VRYDAG 27 SEPTEMBER 2013
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
’n Eerste
Ouers saam
Wel & wee
Nataniël tree twee keer op
Pa Ewie praat oor dood van sy seun
Wat het alles met wie gebeur?
bl. 4
bl. 15
bl. 15
Duo beloof kragtoer Jens Friis
OP Donderdag 10 Oktober, die eertydse Krugerdag, kry Bloemfonteiners die kans om meegevoer te word deur ’n virtuose akkordeon-duo uit Nederland. De dames, die samen het duo Toac vormen verkennen licht en duister en of ze nu in flitsende vaart of in logge tred spelen, alles komt er even geestvervoerend uit. Hoe beeldend kunnen twee trekzakken klinken! skryf De Telegraaf, die vooraanstaande Nederlandse nuusblad. Die akkordeon is ’n moeilike instrument om te speel. Dié trekzakken wat sowat 15 kg elk weeg, het ’n magdom knoppies vir die linker- en regterhand wat blitsige raakvat vereis. Die duo toon hul tegniese vaardighede terwyl hulle sáámspeel en hul glinster-instrumente só in gesprek laat tree. Renée Bekkers en Pieternel Berkers zien niet alleen uitstekende solisten te zijn, maar elkaar na inmiddels ruim zes jaar samen spelen ook perfect aan te vullen, skryf die Nederlandse koerant Het Parool. Bloemnuus is die mediaborg vir dié twee se konsert en jy kan gaan kyk en luister op bloemnuus.co.za hoe hulle draf deur verwerkings van verskeie musiekgenres. Soms word die akkordeon selfs as perkussie-instrument gebruik, tog maak die verwerkings die klassieke stukke geensins armer nie. ’n Hoogtepunt van die konsert behoort die verwerking van Mossorgski se bekende Schilderijententoonstelling te wees. Ook stukke van onder andere Stravinsky en Grieg word uitgevoer. Beleef dié visuele en musikale kragtoer op Donderdag 10 Oktober om 19:30 in die Odeion. Kaartjies by Computicket kos R130 (volwassenes), R90 (pensioentrekkers) en R50 (studente). ) WEN! Vyf lesers kan dubbelkaartjies wen deur hulle in te skryf op bloemnuus.co.za se kompetisie-afdeling.