag is dus: Waarvoor wag jy? As jy ’n uitgebreider leeservaring wil hê óf net meer van ’n spesifieke storie wil weet, maak ’n draai by: * www.bloemnuus.co.za * Twitter: @bloemnuus * Facebook: Bloemnuus * http://bloemnuus.mobi.
Facebook gewild S Bemoedigend vir enige publikasie is as sy lesers nog aan die jonger kant is, want dan kan hy nog jare saam met hulle stap. Op Bloemnuus se Facebook-blad val byna ’n derde, om presies te wees 30%, in die ouderdomsgroep 25 tot 34 jaar. Dit word gevolg deur diegene tussen 35 en 44 jaar: 27%. S Dinsdae het Bloemnuus se Facebook-blad die minste lesers – dalk omdat almal dan die hardste arbei? Donderdag is die gewildste wat waarskynlik daarmee verband hou dat Bloemnuus op ’n Vrydag gedruk word en daar dan baie posts is. Maar interessant is dat Saterdae en Sondae ook baie gewild is. S Seker nie onverwags nie, kyk die
minste mense om 03:00 op ons Facebook-blad rond. Daarna tel dit egter weer kop op. Van 08:00 tot 21:00 is daar feitlik dieselfde aantal lesers, hoewel die meeste tussen 19:00 en 21:00 daar vertoef. S 1 196 van Bloemnuus se 1 314 lede is Suid-Afrikaners, maar die res bly oor die wêreld heen waaronder 11 in die Verenigde Koninkryk, 9 in Namibië, 8 in Amerika, 5 in Australië en 4 in Nederland. Daar is selfs lesers in onverwagse plekke soos Indonesië, Lebanon, Angola, Irak en Oman. S Van Bloemnuus se 1 314 volgelinge woon 781 in Bloemfontein, maar moenie die plattelandse dorpe onderskat waar die koerant versprei word nie. So het Bloemnuus ewe veel lesers op Bethulie as in Windhoek.
Ook op www.bloemnuus.co.za